Die HNP van Suid-Afrika het sopas ‘n manifes bekend gestel waarin sy uiteindelike visie van hoe Suid-Afrika moet lyk, uitgespel word. Sou die HNP aan die komende verkiesing deelgeneem het, sou dit die basis van sy verkiesingsmanifes uitgemaak het.
Die Manifes lui soos volg:
Konstitusioneel en owerheid
- Die bevolking van SA sluit ʼn veelheid volkere en kultuurgemeenskappe in. Volke se reg op nasionale vryheid en selfbeskikking word erken. Wetgewing om volkere en kultuurgemeeenskappe tot die mate van outonomie wat hulle verlang, te laat vorder, sal in plek gestel word. Die SA Grondwet sal aangepas word om aan hierdie beginsel en die onderstaande sake uitdrukking te gee.
- Die eerste artikel van die huidige grondwet sal geskrap word.
- Die natuurlike onderskeide van ras en geslag word erken en wetgewing sal ingestel word om gedwonge miskenning/ignorering daarvan te verbied.
- Waar nodig, sal die regte in die Handves van Regte herdefinieer en begrens word ten einde
absurditeite (soos selfde geslag huwelike) te voorkom, en ʼn duidelike onderskeid te maak tussen “gelykheid” in die reg en “eendersheid” (ons verwerp “we are all the same”). - Regspleging
- Die onafhanklikheid en onpartydigheid van die regbank word eerbiedig en sal gehandhaaf word. Dit kan egter nie die plek van die wetgewer inneem nie.
- Wetgewing sal daargestel word om ʼn einde te maak aan misbruik en manipulering van die reg ten koste van die belastingbetaler en slagoffers van misdaad.
- Die Appèlhof sal as die hoogste hof van appèl in die Suid-Afrikaanse reg herstel word.
- Sterker maatreëls sal daargestel word om jeugmisdadigers vas te vat.
- Die doodstraf sal ingestel word vir ernstige misdade soos hoogverraad, moord, verkragting, en terrorisme.
- Tot tyd en wyl misdaad in Suid-Afrika tot aanvaarbare vlakke gedaal het, sal ʼn beleid van “geen toleransie” gevolg word. Ernstige misdade soos brandstigting, beskadiging of belemmering van infrastruktuur, en dwelmhandel sal met uiterste strawwe strafbaar wees.
- Gevonniste gevangenes sal bepaalde arbeid moet verrig as deel van hul straf en rehabilitasie, in plaas daarvan om leeg te lê in tronke en bendes daar te vorm.
Polisie, Misdaad, Veiligheid- Die burgery se reg om hul lewens en eiendom met die middele tot hulle beskikking te beskerm sonder vrees vir vervolging, sal beskerm word.
- Korrupte/misdadige polisiemanne en staatsamptenare sal met uiters swaar strawwe strafbaar wees.
- Spesialiseenhede van die polisie sal geskep word om akute misdade (soos plaasaanvalle) uit te roei.
Sosiale verhoudinge- Alle wette wat ras en bevolkingsverhouding as norm vir in- of uitsluiting van enige ekonomiese, sosiale of ander voordele daarstel, sal hersien, en sodanige norm geskrap word.(dit is wette soos Affirmative Action, Swart Ekonomiese Bemagtiging, ens.).
- Alle amptelike transformasieprogramme, -projekte en -aksies sal beëindig word.
- Propagandistiese verwysings na “onregte van die verlede” en soortgelyke uitdrukkings wat ten doel het om die Afrikanervolk in die beskuldigdebank te plaas, sal uit amptelike dokumente verwyder en as haatspraak geklassifiseer word.
- Propagering en bevordering van die LBGTXYZ-kultuur sal deur wetgewing verbied word en strafbaar wees.
- Aborsies sal onwettig verklaar word.
