HF van der Schyff: Die Afrikaner 5 Mei 2023
Ons gaan steeds voort met die toespraak van mnr. Jaap Marais oor Afrikanernasionalisme.
Hy skryf, “Die verantwoordelikheid rus swaar op elke Afrikanernasionalis om meer te gee en meer te doen as wat die oplegging van plig vereis.” Let wel wat mnr. Marais hier sê. Daar het, nadat hierdie toespraak gelewer is, ‘n verslaentheid oor ons Afrikanervolk gekom en elkeen probeer maar net oorleef. Mnr. Marais vra dat ons meer moet doen om ons volk te red. Ons moet uit hierdie kokon van niksdoen uitkom en weer aktief raak.
Hy sê verder: “Dit is weer die begeesterde minderheid wat die geskiedenis moet maak.” Wil u deel wees van die minderheid wat die geskiedenis gaan beïnvloed, of gaan u stil sit en wag dat die ANC en sy kaders ons uitwis?
Mnr. Marais sê verder: “Elkeen sal op die vlak en op die terrein waartoe hy of sy geroep is, pligsgetrou en toegewyd moet doen wat voor die hande lê. Hoe goed elke taak verrig word, sal bepaal hoe vinnig na die hoofdoel beweeg sal word.
“Om ‘n groot ideaal te bereik, moet ‘n veelvuldigheid van kleiner doelstellings op pad daarheen verwesenlik word. En die grootste waarheid is dat in so ‘n strewe die eerste tree gegee moet word. En elke tree maak die volgende tree nodig.
“Die HNP moet struktureel en geestelik sterk gebou word om gaandeweg al groter getalle om hom saam te trek en rigtingvas te hou. Mense wat sterk vertroue en oortuigings openbaar, trek sterk mense. In die huidige fase soek die HNP nie groot getalle wat in emosionele opwinding saamdring nie. Om sulke getalle te behou en te bestuur, vereis sterk struktuur en onwrikbare koersvastheid. Die getalle sal kom namate die struktuur groei.
“Die party plaas die klem op die duursame waardes, dié dinge wat ernstige mense raak en wat ook wel ‘n emosionele aanklank het, soos vaderland, vryheid, heldedom.
“By die verwagting dat dié kunsmatige staatsbestel onder die onbekwame regering sal ineenstort en gepaard sal gaan met geweld, is dit noodwendig dat Blankes in Suid-Afrika gedurigdeur daaraan aandag moet gee. As hulle nie daarop voorbereid is nie, sal hulle die prooi van die geweldenaars wees.
“By al die ander oorwegings waarom mense by ‘n betroubare party betrokke moet raak, is dit ‘n hoë vereiste dat mense hulleself net sal kan beskerm as dit gemeenskaplik gedoen word.
“Deur betrokke te wees by die HNP bring mee dat mense met mekaar in verbinding gebring word. Daaruit ontstaan die moontlikheid van gemeenskaplike aksie.
“Deur die gees van verset wat die HNP opbou, word tegelyk ‘n gees van weerbaarheid gebou. Wanneer geweld gehanteer moet word, sal die leiers uit die strukture na vore kom om die stryd te voer na gelang van die toestande wat heers.
“Die ineenstorting van die huidige staatsbestel sal onvermydelik uitloop op verdeling langs etniese grense, soos in Nigerië, Somalië, Rwanda, Bosnië en elders.
“Soos in dié state sal nuwe grense deur stryd bepaal word. Die Afrikanervolk sal deur stryd ook sy grense trek om weer vry te wees van oorheersing.
“‘Skep u eie toekoms’ is die oproep wat deur die samesweerders en Tsafendas se dolk stil gemaak is. Maar dit is steeds die wagwoord van ons Witmanskap. Om daaraan gehoor te gee, moet die probleme en bedreigings herken word. Maar die gewig daarvan moet ons nie vasdruk tot moedeloosheid en daadloosheid nie.
“Moedeloosheid en daadloosheid is aansteeklik, en dit kan verhoed dat daar aksie en beweging kom. Maar moed en daadwerklikheid is ook aansteeklik. En een mens se moed en daadkrag kan ander begeester en aanspoor.
“Skep u eie toekoms deur met geloof en vertroue die saak van ons volk uit te dra. As klein geloof mense afskrik van ‘n uitdaging, is dit ook ‘n wonderlike waarheid dat geloof berge versit.
” Hier sluit ons die toespraak van mnr. Marais af. Laat sy woorde vir ons moed gee om die toekoms aan te pak op pad na ons Volk se Vryheid.