Redakteur Die Afrikaner 7 Julie 2023
In die vorige uitgawe het ons gewys op geleenthede wat soms onverwags ontstaan. Een so ‘n geleentheid was die gemors van die sogenaamde vredesafvaardiging van Cyril Ramaphosa en sy Afrikane na Oekraïne en Rusland. Dit het die HNP die geleentheid gegee om aan die Poolse president te skryf en hom te bedank dat hy nie toegegee het om sy land se wette en standaarde aan te pas vir die klomp uit Afrika wat hulle nie noodwendig aan reëls en regulasies steur nie. Daardie gebeure het die wêreld gewys wie en wat Afrika, en by name die ANC, werklik is.
Sedertdien het daar ook in ‘n Duitse koerant, Junge Freiheit, ‘n byna volblad artikel verskyn oor die plaasmoorde en ander probleme waarmee boere in Suid-Afrika te kampe het, na aanleiding van ‘n onderhoud wat hulle met een van TLU SA se ampsdraers gehad het. Sodoende bly die fokus op wat werklik in Suid-Afrika gebeur. Netso was daar enkele maande gelede ‘n afvaardiging van Europese Parlementslede in Suid-Afrika om hulle oor die situasie in die land te vergewis, en het TLU SA hulle gevra om prosesse aan die gang te sit om ook ‘n reisverbod op Ramaphosa en sy trawante te plaas, soos wat hulle met Robert Mugabe van Zimbabwe destyds gedoen het. Dalk is die tyd nou nog ryper as tevore om so ‘n eis te stel.
Intussen het Frankryk byna in vlamme opgegaan nadat die Franse polisie ‘n jeugdige van Algerynse afkoms, wat hom aan die verkeerde kant van die wet geplaas het, doodgeskiet het. Frankryk kon nou sy wrange vrugte pluk van sy dekadeslange vrot beleid om al wat buitelander, en veral Afrikaan is, in die land toe te laat. Waarskuwings daaroor vanuit die regse geledere, het op dowe ore geval. Nou het die immigrantebevolking van Frankryk al so groot geword, dat hulle gewys het dat hulle die vermoë het om die land te ontwrig en tot stilstand te ruk. Daardie tydbom kan en gaan ook in ander Europese lande, wat dieselfde beleid handhaaf, tref.
In Israel het die Jode en die Palestyne weer aanmekaar gespring en is daar gevegte aan die gang. Natuurlik is die wêreld en al wat ver-linkse media is aan die Palestyne se kant, en word die Joodse president, Netanyahu, as “ekstremisties regs” uitgeskel, terwyl die Palestynse terroriste, wat die konflik begin het, as engeltjies uitgebeeld word.
Die HNP het al by geleentheid op sy kongres besluit dat ‘n internasionale konferensie van nasionaliste dalk gereël moet word. Dalk moet ons dit nou verder definieer: blanke nasionaliste. As gekyk word na die wêreldpolitiek, en daarin heelhartig ondersteun deur alles wat linkse media
is, is dit duidelik dat alles wat blank is sleg is, en dat die blanke bevolking van die wêreld alles skuld aan die ander, veral die Swartes. Ons beleef dit in Suid-Afrika, dit gaan so in Amerika waar die swart bevolking steeds meer eise stel, in Engeland, en die res van Europa.
Die koms van die Covid-inperkings het die HNP se kongresbesluit op die agtergrond geplaas. Wat Covid wel positief gelaat het, is dat veel meer van die virtuele platforms gebruik gemaak kan word. So ‘n internasionale konferensie kan nou baie makliker gehou word.
Die noodsaak vir so ‘n konferensie waar die wêreld se blanke nasionaliste, dus Blankes wat sterk Voel oor hulle volksidentiteit, blyk daagliks groter te word. As daar nie beplan en opgetree word met ‘n internasionale strategie en plan van optrede nie, is dit verby vir die Blankes. Dit sal uiteraard op die beginsel van volksnasionalisme plaasvind, maar volkere kan met mekaar saamwerk.
Ook in Suid-Afrika moet daardie gesprek plaasvind. Dit is noodsaaklik dat die Afrikaners eerstens met mekaar hande vat: Afrikaner met Afrikaner. So ‘n gesprek is baie meer noodsaaklik as ‘n gesprek oor koalisievorming, wat in elk geval ‘n koalisie gaan wees waar die Afrikaner en die Blanke in die minderheid gaan wees, en waar sy nasionale strewe ook maar verswelg gaan word deur die meerderheid. Ons moet weer ons beginsels met en teenoor mekaar bevestig, want beginsels heg mense sterk aan mekaar. Pragmatisme en opportunisme is net so sterk soos die swakste skakel in ‘n ketting, en as gekyk word na die moontlike koalisievennote wat nou na vore tree, is daar maar baie swak skakels in daardie ketting.