Waarvoor moet die wêreld voorberei?

In die vorige aflewering van Perspektief het Gawie gevra (en gewaag om ‘n antwoord te gee) oor die politieke keuses in Suid-Afrika.

Vandag wil Gawie die debat veel wyer vat. Wat is tans aan die gebeur wêreldwyd? Die ganse wêreld, veral die Westerse wêreld, het oornag voor die grootste en gevaarlikse uitdagings en keuses gekom. Daar is ‘n ver-linkse rewolusionêre aanslag op die Westerse beskawing ― op die Blankes.

Die Afrikanervolk word deur die huidige politieke gebeure geraak. Vrede en vreedsame naasbestaan is skielik iets van die verlede. Die Bybelse wet: jy moet jou naaste liefhê soos jouself, word oral vertrap en het in die doofpot beland.

Kom ons kyk na enkele uitstaande gebeure. Daar is ernstige spanning aan die opbou tussen groot wêreldmoondhede. Die spanning tussen Sjina en Amerika laai op; op die grens tussen Sjina en Indië is daar militêre konflik, en Sjina en Australië sit lank reeds nie meer langs dieselfde vuur nie.

Wêreldwyd is BLM (Black Lives Matter) besig om die orde te ontwrig. Van die BLM-leiers het erken dat hulle die Marxisme ondersteun. BLM is in Europa ‘n drukgroep om die beskaafde wêreld totaal te omvorm.

In dié aanslag word volksnasionalisme vernietig. Net toe daar ‘n opflikkering van nasionalisme in verskeie Europese state was, het die korona virus dit tot stilstand geruk. In Italië, byvoorbeeld, het Mateo Salvini sterk na vore getree as ‘n Italiaanse nasionalis en toestroming van uitlanders in sy land verbied.

In die Amerikaanse politiek was die Republikeine nog altyd in hulle beskouings die regse party en die Demokrate die linkses. Die Demokrate het nou verder links beweeg met ‘n pro-sosialistiese kandidaat ― Joe Biden. Sy uitsprake van vyandigheid (reeds in 1986) teenoor die Blankes van Suid-Afrika, is skokkend. Om homself nog meer aanvaarbaar vir die swart massas van Amerika te maak, is sy verkiesingsmaat die nieblanke Kamala Harris, ‘n African-American soos die Amerikaners haar noem.

Vir die Republikeine staan Donald Trump baie sterk. Gawie beskou Trump as groot patriot, eerder as ‘n nasionalis. Dit is egter belangrik en prysenswaardig dat Trump vasstaan om Amerika sterk te maak. Sy standpunte en sy sukses bewys dit. Die linkse media kan dit egter nie aanvaar dat Trump hom nie laat intimideer nie en die aanslae van links raak net groter.

Die ontploffing in Beirut op 4 Augustus laat ernstige vrae ontstaan. Wie en wat sit werklik daaragter?

Suid-Afrika

Wat gebeur in Suid-Afrika? Die onbeholpe en korrupsie-deurdrenkte ANC-regime is duidelik nie in staat om die land te regeer nie. Daar móét van dié regime ontslae geraak word. Onderdrukking en uitbuiting van die blanke bevolking het geen einde nie. Die ANC is opsigtelik die Wittes vyandig en hierdie vyandigheid speel ‘n deurslaggewende rol in ‘n groot deel van die swart bevolking se rassehaat teen die Witman.

Intussen is die regime met spoed oppad om die kommunistiese handleiding ― die   Freedom Charter uit te voer.

Plaasaanvalle en -moorde neem toe. Dit vind georganiseerd plaas. Dit is wreed en grusaam.

Berigte bespiegel dat Isis reeds ‘n vastrapplek in Suid-Afrika het met ongeïdentifiseerde selle. Skielik word bekendgemaak dat ‘n uiters militante groep bekend as #JozitoStellenbosch gevorm is met die steun van die PAC. Die haat wat teen bekende blanke sakemanne uitgespreek word, getuig van haat teen die Witman.

Intussen is die boeregemeenskap besig om meer paraat te wees as ooit tevore. Landbouleiers sê openlik dat hulle geensins beplan om die aggressor te wees nie, maar as die staat nie kan en nie wil optree teen die terroristiese moordbendes nie, dan sal die Afrikaner as volk self sy lewens en eiendom beskerm. “Ons moet aanvaar ons is reeds in ‘n oorlogsituasie”, sê van dié leiers.

Gawie bepleit nie oorlog nie. Die spanning wat egter die afgelope maande vinnig aan die opbou is, gaan verseker ‘n plofpunt bereik soos wat Smelser dit in sy teorie oor kollektiewe gedrag verduidelik.

As die opveil van Bezuidenhout se ossewa in November 1880 kon lei tot die uitbreek van die Eerste Vryheidsoorlog waartydens die Boere die Britte by Majuba verslaan het, moet die ANC en die terroriste eerder nie veel langer aan die Boervolk torring nie.

Tans hou ons binne die wet vreedsame protesoptogte teen die moorde op ons mense. Almal weet egter een feit is waar en vas: Daar is net een finale oplossing, nl. om die Afrikaner se vryheid te herstel om oor homself in sy vaderland te regeer.

Eie volk, Eie land!