verwelkom u
Die HNP is 'n politieke party wat hom beywer vir die herstel van die Afrikanervolk se vryheid in sy vaderland Suid-Afrika, vir die uitbouing van Afrikaner-nasionalisme en vir die belange van die Blankes in Suid-Afrika in die algemeen. Die HNP glo dat die Afrikanervolk as blanke volk deur die loop van die geskiedenis 'n besondere posisie verwerf het in ons land. Die lede van die HNP word landwyd in strydrade (takke) georganiseer. Daar is ook lede in die buiteland. Die HNP se beginselbasis is Afrikanernasionalisme, naamlik Christenskap, Blankeskap, en Afrikanerskap. Nasionalisme, oftewel selfbeskikking van volkere, hou in dat daar skeiding tussen rasse en volke sal wees. Die beleid van afsonderlike ontwikkeling, gee praktiese uiting hieraan. As politieke party is die HNP se doelwit om die politieke mag in Suid-Afrika te herower. Daarvoor word politieke aksies van dag tot dag gevoer. Die Afrikanervolk word opgeroep tot eendragtige verset teen die onwettige ANC-regime binne 'n Afrikanerfront.
Nuus : DA meer walglik as ANC
DA meer walglik as ANC
Die bemarkingsplakkaat van die DA waar ‘n oënskynlike kaal blanke man in ’n suggestiewe houding teenoor ‘n oënskynlik kaal swart vrou staan, is seker die grootste stukkie politieke walglikheid wat die land tot dusver gesien het. Selfs die ANC het nog nie tot daardie vlak van semi-porgnografiese rasvermenging gedaal nie.
Dat selfs die sogenaamde hoofstroommedia aandag aan die saak gegee het, is ‘n duidelike bewys daarvan dat die blanke oor die algemeen nie met so iets gediend is nie. Dit skep hoop vir die toekoms.
Aan die een kant is daar die hoop dat daar steeds iets soos volkskap en rasbewustheid leef by die meerderheid mense, al is dit sluimerend en onderdruk as gevolg van sogenaamde politieke korrektheid. Die DA het hier bewys dat daar ook iets is soos politieke inkorrektheid, waaraan hy homself skuldig gemaak het.
Die ander positiewe aspek is dat die omstredenheid wat losgebars het, baie mense sal laat sien wie en wat die DA werklik is, en dat baie mense sal besef dat hulle nie in dieselfde kamp hoort as die DA nie.
Ons het al voorheen gewys op die ooreenkomste tussen die ANC en die DA, en doen dit graag weer, want die DA probeer voorgee wat hy nie is nie. Die ANC is ‘n kommunistiese bende wat gebore is uit verset teen die blanke heerskappy, en het homself mettertyd tot die lafhartigste vorm van stryd gewend, naamlik die terroristestryd. Tog is daar in die ANC nog iets soos hulle tradisionele leiers, aan wie bepaalde vorme van respek gegee word.
Die DA het so oorboord gegaan in sy liberalisme, dat selfs die vorms van tradisionele leierskap, wat ‘n bepaalde vorm van orde en dissipline gee, ontbreek.
Vandaar dat hulle sonder enige vorm van skroom met ‘n plakkaat soos dié ter sprake, vorendag kon kom. Die DA begin die ANC op verskillende vlakke al verbysteek. So is die DA-leier, Helen Zille, al by verre ‘n beter toi-toi danser as wat Jacob Zuma of Julius Malema ooit kan dink om te wees.
Wat beleid betref, is daar lankal geen noemenswaardige verskil tussen die DA en die ANC nie. Die ANC staan sogenaamde grondhervorming voor. Die DA ook. Die ANC propageer “affirmative action”. Die DA ook. Die ANC probeer swart ekonomiese bevoordeling afdwing (die sogenaamde SEB of BEE).
