Op 17 en 18 November 1994, slegs enkele maande nadat FW de Klerk die mag aan Nelson Mandela en sy ANC oorhandig het, het ‘n volkskongres in Pretoria plaasgevind onder die tema: “Ons sal opstaan…”

Verskeie sprekers het referate gelewer, waaronder die destydse HNP-leier, wyle mnr. Jaap Marais.

In sy referaat het hy gewys op die belangrikheid van kulturele herlewing as voorvereiste om mettertyd weer ‘n vrye volk in ‘n eie land te word.

Waar die kulturele aanslag op ons volk verhewig, en waar selfs sogenaamde Afrikanerorganisasies al skaam word oor bepaalde aspekte van hul identiteit soos ras, is besluit om mnr. Marais se referaat van destyds volledig te publiseer.

Aangesien dit ‘n lywige referaat is, met mnr. Marais se noukeurige uiteensetting van die situasie, sal dit in twee dele gepubliseer word. Hierdie is die eerste deel van mnr. Marais se toespraak:

Waarskynlik die belangrikste kenmerk van ons samelewing vandag, veral onder die Afrikaners, is in die eerste plek die verslaentheid, en in die tweede plek die verwardheid.

By al die dinge wat gebeur het en wat mense nog nie verwerk het nie, word ons oorspoel met krete van vrede en versoening en ʼn oproep om verdraagsaamheid. Ons moet maar net verduur en hoop dat dinge sal verbeter, terwyl die werklikheid waarmee ons te doen het, is dat ons ons in ʼn voortgesette oorlog teen die Afrikaners bevind. Die gewapende oorlog van die terroriste is nou binnelands, en dit is nou ook binne die Afrikanerdom wat die oorlog voortgesit word. Die Afrikanerdom het sy politieke mag verloor en hy het sy hele sosiale status verloor in Suid-Afrika, maar sy gees is nog nie gebreek nie, en dit is waarom die oorlog nog gaan.


U sal weet dat die hele stryd van die Afrikaner politieke leiers was om ons te bewaar van oorheersing deur ʼn buitelandse mag; om ons te bewaar van oorheersing deur Swart getalle en om ons te bewaar van oorheersing deur finansiële imperialiste. Al drie daardie dinge het nou ‘n werklikheid geword in Suid-Afrika. Dit waaraan ons nou onderwerp is, en waarmee ons nou te doen het, is dat die wil tot voortbestaan van ons volk en die sin vir ons nasionale bestemming, vir ons nasionale geroepenheid, ondermyn en vernietig moet word. En in die proses is waarskynlik die natuurlike ding vanuit die oogpunt van ons vyande, dat ons in ons ʼn gevoel van isolasie, van vereensaming en van skuld moet omdra. Dit is die effektiefste manier om ‘n volk te ontwapen teen sy vyande.

Vir of teen die bestel?

Daar het ons veral te doen met die ideologie van menseregte, en ek noem dit spesifiek ‘n ideologie van menseregte; en ‘n omvattende geloof dat die demokrasie nou die één heilsleer is — die demokrasie wat alle grense tussen rasse en volke en kulture moet platstoot om die “nuwe nasie” in Suid-Afrika tot stand te bring — en die eerste besluit wat ons moet neem (as hy nog nie geneem is nie) is: aanvaar ons die wanbeeld wat daar van ons volk geskep is? En daarnaas, aanvaar ons die nuwe bestel en gaan ons saamwerk en daarin opgaan? Dit is die twee keuses wat ons moet maak. As ons besluit om nie daarin op te gaan nie, dan is die keuse: ons weier om ons toekoms te soek in hierdie nuwe bestel. Ons bly buite en ons bied weerstand teen die aanslae op ons waardes, op ons beginsels, op ons instellings. Tussen daardie twee dinge is daar nie ʼn middeweg nie: ons aanvaar die bestel en ons gaan daarin op, of ons bly buite en ons veg daarteen.

