Kliek vir die HNP Forum


.

Die Herstigte Nasionale Party

Kliek vir die HNP Forum

 
 
 
 
 
 
 
 
 

Nelson Mandela - kommunis, terroris, opstoker !

Nelson Mandela, stigter van die MK terroris organisasie, gedefinieer as a terroriste bende deur die VSA regering en deur Amnesty International.
Historikus en voormalige onderleier van die HNP - Dr. Pieter Möller - het hierdie biografie van Nelson Mandela geskryf.

DIE MANDELA-SAGE

'n Sage kan beskou word as 'n volksoorlewering oor 'n volksheld. Dit het 'n historiese agtergrond, maar is deur fantasie uitgebrei en gekleur. In Mandela se geval is daar, wat die regskape Afrikaner en enige regdenkende mens betref, geen sprake van 'n volksheld nie, maar wel van fantasie wat tot iets bonatuurliks opgeblaas is. Wanneer die feite op 'n realistiese en objektiewe wyse onder oë geneem word, is dit baie duidelik dat 'n valse beeld van die sogenaamde geliefde Madiba aan die węreld voorgehou word. Hy is allermins die sagmoedige en vredeliewende Neelsie waarvoor hy węreldwyd uitgemaak word, maar in werklikheid 'n geweldenaar. Hy het ook nie sonder rede vir 27 jaar in die tronk gesit nie, soos voortdurend beweer word. Blyke van hierdie onware voorstellings word onder meer in die London Independent van Mei 1993 aangetref waarin op onsinnige wyse beweer word dat “Nelson Mandela is a noble man ... imprisoned for 27 years for his dedication to the cause of Black majority in South Africa.” Hoeveel van hierdie verdraaiings aan onkundige napratery en hoeveel aan kommunistiese propaganda toegeskryf moet word, sal nie maklik bepaal kan word nie.

Die waarheid is egter dat hy nie sonder rede in die tronk op Robben-eiland gesit het nie. Hy was ook beslis nie daar bloot omdat hy 'n teenstander van apartheid was nie; hy was daar omdat hy 'n regering wou omverwerp en in die proses derduisende onskuldige mense op wreedaardige wyse om die lewe wou bring, iets waarvoor hy die doodstraf verdien het en baie gelukkig was dat die sogenaamd apartheidsregime dit nie voltrek het nie. In sy outobiografie Long walk to Freedom erken hy byvoorbeeld dat hy die opdrag gegee het vir die plant van die Kerkstraatbom gedurende die tagtigerjare waarin elf onskuldige mense gedood en talle beseer is.

Ten spyte hiervan is van Mandela 'n ikoon gemaak en is hy aan die węreld voorgehou as “a man of reconciliation”as “essensially moderate, a man of special discernment, a courageous freedom fighter.” Sy internasionale pryssangers het self sover gegaan om hom met Moses en George Washington te vergelyk. Die kroon word egter gespan deur die Amerikaanse neger Jesse Jackson wat hom op godslasterlike wyse selfs met Jesus Christus vergelyk het. Wat egter ewe verstommend is, is dat die-na-1966-Suid-Afrikaanse regerings deur die jare weinig gedoen het om die ware Nelson Mandela te ontmasker of sy aandeel aan die Rivonia-komplot en sy noue verbintenis met die ANC/SAKP, en wat hierdie alliansie verteenwoordig en beoog het, aan die groot klok te hang én die landsburgers sodoende daaroor in te lig.

 

Hierdie enorme vlag was deel van massa ANC byeenkomste. Kommunistiese leiers soos Joe Slovo was nie net teenwoordig nie, maar is aangestel in sleutelposte in die ANC regering.

VOORGESKIEDENIS VAN MANDELA

Rolihlahla Dalibunga (die naam Nelson is blykbaar later toegevoeg) Mandela is op 18 Julie 1918 te Mvezo (volgens die Biografie opgestel deur Mandela se Nelson Mandela Stigting en Qunu volgens Aida Parker) naby Umtata, in die Transkei as lid van die koninklike Thembu-familie gebore. Sy skoolonderrig het by die plaaslike sendingskool begin waarna hy vir die Junior Sertifikaat na die Clarkebury Boarding Institute gestuur is. Vervolgens is hy na die Healdtown Wesleyaanse Hoërskool waar hy gematrikuleer het. Volgens sy Biografie (van die Mandela Stigting, waarna telkens hierna verwys sal word as Biografie) het hy daarna vir 'n BA-graadkursus by Fort Hare ingeskryf, maar is geskors omdat hy hom aan 'n protes-boikot skuldig gemaak het. In 1941 is hy na Johannesburg omdat hy, volgens hom, weggevlug het van 'n  huwelik wat vir hom gereël was. Dáár het Walter Sisulu hom onder sy vlerk geneem, huisvesting aan hom in sy ma se huis verskaf, hom finansieel ondersteun en hom aangemoedig om by die ANC aan te sluit, wat hy dan ook in 1943 gedoen het. Volgens die Biografie het Sisulu gereël dat hy sy klerkskap by die regsfirma van Lazar Sidelsky doen en maak melding daarvan dat hy sy BA in 1942 by Unisa voltooi het. Kort daarna het hy vir 'n LLB-graad by die Universiteit van die Witwatersrand ingeskryf, maar dit nie voltooi nie en in 1948 Wits verlaat. Hy het glo 'n paar jaar later wel die toelatingseksamen suksesvol afgelę en in Augustus 1952 'n regspraktyk in Johannesburg begin.

