Dinsdag 3 November 2009 om 19H00 by die HNP kantore word 'n kursus in selfverdediging aangebied, gemik op anti-kaping en anti-verkragtingstegnieke.
Die koste is R20 per persoon per klas en dit sal elke tweede Dinsdagaand aangebied word.
Gelde betaalbaar direk voor die aanvang van die kursus by sers Carstens van die Kommando Korps.
Die instrukteur is 'n voormalige tae kwando kampioen.
