Die afrikanervolk se vryheidstryd
In 1994 is die Afrikanervolk se vryheid ongrondwetlik en dus onwettig weggegee aan die ANC. Die Afrikaner het ’n banneling in sy eie vaderland geword.
Om die Afrikanervolk se vryheid te herstel, is die grootste enkele ideaal wat hierdie volk kan nastreef.
Wat beteken vryheid?
- Dit is om as volk oor jouself te regeer binne jou eie vaderland. Daar sal die Afrikaner sy beginsels van Afrikanernasionalisme uitleef, die Christelike godsdiens handhaaf en sy kinders grootmaak en opvoed volgens hierdie beginsels, soos ons dit gedoen het voor 1994.
- Volk, Vaderland, Vryheid vorm ’n hegte eenheid.
- In sy eie vaderland sal die Afrikaner weer sy land ekonomies ontwik-kel tot ’n Eerste Wêreldland, met ’n polisiemag en regstelsel wat wet en orde sal handhaaf tot vreedsame voortbestaan van al sy mense en ‘n weermag wat hierdie staat teen enige bedreiging sal verdedig.
- Die boer (die landbouer) sal weer in veiligheid sy plaas bewoon en bewerk en suksesvol in vrede vir die mense van sy land voedsel produseer.
- ’n Gesonde ekonomie sal ontwikkel word waar die rykdom van die aarde die eiendom van die Afrikanervolk is.
Die Herstigte Nasionale Party (HNP)
Net ’n volk wat die wil en die geloof en die moed en die geesdrif het om vry te wees, kan sy vryheid herstel.
Volksvryheid is ‘n politieke saak. Die herstel van die Afrikaner se vryheid is noodwen-dig politiek gedrewe.
Die HNP is ’n politieke party wat nie deelneem aan die onwettige ANC-regime se verkiesings nie. Dit verskil van al die politieke partye binne die ANC-bestel. Deur deelname aan die ANC se politieke prosesse erken ons die ANC-regering se reg om oor ons in ons land te regeer. Dit erken die ANC se grondwet wat ’n onchristelike grondwet is en wat so ontwerp is om die Witman in ’n verloor-posisie te hou, terwyl dit terselfdertyd die skyn van demokrasie skep. Die HNP beveg die ANC van buite die staat se verkiesingsbestel.
Die party stel dit duidelik in sy Program van Beginsels dat die HNP as politieke volksfront van die Afrikanerdom optree. Die Afrikanervolk het dwarsdeur sy geskiedenis met groot opoffering en volharding alles in die werk gestel om ’n eie vaderland te verkry en te behou met ’n eie regeringsvorm. Daardeur het die Afrikaner hom gevrywaar van wette en gewoontes van ander volke wat in stryd met sy gewete, beginsels en nasionale gevoel is. Die HNP gaan steeds die volk voor en spoor die volk aan om dié beginsels te handhaaf en te herstel en om daarvolgens op te tree.
Die HNP stel as doelwit die vestiging van ’n eie, soewereine staat vir die Afrikaner- oftewel Boerevolk in ’n eie vaderland onder ‘n volkseie owerheid. Die Party gee egter nie ons volk se historiese reg en aanspraak op sy Godgegewe vaderland prys nie. Die Party staan daarop dat ons vaderland sover ons wil stuksgewys herower moet word na gelang tyd en omstandighede dit toelaat.
Die HNP se beginselbasis is Afrikanernasionalisme, naamlik Witmanskap, Afrikaner-skap, Christenskap en Vryheid. Nasionalisme, oftewel selfbeskikking van volke, en voorkeur vir die eie, hou in dat daar skeiding tussen rasse en volke sal wees.
Die HNP reël HNP-kongresse, -vergaderings, -funksies, herdenking van geskied-kundige gebeurtenisse en neem ook deel aan volksbyeenkomste met die doel om Afrikaners in beweging te kry en Afrikanernasionalisme te laat herlewe en die vryheidsgees by Afrikaners aan te wakker.
Die HNP is ‘n instrument om by die Afrikanervolk die wil en die geesdrif te skep om VRY TE WIL WEES.