Medewerker:

Op hierdie oomblik is die gebeure in Oekraïne gehul in die rookwolk wat oorlogspropaganda kenmerk.

Om die rol van elkeen van die teëstanders te verstaan, wat elkeen van hulle wil hê, en hoe ver hulle kan gaan, moet ons die oorsprong van wat nou ‘n uiterste konflik is, ondersoek.

Een daarvan is die ekonomiese uitbreiding van die EU (gelei deur sy groot moondhede, veral Duitsland) na die ooste. Die Oostelike Vennootskap het ten doel gehad om lande so uiteenlopend soos Georgië, Armenië, Azerbeidjan, Moldawië, Wit-Rusland en Oekraïne in die Europese wentelbaan te trek — alles op Rusland se suidelike en westelike grense.

‘n Tweede doel is militêre uitbreiding van die Westerse blok, met behulp van NAVO om die omsingeling van Rusland se grense te voltooi. En dit is veral hier dat die belang van die VSA as die dominante mag in hierdie geval, gelei het tot ‘n huwelik met die ekonomiese ambisies van die EU.

In reaksie hierop het die Donbass-streek se Russiese bevolking op die grens van Rusland geweier om die gesag van die nuwe reaksionêre regime in Kijif te aanvaar. Daarop het bewegings binne Lugansk en Donetsk, met Moskou se ondersteuning, hulself in twee gedeel, wat hulle “volksrepublieke” genoem het — Lugansk en Donetsk.

Na aanleiding van die Minsk-ooreenkomste, onder toesig van die Organisasie vir Veiligheid en Samewerking in Europa (OVSE), is militêre vyandelikhede gestaak. Oekraïne (Kijif) het hom daartoe verbind om ‘n outonome regering vir daardie republieke binne die Oekraïense staat te vestig. Nóg die Oekraïense regime, nóg die OVSE, nóg minder die EU en die VSA, het egter by die ooreenkomste gehou. Inteendeel, Oekraïne is bewapen en opdrag gegee om die weerstand van die twee republieke te onderdruk.

Dit is waar die oorsprong van wat ons nou aanskou, gevind kan word. Rusland het besef dat die verplettering van die Donbass-republieke die integrasie van Oekraïne met NAVO asook die plasing van troepe en wapens op nog een van sy grense sou bewerkstellig, en dat dít Rusland se toegang tot die Swart See sal beperk. Dit is waarom Rusland onderhandeling vir ‘n veiligheidsooreenkoms met die VSA wil hê (en, inherent met NAVO) wat hopelik die uitbreiding van Westerse magte na die ooste sal stop en blywende voorwaardes van naasbestaan sal vestig.

Maar wie sal baat vind by ‘n klimaat van oorlog?

Die pogings van die Franse president en die Duitse kanselier om ‘n versoenende politieke ooreenkoms met Rusland te bereik, staan die Amerikaanse regering nie aan nie. Hulle vrees dat die EU posisie tussen die Russe en die VSA sal inneem. Biden het dus gepoog om alle moontlikhede vir onderhandeling te vernietig, behalwe dié wat hy self bevorder. Hierdie klimaat van “dreigende” oorlog dien die belange van die VSA alleen, en op twee wyses.

Een, wat strategies van aard genoem kan word, is om Rusland onder politieke en militêre druk te bou, terwyl die EU verder ondergeskik bly aan Amerikaanse politieke ontwerpe. Die ou spook van “die Russe kom!” gooi nie net die skuld vir die spanning op Rusland nie, maar plaas natuurlik die Europese bevolking op die verdediging en ontvanklik vir “beskermende hulp” van die VSA en NAVO.

Die tweede is suiwer ekonomiese oorlogvoering. Die VSA wil sy gebroke skaliegas verkoop wat sonder klante ophoop namate produksie toeneem, en die beste wyse daarvoor is om die Russiese aardgasbesigheid te verwoes. Dit sal tot dubbele voordeel vir die VSA wees: dit maak goeie geld (buitendien is Amerikaanse gas baie duurder as Russiese gas) en hou Europa in ‘n groter ekonomiese afhanklikheid van sy transatlantiese “bondgenoot.”

Politici en kommentators herhaal om elke draai die argument om Duitsland en Europa te “bevry van energie-afhanklikheid” van Rusland. Maar hulle almal aanvaar afhanklikheid van die VSA as vanselfsprekend. Hulle sien nie eens in dat Duitsland en die EU, as die twee afhanklikhede vergelyk word, baie beter in staat is om op gelyke voet met Rusland, wie se ekonomiese krag nog swak is, te handel as om te kompeteer met die ekonomies-politieke-militêre mag van die VSA nie.

En dit is hierdie vooruitsig op bevryding – selfs ‘n afgeleë een, met inagneming van die naelstring van Europese imperialisme met Yankee-imperialisme – wat die Amerikaanse mag op waaksaamheidplaas en daartoe lei dat dit enige inisiatief wat in daardie rigting gaan, saboteer.

Die onlangse verklarings deur die Amerikaanse owerhede herinner aan die wyse wat die inval in Irak voorafgegaan het: einde van diplomasie, “onbetwisbare bewyse” van die geheime dienste, kansellasie van die onderhandelingspogings wat deur derde lande aangewend is – alles om te demonstreer dat die enigste oorblywende opsie militêre mag is.

Alles laat ‘n mens dus glo dat die Amerikaanse plan – met die gewone handlanger, of dit nou Tony Blair of Boris Johnson is – sal wees om die konflik met Rusland so ver as moontlik te neem en dit uit te lok tot die punt om dit tot militêre ingryping te dwing. Dit sou die ideale situasie wees om die wêreld te wys hoe “boos” Poetin is en om enige Europese pogings om sy eie beleid te voer en kompromieë met Rusland te soek, te stuit.

Nóg die Oekraïners, nóg die Europeërs, het enige belang in ‘n oorlog by die huis of op hul drumpel wat sou bydra om die vasteland in ‘n krisis van onberekenbare afmetings te dompel. Slegs die VSA kan voordeel in so ‘n situasie sien. Wat verwag hulle om daaruit te trek?

  1. Die verskerping van ekonomiese sanksies teen Rusland, en ‘n beroep op die hele Europa om by die veldtog aan te sluit, net soos hulle met Kuba, Venezuela en Iran gedoen het.
  2. Om Rusland se politieke bewegings en saketransaksies in Europa te beperk en sodoende die invloed van die Rusland-Sjina-alliansie in die Weste te blokkeer, insluitend die uitbreiding van die New Silk Road.
  3. Onttrekking van Europeërs om die versterking van NAVO te bewerk, en om ambisies van “strategiese onafhanklikheid” – ‘n idee wat bots met afhanklikheid van die VSA, opsy te sit.
  4. Om die sloot dieper te grawe wat die imperialistiese troika (VSA-EU-Japan) van die Sjina-Rusland- alliansie skei, met die verwagting dat die toekoms meer en meer ernstige konflikte sal bring.
    Dit is nou die tyd dat wêreldmoondhede kragte saamsnoer en blokke vorm. Indien dit nie gebeur nie sit ons met die Derde Wêreldoorlog op hande, wat verseker met kernwapens gevoer sal word en die ergste skade in menseheugenis aan ons planeet sal aanrig.