In 1944 was hy, waarskynlik saam met Oliver Tambo en Sisulu, 'n stigterslid van die ANC-Jeugliga, wat weldra ontwikkel het in 'n militante organisasie wat sou dien om potensiële kommuniste te werf en druk op die ANC sou uitoefen om meer gewelddadig te word. Vyf jaar later het hierdie drie beheer van die Jeugliga oorgeneem en sodoende in werklikheid in beheer van die ANC self gekom. Mandela is toe ook in 1949 tot die Nasionale Uitvoerende Komitee van die ANC verkies en het die volgende jaar Nasionale President van die Jeugliga geword. In 1952 is hy as vrywilliger tot hoof van die “Difiance Canpaign” benoem wat teenstanders van die apartheidsbeleid tot burgerlike ongehoorsaamheid moes aanspoor. Hierdie ondermynende aktiwiteite van hom het tot gevolg gehad dat hy kort-kort in die moeilikheid beland het en telkens opgeskorte vonnisse opgelę is wat sy bewegingsvryheid gevolglik aan bande gelę het. Later in 1952 is hy verkies tot Provinsiale President van die ANC in Transvaal en Adjunk President-generaal van die ANC. Intussen het sy beskermheer, Sisulu, ook die eerste heeltydse Sekretaris-generaal van die ANC geword, maar die organisasie is na die gebeure op 21 Maart 1960 by Sharpeville tot verbode organisasie verklaar en het daarna sy aktiwiteite ondergronds voortgesit. Sedertdien het Mandela op die voorgrond getree as die belangrikste leier van die geweldsopsie om die Suid-Afrikaanse regering omver te werp. Ten spyte van die węreldwye voorstelling van Mandela as 'n man van vrede, het hy en Joe Slovo in  1961 Umkhonto we Sizwe (MK), die militęre veuel van die ANC, gestig met die doel om as die belangrikste instrument te dien om 'n kommunistiese rewolusie in Suid-Afrika van stapel te stuur. In dieselfde jaar nog het Mandela die bevelvoerder daarvan geword. Hy het kort daarna na Afrika en Europa vertrek om, volgens 'n mededeling van Joe Slovo in sy boek South Africa – No Middle Road, ondersteuning vir die gewapende stryd én opleidingsfassiliteite vir ANC-kaders te verkry. Self het hy ook in 1962 militęre opleiding in Algerië ondergaan. Teen die einde van daardie jaar was honderde ANC-jeugdiges, hoofsaaklik deur die toedoen van Mandela, reeds vir rewolusionęre opleiding na Kuba, Algerië, Egipte, Ethiopië, Noord-Korea, Rusland, Sjina, Oos-Duitsland en Tsjeggo-Slowakye gestuur. Mandela se optrede het tot gevolg gehad dat hy in 1962 weens ondermynende bedrywighede in hegtenis geneem en vir vyf jaar tronk toe gestuur is. Tydens die Rivonia-verhoor van 1963 -1964 is hy skuldig bevind en lewenslank tronk toe gestuur.

Mandela is drie keer getroud en twee keer geskei. Sy eerste huwelik was met Evelyn Mase (volgens die Biografie, maar Ntoko volgens Aida Parker) en daaruit is vier kinders gebore. Uit sy tweede huwelik met Winnie Madikizela in Junie 1958 is twee dogters gebore. Na sy egskeiding met haar is hy in 1998 op sy tagtigste verjaarsdag met Graca Machel, weduwee van Samora Machel van Mosambiek, getroud.

 

"Lank leef die Kubaanse rewulusie. Lank leef Fidel Castro" - Nelson Mandela

MANDELA VERHEF TOT SIMBOOL VAN DIE ANC-VRYHEIDSTRYD

Daar is berig dat in 1976 besluit is dat aan die sogenaamde vryheidstryd van die ANC 'n persoonlik kleur gegee moes word (“personalise”). Dit is op grond daarvan dat Mandela enersyds tot simbool van die vryheidstryd en andersyds tot martelaar verhef is. Waarom juis hy gekies is, is moeilik om vas te stel, want sowel Walter Sisulu as Govan Mbeki, wat saam met hom op Robben-eiland aangehou is, was in alle opsigte sy seniors. Dit wil vir skrywer voorkom of die beeld wat ook sedert 1976 van Winnie Mandela geskep is wel iets daarmee te doen gehad het. Die media, plaaslik en internasionaal, het deur haar allerlei benaminge, soos byvoorbeeld moeder van die nasie (“Mama Wetu”), “Warrior Queen”, “Black Evita” en “The Madonna of the Left” toe te voeg, haar beeld so opgekikker dat sy bykans die reputasie van 'n godin verkry het. In teenstelling met haar was Albertina Sisulu, vrou van Walter en niggie van Nelson Mandela, na wat berig word kleurloos. Dit is nie aan skrywer bekend wat die posisie van Govan Mbeki se vrou in hierdie verband was nie.

Dit is eweneens ook nie klinkklaar waar hierdie besluit tot beeldbouery van Mandela sy oorsprong gehad het nie. Dr. Igor Glagolev, wat vir baie jare aktief by Sowjetsteun aan Suider-Afrikaanse terroriste-bewegings betrokke was en wat later na die Weste uitgewyk het, verklaar dat die Russiese (USSR) Politburo reeds teen die end van 1950 besluit het om met pogings te begin om Suid-Afrika oor te neem. Dit was in werklikheid niks nuuts nie, want reeds tydens die Internasionale Kommunistiese Kongres van 1928 is besluit dat die Kommunistiese Party van Suid-Afrika besondere aandag aan die ANC moes gee in 'n poging om dié organisasie te omskep in 'n nasionale rewolusionęre beweging wat die Blanke bewind omver moes werp. Yusuf Dadu, destydse voorsitter van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP), sou in hierdie planne 'n belangrike rol speel, want so vroeg as 1950 reeds was hy nie net in beheer van die SAKP nie, maar ook van die ANC. Dit was dan ook die Russe wat agter die uitbreek van die burgeroorloë in Angola en Mosambiek en die terrorisme in die res van Suider-Afrika gesit het.

