14 Januarie 2010
Aan die Geloftevolk van Suid Afrika
Geagte Volksgenoot
Die Geloftevolk Koördineringskomitee [GKK] rig hiermee ‘n dringende versoek tot elk van u om gedurende die naweek van 30-31 Januarie 2010, welke datum u verkies, in ootmoed tot ons hemelse Vader te nader in gebed om te pleit vir die vrylating van ons Volk se seuns wat in gevangenskap verkeer en aangehou word, en vir wie aansoek gedoen is vir amnestie.
Die GKK doen ook hiermee aan die hand dat Volksgenote wat daartoe geneë voel om ter verinniging van hierdie gebedsaksie, daardie dag ook te vas.
Ons doen 'n beroep op elkeen van u wat hierdie versoek ontvang het, om hierdie aangeleentheid so wyd moontlik onder ons Volk bekend te maak.
Met dank
Dr. Ronnie van der Merwe
