|
As politieke volksfront van die Afrikanerdom wil die Party die Afrikaner wat dwarsdeur sy geskiedenis met groot opoffering en volharding alles in die werk gestel het om ’n eie vaderland te verkry en te behou en om ’n eie regeringsvorm op te bou om hom daardeur te vrywaar van wette en gewoontes van ander volke wat in stryd met sy gewete en nasionale gevoel is, voorgaan en aanspoor om die volgende grondslag en beginsels te handhaaf en daarvolgens op te tree.
a. die nasionale identiteit van die Afrikaner as Witman, Afrikaner en Christengelowige noulettend bewaar word;
b. die kultuuropdrag van die volk langs Christelik-nasionale weg geskied; en
die antichristelike en antinasionale strewe na ras- en kulturele eenvormigheid, die uitwissing van alle grense en die imperialisme met die oog op die tot stand bring van een staat vir die hele Afrika en een wêreldstaat teengestaan word sodat ons volk binne die natuurlike lewenskringe van gesin, familie en volk beskerming, veiligheid en vooruitgang kan geniet.
Die HNP streef na die vestiging van ’n eie, soewereine Afrikanerstaat in ’n eie Afrikanervaderland onder ‘n eie Afrikanerowerheid. Sodanige staat sal gevestig word met die doel dat die staat al die opdragte vervat in die Woord van God om die goeie te doen en die deurwerking van die kwaad te stuit, sal nakom.
Daarom word die reg van die owerheid om die swaard te dra, erken en aanvaar omdat die owerheid sy gesag van God ontvang en in die eerste plek aan God verantwoording skuldig is vir die manier waarop hy sy dienswerk uitvoer. In die tweede plek is die owerheid ook verantwoording skuldig aan die volk wat hom daarstel.
1. die publieke reg te handhaaf en die veelheid van regsbelange binne sy grondgebied in ewewig te hou:
2. volgens Christelike norme ’n openbare orde te handhaaf waarbinne die Afrikanervolk sy roeping, taak en ideale kan uitleef:
3. te waak teen elke vorm van vreemde oorheersing — hetsy dit geestelik, polities, ekonomies, kultureel of fisies is;
4. onderworpe daaraan dat die soewereiniteit van die staat eerbiedig word, volle burgervryheid aan die volk te verseker:
5. op alle lewensterreine hulp aan die volk of gemeenskappe te gee sodat selfstandigheid bevorder en staatsafhanklikheid vermy word:
6. die onafhanklikheid en onpartydigheid van die regbank te handhaaf en te eerbiedig; en
7. noulettend te waak teen enige skending van die soewereiniteit en onafhanklikheid van die Afrikaner-vaderland en moet alles wat hiermee strydig is, met alle geoorloofde middele bestry word.
Art 7: Die Afrikanervolk en ander Volke.
7.1. Die samelewing in Suid-Afrika na 1994 is ’n saamvoeging van ’n veelheid van volke, gemeenskappe en stamme wat ten opsigte van ras, taal, godsdiens en kultuur verskil. Die strewe om al daardie eiesoortiges tot ’n enkele nasie te integreer deur middel van algemene stemreg onder ’n sentrale owerheid het geen kans op sukses nie. Terselfdertyd is dit in stryd met die erkende reg op die voortbestaan en selfbeskikking van volke en gemeenskappe.
7.2. Die geskiedenis van Afrika is ’n aanskouingsles van die mislukte pogings om uiteenlopende volke, groepe en gemeenskappe in een parlementêre demokrasie te akkommodeer.
7.3. Die geskiedenis van die Sowjetunie en verskillende state in Sentraal- en Oos-Europa het getoon dat kulturele, godsdienstige en historiese verskille vernietigend kan ingryp in samelewings waar gepoog is om duidelike uiteenlopende volke, groepe en gemeenskappe kunsmatig te integreer.
7.4 Daarom streef die HNP daarna om die Afrikanervolk op ’n vreedsame wyse uit te lei uit die slawehuis waarin die Afrikaner vanaf 1994 vasgekeer is. Aangesien die Afrikaner die enigste blanke volk is wat hier te lande gebore is en by uitstek die draer van die Christelik-nasionale lewensbeskouing is en aangesien die Afrikaner weens sy eiesoortigheid geen regstreekse versterking van buite kan ontvang nie, wil die HNP deur onttrekking van die Afrikanervolk uit die multi-kulturele, nie-Christelike gemeenskap wat in 1994 in Suid-Afrika geskep is, sorg dat die Afrikaanse taal, kultuur en lewens- en wêreldbeskouing gehandhaaf word en die nasionale en kultuur-identiteit van die Afrikanerdom ongeskonde bewaar bly en groei.
7.5. Die HNP erken Afrikaans as ’n inheemse taal van Afrika en as ’n kultuurtaal wat anders is as al die ander inheemse tale.
Afrikaans is die enigste Westerse taal wat in Afrika sy beslag gekry het. Dit is die taal:
- waarin die vryheidstryd teen die Engelse imperialisme en verdrukking gevoer is;
- waarin die groot staatkundige, maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling plaasgevind het;
- wat sy stempel afgedruk het op duisende plase, dorpe en stede van die land met hulle tipiese Afrikaanse name; en
- wat die riviere en berge, bome en plantegroei, visse, voëls en diere van die land hulle name gegee het.
Dit gee aan Afrikaans ’n onvervreembare en unieke reg en sal daarom die enigste amptelike taal in die Afrikanervaderland, waarna gestreef word, wees.
7.6 Die HNP wil by die Afrikaner sy kragtige besef van nasionale selfstandigheid en vryheid stimuleer en verder ontwikkel sodat die Afrikaners hulle nasionale identiteit sal handhaaf en uitbou.