Ironies genoeg was dit Westerse lande soos Engeland, Amerika en die Skandinawiese lande wat die terroriste-bewegings in Suider-Afrika in latere jare gefinansier het. Dit was dan ook hierdie lande  wat aktief daaraan meegewerk het om die beeld van Mandela te bou en na hom te verwys as die persoon wat Suid-Afrika sou red, as't ware die swart Messias wat sou kom; 'n voorstelling waaraan die Internasionale Kommunistiese netwerk ewe geesdriftig meegedoen het. Die aktiewe steun wat veral die Westerse moondhede aan onder meer die ANC verleen het, was dan ook die rede dat daar węreldwyd bykans geen kritiek teen die veldtog van geweld van die ANC was nie. Hierdie toedrag van sake word verder bevestig deur die feit dat die hoofkwartier van die ANC nie in 'n kommunistiese land was nie, maar wel in Londen.

Hierdie kind was 'n slagoffer van die sogenaamde halsnoer moord. Motor buiteband, brandstof, 'n bietjie draad om vas te bind en 'n vuurhoutjie. Die ANC se enigste bydrae tot moderne oorlogvoering.
"Met ons vuurhoutjies en halsnoere sal ons hierdie land bevry" - Winnie Mandela

RIVONIA: 'N DUIWELSE KOMPLOT OM DIE SUID-AFRIKAANSE REGERING OMVER TE WERP

Nog voor republiekwording was die vyande van die witman in Suid-Afrika al hard besig met ondermyning en beplanning om die gesag van die Blanke owerheid omver te werp. Nadat die ANC in 1960 verban is, het dit ondergronds gegaan. Toe dit bekend geword het dat Suid-Afrika in 1961 'n republiek gaan word, het die ANC die All African Conference belę waartydens besluit is om aan te dring dat 'n nasionale konvensie, verteenwoordigend van alle Suid-Afrikaners, gehou moes word voor tot republiekwording oorgegaan word. Indien nie gehoor gegee sou word nie, sou tot 'n landswye staking oorgegaan word, wat dan ook in Mei 1961 plaasgevind het, maar op doeltreffende wyse deur die regering onderdruk is. Daarna het die ANC besluit om sy stryd deur middel van geweld voort te sit, wat dan ook die ware rede vir die stigting van Umkhonto we Sizwe. (Assegaai van die nasie) was. Op 16 Desember 1961 het die ANC 'n manifes, wat veral teen pale in lokasies aangebring is, uitgereik waarin sy strategie van geweld teen regeringsinstellings by wyse van sabotasie uiteengesit is. Dieselfde dag nog is die land geskud deur sabotasie-aanvalle, wat soos die tyd verloop het, al hewiger geword het. Later, gedurende 1963, is selfs vlugskrifte onder Blankes versprei. Baie van hierdie vroeë sabotasiedade waarby Nelson Mandela en Joe Slovo ook betrokke was, is vanuit Ronnie Kasrils se woonstel in Johannesburg beplan en gekoördineer.

Aanvanklik was MK onbekend aan die Suid-Afrikaanse Polisie, maar mettertyd het die SAP vasgestel dat hierdie organisasie agter die dade van sabotasie sit. Ofskoon talle swartes wat militęre opleiding buite Suid-Afrika ondergaan het, reeds op die landsgrense gearresteer is, was die Polisie in die duister oor wie die leiers van MK was. Intussen het die ANC al astranter geword en het sy Radio Freedom ook teen die middel van 1963 met sy ondermynende uitsendings begin. Die hele situasie het egter oornag verander toe 'n informant aan die Johannesburgse Veiligheidspolisie inligting verstrek het oor waar die leiers van MK hulle bevind het. Daarop het vyftien polisiemanne onder bevel van 'n luitenant Van Wyk helder oor dag op 11 Julie 1963 'n klopjag op die 28 hektaar grote plaas Lilliesleaf van Arthur Goldreich, te Rivonia, 16 kilometer noord van Johannesburg, uitgevoer en die klomp kommuniste, bestaande uit agt Jode, vier swartes en 'n Indiër, geheel en al onverhoeds betrap. Nadat Mandela in 1962 tronk toe gestuur is, het Goldreich sy plek as belangrikste samesweerder ingeneem. Saam met hom en sy vrou Hazel is die gelyste kommunis Lionel Bernstein, advokaat Bob Hepple, Dennis Goldberg, prokureur James Kantor en sy swaer en vennoot Harold Wolpe, dr. Fernstein, Govan Mbeki, Walter Sisulu, Raymond Mhlaba en Ahmed Kathrada in hegtenis geneem. Ongelukkig het Goldreich, Wolpe en Hepple daarin geslaag om landuit te vlug. Die ondergrondse hoofkwartier van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party is hierna vanaf Lilliesleaf na Londen verskuif.

Met behulp van die inligting wat bekom is, is 'n paar weke later toegeslaan op die plaas Travallyn, 14 kilometer vanaf Lilliesleaf. Dit het geblyk nie net 'n tweede wegkruipplek van die samesweerders te wees nie, maar ook 'n wapenfabriek met die oog op hulle duistere planne. Daarna is 'n derde skuilplek in Mountain View (Pretoria) blootgelę.

