Kliek vir die HNP Forum


.

Die Herstigte Nasionale Party

Kliek vir die HNP Forum

 
 
 
 
 
 
 
 
 

Kliek vir "Die Afrikaner" se werf
Kliek bo vir "Die Afrikaner" se werf

 

Die HNP is 'n politieke party wat hom beywer vir die herstel van die Afrikanervolk se vryheid in sy vaderland Suid-Afrika, vir die uitbouing van Afrikaner-nasionalisme en vir die belange van die Blankes in Suid-Afrika in die algemeen. Die HNP glo dat die Afrikanervolk as blanke volk deur die loop van die geskiedenis 'n besondere posisie verwerf het in ons land. Die lede van die HNP word landwyd in strydrade (takke) georganiseer. Daar is ook lede in die buiteland. Die HNP se beginselbasis is Afrikanernasionalisme, naamlik Christenskap, Blankeskap, en Afrikanerskap. Nasionalisme, oftewel selfbeskikking van volkere, hou in dat daar skeiding tussen rasse en volke sal wees. Die beleid van afsonderlike ontwikkeling, gee praktiese uiting hieraan. As politieke party is die HNP se doelwit om die politieke mag in Suid-Afrika te herower. Daarvoor word politieke aksies van dag tot dag gevoer. Die Afrikanervolk word opgeroep tot eendragtige verset teen die onwettige ANC-regime binne 'n Afrikanerfront.

Boodskap van die HNP Leier

Leier van die HNP, mnr. Andries Breytenbach

Die inwerkingtreding van F.W. de Klerk se eenmens-een-stem-bedeling in 1994 het die Afrikaner in n dilemma gelaat ten opsigte van sy deelname aan die politiek.

Tot op daardie tydstip was ons gewoond aan n situasie waar slegs die Blankes stemreg in ons land gehad het. Deur 'n lang geskiedenis het Blankbeheerde
Suid-Afrika as 'n wettig-begronde staat tot stand gekom en is dit volkeregtelik deur die internasionale gemeenskap so erken. Weliswaar het die Kleurlinge en Indirs sedert die inwerkingtreding van P.W. Botha se drie-kamer-Parlement in 1983 ook stemreg geniet, maar elk net vir hul eie verteenwoordigende rade. Vir die doel van hierdie bespreking kan dit buite rekening gelaat word.

In die Blanke politiek het politieke partye by die stembus meegeding om die politieke mag, en daarom het al die politieke partye hulle met landskwessies
op alle vlakke van regering bemoei, selfs al was daar tye en plekke waar Stadsraadsverkiesings nie op partypolitieke grondslag gevoer is nie, maar
deur middel van apolitiese belastingbetalersverenigings.

N unifikasie in 1910 was Suid-Afrika se verhouding tot Brittanje 'n baie wesenlike politieke kwessie. n Aspek daarvan was die republikeinse ideaal, en niemand sou beweer het dat so n konstitusionele aangeleentheid nie praktiese politiek was nie, net omdat dit nie spoedig verwesenlik kon word nie.

Aanvanklik is di ideaal nie openlik gepropageer nie, omdat almal se aandag daarop toegespits was om die nuwe staatkundige bedeling, die Unie van S.A. met sy Blanke bevolkingsamestelling van Boere/Afrikaners en Engelse wat mekaar minder as 10 jaar tevore nog deur die visiere van Mausers en Lee Metfords in die oog gekyk het, te laat slaag.

Boer en Brit het immers saamgewerk om die Unie tot stand te bring. Dat die republikeinse gedagte egter in die harte van n deel van die volk bly sluimer
het, het binne vier jaar duidelik geword toe voormalige Boeregeneraals die Rebellie gelei het en manne soos J.H. de la Rey, C.R.de Wet, Manie Maritz,
Jan Kemp en Chris Mller se motiewe openlik was om n Republiek in S.A. uit te roep of die voormalige Boererepublieke te herstel.

Die Nasionale Party (NP), wat in 1914, nog voor die uitbreek van die Rebellie, in die Vrystaat en Transvaal tot stand gekom het1, het reeds in daardie vroe stadium die vryheidsbeginsel soos volg in sy Program van Beginsels opgeneem:
De Nationale Party... erkend de noodzaaklikheid van t aankweken van n machtig bezef van nationale zelfstandigheid... zij gevoeld zich ervan oortuigd dat die handhaving van een goede verstandhouding tussen de Unie en t Rijk afhankelik is van het nouwgezette vermijden van enige handeling waardoor t volk der Unie in zijn staatkundige vrijheid wordt verkort of belemmerd of waardoor enige der vrijheden van t land of diens Regering onttrokken worden aan t onmiddelik gezag of beheer van t volk der Unie.

