Mediaverklaring oor die taalhouding van die Afrikaners.

Nuus van belang vir enige lid van die Blanke Boerevolk.
Moet nie die volle inhoud van kopiereg werke pos sonder toestemming van die eienaar nie. Beperk billike gebruik "sny en plak" van kopieregwerke tot 65 woorde.

Mediaverklaring oor die taalhouding van die Afrikaners.

New postby Skouspel » Wed Feb 10, 2010 11:29 am

Mediaverklaring oor die taalhouding van die Afrikaners.

In aansluiting by Beeld se hoofartikel van 03-08-2009 waarin erken word dat die Universiteit van Pretoria besig is om te verengels en dat daar niks aan gedoen kan word nie, kom Jonathan Jansen nou met sy artikel “’n Probleem met houding” in Beeld van 14-08-2009. Hierin word ons as Afrikaanse taalhandhawers afgemaak as mense wat ‘n taalhouding het omdat ons deur ons volkseie, etniese, nasionalistiese sentiment dws politiek, menseverhoudings beduiwel.

Hierdie artikel van Jansen klink vir die GHA na ‘n verskuilde (politieke) agenda van die Engelse Imperialiste en liberaliste wat al sedert die dae van Alfred Milner in die vroeë jare van die 20ste eeu, probeer om die Afrikanervolk uit te wis deur sy taal te misken en hom skaam te maak om dit te gebruik

Jansen sê dat hy die Afrikaanse taal probeer bevorder en wil hê dat dit gebruik word in skool en universiteit maar intussen ondersteun hy ook maar die gedagte dat die Afrikaners agteroor moet buig om die Engelspraters terwille te wees en maar moet toelaat dat voorheen Afrikaanse skole en universiteite geleidelik ( of sommer vinnig) verengels moet word want hy spreek hom nie daarteen uit nie.

Die GHA meen ook dat die Afrikaanse universiteite wat so politieskorrek wil wees dat hulle nie meer uit die Afrikaners waaruit die grootste meerderheid van die studente bestaan, hulle rektore aanstel nie ook ly aan defaitisme en maar klaar besluit het dat die inrigtings wat deur die Afrikaners met moeite opgebou is nou maar vir die wolwe (oftewel Engelse) gegooi word.

En nou kom prof Ampie Coetzee ‘n emeritus professor in Afrikaans en sê dat ons moet nou maar aanvaar dat Engels die enigste amptelike taal in Suid-Afrika gaan wees en ook die enigste onderwystaal. Hierdie wysheid raak hy kwyt by die Marie Luttig gedenklesing. Ons meen dat dr Marie Luttig sal in haar graf omdraai as sy dit hoor want sy het juis met ‘n erflating die Marie Luttigtrust laat stig met die doel om Afrikaans te bevorder en om arm Afrikaner kinders te help om in hul eie moedertaal onderrig te kan word. Die GHA vertrou dat prof Coetzee maar net ‘n klip in die bos gegooi het om die rustig slapende Afrikaners wakker te maak om te begin staan op ons reg om in ons moedertaal onderrig te kry op skool en op tersiêre vlak.

Kom, AFRIKANERS en laat ons soos die Afrikaners van 1875 en daarna stry vir ons taal op alle terreine. Laat ons wees Afrikaners met Afrikaner harte en laat ons sorg dat ons kinders se kinders nog steeds in ons pragtige moedertaal onderrig kan word.

Dr Müller Pretorius.
Administratiewe Beampte.
Skouspel
 
Posts: 8
Joined: Mon Nov 16, 2009 7:48 am

Return to Nuus artikels

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron