Op 17 en 18 November 1994, slegs enkele maande nadat FW de Klerk die mag aan Nelson Mandela en sy ANC oorhandig het, het ’n volkskongres in Pretoria plaasgevind onder die tema:
“Ons sal opstaan…”
Verskeie sprekers het referate gelewer, waaronder die destydse HNP-leier, wyle mnr. Jaap Marais.
In sy referaat het hy gewys op die belangrikheid van kulturele herlewing as voorvereiste om mettertyd weer as ’n vrye volkin ’n eie land te word.
Waar die kulturele aanslag op ons volk verhewig, en waar selfs sogenaamde Afrikanerorganisasies al skaam word oor bepaalde aspekte van hul identiteit soos ras, is besluit om mnr. Marais se referaat van destyds volledig te publiseer.
Aangesien dit ’n lywige referaat is, met mnr. Marais se noukeurige uiteensetting van die situasie, is dit in twee dele gepubliseer, waarvan die eerste deel reeds in die vorige uitgawe verskyn het.
Hierdie is die tweede deel van mnr. Maraisse toespraak:
Rol van demokrasie
Die grootste perversie van ons tyd is die wanopvatting oor die rol van demokrasie: dat demokrasie mense kan verenig as blote telbare eenhede. Die demokrasie het te maak met burgerskap, en burgerskap is die mees geesteslose hoedanigheid van ʼn mens se bestaan. Dit raak net die dinge wat gedoen moet word sodat jy in staat is om ander, hoër dinge te doen. Wanneer demokrasie, soos nou by ons, uit sy regte plek gehaal en toegelaat word om die hele horison te vul, wek dit enorme haat, nie net van alle onderskeid nie, maar later van alle verskil. In plaas van om te verenig, lei dit tot verbrokkeling en tot nydigheid. Dis dwarsdeur die wêreld so. Demokrasie
is verhef tot ’n soort alternatiewe geloof in Suid-Afrika waaraan alle godsdienste kan glo, tot ʼn godsdiens of ʼn filosofie.
Reg op voorkeur vir eie
Teenoor die demokratiese voorskrifte wat hulle op ons wil afdwing, is daar ons reg op voorkeur vir ons eie wat dieper en groter waarde het as enige politieke gelykheid: die reg op voorkeur vir jou eie. As daar ʼn mensereg is wat onvervreembaar is, dan is dit ʼn gemeenskap en ʼn mens se reg op voorkeur vir sy eie. Hy het geen verduideliking daarvoor nodig nie, geen verskoning nie, hy gee voorkeur daaraan net om een rede: dit is sy eie. En dit bots met die demokrasie, dit bots met die Menseregteakte, daarom wil hulle dit uit die pad uit hê en mag jy in die Menseregteakte jou nie beroep op die reg op jou voorkeur vir jou eie nie. Die reg op onderskeiding moet staan téén die aandrang op gelykheid.
En u weet, een van die grootste illusies wat daar in die wêreld bestaan, is dat gelykheid gelyk is aan geregtigheid. Gelykheid, gelykmaking is juis die grootste onreg teenoor die wat hoër is, wat afgedruk word om hulle gelyk te maak met die ander. In die “Nuwe Suid-Afrika” moet ons besef dat die multikulturele samelewing net ʼn versuikering is wat aan ons voorgehou word. Dis dan nou so ʼn ryk samelewing, die multikulturele. Hulle het dit nou begin toepas in Suid-Afrika, en in plaas van ʼn multikulturele samelewing, het ons ’n multikriminele samelewing!
Dit sal nie slaag nie. Die krag van die drang na identiteitsbelewing sal al meer geld namate die besetters en die beheersers, soos nou, die nasionale simbole verbied, samekomste met rituele aard verhinder en begin om monumente op te blaas en af te breek. Dis ʼn wetmatigheid wat niemand sal verander nie.
En nou word ons vir jare lank al vertel oor die “onomkeerbaarheid”. Dis darem ’n ontstellende ontkenning van die dinamiek van die geskiedenis. Die dinamiek van die geskiedenis ken geen onomkeerbaarheid nie, behalwe die biologiese vermenging. Die biologiese vermenging van rasse moet uitloop op ʼn smeltkroes waardeur rasse vernietig, volke ontwortel, tale uitgeroei en kulture gedood word. Die miskenning van die smeltkroes is juis die miskenning van die multikulturele samelewing, want hy vernietig dit. Maar dink daaraan dat hulle by ons praat van die onomkeerbaarheid, en dit in ʼn tyd waarin die Berlynse muur in 1989 inmekaar gestort
het; waar die Duitse hereniging in 1990 plaasgevind het; waarin die magtige Sowjet ryk in 1991 inmekaar gestort het; almal onomkeerbaarhede gewees, en dit alles nie weens aanslae van buite nie, maar weens die noodwendigheid van binne, die nasionale opwelling wat daarteen in opstand gekom het.
Nasionalisme ’n mag
Ek het gesê die nasionalisme is ʼn mag in die politiek, en u weet, dis een van die merkwaardige
dinge ook van ons tyd, dat nóg die godsdiens, nóg die Kommunisme kon nasionalisme onderkry.
Mense het eenvoudig die behoefte om aan ʼn volk te behoort en as hy aan die volk behoort, dan wil hy trots wees om aan daardie volk te behoort, en daarom moet ons skaam gemaak word vir ons Afrikanerskap. Die nasionalisme voorsien juis in hierdie behoefte wat die mens het, en taal, soos hier vantevore gesê is, is ’n belangrike kenmerk van ʼn volk. Ná 1902 het genl. Hertzog om ons Afrikaners se selfrespek terug te gee, juis die klem geplaas op die Afrikaanse taal en gesê: “As jy nie respek vir my taal het nie, het jy nie respek vir my volk nie”.
By ons word daar gesê almal wat Afrikaans praat, moet nou as een volk beskou word. Hier in ons tyd in Sentraal-Europa praat die Serwiërs en die Kroate dieselfde taal, maar hulle is in ʼn oorlog teen mekaar gewikkel. Hier by ons is daar ook mense wat Afrikaans praat naas die Afrikaner, maar hulle is nie Afrikaners nie en hulle kan nooit deel word van Afrikanernasionalisme nie.
Nou word daar gesê ons moet elke volk in Suid-Afrika se reg op sy taal erken. Daar is elf tale, bid
u aan! Sal u dink dat daar ʼn elftalige stad kan bestaan, of negetalige wegwysers, of sewetalige amptelike vorms van die staat wat ingevul moet word? Kan u uself die bespotlikheid daarvan voorstel! Maar dit is om Afrikaans eers te degradeer tot een van die Swart tale en dan met die algemene aanvaarbaarheid van Engels deur die Swartes Afrikaans uitgeskakel te kry. Eentalige lande en stede kan daar wees, tweetalige ook, drietalige is reeds buite die kwessie.
In ʼn staat behoort daar één taal te wees. Toe die HNP in 1969 gestig is, het hy gesê Afrikaans moet die amptelike en nasionale taal van Suid-Afrika word om die Blankes saam te bind in liefde en noodlot in hierdie land. Daardie tyd is ons beskuldig dat ons Engels wil verontreg. En nou? Het Engels enigsins ʼn oorweging of besorgdheid oor Afrikaans? U sien, as ’n volk nie vir homself sorg nie, sal niemand andersvir hom sorg nie.
Aanslag uit Engelstalige wêreld
Ons sit daar met die aanslag vanuit die Engelstalige wêreld, veral die Amerikaanse aanslag — Amerika, wat aan ons voorgehou word as ʼn voorbeeld om na op te sien. Laat my darem nou ook net weer vir u herinner aan wat Amerika vandag is. Die Negers is 12 persent van die Amerikaanse bevolking, maar 50 persent van die tronkbevolking daar is Negers. 35 miljoen Amerikaners lewe in armoede; 37 miljoen Amerikaners is verstoke van alle mediese hulp; 24 miljoen volwassenes kan nie hulle eie land op ’n landkaart aantoon nie! Dan is dit die mense wat vir ons wil vertel hoe ons moet lewe. ’n Amerikaanse professor het onlangs gesê 50 persent van die studente wat hy gevra het, het nog nooit gehoor van Roosevelt of Churchill nie. Dieselfde Alain de Benoist het gesê: ‘Die Kommunisme is hel, die Amerikanisme is hel met lugreëling”.
En u sien, by ons is dit ʼn grotendeelse navolging van die Amerikaners: hierdie rol wat die juriste moet speel in Suid-Afrika. Die Goldstone-kommissie en hierdie konstitusionele hof, dis alles navolging van die Amerikaners waardeur die reg eintlik die seggenskap kry oor ʼn volk se lewe. Die verkose verteenwoordigers het nie die seggenskap nie, hierdie onverkose verteenwoordigers wat regspleging moet doen, hulle word eintlik die onverkose wetgewers.
Van die verset teen die Amerikanisme word nou ook al vandag gesê, soos onlangs in een van die
blaaie hier in Suid-Afrika: dit het ʼn anachronisme geword. Die verset teen die Kommunisme het ʼn
anachronisme geword. Ja, dit is altyd ʼn anachronisme om jou te verset teen die besetter van die
oomblik, om in opstand te kom teen die dominerende ideologie en om in te gaan teen die konformisme. Dit is altyd ʼn anachronisme.
Ons moet besef dat as ons wil toegerus wees om hierdie stryd te stry, sal ons moet kennis maak van al die magte waarmee ons te doen het, veral die mag van die media. In een van die blaaie sê hulle die verskil tussen die Britse imperialisme en die Amerikaanse imperialisme is dat die Britte eers hulle vloot gestuur het, dan hulle soldate, dan hul burokrasie, dan hul onderwys. So het hulle die imperialisme gevestig. Die Amerikaners, sê hulle, dié werk heeltemal anders. Hulle stuur net hulle televisie. Ons sien dit in Suid-Afrika, hoe kwesbaar ons mense daarvoor is. Ons moet aanneem ons kan nie kompeteer teen die magtige kommunikasie-apparaat van media wat op ons gerig is nie, omdat ons nie die middele sal hê nie.
Maar vriende, ons sal moet besef ons moet organiseer. Ons moet die Afrikaners se verbrokkelde
organiese verval herstruktureer in organisasies waar ons aanmekaar gebind word, waar ons feitlik
geïnsuleer word teen hierdie vreemde invloede, waar ons middele gemonster word vir enkelsinnige doeleindes, waar ons weer ’n kollektiewe gerigtheid kry in plaas van dat ons elkeen in afsondering ons bekommer oor wat gebeur in die land.
Praktiese optrede
As daar tot praktiese dinge oorgegaan moet word, sal ons in die aanloop na die herdenking van die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog video’s moet maak. As daar een ding is waarvoor die televisie gebruik kan word, dan is dit as ons die geskikte videomateriaal vir ons mense beskikbaar
kan stel.
Voorts sal ons daaraan moet dink om, soos wat hulle in Ysland doen, televisielose aande te hê. Een maal ʼn week geen televisie nie. Die oomblik as mense eers tot daardie punt oorgaan dat hulle
eenmaal besef hulle kan ʼn aand sonder televisie klaarkom, dan word dit ʼn hele nuwe manier om te leef in jou eie huis.
Ons sal ons kontak met ons stamlande weer moet hervestig om los te kom uit die Engelstalige wêreld se greep op ons. Ek het al vantevore gesê ons kan nie fisiek trek nie, ons het ’n trek van die gees nodig uit die greep van die Engelstalige wêreld. En daar is vir ons groot voeding in daardie lande te kry. Engels is ʼn voertuig van die liberalisme en tussen liberalisme en nasionalisme is daar geen versoening nie. Hoe meer ons ons van die Engelse media vervreem, hoe meer verskans ons ons teen die liberalisme.
Ons moet sorg dat ons in die aanloop tot die nuwe tydvak die valshede wegstroop. Die demokrasie is ʼn uiters beperkte politieke stelsel, daar is niks heiligs aan hom nie. Die menseregteakte is ʼn instrument om ons aan ander magte te onderwerp. Die storie van vrede, van versoening, van verdraagsaamheid, die “nuwe nasie”, is alles dinge waarteen ons sal moet opruk om dit uit ons woordeskat te stroop en onsself daarteen weerbaar te maak.
U moet besef die Regering gaan net eenvoudig voort met sy beleid. Ons moet ons mense waarsku dat by al die vreedsame uitlatings van Mandela gaan sy regering net onverpoosd voort om stap vir
stap elke ding te doen wat hulle in die vooruitsig gestel het. Ons mense moet die gerustheid van
hulle afskud.
Ons grootste gevaar is die aanspraak wat die Amerikaanse magte het op ons jeug, deur die aantreklikhede wat hulle aanbied. Ons sal waarskynlik weer ’n goeie intellektuele blad in die lewe moet roep om ons jongmense intellektueel te bevredig. Ons sal leierskole moet stig, en ons sal daaraan moet dink om, soos in Vlaandere byvoorbeeld, waar hulle kroeë het waar die jongmense bymekaarkom en sit en drink en iemand hulle selfs daar toespreek, soortgelyke geleenthede hier te skep waar hulle op ʼn gesellige manier gebind en beïnvloed kan word.
Ons moet die konflikgerigte grondslag van ons samelewing weer beklemtoon. Ons is in ’n konflikgerigte samelewing en ons moet kyk na die lewensorde wat nadruk plaas, nie op ʼn apologetiese inkrimping nie, maar op ʼn uitdagende uitbreiding. As ons nie loskom uit hierdie apologetiese inkrimping van ons Afrikanerskap nie, sal ons nie onsself kan ophef nie.
Ons sal weer ʼn skerp sin moet ontwikkel vir dit waarop ons blanke volk gewortel is, en daar is al
dikwels gesê daar is nie vir ’n volk iets kosbaarder as sy land nie. Hoeveel maal het Paul Kruger in die krisistyd gesê: “My land! My land! Jy wil my land hê”. Ons het al vergeet om te praat oor ons land. Daarom, ons moet van die standpunt uitgaan: hierdie land is óns land. Ons hét hom, dis óns vaderland, watter deel daarvan ook al deur Swartes bewoon word. Maar ons skuld hierdie land aan niemand nie en as hulle hom van ons wil hê, sal ons bereid moet wees om daarvoor te veg. ’n Volk wat niks het om voor te sterf nie, het ook niks om voor te lewe nie. Dis een van die grootste waarhede wat daar is.
Die keuse is: bly binne (die bestel) en sterf stadig of tree buite en veg terug teen die aanslag wat op ons volk gemaak word. Moenie skrik vir die groot getalle nie, dis die minderhede wat altyd die geskiedenis maak. Hierdie Volkskongres is die regte eerste stap. Daar sal geleenthede kom. Hierdie Regering is so lendelam dat daar enige dag ’n ineenstorting kan kom. As ons in die regte gemoedstemming is om die geleenthede te ontwikkel wat sal verskyn, sal ons waarskynlik — en baie gouer as wat dit nou lyk — in ʼn toestand kan kom waarin ons baie nader kan wees aan wat ons wil bereik.
U moet onthou, die Engelse het ons volk al hoeveel maal probeer onderkry, en hulle het nooit
daarin geslaag nie. Dis een van die merkwaardige dinge in ons geskiedenis. Hulle sal waarskynlik
wéér nie daarin slaag nie. Laat my net vir u herinner aan wat Conan Doyle — die man wat later die
speurverhale geskryf het — ná die Engelse Oorlog in The Great Boer War geskryf het:
“Take a community of Dutchmen of the type of those who defended themselves for 80 years against the power of Spain at a time when Spain was the greatest power in the world; intermix with them a strain of those inflexible French Huguenots, who gave up home and fortune and left their country forever; combine all these qualities and all these impulses in one individual and you have the modern Boer: the most formidable antagonist who ever crossed the path of imperial Britain”.
Dit is die Afrikanervolk. Ons hoef nie teenoor die wêreld skaam te wees vir wat ons volk is en wat hy in hierdie land verteenwoordig nie. Laat ons ons Boeretrots op ons geskiedenis weer in ons harte skryf en laat ons opstaan en ons selfrespek teenoor mekaar toon, en laat die wêreld weer vir ons respek kry omdat ons opstaan vir wat ons het en wat ons is in hierdie land.