Die belangrike ding is, as jy ingaan, dan geleidelik, net soos by Kodesa, word die weerstand afgebreek, en stap vir stap word jy betrek tot ‘n toestand waar dit eintlik onverskillig is of jy nou nog verder weerstand bied. Sodra jy ingaan in daardie bestel, is die natuurlike neiging dat jy nie meer dink aan alternatiewe nie, want jy is verstrik in daardie bestel en jy moet jou beweging daarbinne soek. As ons besluit ons gaan nié daar in nie, dan moet ons besluit: wat wil ons wees? Wil ons “Nuwe Suid-Afrikaners” wees wat wil opgaan in ʼn Swart samelewing en gaandeweg deur biologiese vermenging as ʼn volk verdwyn; of, in die tweede plek, wil ons as ʼn Blanke minderheid teen ʼn Swart meerderheid in die bestel ingaan en daar beding om weer daaruit te kom? Of wil ons
in die derde plek ʼn volk wees wat weier om te berus in die bestel wat deur bedrog en verraad aan ons opgedwing is?

Afrikaners is ‘n mag

Die Afrikaners is ʼn mag in Suid-Afrika, dit weet ons vyande, en ons is alleen ʼn mag solank nasionalisme sterk en lewend gehou word. Die vyande weet dit, en daarom wil hulle
Afrikanernasionalisme uitskakel. Ons het daarom met ʼn omvattende aanslag te doen: polities; kultureel; die demokrasie wat aan ons opgelê word, wat jou verhoed om as ‘n kultuurgroep, as ʼn volk, van buite die demokrasie jou reg te handhaaf; die Menseregteakte wat as ‘n soort godsdiens aan ons opgedring word waarteen jy tog moreel geen beswaar mag hê nie; die multikultuur wat ons moet handhaaf dat jy tog nie jou kultuur alleen moet kan handhaaf nie, jy is deel van ‘n multikultuur wat net soveel waarde vir jou moet hê as jou eie; die geskiedenis wat herskryf moet word dat dit tog nie aanstoot gee aan ander in die land nie; die taal wat die “taal van die onderdrukker” is, en waarvoor jy moet skaam wees; ons onderwysinstellings wat van ons vervreem moet word, sodat die Afrikanerkind in ‘n geïnhibeerde toestand tussen Swartes moet wees, aan wie hy tog ook nie mag aanstoot gee nie, en veral dan om ons jeug te vervreem, sodat die volk nie meer ʼn voortsetting kan hê deur sy kinders nie.

Ek noem die dinge, omdat ʼn mens moet besef dat die uitdaging waarvoor ons staan, waarskynlik die grootste en ernstigste uitdaging is waarvoor ons volk ooit te staan gekom het, en miskien die grootste uitdaging is waarvoor baie volke in die wêreld nog ooit te staan gekom het.

Oorlewing buite die bestel

Die primêre besluit is: Oorlewing van die Afrikanervolk kan alleen wees in afsondering buite hierdie bestel. Daar is geen alternatief nie. As u kyk na ons geskiedenis, vanaf selfs Jan van Riebeeck, toe hy die Wilde-amandellaning geplant het, het hy die nedersetting afgesonder. Daarna die Groot Trek waar Opperman in Joernaal van Jorik skryf: “U het ons van verdrukking afgesonder…” Die politieke afsondering van die Boererepublieke, afgesonder van die Britse
heerskappy. Ná 1902 die weiering om op te gaan in die “nuwe nasie” wat Botha en Smuts vir ons voorgehou het; en veral die begrensing, die afsondering binne die Afrikaanse taal. En dan, net so belangrik, en miskien belangriker, genl. Hertzog wat van buite die ou Suid-Afrikaanse Party die Nasionale Party gestig het en daardeur die nuwe visioene en horisonne geskep het vir die Afrikanervolk, van buite die bestel. Dr. Malan in 1934, wat nie in die samesmelting ingegaan het nie, maar van buite daardie knel die stryd voortgesit het wat in 1948 op die oorwinning uitgeloop het; en Strijdom en Verwoerd wat die Republiek buite die Britse politieke invloed wou hê; en dr. Verwoerd wat uiteindelik Suid-Afrika buite die Statebond geneem het om vandáár ons heil te soek. Daar is geen twyfel nie, die ontwikkelingslyn van die Afrikanervolk loop telkens buite die bestel. Daardeur het hy sy lewe behou.

