 |
Dié land is óns land. |
| |
|

|
Die Heilige Skrif as die onfeilbare Woord van God, soos dit verstaan en uitgelê is in die Calvinistiese Hervorming waarvan die Afrikanervolk die dankbare erfgename is, vorm die grondslag van die Party. |
| |
|

|
In die grondwet van die staat en in die optrede van sowel die owerheid as die volk moet die Drie-enige God erken en verheerlik word. |
| |
|

|
Die anti-Christelike en anti-nasionale strewe na kulturele eenvormigheid, die uitwissing van rasse- en volksgrense en die imperialisme met as doel 'n eenwêreldstaat, sal beveg word. |
| |
|

|
Christelik-nasionale beginsels moet in die samelewing weerklank vind. |
| |
|

|
Christelike volkseie onderwys sal ingestel word. Geen skool of universiteit mag 'n anti-Christelike karakter dra nie. |
| |
|

|
Nasionalisme as beginsel in politiek met die klem op die voorkeur vir die eie in rasse- en volksverhoudings. |
| |
|
 |
Die reg van ons volk op sy eie vlag en sy eie volkslied. |
| |
|
 |
Die regering van die land sal 'n soewereine volksregering wees. |
| |
|
 |
Afrikaners se eiendomsreg sal beskerm word. |
| |
|
 |
Buitelandse betrekkings op die basis: Suid-Afrika eerste. |
| |
|

|
Vreedsame naasbestaan met buurlande en ander state en volke, weerstand teen die uitwissing van volksgrense en die handhawing van afsonderlike identiteite. |
| |
|

|
Afrikaans as taal wat uit Afrika gegroei het en 'n meerdere reg het. |
| |
|

|
Die handhawing van wet en orde as die eerste plig van die owerheid. |
| |
|

|
Vrye ondernemerskap en die beperking van monopolisme in nasionale belang. |
| |
|

|
Die beskerming van Suid-Afrikaanse burgerskap wat nie deur immigrasie of emigrasie aangetas mag word nie. |
| |
|

|
Die instroming van volksvreemdes sal stopgesit word, onwettige immigrante sal uit die land gesit word, en die proses sal omgekeer word om Suid-Afrika stelselmatig te verblank. |
| |
|

|
Die belange van die boer sal beskerm en gedien word sodat daar te alle tye 'n groot selfstandige boerestand aanswesig sal wees. |
| |
|

|
Op ekonomiese terrein moet elkeen 'n lewensvatbare lewensbestaan voer en sal ekonomies-swakkeres teen uitbuiting beskerm word. Prysbeheer sal ingestel word. |
| |
|

|
Massa-kommunikasie sal nie toegelaat word om die Christelike-nasionale lewensbeskouing en -sedes af te takel nie. |
| |
|