|
Terug Druk Die Afrikanerfront
Op 10 November 2007 is die Afrikanerfront
gestig.
Daar was 19 organisasies wat die Reglement
van Orde onderteken het. Dit is die HNP, Verkenners, Aksie Vrouekrag, Volkseie
Museumraad, Stigting vir Nasionale Minderhede, Bravoland, Afrikaner Volkseie
Sport, Studiegroep vir Eietydse Geskiedenis, Tussentydse Afrikanerraad,
Koördinerende Afrikanerraad, Genootskap vir Afrikaner Simbole,
Boerekommandokorps, Vrye Republikeinse Beweging, Nasionale
Belastingbetalersunie, Radio Pretoria, Genootskap vir die Handhawing van
Afrikaans, Bybel en Volk, Majuba Boerevolktrust en Tabbok.
Die bestuur
bestaan uit mnr. Willie Marais (voorsitter), prof. Hendrik van der Wateren
(ondervoorsitter), mnr Henk van de Graaf (sekretaris), mnr Dolf Buitendach
(tessourier), dr. Willie Snyman, mnr Andries Breytenbach, dr. Sydney Gregan, mnr
André Alkema, prof. Adriaan Pont en mnr Clem de Klerk.
Heelwat ander
organisasies het die byeenkoms op 10 November as waarnemers bygewoon. Van hulle
sal mettertyd by die Afrikanerfront aansluit wanneer hulle as organisasies oor
die saak vergader het. Soos wat die tyd verloop, sal die strewe en doelstelling
van die Front wyer bekend word en sal nog organisasies aansluit. Die strewe van
die front is die herwinning van die Afrikanervolk se vryheid, en die
beginselbasis is Afrikanernasionaliame, nl. Blankeskap, Christenskap en
Afrikanerskap. Dat daar 'n waterskeidende gebeurtenis plaasgevind het,
is verseker. Organisasies wat nie bereid is om deel van die Afrikanerfront te
word nie, kan dié besluit net neem omdat nie met die strewe of die beginsels van
die Front saamgestem word nie.
Die HNP is geluk gewens met die
inisiatief om die Afrikanerfront tot stigting te bring. Mag
Afrikanernasionalisme hierdie beweging laat groei tot 'n magtige dreuning
waaroor die berge sal antwoord gee, en mag ons Almagtige God, Skepper en
Onderhouer van die lotgevalle van nasies ons volk hiermee bymekaar bring tot
vrywording in ons vaderland!
|