H F van der Schyff
Gesien in die lig daarvan dat ons die afgelope tyd aandag aan wyle mnr. Jaap Marais se verjaardag gegee het, het ek gereken om nog iets uit sy skrywes met u te deel, maar ook kommentaar te lewer op wat vandag in ons politiek aangaan.
Uit die stuk, “Die uitdaging aan die Afrikanervolk en die rol van die HNP as die verteenwoordiger van Afrikanernsionalisme”, gaan ek stukke aanhaal wat ons moet help om ons geestelik sterk te hou en nie deur die linkses en kommuniste se ideologie oorspoel te word nie.
Mnr. Marais sê in die genoemde stuk die volgende: “Die Afrikanervolk het voor sy grootste uitdaging te staan gekom. Hy is nou ‘n volk wat bloedloos verower is deur ‘n kommunisties-beheerde terroristiese bende weens politieke bedrog en verraad deur leiers van die ‘Nasionale’ Party, die NG Kerk en die Afrikanerbroederbond.
“Die vernederende wyse waarop die verowering plaasgevind het, het die Afrikaners se selfvertrou
en selfrespek baie erg aangetas… Naas die ernstige aantasting van die Afrikaners se selfrespek as gevolg hiervan kom nog herhalend die gefabriseerde aanklag van ongeregtigheid en ‘sonde’ van apartheid. Daardeur moet Afrikaners onder ‘n voortdurende skuldbesef gehou word, sodat die beskuldiging teen Afrikaners onmiddellike geldigheid kry, en ‘regstellingsaksies’ teen Afrikaners en ander Blankes geregverdig word.”
Mnr. Marais gaan voort deur te sê dat “‘n Verowerde volk se leiers kan óf hulle berus in die Verowering, óf hulle daarteen verset. Vir die Afrikanernasionaliste is die keuse dus enkelsinnig: hulle berus nie in die verraderlike en vernederende wyse waarop die Afrikanervolk uit sy vryheid bedrieg is nie.
“As ‘n party in die konstitusionele bestel ingaan, is hy dadelik gekompromitteer. Die Vryheidsfront het deur sy deelname aan die bestel so daarin opgegaan dat Mandela telkens hoë lof gehad het vir Constant Viljoen. Geen effektiewe verset kan vanuit so ‘n morele en politieke verstriktheid gevoer word nie.”
Mnr. Marais sê verder: “Verset van buite die bestel is nie net in ooreenstemming met die Afrikaner se mees suksesvolle optredes in die geskiedenis nie, maar is ook die logiese en natuurlike uitvloeisel van nasionalistiese inspirasie. Hierdie feite hang saam met die verskynsel dat nasionalisme ‘n mag is wat ‘n volk in staat stel om groot uitdagings suksesvol te aanvaar en te verwerk. Nasionalisme is ‘n sluimerende mag. Die ander motiveringsmag by die nasionalisme is vaderlandsliefde (patriotisme) wat tot uiting kom in die slagkreet: “Die land is ons Land”. Soos die vryheidsideaal is dit iets groots wat mense beweeg tot toewyding en opoffering.”
Ek wil nou graag verwys na die VF Plus wat in die afgelope tyd al meer hul veelrassigheid wys en verkondig hoe welkom die lede van ander rasse in hul geledere is. Eers was dit Pieter Marais wat ’n hoë pos in die Wes-Kaap gekry het. Toe ander rasse wat op plaaslike vlak poste in plaaslike besture bekom het. Net ‘n week of wat terug is daar met groot blydskap bekend gemaak van die VF Plus se eerste swart kandidaat wat as plaaslike verteenwoordiger in Warmbad verkies is. Daar is ook ‘n VF Plus-kandidaat in Drakenstein verkies. Die ergste is die mense met Afrikaanse name en vanne wat die kandidaat in groot getalle gelukwens. Het ons mede-Afrikaners nou so opgegaan in hierdie bose stelsel dat hulle hul nasionale beskouing in die politiek verlaat het en die liberalisme en kommunis-tiese idees aanhang? As mens weer lees wat mnr. Marais skryf, moet hulle hulle tog losmaak van hierdie bose stelsel van die ANC. Óf het die TV en radio hulle so verwar dat hulle nie meer die regte keuses kan maak nie? Dit is so jammer dat baie nie uit die Tweede Vryheidsoorlog geleer het dat verraaiers en “joiners” uit die volk verwerp sal word. Hierdie ondersteuners van die VF Plus moet maar maak wat hulle wil, ons kan hulle seker nie keer nie, maar hulle moet weet dat hulle klagtes oor swak dienslewering geen verskil sal maak nie. Hulle het die stelsel van die ANC en sy kommunistiese vennote aanvaar en moet maar daarmee verlief neem. Hulle moet ook besef dat hulle tot randeiers in die suiwer blanke en Afrikanerpolitiek uitgeskuif word en geen rol meer in die oorlewering van die Afri-kanervolk sal kan speel nie.
Ons in die HNP sal buite hierdie bestel bly. Die land is ons land. En ons het dit regverdig verkry. Dit is nie gesteel nie en die dag kom nader waar ons die kans sal kry om dit terug te neem en weer oor onsself sal regeer. En die VF Plus sal moet erken dat hy verkeerd was en maar uit die politiek verdwyn soos wat met die NP en KP gebeur het.
UIt Die Afrikaner 9 Desember 2022