Konsentrasiekampdag herdenk:

“Ons direkte toekoms sal een wees van harde werk, stryd, offers, daadkrag en moontlik selfs weer moontlike bloedvergieting. Ons skuld dit aan ons voorgeslagte waarvan heelwat hier begrawe lê, maar ook vir ons nageslag wat dalk nog nie eens gebore is nie. Mag God ons genadig wees en die krag daartoe gee!”

Dié was die slotboodskap van mnr. Henk van de Graaf, wat die spreker was by die konsentrasiekamp-herdenking wat op 23 Junie op inisiatief van die HNP by die Irene Konsentrasiekampkerkhof gehou is. Hierdie herdenking vind al verskeie jare plaas, en hierdie jaar is berigte ontvang van soortgelyke herdenkings elders.

Die dag op die sombere Irene begraafplaas is opgehelder met ‘n vlagvertoning deur ‘n perdekommando, die sing van die Transvaalse en Vrystaatse volksliedere, asook Die Stem, en die lê van kranse deur organisasies by die gedenkmuur, asook die plaas van blomme deur kinders op die kindertjies se grafte. Na die amptelike afsluiting het ‘n Volkspelelaer die verrigtinge verder opgevrolik.

Verskeie ander herdenkingsgeleenthede is ook gehou.

Vir die eerste keer in die geskiedenis is gedenkdienste in Rustenburg en Turffontein gehou. Die FAK-Oosrand-Kultuurnetwerk, in samewerking met ander organisasies, het ’n gedenkdiens in Turffonteinkonsentrasiekampkerkhof gehou, waarby kranse neergelê is. Die FAK-Rustenburg-Kultuurnetwerk het ook in Rustenburg, waar daar nie ’n konsentrasiekamp was nie, hande gevat met Die Voortrekkers om ’n gedenkdiens te hou. Laasgenoemde netwerk het hulde gebring deur die skoonmaak van die Anglo-Boereoorlog (ABO)-burgergrafte wat by die Ou Rustenburg begraafplaas aangetref word, waarna die kranslegging gehou is.

Die FAK-Vaal-Kultuurnetwerk bied jaarliks ’n gedenkdiens by die konsentrasiekampbegraafplaas in Vereeniging aan, waar onder andere vanjaar ’n skyngeveg plaasgevind het. Peet Schabort van die FAK-Vaal-Kultuurnetwerk het opgetree as verteller van die skyngeveg en het die verhaal vertel van Danie Theron, bekende verkenner tydens die ABO, wat 69 burgers vanuit die Kliprivier-tronk in die Heilbron-distrik vrygelaat het.

Prof. Fransjohan Pretorius was die gasspreker by die Turffontein-konsentrasiekampkerkhof en is ’n kenner van die Anglo-Boereoorlog.

“Dis vir my ’n dag wat die Afrikaner moet besef dat hy teen ’n Britse imperialisme te staan gekom het wat hom wou vernietig en hy was ’n slagoffer van Britse imperialisme, maar ons het uit daardie smart sterker geword. Daardie mense het geweldig swaar gekry,” vertel prof. Pretorius, maar spreek sy dankbaarheid uit oor die jeug vandag wat betrokke raak en belang stel in hul geskiedkundige erfenis.

Mnr. Henk van de Graaf se volledige toespraak by Irene word hier weergegee: “Ik ben een kindje klein, maak mijn hartje rein…”
“Ek wil na Jezus gaan…”
“Mammie… ‘n stukkie brood…”
“Oom, gee my tog iets om te eet; ek sterf…”
“Sê vir my mense ek sterf van honger, nie deur
siekte nie, maar honger!”

Dit is van die laaste woorde wat kinders en vroue geuiter het voordat hulle gesterf het in die Britseh helkampe. Vandag, hier in die koue, beleef ons ook iets anders: die ontbering van die koue. Ons het met voertuie hier aangekom wat verwarm is, en as ons klaar is gaan ons huis toe en geniet ‘n warm koffie of lekker bord sop. Hier in die konsentrasiekamp was dit so anders: koue nagte in tente, met geen of weinig kos. En hoe koud kry mens nie op ‘n leë maag nie…

Uiteindelik sou meer as 22 000 kinders onder die ouderdom van 16 jaar onder die haglikste omstandighede sterf.