In 1916 het pres. Woodrow Wilson van die VSA in veertien punte wat hy as vredesplan vir die Eerste Wreldoorlog voorgestel het, onder meer die beginsel
van die erkenning van nasionaliteite en die vrye bestaan van klein volke neergel. Die Britse Eerste Minister, Lloyd George, het in Januarie 1917 di beginsel in n regeringsnota aan die neutrale moondhede onderskryf,3 waarop genl. J.B.M. Hertzog die geleentheid aangegryp en in 1919 met die vredesamesprekings te Versailles, n deputasie na Parys gelei het om op grond van di beginsel, die herstel van die voormalige Boererepublieke se vryheid te
eis.4 Die NP-leiers het besef dat die kanse op sukses uiters skraal was,5 maar het nogtans die deputasie gestuur ten einde te ‖verhoed dat die indruk op die
vredeskonferensie geskep word dat die hele volk van die Unie tevrede was om aan Brittanje ondergeskik te bly.

Tot hul teleurstelling kon die deputasie nie toegang tot die vredeskonferensie kry nie, maar die Britse Eerste Minister, Lloyd George, het aan hulle n uurlange
onderhoud toegestaan waartydens hulle hul saak gestel het. In sy skriftelike antwoord het Lloyd George onder meer verklaar dat hy slegs aan versoeke
van die Unieregering, en nie van politieke partye nie, gehoor kon gee, en wou hy nie in so 'n interne saak van die Unie inmeng nie, aangesien die South
African people control their own national destiny in the fullest sense‖ en dat Suid-Afrika participate in the deliberations which determine imperial policy on
a basis of complete equality.

Ofskoon die deputasie dus nie in sy doel geslaag het nie, het Lloyd George se brief n belangrike erkenning met betrekking tot Suid-Afrika se staatkundige status bevat, waarop voortgebou kon word. Derhalwe is die Nasionale Party se Program van Beginsels in Oktober 1919 soos volg gewysig om die vryheidsideaal nog sterker uit te druk:... die uiteindelike bestemming en doel van die volk van die Unie, soos die van ieder ander sigself respekterende nasie, sy volkome vryheid en soewereine onafhanklikheid moet wees... en sal die Nasionale Party iedere geleentheid te baat neem en iedere poging aanwend om... uiteindelik sy volkome vryheid en soewereine onafhanklikheid (te) verkry.

In ooreenstemming hiermee verklaar die Nasionale Party sig beslis teen enige rigting, optrede of politiek wat die strekking het om bestaande regte en vryhede op enigerlei wyse in te kort en daarop inbreuk te maak of om die deur vir die verkryging van die uiteindelike volkome vryheid en soewereine onafhanklikheid te sluit en onderneem om sodanige rigting, optrede of politiek met alle geoorloofde middele te bestry.

In 1936, vyf jaar nadat die Unie se onafhanklike status reeds in 1931 met die Statuut van Westminister erken is, het die Party daartoe oorgegaan om die republikeinse ideaal openlik in sy Program van Beginsels op te neem. In
artikel 7 het die Party verklaar dat hy daarvan oortuig (is) dat die republikeinse
staatsvorm, afgeskei van die Britse Kroon, hom die beste aanpas by die tradisies, omstandighede en aspirasies van die Suid-Afrikaanse volk en daarom sal hy die republikeinse ideaal beskerm en hom beywer om n republiek in
Suid-Afrika tot stand te bring;10 en in artikel 5 het die Party onderneem om die toe erkende onafhanklikheid getrou te handhaaf, om enige vertolking, rigting, optrede of politiek wat daarmee in stryd is of daarop inbreuk maak, met alle
geoorloofde middele te bestry en om alle nog bestaande konstitusionele ongerymdhede te verwyder.

In daardie stadium het die verwesenliking van die republikeinse ideaal nog rens in die toekoms onsigbaar agter die politieke horison gel. Nogtans het die NP dit as praktiese politiek beskou om die ideaal ondubbelsinnig in sy Program van Beginsels in te skryf en dit as n koersbepalende ideaal aan die volk voor te hou n ideaal wat op baie weerstand, ook uit Afrikanergeledere, en by tye selfs van die NPleiers self, sou stuit. Eers twaalf jaar later, met die
verrassende verkiesingsoorwinning van die Nasionale Party in 1948, het dit binne die moontlikheid van vervulling gekom, en selfs t sou dit n verdere
twaalf jaar duur totdat wyle dr. Verwoerd op 20 Januarie 1960 die land geskud het met die aankondiging in die Volksraad: Die volgende probleem wat nou binne die terrein van die praktiese politiek kom, is die verkryging van die Republiek in Suid-Afrika‖, waarna hy meegedeel het dat n volkstemming
oor die aangeleentheid gehou sou word.

Skielik was hierdie veraf ideaal nie meer iets wat in die verskiet gel het nie, maar n saak van onmiddellike belang. Wat daarna gebeur het, is geskiedenis.

Die bostaande verloop is betreklik breedvoerig beskryf om te illustreer hoe die republikeinse ideaal, wat n unifikasie niks meer as n idee was nie wat in mense se harte gesluimer en waarvan vervulling geheel en al buite die gesigsveld gel het, in die praktiese politiek betrek en doelgerig nagestreef
is, totdat dit 51 jaar later werklikheid geword het.