En in hierdie nuwe situasie het jy met ʼn wetmatigheid te doen: dis die reg op selfafskeiding, selfsegregasie, wat die onmisbare grondslag van kultuur is. As jy daardie reg ʼn volk ontneem, dan vernietig jy die grondslag van sy aanspraak op kulturele selfstandigheid.

Die kultuur is eksklusief, daar is nie ʼn manier om kultuur te handhaaf as sy begrensing nie skerp, duidelik is nie. Die predikate van kultuur is uitsluiting, diskriminasie, vooroordeel. Daarmee beskerm hy homself. Hy skei sy lede af van die wat nie aan daardie kultuur behoort nie. Die Amerikaanse skrywer, Richard Weaver, sê: “It is only those who are capable of discrimination and feeling against things, who can be custodians of culture”. Net dié wat kan diskrimineer en ‘n gevoel téén dinge het, is in staat om kultuur te beskerm.

Kultus van menseregte

Die reg op verskeidenheid is ook die reg op beskerming van u eie identiteit. En dit is waar ons stuit teen die huidige kultus van menseregte en die Menseregteakte, wat ‘n instrument is waardeur gepoog sal word om kulture te integreer met die skyn van juridiese geregtigheid. Ek wil tog net vir u die slim Franse intellektueel, Alain de Benoist, aanhaal. Hy sê oor die menseregte: “Die ideologie van menseregte, die nuwe godsdiens van die sterwende moderniteit, funksioneer as ʼn skuilplek waar die ontgogelde stryders van weleer ná hulle aftog nou rou oor hulle illusies”. Dit klink ʼn bietjie ingewikkeld, maar u kan die strekking daarvan volg.

Die menseregte is ‘n kultus wat geskep is om veral die rassekwessie uit die gesprek uit te skakel, om die mindere rasse dieselfde rang te gee as die ander rasse en hulle uiteindelik deur getalle die oorwig te gee. Deur ras as ʼn onderskeidingsfaktor te misken en uit te skakel, moet die “nuwe nasie”, of liewer die fiksie van ʼn “nuwe nasie” nou gebou word. Ons sal nooit aan die werklikheid van rasseverskil ontkom nie. Dit is die grootste bedrog wat daar gepleeg word om mens sku te maak vir die feit van rasseverskille, sku te maak vir sy rassebewustheid, bang te maak dat hy beskuldig word van rassisme, en dit is dan die grootste vloekwoord wat teen jou geuiter kan word. Ons moet daarvoor terugdeins om ons daardeur te ontwapen, te ontman teen die aandrang van die swart ras.

Kultuur is rasgebonde

Kultuur is rasgebonde. Die swart rasse, die swart volke se kultuur het ‘n soort eenvormigheid. Die Zoeloes en die Xhosas en die Vendas kan verskil oor kleiner dinge, maar aan die grond het hulle ʼn gemeenskaplike kultuur, net soos die blanke nasies van Europa. Hulle tale verskil, en hul eetgewoontes verskil, en wat ook al, maar diep onderlangs is die kultuur gebind aan die ras, en dit is wat vandag waarskynlik ons grootste bedreiging is, dat ons sku gemaak word vir die begrip van ras, en daardeur sku gemaak word vir ons Witmanskap. Jy mag nie jou Witmanskap voorop stel nie, want dan is jy ‘n rassis!