Met die klopjagte het die polisie 'n groot aantal inkriminerende dokumente gevind, waaronder die belangrikste een waarin Operasie Mayebuye (wat beteken “kom terug”), die meesterplan vir die omverwerping van die Suid-Afrikaanse regering, in die fynste besonderhede uitgespel was. Dit het ook dagboeke van Mandela bevat, wat in die dokumente as die hoofsamesweerder onthul is. Daarin kom onder meer gegewens oor sy ondermynende bedrywighede voor, sy betrokkenheid by sabotasie, sy besoeke en samesprekings enersyds met Afrikaleiers en andersyds sy bywoning van die beraad van die Organisasie van Afrika-eenheid in Addis Abeba en sy toespraak aldáár met die oog daarop om die Afrikastate sover te kry om by die stryd teen die Blanke bewind in Suid-Afrika betrokke te raak. Verder is ook 'n groot hoeveelheid toerusting van allerlei aard gekry wat gebruik sou word om Operasie Mayebuye van stapel te stuur.

Die beskuldiges het eers op 9 Oktober 1963 en daarna weer op 29 Oktober en 25 November in die hof verskyn, maar allerlei tegniese probleme het veroorsaak dat die saak telkens uitgestel is. Gevolglik het die saak in werklikheid eers op 3 Desember 1963 in alle erns begin. Die aangeklaagdes was Mandela, Sisulu, Goldberg, Mbeki, Bernstein, Hepple, Mhlaba, Kantor, Elias Motsoaledi en Andrew Mlangeni. Om sy bas te red het Hepple staatsgetuie geword, maar voor die sitting van 3 Desember vanweë dreigemente teen hom en sy gesin landuit gevlug. Ook Vernon Ezra, Julius First (broer van Slovo se eerste vrou Ruth) Kasrils, Slovo, Oliver Tambo (eerste president van die ANC) en Strachan het landuit gevlug voordat hulle aangekla kon word.

Die aangeklaagdes het tereggestaan op aanklagte van sabotasie, wat ingesluit het dade van sabotasie, die pleeg van onwettige dade, werwing van persone vir opleiding in oorlogvoering, vervaardiging en gebruik van plofstowwe met die doel om geweld te pleeg en verwoesting aan te rig (altesame 153 dade van geweld is gelys) en van sameswering om dade van guerrilla-oorlogvoering met behulp van vreemde invalsmagte te pleeg. Hulle beplanning het die vervaardiging van 48 000 landmyne en 'n groot hoeveelheid handgranate, pyp-, petrol- en bottelbomme ingesluit. In die aanwending daarvan sou hulle op koelbloedige wyse niemand ontsien nie en dit binne die onskuldigste verpakkings, soos byvoorbeeld kissies landbouprodukte en koffie- en konfytblikke, en op die onskuldigste plekke soos byvoorbeeld voetpaadjies en ingange tot tuine, plaas met die doel om soveel moontlik dood, verminking en verwoesting te saai.

Dr. Percy Yutar het namens die staat aangekla, terwyl regter Quartus de Wet, regter-president van Transvaal die saak sou aanhoor. Die aangeklaagdes se regspan het uit advokate A (Braam) Fischer ('n gelyste kommunis), VC Berrange (ook 'n gelyste kommunis), A Chaskalson, G Bizos en JF Coaker (namens Kantor) bestaan met JJ Joffe as die opdraggewende prokureur. Alhoewel 270 getuies deur die staat geďdentifiseer is, het hy dit as gevolg van die verdoemende dokumentęre bewyse, waarvan die aangeklaagdes nie die egtheid óf hulle rewolusionęre oogmerke betwis het nie, nie nodig geag om almal te dagvaar nie. Slegs 173 is gedagvaar. Tussen die dokumentęre bewyse was 10 dokumente in Mandela se eie handskrif wat oor basiese oorlogvoering, Sjinese Guerrilla-oorlogvoering, Israels-Filipynse ondergrondse militęre operasies gehandel het en ook inligting bevat het oor die onderverdeling van die lokasies aan die Witwatersrand in vier groepe. Met die oog op die rewolusionęre planne van die ANC moes ondergrondse bewegings gestig word wat die lokasies verder in sones sou verdeel.

'n Skrikwekkende plan het hom tydens die hofverrigtinge ontvou. Operasie Mayebuye was ongetwyfeld 'n meesterplan vir oorlogvoering en dit was duidelik dat die opstellers daarvan deskundiges op die gebied van rewolusionęre oorlogvoering was. Dit het waarskynlik sy ontstaan in een of ander kommunistiese land soos Rusland, Rooi Sjina, Kuba of Algerië gehad wat reeds 'n rewolusionęre geskiedenis agter die rug gehad het. Al hierdie lande was deur sowel Mandela as Goldreich besoek. Baie mense is buite die landsgrense opgelei in die vervaardiging en hantering van die verwoestingsmiddels. Goldreich wat Operasie Mayebuye opgestel het, is byvoorbeeld in Rusland, Sjina en Duitsland in plofstoftegnieke onderrig, terwyl verskeie ander medepligtiges, veral in kommunistiese lande, in die hantering van allerlei wapens, kaart- en kompaslees, radiokommunikasie, seinwerk en in die lę van hinderlae opgelei is.

In die gedetailleerde strategie het alle tersaaklike aangeleenthede soos logistieke beplanning, vervoer en dergelike sake volledige aandag geniet. Die aanvalle sou hoofsaaklik op die platteland afgestem wees en met die oog daarop is die land in vier streke verdeel. Elke streek sou deur 'n guerrilla-mag, wat in staat sou wees om vir 'n maand lank selfonderhoudend te wees, binnegeval word. By hulle aankoms moes hulle in drie kleiner groepe van 10 man elk verdeel, wat die plaaslike bevolking deur misleiding en intimidasie moes beďnvloed om by hulle aan te sluit. Dit het ook aan die lig gekom dat die leiers van die ANC hulle gewone volgelinge skandelik mislei het omdat opdragte later direk van die SAKP ontvang is. Dit is ook gestaaf deur een van die Mandela-dokumente waarin hy skryf dat Suid-Afrika onder 'n kommunistiese bewind 'n land van melk en heuning sou wees.