Die DA beywer hom ook daarvoor. Die ANC se plaaslike besture is chaoties. Daar waar die DA in beheer is, gaan dit nie veel beter nie, soos gesien was in Meyerton se ouditeur-generaal-verslag, en ook Kaapstad se sake loop nie so klopdisselboom as wat hulle voorgee nie. Die ANC staan ‘n godlose sinkretistiese staat voor. Die DA ook. Die ANC verander plek- en straatname waar hy kan. Die DA het ook al straatname verander waar hy in beheer is, terwyl hy juis in Meyerton toegegee het aan die verwydering van ‘n borsbeeld van dr. Verwoerd. Beide partye doen dus mee aan Afrikaner-kultuurvernietiging.
Die DA kan dalk selfs ‘n groter gevaar inhou as die ANC. Die ANC se rasbeheptheid het tot gevolg dat al hulle aksies soos grondhervorming, swart ekonomiese bevoordeling en andere, nie van die grond af kom nie as gevolg van onbekwaamheid en onbeholpenheid. Die DA het waarskynlik wel meer kundigheid, en sal dus hierdie soort polities-ideologiese euwels tot ‘n groter mate kan laat slaag as wat dieANC dit kan doen. Dit beteken nog meer suksesvolle onteiening van ons grond, nog vinniger wegdoen met ons plekname, en meer doeltreffende uitwerking van blankes uit die werkplek onder ‘n DAbewind as wat die ANC tot dusver kon regkry.
Die antwoord vir ons mense lê dus nie in die DA nie. Met hulle plakkaat het hulle gewys hoe ver hulle van ons af staan, maar laat ons die geleentheid gebruik om ook maar weer hulle beleid te bekyk, en onsself te vergewis dat daar tussen die ANC en die DA net soveel verskil is as wat ses en ‘n halfdosyn van mekaar verskil.
Boodskap van ons Onderleier

- Mnr. Simon Duvenage, Onderleier van die HNP
Suid-Afrika teken ooreenkoms met Kuba
“Die ondertekening van ‘n memorandum van samewerking tussen Suid-Afrika en Kuba bevestig die Kommunistiese gesindheid van die ANC-regime,” sê mnr. Simon Duvenage, onderleier van die HNP.
Mnr. Duvenage het gewys op die ooreenkoms wat tussen dié twee lande aangegaan is. Die ooreenkoms is deur die ANC se minister van verdediging, Lindiwe Sisulu, en die adjunk-president van Kuba se raad van ministers, Ulises Rosales del Toro, onderteken.
In die verklaring na die ondertekening is bekendgemaak dat Kuba instrukteurs sal voorsien om te help met die opleiding in die Suid-Afrikaanse weermag. Suid-Afrika daarenteen sal sy ondervinding om vrede te handhaaf, na die tafel bring. Dit word onomwonde gestel dat Kuba tydens die oorlog in Angola die verbanne kommunistiese ANC ondersteun het. Kuba het die ANC ondersteun in sy opstand teen apartheid. Vir dié doel het Kuba 50 000 troepe na Angola gestuur.
“Dit is algemeen bekend dat die Suid-Afrikaanse weermag in die sewentig en tagtigerjare oor Angola kon loop en Luanda met gemak kon beset, indien die Suid-Afrikaanse regering die weermag sou toelaat,” sê mnr. Duvenage.
“Ons kan sê dat die SA weermag die Kubaanse weermag voor ‘brekfis’ kon opeet.
“Nou moet dié kommunistiese weermag Suid-Afrika se soldate kom oplei. Dit kan niks anders wees as ’n verdere stap om die kommunisme in Suid-Afrika te bevorder nie,” sê mnr. Duvenage.
“Dié ontwikkeling pas in by die totale kommunistiese ontwikkeling in Afrika waarin veral Sjina ’n leidende rol speel.
“Suid-Afrika het die sterkste en beste weermag in Afrika gehad. Ons bevelstruktuur was die beste. Hulle het oor die beste kennis van oorlogvoering en militêre opleiding beskik. Ons het van die beste wapentuig in die wêreld gehad, wat deur Suid-Afrika self ontwikkel is. Dit is alles vernietig. Nou word ’n ooreenkoms aangegaan met ’n staat wat nie in staat was om teen Suid-Afrika oorlog te maak nie. Alles net as nog ’n voorbeeld van die totale verval in Suid-Afrika en toenemende aanvaarding van die kommunisme”, sê mnr. Duvenage.