Publieke administrasie- Duur en oortollige staats- en ander strukture wat sedert 1994 daargestel is (soos bv. die SA
Menseregtekommissie), sal afgeskaf word. Die historiese provinsies van Suid-Afrika (Transvaal, Oranje-Vrystaat, Kaap en Natal) sal herstel word. Noodsaaklike administratiewe strukture om bepaalde dienste te lewer sal op vlakke waar dit die doeltreffendste kan funksioneer, gevestig word. - Die kabinet sal hoogstens uit 24 lede bestaan.
- Private eiendomsreg sal gewaarborg en verskans word.
- Volks/kultuur-eie nedersettings met wisselende vlakke van outonomie sal wetlike erkenning en beskerming geniet.
- Immigrasie sal streng beheer word en onwettige immigrante gedeporteer word.
- Private eiendomsreg sal gewaarborg en verskans word. Grondeise sal gestaak, wetgewing
daaroor teruggetrek, restitusieliggame ontbind en onafgehandelde grondeise nietig verklaar word. - Onderwys
- Skole, universiteite en ander opleiding/opvoedingsinrigtings sal deur hul eie verkose bestuurstrukture beheer en gereguleer word.
Medies en gesondheid- Mediese dienste, hospitale en ander mediese inrigtings sal deur hul eie verkose bestuurstrukture beheer en gereguleer word.
Landbou- Kommersiële landbou word erken as een van die hoekstene van ‘n ekonomie.
- Voedselsekerheid sal deur die staat verseker word deur hulpskemas aan boere wat deur
natuurrampe geteister word. - Bio-sekuriteit sal streng toegepas word sodat Afrikanerboere ongehinderd kan produseer vir
plaaslike en internasionale markte. - Plattelandse heropbou en ontwikkeling sal aangepak word ter ondersteuning van die noodsaaklike landboubedryf.
- Om plase weer veilig te maak, sal die Kommandostelsel heringestel word onder beheer van die boere.
- Erfplase sal erken word as die basis waarop grond van een geslag na ‘n ander oorgedra word
sonder dat dit vervreem kan word. - Nywerhede
- Suid-Afrika se status as nywerheidsreus moet herstel word deur aansporingsmaatreëls.
- Staatsentiteite sal herstel word tot dienslewering van die publiek, tot uitbreiding van die ekonomie en tot winsgewendheid tot voordeel van die belastingbetaler.
- Nywerhede moet gevestig word om Suid-Afrika se eie rou materiale te verwek, in plaas daarvan om dit uit te voer en dan weer verwerkte materiaal in te voer.
Welsyn- Maatskaplike toelaes sal slegs betaal word aan verdienstelike welsynsgevalle.
- Niksseggende toelaes soos die Covid-19 toelaes sal onmiddellik gestaak word.
- Kindertoelaes sal slegs binne ‘n volledige natuurlike gesinsverband uitbetaal word, m.a.w. waar die vader bekend en teenwoordig is.
Taal- en kultuur- Afrikaans sal weer op alle vlakke in die openbare en private sektor erken word.
- In sekere gebiede sal Afrikaans as enigste omgangstaal geld.
- Inheemse tale sal erken word in die tradisionele vestigingsgebiede van die betrokke stamme.
- Plekname wat ná 1994 verander is, sal weer herstel word na hulle vorige name.
Begrondingsbasis - Die HNP erken die oppergesag van die God van die Bybel, en dat verantwoording net aan Hom verskuldig is tot verheerliking van Sy Naam.
- Geen eed van getrouheid kan afgelê word aan ‘n grondwet wat nie die Oppergesag van God erken nie.
- Die HNP sien die Bybelse opdrag om nie in dieselfde juk te trek as die ongelowige nie, as ‘n
letterlike opdrag. - Omdat die huidige Grondwet van Suid-Afrika geen erkenning aan die God van die Bybel gee nie, kan die HNP en sy lede nie ‘n eed van getrouheid aan daardie grondwet aflê nie.
- Dit is die rede waarom die HNP nie aan die verkiesing kan deelneem nie, en doen ‘n oproep aan Afrikaners om deur nie te stem nie, hierdie beginsels te ondersteun met die oog op moontlike toekomstige optrede.