|
Die Herstigte Nasionale Party (HNP) is in 1969 gestig. In 1934 is die Herenigde Nasionale Party (HNP) gestig om die beginsels van die Nasionale Party van 1914 voort te sit en het later weer die Nasionale Party (NP) geword. Die HNP (1969) is dus die verlengstuk van die NP van genl. Hertzog, dr Malan, adv Strijdom en dr Verwoerd.
Die kleure van die HNP is oranje, wit en blou soos in die Prinsevlag. Toe die NP die kleure van hul Party verander het en weggedoen het met die oranje, wit en blou het die HNP dit sy kleure gemaak.
Die Unievlag, ook bekend as die Republiekvlag, is ook in die kleure oranje, wit en blou. Dit is ook die vlag wat deur die ANC gestryk is toe die Afrikaner se vryheid van hom ontneem is. Die HNP is ook trots op die Vierkleur en die Vrystaat-vlag as dié vlae van die onafhanklike Boere-republieke. Saam met die Oranje-Blanje-Blou word dié vlae gereeld by byeenkomste vertoon.
|