Terwyl die binnelandse mag met sy ondermynende bedrywighede besig was, moes intussentyd 'n buitelandse mag van 7 000 man saamgestel word en op 'n gereedheidsgrondslag geplaas word om die land, ter ondersteuning, binne te val. 'n Voorlopige rewolusionęre regering, wat kon staat maak op die ondersteuning van internasionale vakbonde in die isolering van die Republiek, moes tot stand gebring word. Die oortuiging is deur die opperbevel van Operasie Mayebuye, wat uit Mandela, Slovo en Joe Modise bestaan het, gehuldig dat indien die plan binne ses maande suksesvol voltooi kon word, 'n vlaag van grootskaalse moord en doodslag sou volg wat uiteindelik tot gevolg sou hę dat hulle in hulle doel sou slaag om die regering omver te werp.

Organisasies wat meegewerk het aan die beplanning van hierdie diaboliese plan, het deel uitgemaak van die Congress Alliance en het die ANC, die SAKP, die SA Congress of Trade Unions, die Coloured People's Congress  en die Congress of Democrats ingesluit.

Die meeste van die beskuldigdes het geweier om onder eed te getuig, met die gevolg dat hulle nie onder kruisverhoor geneem kon word nie. Mandela as beskuldigde nommer een het 'n getikte toespraak van 60 bladsye, wat voortydig deur die linkse kanale versprei is om simpatie vir die beskuldigdes te wek, by hom gehad wat hy na die beëindiging van die hofverrigtinge op dramatiese wyse voorgedra het. Dit het in 1990 tydens 'n onderhoud aan die lig gekom dat hierdie “I am prepared to die”-toespraak nie deur Mandela geskryf is nie, maar dat al die beskuldigdes, en waarskynlik hulle regsverteenwoordigers, 'n aandeel aan die opstel daarvan gehad het en dat Anthony Sampson, voormalige redakteur van die tydskrif Drum en goeie vriend van Aartsbiskop Trevor Huddleston, op versoek van Braam Fischer die finale redigering daarvan behartig het.

Op 4 Maart 1964 het die staat sy saak gesluit en daarna vir 'n maand in reses gegaan om die verdediging kans te gee om hulle saak voor te berei. Op 11 Junie 1964, presies elf maande na die klopjag op Lilliesleaf, het regter De Wet sy uitspraak, wat slegs drie minute geduur het, gegee. Die finale uitspraak wat eers later gegee is, het 72 bladsye beslaan. Slegs Bernstein is onskuldig bevind, maar is dadelik nadat hy die hofsaal verlaat het, weer deur die polisie ingevolge die Wet op die Onderdrukking van Kommunisme in hegtenis geneem. Selfs die redakteur van die Rand Daily Mail en groot teenstander van apartheid, het in sy redaksionele kommentaar op 17 Junie 1964 verklaar dat “the sentences pronounced by Mr Justice de Wet yesterday at the conclusion of the Rivonia Trial were both wise and just.”

Alhoewel hierdie saak 'n klassieke geval van hoogverraad was; iets wat volgens wet met die dood strafbaar was, het dr. Yutar toe die saak begin het, tot almal se verbasing, bekend gemaak dat die staat besluit het om slegs 'n klag van sabotasie teen die beskuldigdes te lę. Ofskoon dit vandag nog onbegryplik is waarom hy dit gedoen het, het niemand tot vandag toe 'n verduideliking vir die besluit verstrek nie. Regter De Wet het verklaar dat alhoewel die beskuldigdes aan hoogverraad skuldig was, hy hulle slegs aan sameswering skuldig bevind bloot omdat hulle nie van hoogverraad aangekla is nie. Hy het hulle die maksimumstraf, naamlik lewenslange gevangenis, opgelę.

Daarmee was die polisie-ondersoek nog nie afgehandel nie. Binne 'n maand na die hofsaak het hulle op meer as 100 huise toegeslaan en nog 40 mense, van wie 30 Blankes was, aangehou.

Op geen stadium gedurende die verhoor het die verdediging die egtheid van die dokumente waarop die polisie beslag gelę het, betwis nie. Ofskoon 'n venynige węreldreaksie op die uitspraak gevolg het en selfs die Veiligheidsraad van die VVO geëis het dat vrywaring aan die veroordeeldes verleen moes word omdat hulle teenstanders van apartheid was, het Amnestie Internasionaal, in stryd daarmee,  verklaar dat Mandela nie aanspraak daarop kan maak dat hy 'n politieke gevangene is nie, want hy is skuldig bevind aan dade van sabotasie en geweld. Die Suid-Afrikaanse regering het nie aan die druk toegegee nie en dr. HF Verwoerd het die buiteland by wyse van voorbeelde wat hy verstrek het oor sy dubbele standaarde geroskam. Ten slotte het hy hierdie profetiese opmerking gemaak: “Wanneer dus gesę word hulle (die węreld) is bly dat Mandela nie 'n doodstraf gekry het nie – want hy mag nog, soos Kenyatta (Mau-Mau terroriste-leier in Kenia) die leier in die toekoms word – dan sę ek: God verhoed dit!

