Die Afrikaner 11 November 2022
Nie dat mens iets anders kan verwag van Afrika nie, maar dit bly steeds hartseer om te sien hoe die eens ekonomiese reus, Suid-Afrika, verval het tot ‘n sielige en armsalige bedelaar staatjie.
Die ANC staatshoof, Cyril Ramaphosa is die hoofbedelaar, en dit het weer duidelik geword met sy bywoning van die COP27-klimaatberaad in Egipte. Omdat dié beraad die eerste keer in Afrika gehou is, kraai Afrika state en media behoorlik daaroor. Skielik neem Afrikastate die voortou in eise dat klimaatverandering teengegaan moet word, dat besoedeling aangespreek moet word, dat daar meer aandag aan groen energie gegee moet word, en natuurlik, alles state behalwe Afrika moet daarvoor opdok, want Afrika se kultuur is een van handjies ophou om te bedel.
Die Weste word behoorlik onder ‘n skuldgevoel geplaas. Skynbaar is by ‘n vorige beraad bepaalde beloftes van hulp gegee, maar het nog nie gerealiseer nie. Die rede waarom die hulp nog nie ontvang is nie, is natuurlik nie bevraagteken nie. Alhoewel die Weste baie filantropies deelneem aan sogenaamde ontwikkelingshulp, is hulle eie ekonomieë tydens die Covid-debakel sodanig verswak dat hulle nie werklik meer het om uit te deel nie. Bowendien kon die wêreld eerstehands aanskou hoedat juis hulp tydens die Covid-inperkings wanbestee is en veral in Afrika, ook Suid-Afrika, wanaangewend is of sommer doodgewoon gesteel is. Waarom dan nog geld pomp in ‘n onmeetbaar diep stelende swart put, terwyl hulle self nog die wonde lek van die Wêreld Gesondheid Organisasie se vernietigende inperkings en verwoestende ekonomiese maatreëls?
Ramaphosa het by COP27 gesê dat Suid-Afrika ongeveer R1 600 miljard nodig het vir sy sogenaamde vyf jaar energie transformasieplan. Hy huil egter oor die feit dat Suid-Afrika reeds so baie skuld het en dat hy nie verdere lenings kan aangaan nie, en dat toelaes nou benodig word. Dit is suiwer bedelary.
Terwyl Ramaphosa in die buiteland bedel, is die Suid-Afrikaanse ekonomie op ‘n gevaarlike afwaartse glyskaal. Vakbonde dreig dat alle buitelandse lugverkeer tot stilstand sal kom as daar nie aan hulle onregverdigbare salaris eise gehoor gegee word nie. Die buiteland neem gewis kennis daarvan… Tydens die ter perse gaan van hierdie uitgawe was dit nog onseker of hierdie dreigement deurgevoer gaan word of nie.
Die Poskantoor, eens ‘n redelik betroubare en gesonde instelling, maak al hoe meer van sy kantore toe en dreig om tot soveel as 6 000 werkers af te dank omdat hulle gewoon nie meer die geld het om hulle te betaal nie. Dus, Ramaphosa se aanmaningsbriewe aan die wêreld om tog maar hulle aalmoese te stuur, gaan nie eens by hulle kan uitkom nie, by wyse van spreke.
Beurtkrag verlam die land verder en knou die ekonomie met miljarde rande daagliks. Selfs wet en orde ly daaronder, want soveel as 72 polisiekantore het nie kragopwekkers om hulle deure en oop en hul bedrywighede aan die gang te hou nie. Dus kan polisiebeamptes nou meer ongesiens by die werk slaap…
Hoe totaal anders was dit nie onder die sterk regering van dr. Verwoerd nie, toe die land se werkloosheid op ‘n laagtepunt was en die groeikoers op ‘n hoogtepunt was. Op 2 Oktober 1964 skryf Die Transvaler: “Die stadium is in Suid-Afrika bereik waar die normale ontwikkeling gefinansier kan word uit die eie spaargeld van die volk.” Geen bedelary by die buiteland nie. Die volk, die Afrikaners, die Blankes, was nie oorbelas nie, maar met verantwoordelike bestuur en goeie beleid kon die land spaar, tot voordeel van al sy mense. Hierdie situasie het reeds kort na die moord op dr. Verwoerd verander toe daar van sy sterk leierskap en gesonde beleid afgewyk is. Op 3 April 1977 skryf Sake-Rapport dat die lewensstandaard van die Blankes in Suid-Afrika reeds vanaf 1972 begin daal het, en The Rand Daily Mail skryf op 14 November 1979 dat die Blankes se inkomste tussen 1970 en 1975met 1,2% gekrimp het.
Dr. Verwoerd kon dit regkry oor sy korrekte beleid en benadering. Reeds in 1958, net nadat hy eerste minister geword het, sê hy in die Volksraad: “Ons het ons algemene einddoel gestel, naamlik om Suid-Afrika op ekonomiese gebied so selfvoorsienend as moontlik te maak en op geldelike gebied sy kapitaal in sy eie land te verkry, sover moontlik, omdat geen land konstitusioneel onafhanklikheid kan nastreef sonder om ekonomiese onafhanklikheid te soek nie.”
Dus, Ramaphosa is met sy bedelary besig om die land nog verder oop te stel vir die plunderaars van die wêreld, wat ekonomies en polities kan voorskryf net soos hulle wil.
So het ons land van ‘n reus tot ‘n bedelaar gedaal.
Skande!