Mediaverklaring: Binckes se boek alles behalwe die waarheid
Die Herstigte Nasionale Party het met weersin kennis geneem van die boek van Robin Binckes, Canvas under the Sky, waarvan ’n artikel in Beeld op 21 Januarie 2012 verskyn het. In 'n tyd waarin dit mode geword het om die Afrikaner/Boer en sy geskiedenis deur onwaarhede en lasterlikhede te probeer aftakel, span hierdie hygroman die kroon.
Dit is glo "an epic historical blockbuster", maar enige ingeligte oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis sal besef dat dit alles behalwe 'n epos of helde-verhaal of geskiedenis is, maar loutere snert, waarin seks, dwelms en sogenaamde volkspele (wat hy nie eers reg spel nie) aan die orde van die dag is. Op misdadige wyse skryf hy ook dat die Voortrekkermans Hottentothouvroue gehad het en 'n groot kroos by hulle verwek het. Twee Voortrekkervrouens word selfs as lesbies uitgebeeld.
Wat hy met "blockbuster" bedoel, sal ook net Binckes weet. Dit is so dat ons voorouers ook net mense was, maar hy maak karikature van hulle wat hulle met sekseskapades en dagga besig gehou het. As hy 'n historiese roman oor die Voortrekkergeskiedenis wou skryf, moes hy gaan kers opsteek het by FA Venter. Sy boeke oor die Groot Trek is historiese romans.
Binckes is 'n tipiese Johannesburgse Engelsman. Eers het hy 'n gemors van sy sakebedrywighede gemaak en nou misluk hy weer eens op 'n terrein waarvan hy niks weet nie. Hy erken self dat hy die seksuele vergrype oordryf het en dat dit sy eie afleiding is dat die Voortrekkers dagga gerook het, maar voeg terselfdertyd daaraan toe dat die geskiedenis in sy fiksie-roman akkuraat is, wat dit natuurlik nie is nie. Hy verklaar dat van sy voorouers Britse Setlaars van 1820 was, maar uit die gemors wat hy letterkunde noem, blyk dit dat hy nie eers sy eie voorouers se geskiedenis ken nie. As hy dit geken het, sou hy geweet het dat hulle baie groot waardering vir die Afrikanerboere op die Oosgrens gehad het. So byvoorbeeld het die patriarg, Thomas Philips, aan die vader van Piet Uys, Jacobus Uys, voor die vertrek van die Uystrek 'n Bybel namens die Setlaars oorhandig.
Daar is talle Engelssprekendes, onder wie goewerneur Benjamin D’Úrban, wat hulle baie positief oor die Voortrekkers uitgelaat het en hierdie onbekende, liggewig Engelsman moet gerus daarvan kennis neem. Dit is dus ook duidelik dat sy sogenaamde navorsing baie eensydig was. Ewe duidelik is dit dat hierdie anti-Afrikaner beter sal vaar as hy hom liewer by motorsport en krieket bly bemoei het of liewer gaan navorsing doen oor Engelse gruweldade waarvan daar talle voorbeelde is! Die Afrikanervolk neem kennis van sy heiligskennis en waarsku hom om hierdie tipe beswaddering onmiddellik te staak.
Dit gaan ook alle verstand te bowe dat so iemand as toergids by die Voortrekkermonument moet optree. Dit dui ook maar net weer die verval aan wat op alle terreine van die samelewing onder die ANC/SAKP regime ingetree het.
Woord en Wêreld

- Ds. LH Stavast
As ek dit reg het, was dit Lenin of een van sy trawante wat gesê het: “Gee my jou kind in die eerste vyf jaar van sy lewe en hy is vir altyd myne.” Wie dit ookal gesê het, het ‘n onstellende waarheid kwytgeraak.
Hoe jonger die kind uit die invloedsfeer van die huis weggeneem word, hoe swakker word sy binding aan sy ouerhuis, sy voorgeslag en sy geskiedenis. Hoe ouer jy word, hoe meer speel die opvoeding, die taal en die godsdiens van jou vroeë kinderjare ‘n rol in jou gedagtes en in jou optrede. Mens kan in jou latere lewe nog allerlei dinge byleer, maar dis wat jy aan moeder se skoot geleer het, wat op jou ouderdom weer na jou toe terug.
Geen wonder nie dat ons van die taal wat diep in jou gedagtes en jou drome dwaal, praat as van: moedertaal! Die outydse kommunisme van Lenin en Stalin het daarop ingespeel en van die kinders en hulle onderwys staatsbesit gemaak. En wie vandag in ons vaderland nie met oogklappe aan rondloop nie sien dieselfde hier gebeur.
Die slagspreuk van vroeër: “Die skool behoort aan die ouers” is vervang met die gedagte dat die staat, bedoelende die ANC- SAKP-alliansie die eienaar van die die grondwetlike bepalings van veeltaligheid van die tafel af en verplig al meer en meer onderwysinrigtings om slegs Engels te gebruik.
Vandaar dat die betrokke departement weer van vooraf begin met die eis dat die klaskamers van Afrikaanse skole ook gevul moet word met vreemdtaliges wat in Engels onderrig moet word. Die ouers se beheerliggame is ondergeskik gemaak aan die staat se onderwysdepartemente.
Die volgende aanval is op die heel kleintjies gerig: onderrig aan Gr R en Grade 1 en 2 moet voortaan ook in Engels plaasvind.
Op ons Christelike nasionale skole word ook duidelik ‘n aanval geloods. Veral die eksamens wat deur die CER (die Christelike Eksamenraad) geëksamineer word, moet onder die soeklig geplaas word. Die een of ander privaatfirma wat onwettig onder die vaandel van die CER ingesluip het terwille van geldelike gewin, word nou as ‘n soort Trojaanse perd gebruik om die onafhanklikheid en gehalte van die BCVO-skole te bevraagteken.
Die kinders van ons volk het tot ‘n groot mate die geestelike slawe van die ANCSAKP-alliansie geword. Die leerplanne vir feitlik al die vakke het die enige waaragtige God uit die opvoedingsordonnansies van die Heilige Skrif weggeskruif. Ons leef in die tyd waarvan die Skrif sê: “die HERE het ‘n regsaak met die inwoners van die land, omdat daar geen trou en geen liefde en geen kennis van God in die land is nie.” (Hos. 4: 1). “My volk gaan te gronde weens gebrek aan (daardie) kennis, omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp,...” (Hos. 4: 6).
Daardie: jy in hierdie laaste vers is die voorganger, die priester wat sy volk moet lei in die kennis van God en al sy werke, maar dit nie gedoen het nie. Dit het verkeerd geloop met die onderwys en daarom sê God vir almal wat die opvoedingstaak in die vrees van die HERE verwaarloos en vergeet: “...omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet!” (Hos. 4: 6).
En as u ‘n kind van God is, is u deel van “’n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig.” (1 Petr. 2: 9).
Toe die universiteit soos die destydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys sy leuse verwyder het: “In u Lig sien ons die Lig,” het hy sy erfenis verloën van “’n heilige Priesterdom” te wees. En die ouers is ontneem van die geloofsrykdom om hulle kinders in die Waarheid te “onderrig of te laat onderrig” by daardie en ongelukkig enige universiteit in ons land. Sterk taal, sê u? Maar bewys my verkeerd.
Moet net nie kom met die storie dat daar nog wel Christelike professore, lektore, onderwysers is wat hulle bes probeer nie. Die fondament van die onderrig: die vrees van die HERE, is weg.
En niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie. Dit is Jesus Christus.
(1 Kor. 3).
... (lees meer in "Die Afrikaner". Kliek HIER vir Die Afrikaner se webwerf)
Nuus vanuit Die Volksraad
Die Volksverteenwoordigende Raad wat op 24 September vir die Afrikanervolk verkies is, is op 10 Oktober in die Gereformeerde Kerk in Kerkstraat, Pretoria (wyle pres. Paul Kruger se kerk) ingehuldig.
Die opdrag aan die Verteenwoordigende Raad is een enkele opdrag: om aksies te loods waardeur die Afrikaner se vryheid in sy vaderland herstel kan word.