Kerkstraat bom slagting. Nelson Mandela het die terroristebende "Mkhonto we sizwe" (MK) gestig. MK het veel meer swartes as blankes vermoor, en veel meer burgerlikes as polisie of militęr, soos in Kerkstraat - sien hierbo.

MANDELA EN KOMMUNISME

Een van die dokumente in sy eie handskrif wat tydens die Rivonia-verhoor as bewysstuk teen Mandela gedien het, was getitel How To Be a Good Communist. Daarin stel hy dit onomwonde dat die oorgang van kapitalisme na sosialisme nie teweeggebring sal word deur die stadige veranderings soos voorgestaan deur reaksionęres en liberaliste nie, maar slegs deur rewolusie. Hy meld verder daarin dat die doel met die bestudering van die Marxistiese filosofie is om beter beheer oor rewolusionęre massa-aksies (struggle) te verkry en gaan dan soos volg voort: “The Communist movement still faces powerful enemies which must be completely crushed and wiped from the face of the earth before a Communist world can be realised.” Hierin het hy ook in later jare aansluiting gevind by al wat kommunis was. So het Chris Hani, geharde kommunis wat soos die Sjinees Mao tse Toeng geglo het mag kom uit die loop van 'n geweer, en bevelvoerder van MK, gedurende die jare voor die De Klerk-oorgawe, verklaar dat hy vrye toegang tot Mandela het en slegs nodig het om die telefoon op te tel en 'n afspraak te maak wanneer hy daarna voel.

Nie alle ANC's was egter met Mandela se kommunistiese gesindheid gediend nie. Anti-Marxistiese gesindes onder hulle was “infuriated at the manner in which Mandela and other ANC leaders have allowed the former Black nationalist movement to be completely hijacked by the SACP.” Hoe reg hulle was, word bevestig in 'n artikel deur Angela Davis, kommunistiese party-leier in die VSA, wat gedurende Desember 1991 in die mondstuk van die Amerikaanse Kommuniste Party gepubliseer is. Daarin haal sy Brian Bunting, 'n veteraan SAKP-lid, aan waarvolgens hy verklaar het dat elke lid van die SAKP ook lid van die ANC is.

Ook die ambisieuse top jong ANC-leier en Sekretaris-generaal van die invloedryke National Union of Mineworkers, Cyril Ramaphosa, was in botsing met Walter Sisulu, in sy geval oor die toekomstige leierskap van die ANC. Hy het openlik op die ANC-beraad wat gedurende middel Januarie 1990 in Lusaka gehou is, verklaar dat terwyl Mandela in die tronk was ander die stryd gevoer het en dat “Mr Mandela should not expect to vault over the heads of those who have carried on the struggle.” In die lig hiervan is dit begryplik waarom Ramaphosa deur sowel Mandela as Mbeki uitgeskuif is en gevolglik nooit in aanmerking gekom het om president van die ANC te word nie.

Mandela het nooit 'n geheim gemaak van die noue verbintenis tussen die ANC en die SAKP nie. In sy eerste toespraak na sy vrylating in 1990 het hy dan ook na sy wapenbroer en vriend, Joe Slovo, verwys as “one of our finest patriots.” Afgesien van sy mede-Rivonia samesweerders en veroordeeldes op Robben-eiland, het hy sy voorkeur aan kommuniste duidelik laat blyk deur onder meer sy kabinets- en ander aanstellings na 10 Mei 1994. Hier dink 'n mens aan persone soos Steve Tshwete, Joel Netshitendze, Sidney Mufamadi, Valli Moosa, Trevor Manuel, Alfred Nzo, Cheril Carolus John Nkadimeng en Tito Mboweni, almal volgens die Aida Parker Newsletter kommuniste.  Chris Hani het egter in hierdie verband verklaar dat Mandela nooit alleen besluite geneem het nie, maar eers ná hy sy vertrouelinge geraadpleeg het. In dié proses het hy ook seker gemaak dat hy die ondersteuning van soveel moontlik van sy kamerade kry. Die rede hiervoor word gevind in die mededeling van Chris Hani, aan die International Express soos gepubliseer in die uitgawe van 4 tot 10 Februarie 1993: “However much the West may admire and fete him as a brave individual, Mandela has debts to pay and forces to placate.”

MANDELA HET NOOIT GEWELD AFGESWEER NIE

Alhoewel Mandela hom as 'n voorstander van vrede voorgedoen het wat geen wraakgedagtes teenoor sy teenstanders gekoester het nie, het die praktyk dit sonder enige twyfel geloënstraf. Afgesien van die kommuniste en Afrikanerhaters wat deur sy toedoen in prominente posisies geplaas is, was sy bevordering van Peter Mokaba, van “Kill a farmer, kill a Boer-faam, tot adjunk-minister sekerlik die duidelikste bewys van sy haat vir die Afrikaner. Insgelyks gee die aanstelling van die sogenaamde Waarheids- en Versoeningskommissie, wat volgepak was met vyande en teenstanders van die vorige bewind, blyke van sy gesindheid teenoor die Afrikanervolk. Van waarheid en versoening was daar geen sprake nie, maar onder voorsitterskap van Desmond Tutu het dit in 'n klug ontaard wat met waarheid niks te make gehad het nie, maar net ten doel gehad het om die Afrikaner in die beskuldigdebank te plaas en hom te verneder.

Dit is duidelik dat Mandela se vrede deur die loop van 'n AK 47 kom. Aida Parker verklaar dat “compassion or feeling for the human condition have seldom if ever played any role in his actions.” Alreeds so vroeg as 1961 het Mandela verklaar: “I and some colleagues came to the conclusion that as violence in this country was inevitable, it would be wrong and unrealistic for African leaders to continue preaching peace and non-violence at a time when the government met our peaceful demands with force.” Hierdie stelling oor die regeringsoptrede is ook nie waar nie. Moes terroriste, saboteurs en ondermyners met sagte handjies hanteer word? Die regering het opgetree in ooreenstemming met die wrede werklikhede waarmee hy gekonfronteer was. Enige ander regering sou op dieselfde wyse opgetree het.