Laat ons tog darem ook net weer bietjie ter wille van nugterheid kyk na die oordeel van selfs ʼn Arnold Toynbee, een van die groot beskermhere van die liberalisme. Hy skryf: “As differentiation is the mark of growth, so standardisation is the mark of disintegration”. ‘n Merkwaardige stelling: “Differentiation is the mark of growth, and standardisation”, gelykmaking, “is the mark of Disintegration”. En dan sê hy:”The black race alone have not contributed positively to any Civilisation yet”, en selfs die British Association for the Advancement of Science het nog in 1961 gesê: “No contribution to the arts of civilisation has come from Africa, which has produced nothing but destruction and ruthless exploitation of natural resources”. Dis nou die mense wat ons as gelykes moet aanvaar! Selfs die merkwaardige man wat ons in Suid-Afrika gehad het, die wetenskaplike prof. Raymond Dart, wat ʼn wêreldbekendheid gehad het, hy het die merkwaardige stelling gemaak wat, ek dink, min mense besef. Hy sê: “As far as we know, neither the Bushmen, nor the Hottentots, nor even the Bantu discovered of their own accord a single element of their divergent cultures. The Bushmen’s bows and arrows, painting, perforated stones, fire-making and bead decorations; like the Hottentots’ flocks and herds, dogs and goats, sheep and cattle, pottery and weaving, mythology and magic; and like the Bantu’s fishing crafts and dugout canoes, cattle and poultry, basketry and pottery, assegais and hoes, kraals and crops, huts and furniture; are one and all cultural gifts that they have received from other, more advanced people. The South African races never discovered spontaneously how to make a basket, to fashion a clay pot, to build a hut, to shape a canoe, to forge an iron weapon, to domesticate an animal, to cultivate a single vegetable or fruit: much less to make terraced and irrigated cultivations and erect stone temples such as are found in Rhodesia and Tanganyika. All these techniques were gifts that came to South Africa from afar off.”

Ons word nou vertel ons moet ons nie op die geskiedenis beroep nie, maar hierdie is die geskiedenis wat werklik van betekenis is, en as ons hier in Suid-Afrika ʼn ordelike staat wil handhaaf en tegelyk ons hoë waardes van Witmanskap en Christenskap wil handhaaf, dan sal ons weer moet weet wat is die werklikheid waarmee ons te doen het.

Afrikanernasionalisme

Daar het nou weer in die VSA ʼn boek verskyn van oor die 800 bladsye, met 108 bladsye net met voetnotas, waar die ongelykheid van Swart en Wit nou weer wetenskaplik nagevors is. En wat gebeur in Amerika? Daar waar hulle al meer as 150 jaar probeer om mense gelyk te maak, het hulle nog nie naastenby daarby gekom nie. Selfs binne die Kongres van die VSA is daar ʼn Black Caucus waaraan swartes van die Republikeinse Party en swartes van die Demokratiese Party behoort wat bo-oor die partygrense, net op grond van hulle rasse-afkoms, hulle teen die blankes verenig in ‘n Black Caucus.

So vriende, moenie vir u laat vertel dat ras en kleur weggewens kan word nie. Die merkwaardige ding is, daar word gepraat van nierassigheid, maar selfs die gebruik van die woord nierassigheid is ‘n erkenning van ras. Hoe kan jy praat van rassigheid as jy nie die erkenning van ras gee nie? Maar dit is die soort gekheid waarmee ʼn mens te doen het. Die Afrikaner veral, het in Afrika sy staanplek gekry omdat hy sy Witmanskap gehandhaaf het, anders as in Suid-Amerika, waar ander gemeenskappe anders gedoen het; en dit is alleen omdat ons ons Witmanskap gehandhaaf het, dat Suid-Afrika uitgebou is tot die sterkste staat in Afrika en die Afrikaners tot die sterkste enkele gemeenskap in Afrika. Net op grond daarvan.

(Word vervolg)