Benewens die politieke leiers se eie planne en aksies, het, eie aan die dinamika van die politiek, gebeurde plaasgevind waaroor en waarin hulle geen beheer of aandeel gehad het nie, maar wat hulle saak bevoordeel het, soos die bekendstelling van president Wilson se veertien punte. Geleenthede wat sodoende ontstaan het, is aangegryp en benut. Weliswaar was nie elke aksie suksesvol nie, nogtans het mislukkings hulle nie moedeloos gestem nie, en in
weerwil van ongunstige omstandighede, mense wat die ideaal versaak het en uitsprake van doemprofete, is daar stap vir stap en sonder dat hulle die pad ver
vorentoe kon sien, voortgebeur in die vaste vertroue dat die ideaal uiteindelik verwesenlik sou word.

Selfs n internasionaal-gerekende politikus, en op daardie tydstip Eerste Minister van Suid-Afrika, genl J.C. Smuts, het in 1920 nog die lelikste voorspooksels gemaak van n bloedbad, burgeroorlog en gruwels wat sou volg as die land n republiek sou word, en het hy verklaar al die stryd en ellende moet op die land gebring word sodat ons mag gryp na die vergeefse skadu van soewereine onafhanklikheid wat nooit kan en nooit sal bereik word nie...

Uitsprake soos die aangehaalde berus op die veronderstelling dat toestande en omstandighede wat in die pad staan van die vervulling van n ideaal, altyd dieselfde sal bly. Dit is natuurlik nie waar nie en toon maar net dat woorde soos nooit, altyd en kan nie in die woordeskat van die politiek geen plek het nie. In ons dag word daar maklik teen diegene wat die herstel van ons volk se vryheid
nastreef en propageer, gesmaal as wensdenkers, wat hulle besig hou met ideaalpolitiek, nie realpolitik nie; met hersenskimme wat nooit bereik kan word
nie. Soos aangetoon, is ideaalpolitiek egter realisties, koersbepalend en prakties nastreefbaar, en soos die geskiedenis n verdoemende oordeel oor Smuts se voorspooksels gevel het, kan oor 20, 50 of 100 jaar van nou af wie kan s? dalk vanuit n totaal veranderde situasie met verwondering teruggekyk word op hierdie era van ons geskiedenis.

Die argument dat omstandighede in die jare 1910 tot 1961 baie anders was as nou, gaan nie op nie omdat elke tydvak sy eie omstandighede, struikelblokke
en beperkings het wat verreken en waarvoor oplossings gevind moet word binne die rels wat dn geld. Dit skep nuwe uitdagings waarvoor nie teruggedeins mag word nie.

Die dilemma vir die Afrikaner waarna in die eerste paragraaf van hierdie artikel verwys is, is daarin gele dat sy vertroude manier van politieke deelname nie meer vir hom werk nie omdat die Blankes, waarvan die Afrikaanssprekende komponent hoogstens 65 persent uitmaak, hulle as n beduidende minderheid in n bedeling bevind wat dermate deur Nieblanke getalle oorheers word, dat hulle nie meer n wesenlike invloed op die politiek en politieke besluitneming in die Parlement kan uitoefen nie. Boonop is die Afrikaanssprekendes in twee bre groepe verdeel, te wete diegene wat heeltemal tevrede is om saam met die andervolkiges in n nuwe nasie op te gaan, en die benaming Afrikaanses verwerf het om hulle van die nasionaal-gesinde Afrikaner, vir wie die volkskap en nasionale vryheid van die Afrikanervolk ononderhandelbaar is, te onderskei.

Die 'Afrikaanses' skakel gewoonweg in by die politiek en politieke strukture
van Suid-Afrika en die problematiek wat hier bespreek word, is nie op hulle van toepassing nie. Dit is die nasionaal-gesinde Afrikaner (ook genoem die
Boere-Afrikaner, omdat diegene wat voorkeur daaraan gee om na hulleself as Boere te verwys, hierby inbegrepe is) wat die vraag moet beantwoord hoe hulle hul politieke oortuigings prakties gestalte moet gee ten einde hul ideale te verwesenlik. In die volgende aflewering sal hierdie vraagstuk verder in onskou geneem word.

 


Jaap Marais

Tydens mnr. Jaap Marais se begrafnis het wyle mnr. Willie Marais hom beskryf as die grootste Eerste Minister wat Suid-Afrika nie gehad het nie. ....Kliek hier om verder te lees....



Kliek bo vir ons Mandela blad

                                                                               English readers click HERE for our Mandela page

 

 

 

 

... ...

OntmoetDieHNP
WaarvoorStaanDieHNP
ProgramVanBeginsels
OnsKleure
Lidmaatskap KontakDieHNP

Kopiereg 2011 Herstigte Nasionale Party

Kontak HNP - v1.301 - Kontak diensverskaffer