Maar hoe het dit begin? “Proclamation 5 of 1900: “Whereas small parties of raiders have recently been doing wanton damage to public property in the Orange River Colony and South African Republic by destroying railway bridges and culverts and cutting the telegraph wires, and whereas such damage cannot be done without the knowledge and connivance of the neighbouring inhabitants and the principal civil residents in the districts concerned; “Now therefore, I, Frederick Sleigh, Baron Roberts, of Kandahar and Waterford, K.P, G.O.B, G.C.S.I, G.C.S.I, V.C., Field-Marshal, Commander-in-Chief of Her Majesty’s Troops in South Africa, warn the said inhabitants and principal civil residents that, whenever public property is destroyed or injured in the manner specified above, they will be held responsible for aiding and abetting the offenders. The houses in the vicinity of the place where the damage is done will be burnt and the principal civil residents will be made prisoners of war.

“Roberts, Field-Marshal,
Commander-in-Chief, South Africa.
“Army Head-quarters, South Africa,
Pretoria, 16th June 1900.”

“Mammie… ‘n stukkie brood…”

“Oom, gee my tog iets om te eet, ek sterf…”

So het ons kinders gesterf in die konsentrasiekampe. Nee, hulle is vermoor: om kinders nie kos of water te gee nie, is ‘n misdaad teen die mensdom, dit is moord.

Opgetekende gevalle is te veel om hier te kan opnoem. Maar daar is soveel opgetekende gevalle, In “Stemme uit die Vrouekampe” wat deur J. Maritz in 1925 gepubliseer is, word die volgende vertelling van ene Joubert weergegee: “Daar in die hospitaal het ek gesien dat ‘n moeder deur die verlies van al haar kinders, toe die laaste een dood is, nie meer ‘n traan kon stort nie. Nag en dag het sy voor die hospitaal se tent gestaan, maar die verpleegsters het geweier om haar te laat inkom. Ag, hoe klink die gesmeek van die kleintjie my nog in die ore, ‘net ‘n bietjie water…’ dat ek ook aan die verpleegster sê ‘gee haar tog ‘n bietjie water’, maar nee, sy had nie daarvoor tyd nie, Dit was mos maar ‘n Boer, sy kon maar sterf. Toe die kindjie dood is, toe kon die moeder inkom, Maar sy had g’n traan meer van verdriet, dit was haar laaste liefling.”

Tant Miem Fisher skryf in haar “Kamp Dagboek”: “Toe ek nader kom, hardloop almal weg. Op my Vraag wat daar te sien is, antwoord ‘n kleintjie: ‘Tannie kan self gaan kyk’, wat Tante ook gedoen het. En wat moet ek sien? ‘n Sterwende vrou wat volgens die gewoonte met ‘n skerm om die bedjie afgeskort is, en voor die oop raam heeltemal nakend met die dood lê en worstel. Afskuwelik! Ek was geheel van stryk!”

So is vroue en kinders vermoor. Of verneder, soos die 16-jarige dogter wat in haar onkunde die uitnodiging van ‘n Engelse offisier na ‘n teeparty aanvaar het en daar in teenwoordigheid van ander offisiere wreed verkrag is.

Vroue en kinders het ‘n pynlike dood gesterf deur glasstukkies en metaalhoekies wat in die kos voorgekom het. Sogenaamde medisyne was eerder ‘n sluk van die dood as ‘n genesende drank. In ’n beédigde verklaring wat ‘n mev. Stander na die oorlog afgelê het, sê sy: “Op laas kom dr. Davies met ‘n glas met geel vloeistof. Ek vra hom om dit aan my te gee, maar hy het geweier om dit te doen. Hy gee dit aan my kind. Sy het een snik gegee en was dood.”

