In die vorige uitgawe van Die Afrikaner het ek oor ‘n toespraak van mnr. Jaap Marais geskryf. Hierdie week gaan ek uit ‘n ander toespraak van hom aanhaal aangesien sy 100ste verjaardag in hierdie uitgawe herdenk word.
In ‘n referaat wat mnr. Marais tydens die Afrikaner Volkskongres in 1994 gelewer het, het hy onder andere oor die erkenning van ras gepraat. Hy sê die volgende, “So vriende, moenie vir u laat vertel dat ras en kleur weggewens kan word nie. Die merkwaardige ding is, daar word gepraat van nie-rassighede, maar selfs die gebruik van die woord nie-rassigheid, is ‘n erkenning van ras. Hoe kan jy praat van rassigheid as jy nie die erkenning van ras gee nie. Maar dit is die soort gekheid waarmee ‘n mens te doen het. Die Afrikaner veral het in Afrika sy staanplek gekry omdat hy sy Witmanskap gehandhaaf het, anders as in Suid-Amerika, waar ander gemeenskappe anders gedoen het, en dit is alleen omdat ons ons Witmanskap gehandhaaf het, dat Suid-Afrika uitgebou is tot die sterk staat in Afrika en die Afrikaners tot die sterkste enkele gemeenskap in Afrika. Net op grond daarvan”.
Ons moet mooi oplet wat mnr. Marais hier sê. Om ons apart te hou van ander rasse het ons die krag gegee om die sterkste gemeenskap in Afrika te word. So, vir dié mense wat nou maar wil vermeng, neem kennis dat julle jul volk verswak.
Mnr. Marais gaan verder: “Die grootste perversie van ons tyd is die wanopvatting oor die rol van demokrasie: dat demokrasie mense kan verenig as blote telbare eenhede. Die demokrasie het te maak met burgerskap, en burgerskap is die mees geesteslose hoedanigheid van ‘n mens se bestaan. Dit raak net die dinge wat gedoen moet word, sodat jy in staat is om ander, hoër dinge te doen. Wanneer demokrasie, soos nou by ons, uit sy regte plek gehaal en toegelaat word om die hele horison te vul, wek dit enorme haat, nie net van alle onderskeid nie, maar later van alle verskil. In plaas van te verenig, lei dit tot verbrokkeling en tot nydigheid. Dis dwarsdeur die wêreld so. Demokrasie is verhef tot ‘n soort alternatiewe geloof in Suid-Afrika, waaraan alle godsdienste kan glo, tot ‘n godsdiens of ‘n filosofie.”
Onder die hoof: “Reg op voorkeur vir eie”, sê mnr. Marais die volgende: “Teenoor die demokratiese voorskrifte wat hulle op ons wil afdwing, is daar ons reg op voorkeur vir ons eie wat dieper en groter waarde het as enige politieke gelykheid: die reg op voorkeur vir jou eie. As daar ‘n mensereg is wat onvervreembaar is, dan is dit ‘n gemeenskap en ‘n mens se reg op voorkeur vir sy eie. Hy het geen verduideliking daarvoor nodig nie, geen verskoning nie, hy gee voorkeur daaraan net om een rede: dit is sy eie. En dit bots met die demokrasie, dit bots met die Menseregte-akte, daarom wil hulle dit uit die pad uit hê en mag jy in die Menseregte-akte jou nie beroep op die reg op jou voorkeur vir jou eie nie. Die reg op onderskeiding moet staan téén die aandrang van gelykheid.
“En u weet van die grootste illusies wat daar in die wêreld bestaan, is dat gelykheid gelyk is aan geregtigheid. Gelykheid, gelykmaking is juis die grootste onreg teenoor die wat hoër is, wat afgedruk word om hulle gelyk te maak met die ander. In die ‘nuwe Suid-Afrika’, moet ons besef dat die multikulturele samelewing net ‘n versuikering is wat aan ons voorgehou word. Dis dan nou so ‘n ryk samelewing, die multikulturele. Hulle het dit nou begin toepas in Suid-Afrika, en in plaas van ‘n multikulturele samelewing, het ons ‘n multikriminele samelewing!”
Oor een taal wat nie een volk maak nie, sê mnr. Marais: “By ons word daar gesê almal wat Afrikaans praat, moet nou as een volk beskou word. Hier by ons is daar ook mense wat Afrikaans praat naas die Afrikaner, maar hulle is nie Afrikaners nie en nooit deel word van Afrikaner-nasionalisme nie”.
Ons mense en vriende moet hierdie woorde mooi lees en besef dat daar ander volke is wat Afrikaans praat. Hulle is egter nie Afrikaners nie. Hierdie beginsel moet streng oorgedra word aan ons kinders en kleinkinders sodat vermenging nie plaasvind nie.
Onder die hoof, “Minderhede maak die geskiedenis”, sê mnr. Marais die volgende: “Die keuse is: bly binne en sterf stadig of tree buite en veg terug teen die aanslag wat op ons volk gemaak word. Moenie skrik vir die groot getalle nie, dis die minderhede wat altyd die geskiedenis maak. Hierdie Volkskongres is die regte eerste stap. Daar sal geleenthede kom, hierdie regering is so lendelam dat daar enige dag ‘n ineenstorting kan kom. As ons in die regte gemoedstemming is om die geleentheid te ontwikkel wat sal verskyn, sal ons waarskynlik — en baie gouer as wat dit nou lyk — in ‘n toestand kan kom waarin ons baie nader kan wees aan wat ons wil bereik.”
Hy sluit só af: “Ons hoef nie teenoor die wêreld skaam te wees vir wat ons volk is en wat hy in hierdie land verteenwoordig nie. Laat ons ons Boere-trots op ons geskiedenis weer in ons harte skryf en laat ons opstaan en ons selfrespek teenoor mekaar toon, en laat die wêreld weer vir ons respek kry omdat ons opstaan vir wat ons het en wat ons is in hierdie land.”
Laat ons weer kennis neem van mnr. Marais se woorde en weer krag kry vir die stryd om weer oor onsself te regeer.
H F van der Schyff Die Afrikaner 25 November 2022