Meinhard Peters

Nasionale selfstandigheid en vryheid

ARTIKEL 7.6

Artikel 7.6 trek baie van die voorafgaande beginsels saam in ’n enkele, eenvoudige stelling. Dit lui: ”Die HNP wil by die Afrikaner sy kragtige besef van nasionale selfstandigheid en vryheid stimuleer en verder ontwikkel sodat die Afrikaners hulle nasionale identiteit sal handhaaf en uitbou.”

Oor die identiteit waarna hier verwys word, is die Program van Beginsels baie duidelik. Artikel 3.2a verwys na die nasionale identiteit van die Afrikaner as Witman, Afrikaner en Christengelowige wat noulettend bewaar moet word. Dit roep ons op om ons volkskarakter in beskerming te neem. In artikel 3.2c word klem gelê op die konteks waarin ons identiteit gevorm word, naamlik in die “natuurlike lewenskringe van gesin, familie en volk”; dit terwyl daar inartikel 2 geen onduidelikheid gelaat word oor die lewensbeskoulike grondslag van die Afrikanervolk nie. Hierdie aspekte is voorheen in besonderhede bespreek.

Waar dit nou hier gaan oor nasionale selfstandigheid en vryheid, raak die dokument aan die hart van ons politieke stryd en die hart van ons geskiedenis. Regdeur was dit die strewe van die Afrikanervolk om onafhanklik te bly van vreemde magte wat die ondergang van ons volk sou beteken. Mnr. Jaap Marais het hierdie ideaal uitgedruk as enersyds ’n strewe om vry te bly van vreemde oorheersing, en andersyds om homself te beskerm teen oorheersing deur middel van swart getalle. Dit lê aan die wortel van die Groot Trek, die eerste en tweede vryheidsoorloë, en die ontstaan van die beleid van afsonderlike ntwikkeling.

Omdat verwarring daaroor geskep is deur verskeie politieke partye, maar ook deur liberaliste in die Nasionale Party vanaf 1966, het die HNP dit in sy Program van Beginsels baie duidelik gemaak dat ons land bestaan uit ʼn veelheid van volke en kulture. In artikel 7.1 word die vermenging of integrasie van hierdie volke, stamme en kulture ten strengste afgewys. Dit maak van die HNP ’n unieke faktor in die Suid-Afrikaanse politiek tot vandag toe. Daarsonder kan geen duursame toekoms vir ons
volk in die vooruitsig gestel word nie.

Die groot misdaad van die Nasionale Party onder Vorster, Botha en De Klerk was dat hulle hierdie grondliggende vryheidstrewe van die Afrikanervolk ondergeskik gestel het aan die politieke eise van die liberale wêreld. Vroeg in die sewentigerjare het John Vorster verklaar dat hy Amerika as “my leier” beskou. In die spanning wat ontstaan het in die
Afrikanerdom tussen verligtes en verkramptes het die NP die pad gekies wat liberaliste aan hom voorgeskryf het. Dit het die tragiese gevolg gehad dat die Afrikanervolk in sy eie vaderland van sy nasionale selfstandigheid en vryheid beroof is.

In die plek van nasionale vryheid vir die Afrikanervolk het chaos, verarming, werkloosheid, instroming van swart getalle, plakkersdorpe, algemene misdaad, korrupsie, stakings en geweld gevolg. Vandag sien almal die gevolge daarvan, in die tragiese skouspel wat in ons land afspeel. Die opvallende van die huidige tydsgewrig is dat ook die nasionale selfstandigheid van swart volke in ons land in die 1996-grondwet ondergeskik gestel is aan ’n sentrale owerheid wat die ideologiese
strewe van swart rewolusionêres verteenwoordig. Hierdie verandering het twee bene: Afrika-sosialisme wat belastings misbruik en blind is vir ander volke se behoeftes, en naakte kommunisme wat alles in die hande van die staat wil plaas, wat alles beskou as die eiendom van die staat.

So ’n stelsel, het die HNP oor dekades gewaarsku, sal die land se stabiliteit en vrede vernietig. Hierdie dwase weg het talle vorme van konflik ontketen, soos etniese geweld, politieke sluipmoorde, botsings tussen die polisie en stakers (Marikana), die
sogenaamde xenofobiese aanvalle, korrupte polisie en die jongste onluste. Boonop word ons boere geteiken en word hulle sedert 1990 op hul plase aangeval en vermoor. Blankes is sistematies uit die staatsdiens en stadsrade verdryf en oral vervang
met onopgeleide, onbevoegde personeel. Al hierdie faktore is besig om die Suid-Afrikaanse ekonomie en sy infrastruktuur te vernietig. Dit is ’n toedrag van sake wat net sal voortduur.

Alleen in ’n eie staat onder ’n eie volksregering kan die Afrikaners se strewe na nasionale selfstandigheid en vryheid bereik word. Nie eens deur allerlei mooi projekte binne die huidige onderdrukkende bestel kan so ’n ideaal verwesenlik word nie. Dit bly uiteindelik ’n staatkundige ideaal, een wat die HNP van ander politieke partye en groepe onderskei. Selfstandige aksies kan wel die weg baan na die politieke ideaal van vryheid, maar dit kan alleen slaag indien dit ’n volksgerigte en volkswye strewe bly.

Dit is die rede waarom die HNP se Program van Beginsels telkens sterk standpunte stel oor Afrikanernasionalisme en die noodsaak vir die handhawing van ons identiteit as Afrikaners. Te midde van ’n gemengde bestel en die anargisme wat dit in die hand gewerk het, móét en kán Afrikaners baie meer doen om hulself daarteen te beskerm.