Die redakteur Die Afrikaner 5 Mei 2023

In die derde video wat deur die HNP se Inligtingsdiens uitgegee is, gaan die gesprek oor die begrip vryheid na aanleiding van die sogenaamde Vryheidsdag, wat ‘n vakansiedag is om die ANC se oorwinning oor die Blankes in Suid-Afrika te vier.

Mnr. Andries Breytenbach, vorige HNP-leier, noem dié dag die Dag van Skande, omdat die volksverraaiers, sonder enige mandaat, die bewind aan die ANC oorhandig het.

Dit is egter nie net die misleiding van die naam Vryheidsdag waaraan mense al helaas te gewoond geraak het nie, net soos die nuwe plekname wat die ANC-bewind ingevoer het, al by te veel van ons volksgenote deel van hulle alledaagse spreektaal geword het, en so reg in die hande van die sosiale transformasie van die ANC speel.

In ‘n mediaverklaring wys die Calvinistiese Alliansie ook heel tereg op ‘n ander dag, naamlik die sogenaamde Werkersdag, 1 Mei.

“Die tragedie dat sogenaamd ‘goeie mense’ hiermee die gewaande utopia van die kommunisme vier, ontgaan meeste.

“Hierdie viering word natuurlik nie eksplisiet so verduidelik nie en word verder deur die misleiding van die vakbondwese voorgehou as ʼn dag waardig om te vier.

“En juis omdat “May-day” in ons dag deur onder andere die vakbondwese as ‘positief’ ingekleur word, pas dit soos ʼn handskoen by die valse, uitbuitende aard van vakbonde as agente van die Bose – juis geniet dit tragiese sukses, weens leuens wat vir mense soet op die oor val.

“Hoe is die kommunisme die inherente waardebepaler van 1 Mei in die moderne konteks?

“Uit die verstedeliking en industrialisering van Europa in die tydperk circa 1750 – 1850, is die samelewing deur verskeie rewolusies grondliggend verander.

“Die een gemene faktor van hierdie dramatiese sosiale omwenteling was spesifiek die verwerping van gesag, daarmee ook die geloof en die God van orde en Gewer van gesag.

“Die era van ‘menseregte’ wat deur die Franse Rewolusie en die denkers agter hierdie stelsel van vernietiging, het elke ander lewensterrein vergiftig.

“In die rewolusionêre klimaat was die tyd dus ryp ook vir rewolusie in die werkplek.

“Twee kante van dieselfde munt van opstand teen die samelewingsorde was die kommunisme –gegrondves deur Marx en Engels, spoedig oorgeneem deur die volgende geslag rewolusionêres soos Vladimir Ulyanov – beter bekend as Lenin.

En die vakbondwese, – wat ten doel gestel het ‘die ondermyning van kapitalisme’”.

Die Calvinistiese Alliansie wys verder daarop dat die kommunisme in aktief-rewolusionêre vorm, ook politieke mag openlik najaag, soos in die latere kommunistiese rewolusies van die vroeë twintigste eeu.

Die invloed van die vakbonde, as die selfaangestelde spreekbuis van die werkers, se rol is daagliks sigbaar, en onderstreep die stelling dat hulle nie gesag aanvaar nie. Selfs Cosatu, wat kamtig deel is van die drieparty-alliansie, steur hom nie aan die wette en reëls van sy eie koalisievennoot, die ANC-bewind nie.

Die rampokkery tydens stakings is al oorbekend. Selfs noodsaaklike dienste soos polisie of verpleging, staak onwettig op aandrang van die vakbonde. Hulle gee nie om dat mense sterf in hospitale of dat misdadigers vry bly loop nie.

Volgende maand is dit Jeugdag. In die ou dae was dit bekend as Sowetodag, toe die Swartes die blanke gesag uitgedaag het. Einde van die jaar is Versoeningsdag, om daarmee die Geloftedag van weleer van die tafel te vee.

As ons werklik in verset wil kom teen die tirannie oor ons, sal ons moet begin om nie self skuldig te word aan die semantiese bedrog wat aan ons opgedis word nie, en moet ons geen erkenning gee aan die valse plekname wat ons geskiedenis moet uitwis nie.

Die groot dinge in die lewe word bereik deur by die kleintjies te begin.