Uitsprake soos dié van Mandela het miljoene jong swartes onder die indruk gebring dat die ANC/SAKP-doel slegs by wyse van geweld bereik sou kon word. Daarom was dit steeds ANC-strategie om die lokasiejeug te mobiliseer. Mandela self het hierdie jeug geadviseer dat as hulle wapens wil hę, hulle by MK moes aansluit. Hierdie propagering van geweld was 'n vrypas tot anargie en Mandela moet derhalwe grootliks die blaam kry vir die geweld wat oor baie jare in Suid-Afrika losgebars het en steeds aan die orde van die dag is. Om enkele voorbeelde hiervan te noem, word hier volstaan met gegewens wat die verwoesting tydens die tydperk September 1984 tot Augustus 1989 illustreer. Gedurende hierdie vyf jaar is 1 770 skole, 7 187 wonings van swart eienaars wat daarvan verdink is dat hulle nie die ANC ondersteun nie, 10 318 busse, 152 treine, 12 188 private voertuie, 1 265 winkels en fabrieke, 60 poskantore, 47 kerke en 30 klinieke vernietig. Terselfdertyd was daar 300 koelbloedige moorde op swartes, sommige daarvan op die bloeddorstig-wrede halssnoermetode. Die moord en doodslag gaan steeds voort en tans word 56 mense per dag in Suid-Afrika vermoor, om nie te praat van die verkragtings, gewapende- en transito-rooftogte, motorkapings en huisbrake nie.

Dat misdaad hoogty vier is reeds in 2001 deur die destydse Kommissaris van Polisie, Jackie Selebi, erken. Kragtens 'n koerantberig van dié tyd het hy verklaar dat daar 600 misdaadsindikate in Suid-Afrika bedrywig is. Daar is dan ook die afgelope jare van tyd tot tyd berig dat die Russiese en Siciliaanse Mafia, asook dwelmhandelaars uit Nigerië en elders, in Suid-Afrika aktief is en dat dié land inderdaad die misdaad-Mekka van die węreld geword het. Dit is die wonderlike nalatenskap van Mandela en die ANC/SAKP. Intussen krepeer die armes, swart en blank, en die swart elite word al ryker.

Nadat dit bekend geword het dat Mandela die Nobelvredesprys gaan ontvang, het die ANC in 'n gepubliseerde verklaring daarop gewys dat Mandela in die verlede mildelik bygedra het tot die ANC se militęre vleuel MK en dat hy stellig weer eens 'n aansienlike deel van die R3,1 miljoen aan MK sal skenk. Dít dan is die man wat hom volgens die internasionale mening so kragdadig vir vrede beywer! 

Hierdie kind was 'n ANC landmyn slagoffer. Om duisende landmyne in die land in te smokkel was een rede waarom Nelson Mandela in die tronk was.

DIE NASIONALE PARTY (NP) EN MANDELA

Op 2 Februarie 1990 het FW de Klerk sy nou reeds berugte Rooi Vrydag-toespraak gehou waarin hy verklaar het dat Nelson Mandela, ten spyte van al die geweld in die land, vrygelaat gaan word. Dit is interessant dat Aida Parker daarop wys dat terwyl sovele hulle mond uitspoel oor Mandela se 27 vermorste jare in die tronk, John Vorster al in 1976 die voorstel aan Mandela gemaak het dat hy hom sou vrylaat indien hy bereid sou wees om hom by sy swaer Kaiser Matanzima in die Transkei te vestig. Mandela het die aanbod egter van die hand gewys omdat hy van mening was dat dit beskou sal word as 'n erkenning van die NP se tuislandbeleid. Nog 'n onbekende feit wat Parker openbaar, is dat Mandela ietwat later aan die Marxistiese MPLA uitgeruil kon word vir 'n  majoor van die Suid-Afrikaanse weermag wat in Cabinda gevange geneem is. Ook dit het hy geweier.

In Maart 1982 is hy oorgeplaas na die Polsmoor Gevangenis in Kaapstad. In 1984 was daar ernstige samesprekings binne die N P om hom vry te laat, maar op daardie stadium het die rewolusionęre klimaat wat in Suid-Afrika losgebars het, dit verhoed. Dit wil voorkom of Mandela op die hoogte van hierdie verwikkelinge binne die N P was en dit het hom oënskynlik daartoe laat oorgaan om, soos hy self verklaar het, die inisiatief te neem en by wyse van 'n brief met Kobie Coetzee, die Minister van Justisie, in verbinding te tree. Daarna is hy na 'n enkelsel verskuif en in 1986 het die gesprekke tussen hom en Coetzee 'n aanvang geneem. Die regering het, na wat berig word, selfs so ver gegaan om hom in die geheim in die ontruimde luukse drieslaapkamerhuis van die hoof van die Polsmoor Gevangenis te plaas en boonop die nodige geriewe vir hom geskep om met die ANC buite die landsgrense in verbinding te tree. In hierdie huis is selfs 'n kok tot sy beskikking gestel wat kos na sy smaak vir hom kon voorberei. Volgens Mandela is hy gedurende Desember 1988 vanaf Polsmoor na die Victor Verster Gevangenis naby die Paarl oorgeplaas.