So kan ons voortgaan met voorbeelde hoe die vroue en kinders wat ons vandag gedenk, vermoor is in seker een van die wêreld se grootste volksmoord aksies. Meer as tien persent van die Boerebevolking is so uitgewis. Dink net hoe die land se demografie anders daaruit sou gesien het as hierdie kinders, wat van hulle reg tot lewe beroof is, kon opgroei tot volwassenes en self kinders kon hê. Hierdie volksmoord het dus nie in 1902 opgehou nie. Die gevolge daarvan duur nou nog voort.

Nou word daar groot debat gevoer of pres. Vladimir Poetin van Rusland gearresteer moet word omdat die Internasionale Strafhof in Den Haag ‘n lasbrief vir sy inhegtenisneming, vir sover nog slegs beweerde oorlogsmisdade, uitgereik het. Waarom het daardie hof nog nie ‘n lasbrief uitgereik vir koning Charles van Brittanje nie vir die misdaad van sy oeroumagrootjie omdat dié en haar nageslag tot vandag toe geweier het om verantwoordelikheid vir hierdie volksmoord te aanvaar nie? Hulle het nog nie eens die moeite gedoen om ‘n verskoning aan die Boerevolk aan te bied nie, maar van hierdie volk word verwag om liefs drie keer per dag verskoning vir apartheid te vra, terwyl ons geen volksmoord van enige aard gepleeg het nie. Ons moet dalk daarop begin aandring dat Charles gearresteer moet word as hy sy voete op hierdie Boeregrond sou sit.

Selfs genl. Jan Smuts, die latere “Handyman of the British Empire” en stigterslid van die VVO, die voorloper van die VN wat nou so kwistig lasbriewe uitreik, het die gebeure in die Britse Oorlog van 1899 tot 1902, en veral die lyding van die oorlog, so beskryf: “Nooit sal ‘n pen kan beskryf wat deur die heldinne van ons volk gelei en verduur is sedert die lente van 1900. Vlugtend voor die vyand in die bosse en berge van Rustenburg, Waterberg, Soutpansberg, Lydenburg, Swaziland en Zoeloeland, waar nou talle wit beendere ten hemele roep teen barbaarse bantoes en nog meer barbaarse Britte; waar hulle met hul kinders wegkruip kniediep in die water en die digte riete van die Skoonspruit en Mooirivier, vanwaar hulle, soos byvoorbeeld die vrou en kinders van kommandant Wolmarans van Potchefstroom, met Lee-Metford en Maxim deur die vyand uitgeskiet en na die dorpe gedryf is; en na maande van vergeefse vlugpogings eindelik in die gevangeniskampe van die vyand aangekom het, waar hulle, self dodelik siek, hul dierbare kleintjies graf toe dra en honger ly omdat hulle nie die slegte vleis en die nog slegter meel kon eet nie, en dit bowendien nie sonder brandhout kon gaarmaak nie. Week na week, maand na maand, jaar na jaar dink hulle, verlang hulle, bekommer hulself oor man en seuns wat dalk reeds gesneuwel het — is daar ooit ‘n tafereel van erger lyding vir die wêreld oopgevlek? Die lewe van die mans in die veld, hoe swaar ook al, is wonderlik in vergelyking met hierdie stadige dood van hulle gevange geliefdes,” skryf Smuts.

By die veldslae teen die Boere is gedurig die refrein gehoor: “Remember Majuba!” Helaas het hulle ‘n misdadige stertjie daaraan toegevoeg, naamlik “Revenge Majuba”. Dit het hulle met oorgawe uitgevoer toe hulle genadeloos en misdadig ‘n oorlog gevoer het ter bevrediging van hulle eer en hebsug
– ‘n oorlog wat toe reeds alle perke van ordentlike oorlogvoering oorskry het, indien enige oorlog ooit werklik ordentlik kan wees.

Ja tog! Die Eerste Vryheidsoorlog, waarin die Slag van Majuba die laaste konfrontasie met die Britte was, was ‘n ordentlike oorlog. Ons moet onthou dat Brittanje die leuen versprei het dat die Boere ongeletterde, onopgevoede barbare en selfs mensvreters was wat van die aarde verdelg moes word sodat die Britse beskawing gevestig kan word.

