HNP-leier skryf aan Poolse president
Die Afrikaner 23 Junie 2023
“Ons is u dankbaar dat u die huidige ANC-staatshoof, Cyril Ramaphosa, en sy administrasie vir die wêreld help onthul het vir wat hulle is: ‘n klomp onbekwame regeerders wat nie eens basiese papierwerk in orde kan hê en basiese diplomatieke protokol kan nakom nie as hulle deur u land wil reis onderweg na Oekraïne en Rusland, sogenaamd om vrede te bewerkstelling.”
Só lui ‘n brief wat die leier van die HNP, mnr. Fritz van Graan gestuur het aan die president van Pole, mnr. Andrzej Duda.
Dit was na aanleiding na die mislukte en vernederende poging tot ‘n vredesending wat Ramaphosa en ‘n aantal ander Afrika-staatshoofde aangepak het na Oekraïne en Rusland.
Ramaphosa was so bang vir sy veiligheid, dat hy sowat honderd ekstra veiligheidspersoneellede, waaronder taakmaglede, bomdeskundiges en van die weermag se spesiale magte, saamgeneem het, terwyl die vliegtuig waarmee hulle gereis het, propvol wapens en ammunisie was wat nie aan die Poolse regering verklaar is nie.
Ander papierwerk was ook nie in orde nie en die mees basiese diplomatieke vereistes vir so ‘n besoek is nie nagekom nie, en daarmee kon die wêreld die Afrika-onbeholpenheid eerstehands gadeslaan. Dit het daartoe gelei dat die vliegtuig ‘n tyd lank op die aanloopbaan moes bly staan, en eers sowat 26 uur later kon die veiligheidsmense, saam HNP-leier skryf aan Poolse president:
“Vredesending” een groot verleentheid, wêreld lag met die 11 joernaliste, die vliegtuig verlaat. Teen daardie tyd het Ramaphosa en sy trawante al klaar die kous oor die kop gekry in Oekraïne toe dié land se president Zelenski nie juis ag geslaan het op die Afrikane se sogenaamde tienpunt-vredesplan nie en sy eie eise gestel het.
Die hoof van bang Ramaphosa se beskermingseenheid, genl.maj. Wally Roode, het sommer op die vliegveld sy eie mediakonferensie gehou en die Pole as rassiste uitgeskel, omdat dié nie hulle reëls wou buig om die Afrikane tegemoet te kom nie. Hierdie uitbarsting is ook nie goed ontvang nie.
Van die anderkant van die grens het die Russiese president Poetin reeds gesorg vir ‘n warm ontvangs toe hy missiele op die Oekraïnse hoofstad afgevuur het, en die Afrika-“vredemakers” inderhaas in bomskuilings geplaas is.
‘n Verdere verleentheid vir Ramaphosa en sy span was toe sy woordvoerder, Vincent Magwenya, ontken het dat daar enige bomme in Kiëf ontplof het en dat hy niks gehoor het nie. Ramaphosa het sy woordvoerder later direk weerspreek toe hy erken het dat daar wel bomme was wat hulle gehoor ontplof het. Die plaaslike Poolse en internasionale media het deeglik hiervan kennis geneem, en Magwenya is in die Kyiv Post beskryf as “die grootste leuenaar in die wêreld”. Meer as ‘n week later is Magwenya steeds Ramaphosa se woordvoerder sonder dat hy afgedank is, wat beteken dat die publiek voortaan alles wat Ramaphosa deur sy woordvoerder wil oordra, as leuens kan beskou.
Die Afrika-betroubaarheid is verder bevraagteken toe vier van die sewe Afrika-staatshoofde ter elfder uur nie opgedaag het nie, en net verteenwoordigers saamgestuur het.
In sy brief aan die Poolse president sê mnr. Van Graan: “Die Herstigte Nasionale Party van Suid-Afrika (HNP) is ‘n politieke party wat sedert sy ontstaan in 1969 veg vir die regte en voortgesette vryheid van die Afrikanervolk, wat ook vroeër in die wêreld as die Boerevolk bekend was.
“Ons het sedert ons stigting gewaarsku dat die destyds vooruitstrewende land, met ‘n hoë indiensnemingsyfer, lae inflasiekoers, florerende ekonomie en stabiele volkereverhoudings, die pad van die res van Afrika gaan loop as Suid-Afrika gedwing sou word om aan die destydse terroristebeweging, die ANC en sy geesgenote, oorhandig te word.