Ook PW Botha was gretig om Mandela vry te laat en het hom gevolglik reeds op 5 Julie 1989 in Tuynhuis ontmoet. Daartoe was hy bereid die oomblik as Mandela geweld afsweer en vreedsaam na die konferensietafel sou gaan. Alhoewel Mandela te kenne gegee het dat hy graag sou bydra tot die skep van 'n klimaat wat vrede tot stand sou bring, is dit te betwyfel of hy eerlik was, want dit sou nie by sy rewolusionęre aard en toekomsbeplanning inpas nie en sou buitendien 'n repudiëring van die ANC-geweldsopsie wees wat tot die stigting van MK aanleiding gegee het. Mandela het nooit geweld afgesweer nie, maar is tog uiteindelik op 11 Februarie 1990 deur De Klerk vrygelaat wat toe ook verbode organisasies soos die ANC en SAKP ontban het.

Tydens 'n besoek aan die VSA op uitnodiging van die Kommunisties Party in dié land het Hani voorspel dat Suid-Afrika 'n kommunistiese regering sou kry.>Dit is ondenkbaar dat die Suid-Afrikaanse regering nie daarvan sou kennis geneem het nie. Tog blyk dit dat De Klerk so gretig was om met hierdie terroriste-organisasie in onderhandelinge te tree dat hy nie wou hę dat die Blankes ingelig moes word oor die ware aard van die ANC en uitsprake soos dié van Hani en ander radikaliste in die ANC/SAKP nie. Die NP het dus op bedrieglike wyse alles in sy vermoë gedoen om 'n gematigde beeld van die ANC aan die kiesers voor te hou. Selfs die Intelligensiedienste het opdrag gekry om nie dade van die ANC wat afbreuk aan hierdie beeld sou doen, te ondersoek en te ontmasker nie. Hiervan getuig ook Aida Parker. Toe sy inligting in haar News Letter oor die ANC-martelkampe in Angola wou publiseer, is, sonder sukses, gepoog om dit te voorkom. Vanselfsprekend sou die NP derhalwe ook swyg oor die rewolusionęre planne met Operasie Mayubuye soos dit tydens die Rivonia-verhoor aan die lig gekom het; hoe minder mense dus daarvan geweet het, hoe beter.

Die resultaat van hierdie oorgawe-politiek van die NP beleef ons tans steeds. Nie net is die land verwoes en van 'n eerstewęreldland in 'n derdewęreldse puinhoop verander nie, maar die proses gaan steeds voort. Dit lyk dan ook asof al die anargie wat tans met die stakings en betogings oor sogenaamde swak dienslewering (en dít deur mense wat meesal nie vir die dienste betaal nie!) aan die orde van die dag is, in der waarheid net 'n rookskerm is en in werklikheid dui op die aanvang van die tweede rewolusie soos deur die ANC/SAKP beplan. Soos dr. Verwoerd kan ons dan ook net sę: God behoed ons.

Selfs objektiewe buitelandse waarnemers, soos byvoorbeeld die Britse historikus Paul Johnson, het al kort na die ANC-oorname in 'n artikel daarop gewys dat die ANC-regime korrup én onbevoeg is. Reeds in Februarie 1995 het hy hom in die Spectator soos volg uitgelaat: “Suid-Afrika is 'n land wat geteister word deur misdaad en korrupsie, met tuimelende standaarde en 'n bevolking wat verdoem is tot 'n veragtelike en dierlike bestaan.” Van Mandela se land van melk en heuning onder 'n sosialisties-kommunistiese regering het dus niks tereg gekom nie! Vir ander mag hy dus 'n held wees, maar vir die Afrikanervolk is hy 'n terroris.

SLOT

Nie net het hierdie verval sedert 1994 op alle vlakke in Suid-Afrika ingetree nie, maar 30 000 Blankes is ook al, dikwels op afgryslik-wrede wyse, vermoor. Deur die beleid van “affirmative Action” word op onmenslike wyse teen Blankes gediskrimineer. Die feit dat sovele van ons volksgenote nie werk kry nie of hulle werk verloor het, het ongekende ellende tot gevolg en dít terwyl die aantal swart miljoenęrs jaarliks toeneem. Na raming is al 10% van ons volksgenote tot die bedelstaf in plakkerskampe verneder, met al die sosiale en ander euwels wat daaruit voortspruit. Dit alles is die gevolg van die De Klerkverraad waardeur Nelson Mandela die bewind oorgeneem het.

Dit is ironies dat daar tans stemme opgaan om 18 Julie tot internasionale Mandeladag te verklaar, bykans net so ironies as die toekenning van die Nobelvredesprys aan Mandela en De Klerk. Nou kan 'n mens verstaan waarom God dit in die Bybel aan ons openbaar dat daar moeilike tye vir die Christen voorlę, tye waarin mense in hulle gehoor gestreel sal wil word en verkeerd reg sal wees en die leuen die waarheid.

Dr. Pieter Möller (Julie 2009)


www.adequacy.org

Interessante kommentaar van 'n neutrale bron:

"So daar het ons dit. Mandela. 'n Paar geboue opgeblaas, tronk toe vir jare, kom uit en vernietig sy land se ekonomie. Taamlik 'n rekord. Ironies genoeg, hy was waarskynlik verantwoordelik vir meer sterftes deur sy rampspoedige hantering van die ekonomie as wat Umkhonto we sizwe ooit tydens die "armed struggle" kon doodkry"

 

 

 

... ...

OntmoetDieHNP
WaarvoorStaanDieHNP
ProgramVanBeginsels
OnsKleure
Lidmaatskap KontakDieHNP

Kopiereg © 2011 Herstigte Nasionale Party

Kontak HNP - v1.301 - Kontak diensverskaffer