Dit was met hierdie leuen in gedagte dat ook die Slag van Majuba plaasgevind het.

Terloops, daar is twee terme in die Boeretaal wat die Engelse nooit vertaal het nie, sodat hulle hul eie betekenis daaraan kon gee: die Boere is deur hulle “Boers” genoem, maar dit is so uitgespreek (Boars) dat dit die indruk van ‘n wilde varkbeer gelaat het, wat ‘n doelbewuste skeeftrekking was. Dieselfde het later gebeur met die term apartheid, wat hulle uitgespreek het as “apart hate”, wat ’n begrip van haat oorgedra het, wat dit beslis nie was nie, inteendeel!

Maar by Majuba het dit toe geblyk dat die Boere alles behalwe barbare of mensvreters was. Die Britte wat na die veldslag gevang is, is met respek behandel. Toe die tweede Britse generaal in die Britse Ryk se geskiedenis op Majuba sneuwel, is hy met militêre eerbetoon deur die Boere teen die berg afgedra en aan die Britte oorhandig.

Na die tyd het ‘n Britse Lady Robinson, die volgende getuienis van die Boere by Majuba gelewer: “After the defeat of the Majuba Hill, my brother, Sir Herbert Stewart, when famished and nearly exhausted, was taken prisoner by the Boers. Nothing could exceed the kindness of their treatment, and their involuntary guest afterwards spoke of it in the highest terms. Were he living he would be ready to testify to the merits of the friends he then made, and it is with the brothers and sons of those magnanimous enemies that we seem about to be plunged into an unnecessary and unjust war,” wat natuurlik die “revenge Majuba”-oorlog was wat in 1899 uitgebreek het. ‘n Getuigskrif van beskaafde Boere wat so anders opgetree het as Roberts se onmenslike proklamasie wat tot ongekende barbaarsheid teen vroue en kinders gelei het.

En so is ons Boere vandag nog.

Ons Boere het geen grond gesteel nie, maar het dit in soms naïewe opregtheid gaan beding. Dingaan se verraad en optrede het ‘n ander kultuur geopenbaar.

Boere is beskaafd – hulle het nie teen vroue en kinders oorlog gevoer nie; hulle het nie glas en vishoeke in vroue en kinders se kos gegooi nie; hulle het nie vee half vermink en half dood agtergelaat nie, want hulle het respek vir diere; Boere dans nie op die slagspreuk van “Kill the African” of “One Black, one bullet” nie; ons maak nie aanspraak op ander se besittings waarvoor hulle gewerk het nie; in ons Christelike tradisie bid ons selfs vir ons vyande…!

Boere is wetsgehoorsaam omdat hulle beskaafd is, ry nie oor verkeersligte nie, vermink nie gesteelde vee nie, en so kan ons aangaan. As iemand met ‘n Boere-van daaraan skuldig sou wees, behoort sy straf veel erger te wees, want dit is nie in ons Boere-kultuur nie — hy verloor sy status as Boer-wees deur sy barbaarse en oneerlike optrede. Dieselfde geld vir verraaiers en meelopers: Boere-meelopers is Hanskakies genoem en sosiaal uit die Boere-gemeenskap verban. Die erger garde, soos die Piet de Wette, broer van die groot generaal Christiaan de Wet, het sy Boer-status en verbintenis verloor toe hy ‘n absolute verraaier geword het.

Die Boere is vreedsaam. Tot op ‘n punt. Die Boere het die Britse provokasie verduur tot hy nie anders kon nie. In 1880 moes hy sy land en sy selfrespek verdedig. Ook in 1899 was daar geen keuse as om ‘n ultimatum vir Brittanje se inpalming en arrogansie te stel nie. Die Boere wou geen oorlog hê nie, maar Brittanje het dit sodanig uitgelok dat dit onvermydelik was.