“In 1994 het dit inderdaad gebeur. “Ons is u dankbaar dat u die huidige ANC-staatshoof, Cyril Ramaphosa, en sy administrasie vir die wêreld help onthul het vir wat hulle is: ‘n klomp onbekwame regeerders, wat nie eens basiese papierwerk in orde kan hê en basiese diplomatieke protokol kan nakom nie as hulle deur u land wil reis onderweg na Oekraïne en Rusland, ogenaamd om vrede te bewerkstelling.
“U het daarmee ‘n idee gekry waarmee die bevolking van Suid-Afrika te kampe het. Die onbekwaamheid en selfs arrogantheid, soos toe u as ‘rassiste’ uitgeskel is deur die afvaardiging se hoof van veiligheid, is dit waarmee ons, en veral ons Afrikaners, daagliks te doen het. Dit is die rede waarom soveel van ons hoogsopgeleide mense die land verlaat om ‘n menswaardige heenkome elders te vind, eerder as om onder so ‘n vrot en onderdrukkende stelsel te bly.
“Die talle pogings wat ons aangewend het om hierdie wantoestande onder die wêreld se aandag te bring, het nie veel opgelewer nie. Die eens welvarende Suid-Afrika, het nou ‘n armlastige land geword, wat leeg gesteel en geplunder is deur die ANC-kaders wat oral geplaas is, eerder as om kundige mense toe te laat om hulle werk te doen. U het so ‘n ietsie daarvan beleef met hulle aankoms in u land.
“Ons dank u dat u nie ter wille van ‘n soort politieke korrektheid, of ter wille van die tipiese Afrikajammerklagte, asof die wêreld hulle iets skuld, toegegee het nie, maar by u beleid, standaarde en prosedures gebly het. Daardeur het u die ANCregering se onbeholpenheid help oopvlek aan die wêreld, op ‘n veel beter wyse as wat ons dit ooit kon doen.
“Wees egter verseker dat die Afrikanervolk hom nie laat aftrek het in hierdie soort derdewêreldse wyse van optrede nie, en dat ons ons totaal van hierdie optrede distansieer”, lui mnr. Van Graan se brief.
‘n Afskrif van die Boere-Afrikanervolksraad se “Eis om Selfbeskikking” is by die skrywe aangeheg. Daar is nog ‘n skrywe aan Pole gestuur, naamlik deur mnr. Duncan Gillespie, namens die groter lugvaartgemeenskap van Suid-Afrika.
Hy sê in ‘n ope brief aan aan die mense en regering van Pole; “Baie dankie dat u die regte ding gedoen het om internasionale wette en konvensies toe te pas op die gehuurde Suid-Afrikaanse Lugdiensvlug wat per kontrak aan ons regering verhuur is, en wat moedswillige verontagsaming en onkunde van internasionale regulasies getoon het, in die vervoer van onverklaarde passasiers, asook militêre wapens en ammunisie.
“Ons regering en hul swak gedissiplineerde boewe, wat hulle voordoen as ‘beskermingselemente’ vir die politici wat ons land uitgeroei het, se ekonomie en infrastruktuur vertoon dikwels optrede wat hulle buite die wet plaas. Die Suid-Afrikaanse Lugdiens, ‘n staatsentiteit, ondersteun deur ons regering en by baie geleenthede onwettig bygestaan om voorvalle en regulatoriese wanpraktyke te verbloem deur ons lugvaartreguleerder, het ‘n onlangse geskiedenis van verontagsaming van internasionale standaarde en prosedures.
“Die bitterheid en onbeskoftheid wat ons regering aan die dag lê deur te glo dat hulle kan bemiddel in ‘n groot noordelike halfrond-konflik, wanneer hulle self nie in staat is om ons land behoorlik te bestuur nie, of enige sukses in streekskonflikte kan toon, waarin hulle ons seuns en dogters werp nie, ontstel die oorgrote meerderheid van ons Suid-Afrikaners.
“Aanvaar asseblief ons opregte verskonings vir die posisie waarin die optrede van ons politieke meesters en hul lugvaart- en militêre entiteite u en u mense hierdie week geplaas het. Ons, van die groter lugvaartgemeenskap in Suid-Afrika, is diep verleë en opreg spyt oor hierdie gebeurtenis en vertrou dat u sal besef dat hierdie denkbeeldige charade, deur ons regering, min tot geen ondersteuning geniet deur die groter Suid-Afrikaanse
bevolking”, sê mnr. Gillespie.
Die Afrikaner 23 Junie 2023.