Volksraad neem belangrike besluite
‘n Baie geslaagde sitting van die Boere-Afrikaner Volksraad is op 21 Januarie op Orania gehou. Belangrike besluite wat die herstel van die Afrikanervolk se vryheid raak, is tydens dié volksraadsitting geneem.
Die sitting op Orania was die tweede volledig sitting van die Volksraad na die volkseie verkiesing op 24 September verlede jaar. Van die besluite wat geneem is, sluit in dat ‘n datum met die ANC-regering vasgemaak sal word om die Afrikanervolk se vryheidseis aan die regime te oorhandig.
Klem is daarop gelê dat die Afrikanervolk weer sy Christelike geloofsbasis moet onderhou. ‘n Vryheidskongres word ook in die vooruitsig gestel.
Die volledige mediaverklaring wat na afloop van die sitting op Orania deur die sekretaris van die volksraad, mnr. Henk van de Graaf, uitgereik is, lees soos volg:
“Tydens die tweede volledige sitting van die Boere-Afrikaner Volksraad is besluit om ‘n datum met die ANC-regering vas te maak om die vryheidseis te oorhandig.
Die Volksraad het met waardering kennis geneem dat die werk van sy aangewese Adviesraad feitlik voltooi is, en dat die eis om selfbeskikking dan gereed sal wees om aan die ANC-regering te oorhandig.
Daar word gepoog vir ‘n datum voor die einde van Maart vanjaar.
“Daar is ook openhartige gesprek gevoer tussen die Volksraad en die verskillende bestuurstrukture van Orania, waar die Volksraad sy sitting gehou het. Verskeie raakpunte is geïdentifiseer en die behoefte tot verdere gesprekke is ook geopper. “Lede van die publiek het ook sinvolle insette en aanbevelings gegee gedurende die ope deel van die sitting.
Sake wat ter sprake gekom het, is die Vryheidsfonds wat in die lewe geroep is, buitelandse skakeling, die volkleur embleem van die Volksraad wat bekend gestel is, en daar het ‘n versoek vanuit die openbare galery gekom dat die Voorsitter van die Volksraad met die leier van die amptelike opposisie moet gaan praat om haar te vertel dat die Afrikaner moeg daarvoor is dat sy die Afrikaner gedurig afbreek.
“Klem is ook gelê op die feit dat die Afrikanervolk weer tot sy kernwaardes moet terugkeer, naamlik sy Christelike geloofsbasis, dat die Sabbat onderhou moet word en dat ‘n verootmoedigde lewenstyl gehandhaaf moet word.
“Intussen word ook gepoog om kommunikasiekanale met die kiesers te skep of te verbeter, en daar sal gepoog word om die mandaat van die Volksraad te verbreed deur die uitbreiding van die VVK se kieserslys.
“‘n Vryheidskongres word eersdaags beplan. Besonderhede daaroor sal later bekend gemaak word. Die volgende volledige Volksraadsitting sal gedurende April in Vryheid plaasvind”.
Jaap Marais
Tydens mnr. Jaap Marais se begrafnis het wyle mnr. Willie Marais hom beskryf as “die grootste Eerste Minister wat Suid-Afrika nie gehad het nie”. ....Kliek hier om verder te lees....
Die Willie Marais Afrikanersentrum

- Ingang
Dié sentrum in Pretoria is in 2005 deur die HNP gekoop en ingerig as 'n
kultuurtuiste vir Afrikaners. Die sentrum huisves die kantore van die HNP en die
koerant Die Afrikaner. Die sentrum beskik ook oor ideale fasiliteite vir
vergaderings, funksies, dinees, feeste, konserte, opvoerings en vele meer.

- Formele Funksie
tafels en lugverkoeling. Dit beskik oor 'n baie groot kombuis, netjiese toilette, 'n
reuse lapa vir buitelug byeenkomste, baie parkeerruimte en 'n enorme groot
swembad.

- Braaigeriewe
'n Biblioteek, leeskamer en argief wat veral politieke, geskiedenis- en
godsdiensboeke en dokumente huisves, word tans ingerig.
Die sentrum het in 'n kort tyd bekend geword as dié bymekaarkomplek van
Afrikaners.
Speel die Nasionale Volkslied
|