Brittanje was die groot boelie van die wêreld, en byna onaantasbaar. Tog het die eerste Vryheidsoorlog gewys dat hy wel swak punte het. Waar hy altyd die morele hoëgrond probeer beset het, het hy dit duidelik in die oorlog van 1899 tot 1902 nie gedoen het. Brittanje, wat homself as die toppunt van beskawing en kulturele verhewenheid aan die wêreld voorgehou het, het daardie reputasie eerloos weggesmyt in die oorlog teen die Boere-Republieke. Die wêreld het met minagting en veragting kennis geneem van Brittanje se oorlog teen vroue en kinders. Helaas was die wêreldsituasie toe nie gunstig genoeg vir goedgesinde Europese moondhede om die Boere te kom help nie. Slegs enkele vrywilligerkorpse het aan Boerekant kom veg, maar dit was genoeg om te toon hoe die wêreld oor Brittanje gevoel het.

Nou het ons weer ons vryheid verloor, ook sonder die afvuur van ‘n enkele skoot. Die verskil is net dat dit hierdie keer nie gebeur het deur ‘n Lord Roberts nie, maar is ons vryheid prysgegee met Afrikaanse vanne soos De Klerk, Meyer, Botha, Wessels, Coetzee en ander. Nou is ons onder die hiel van Afrikaimperialiste, wie se hebsug en oneerlikheid dié vandie Britse imperialiste oortref.

Daar word weer ‘n volksmoord teen ons volk gepleeg. Meer as 2 300 boere is op hulle plase vermoor. Die getal Blankes wat elders in die land vermoor is sedert 1994, is onbekend. Ons is mos ’n sogenaamde nie-rassige staat waar geen onderskeid gemaak word tussen wit en swart nie. Behalwe as dit kom by werksgeleenthede, of by die toekenning van droogtehulp, of om water van Blankes te weerhou. Dan is die term “swart” heel voor in die mond, maar die eintlike bedoeling is die uitwissing van die Blankes, net soos Brittanje gepoog het om die Boere uit te wis.

Die Britte het dit nie reggekry nie. Covid kon dit nie regkry nie. Die ANC of welke swart diktator of gemeenskap sal dit nie regkry nie. Ons is in Afrika geplaas, sonder dat ons Afrika se gewoontes en maniere aangeleer het, en mag God ons behoed dat dit nooit gebeur nie. Ons is ‘n Geloftevolk wat telkens weet waar ons ons hulp moet kry.

Ons het die oorlog teen die Britte verloor, en vandag staan ons by die grafte van vroue en kinders. Wie weet hoeveel van hierdie kinders veertig of vyftig jaar later beroemde geestelike, kulturele, politieke of sakeleiers sou geword het, wat nou, 121 jaar later ook in ‘n graf sou gelê het, maar met ‘n heel ander grafskrif en nalatenskap, anders as die moord en hebsug van die Britte.

Ons sal hierdie dag en gebeure bly herdenk. Soos die Gelofte van Bloedrivier die belofte maak dat dit aan die opkomende geslagte vertel sal word, sal ons hierdie gebeure ook aan die opkomende geslagte vertel. Ons mag nie vergeet nie. Al sê die naampies op die grafstene nie werklik vir ons iets nie, weet ons dat hulle nie verniet gesterf het nie. Die Afrikaner kon weer opstaan uit die as van die Britse verskroeideaardebeleid. Hulle was ons stille inspirasie. Hulle is steeds ons stille inspirasie om ons volkstryd voort te sit: Die vryheidstryd wat ons vadere begin het, sal voortgesit tot ons sterf of oorwin het. Solank die sterfdeel net nie vir ons ‘n opsie word nie. Solank gelatenheid en aanvaarding net nooit ons lewenstyl word nie.

Vandag kom ons ook maar stadig in verset. Maar daarom is ‘n herdenking soos hierdie belangrik. Ons mag nie ons geskiedenis vergeet nie, want God is deel van ons geskiedenis, en dit hou ons ook naby aan Hom. Ons geskiedenis het hoogtepunte met helde, en laagtepunte ook met helde, en hierdie grafte rondom ons is die helde van ‘n laagtepun