Terug Druk Ontmoet die HNP

Drie Waarnemende Onderleiers
   

Mnr Japie Theart is gebore op 19 Januarie 1939 en is sedert die stigting van die Herstigte Nasionale Party in 1969,  ‘n aktiewe lid van die Party.  Hy word tydens die Jaarkongres in 2005, eenparig verkies tot ‘n onderleier.  Mnr Theart is getroud, het drie kinders, sewe kleinkinders, en is ‘n vooruitstrewende boer in die Thabazimbi-omgewing.

   

Mnr Danie Varkevisser is gebore op 18 April 1943 en is sedert die stigting van die Herstigte Nasionale Party in 1969, ‘n aktiewe lid van die Party.  Hy word tydens die Jaarkongres in 2005, eenparig verkies tot ‘n onderleier.  Mnr Varkevisser is getroud, het ses kinders, dertien kleinkinders, en is ‘n suksesvolle sakeman in die Kempton  Park-omgewing.

   

Dr Sydney Gregan is gebore op 13 Januarie 1962. Hy studeer aan die Randse Afrikaanse Universiteit waar hy promoveer in Volkereg. Dr Gregan word in 2001 tot Ondervoorsitter van die Herstigte Nasionale Party verkies en tydens die Jaarkongres in 2001 tot ‘n onderleier van die HNP. Hy is getroud, het twee kinders, en praktiseer as prokukeur te Nylstroom.

   
Die Hoofsekretaris  
   

Mnr Louis van der Schyff is gebore op 6 Junie 1950 en is sedert 1970 betrokke by die Herstigte Nasionale Party se jeugtak op Stellenbosch. Hy was ook die eerste leier van die Opperraad, die jeugvleuel van die HNP. Hy tree in 1974 voltyds in diens van die HNP en was ook as redaksielid betrokke by Die Afrikaner, die weekblad van die HNP. In 1990 word hy permanent aangestel as Hoofsekretaris van die HNP. Mnr Van der Schyff is getroud, het drie kinders, en is woonagtig in Pretoria.

   
Die Voorsitter  
   

Mnr Kosie Erasmus is gebore op 19 Januarie 1938. Hy is sedert 2000 Voorsitter van die Herstigte Nasionale Party en is vanaf die stigting van die HNP aktief betrokke in Natal. Hy is getroud, het vier kinders en elf kleinkinders. Mnr Erasmus is 'n boer  in die Vryheid-distrik.

   

Die Willie Marais Afrikanersentrum

   

Dié sentrum in Pretoria is in 2005 deur die HNP gekoop en ingerig as 'n kultuurtuiste vir Afrikaners. Die sentrum huisves die kantore van die HNP en die koerant Die Afrikaner. Die sentrum beskik ook oor ideale fasiliteite vir vergaderings, funksies, dinees, feeste, konserte, opvoerings en vele meer.

Die sentrum het 'n groot, gerieflike saal met 'n verhoog, sagte stoele, genoeg tafels en lugverkoeling. Dit beskik oor 'n baie groot kombuis, netjiese toilette, 'n reuse lapa vir buitelug byeenkomste, baie parkeerruimte en 'n enorme groot swembad.

'n Biblioteek, leeskamer en argief wat veral politieke, geskiedenis- en godsdiensboeke en dokumente huisves, word tans ingerig.

Die sentrum het in 'n kort tyd bekend word as dié bymekaarkomplek van Afrikaners.
 

Ingang



Saal
 



Formele funksie
 



Braaiplek
 



Tuin



Lapa