So is ons Verraai:
Hierdie is ’n vertaling van ’n deel van die boek wat wyle mnr Paul Kruger in opdrag van die Boere-Afrikanervolksraad geskryf het.*
Kruger, Paul: Settlement of the Boer-Afrikaner People’s claim to territorial self-determination: Inviting international intervention.
Die Tweede Vryheidsoorlog
(Anglo-Boereoorlog), 1899-1902
Tydens die Tweede Vryheidsoorlog (of Anglo-Boereoorlog) het Brittanje ongeveer 465,000 meestal beroepsoldate, met die beste logistieke steun en wapentuig wat die Britse Leër kon monster, in die stryd gewerp. Hulle het verder ’n groot aantal Suid-Afrikaanse Indiërs in nie-vegtende rolle ingetrek en uiteindelik ook ’n geraamde 30 000 Swartes teen die Boere onder die wapen geplaas. Dit is gedoen in weerwil van die feit dat die Swartes nooit eens ’n party tot die vyandelikhede was nie (Bergh: 253; Pakenham: 569). Dit was ’n lae en gemene daad wat rasseverhoudings in Suidelike Afrika in die opvolgende dekades ernstig sou versuur.
Om die oormag van ongeveer ’n halfmiljoen soldate teen te staan, kon die Boererepublieke ongeveer 40 000 burgers in die veld stoot. Hulle was bygestaan deur sowat 13 300 rebelle uit die Kaap en 2 100 buitelandse vrywilligers – almal in verskillende stadiums van die oorlog. Hierdie mag was oor die algemeen nie vir oorlogvoering opgelei nie. Boere tussen die ouderdomme 16 en 60 jaar is vir krygsdiens opgeroep, maar seuns so jonk as 12 jaar en ou manne diep in hulle sewentigs het ook ter wille van hulle kosbare onafhanklikheid gaan veg (Pakenham: 108; 595).
Na aanvanklike briljante oorwinnings is die Boere-magte uiteindelik eenvoudig deur die oorweldigende meerderheid oorrompel. Duisende van hulle is gevange geneem terwyl ander oorgegee of hulle eie magte verraai het. Teen Mei 1902 het Transvaal nog 10 816 burgers in die veld gehad (waarvan 3 296 sonder perde was) en die Vrystaat ’n skamele 6 100 – ’n totale gevegmag dus van minder as 14 000 berede burgers (Kestell & Van Velden: 59). Hierdie klompie Bittereinders het in die veld gebly en het gedurende die guerillafase van die stryd telkens taktiese oorwinnings oor hulle magtige vyand behaal. Hulle het tot die guerillastrategie oorgegaan nadat die stede en dorpe deur die vyand ingeneem is. Die Britte het teruggekap deur die Republieke tydens die laaste twee jaar van die oorlog in ’n woesteny te omskep: oeste is op die lande vernietig; veetroppe is weggedryf of met bajonette doodgesteek, geskiet of verbrand; en feitlik al die Boerewoonhuise is aan die brand gesteek en met inhoud en al vernietig. Te midde van dié omstandighede moes die burgers oorleef op wat die veld kon bied; en toe voorsiening van wapens ineengestort het, het hulle die geveg met wapentuig wat hulle van die vyand gebuit het, voortgesit (Van Schoor: 11-76; Van der Walt et al.: 428–431).
Gruweldade van Swartes
gedurende die Anglo-Boereoorlog
Alhoewel die Boere hul swart arbeiders in nie-vegtende rolle aangewend het, het ’n baie groot deel van die nie-blanke bevolking die moeilike toestand waarin die Boere verkeer het, uitgebuit. Dit geld ook vir die Kleurlinge van die Noord-Kaap (Maritz: 41, 56-58). Reg aan die begin van die oorlog het die Mmanaana-Kgatla-stam, wat deur die Britte bewapen was, Boerevroue en –kinders in die Marico-distrik vermoor en ander ontvoer. Swartes in Britse diens het saam met Haar Majesteit se troepe Boervrouens en –dogters verkrag. Namate die oorlog aangesleur het, het daar uiteindelik twee maal soveel gewapende Swartes aktief teen die Boere geveg as die totale aantal Bittereinders in die veld. Kort voor die vredessluiting het ’n horde Zoeloes by Holkrans in Natal ’n Boerekommando oorval, vermink en uitgemoor (Bergh et al.: 254). Hierdie verfoeilike dade is nie deur mense wat vir die vryheid van hul volk en vaderland geveg het, verrig nie – dit kon ook nooit gewees het nie, want die Swartes was nie eens ’n party tot die oorlog nie. Dit was niks anders nie as moorddadige en barbaarse dade wat onder die heersende omstandighede net Britse kolonialisme bevorder het. Hierdie soort optrede van die meerderheid Nieblankes het groot bitterheid by die Boere teen hulle tot gevolg gehad. Dit het ’n bespotting gemaak van die Suid-Afrikaanse Swartes se latere geskreeu teen “Wit kolonialisme”.
Oorgawe na die Volksmoord
Dit was egter die volksmoord wat die Britte teen burgerlikes gepleeg het, wat die Bittereinders uiteindelik tot oorgawe gedwing het. Met die Britse vernietiging van alle plase en eiendom gedurende die verskroeide aardefase is vrouens, kinders en bejaardes in konsentrasiekampe saamgehok. Hier was geen sprake van voldoende eetbare voedsel en skoon water nie; prakties geen sanitêre geriewe en geen behuising nie. ’n Britse parlementslid en latere eerste minister, Campbell-Bannerman, het hierdie maatreëls as barbaarse metodes (“methods of barbarism”) bestempel (Pakenham: 529-531).
Namate die guerrillafase van die oorlog voortgesleep het, het die sielpynigende sterftesyfer in die troostelose, oorvol tentkampe weens hongersnood, blootstelling en siekte bly styg. Die Britte het hulle oorlogspoging deurgaans verskerp en die uitgeputte Boere moes uiteindelik oorgee deur op 31 Mei 1902 die Verdrag van Vereeniging te teken. Dit was ʼn duur oorwinning vir die Britse Ryk; 22 000 soldate het gesterf in ʼn oorlog wat Brittanje £200 000 000 gekos het. Die Republieke het gesamentlik sowat
7 000 burgers op die slagveld verloor, maar bykans vyf keer soveel burgerlikes. Ongeveer 115 000 van hulle was in die Britse konsentrasiekampe aangehou. ʼn Kwart hiervan — 27 633 vrouens, bejaardes en kinders — sou nooit die kampe lewendig verlaat nie… 14 431 van hulle was babas onder die ouderdom van twee jaar (Reynolds: 168-172; Pakenham; 539, 595). Vir die Boere, wie se bevolking in die twee Republieke voor die oorlog ʼn geraamde
200 000 getel het, was dit ʼn slagting wat bykans 14% van die bevolking uitgewis het — ʼn volksmoord waarvan die Boerevolk tot vandag toe nog nooit herstel het nie.
DIE STRYD VAN ʼn OORWONNE VOLK, 1902-1948
Van nederlaag tot stedelike agterbuurte
Minder as die helfte van die Boere wat voor die oorlog geboer het, kon boerdery op hulle vernietigde en gestroopte plase hervat. Hulle het gevolglik in hulle duisende na die dorpe op die Rand getrek, waar hulle in haglike omstandighede in krotte in agterbuurtes moes woon. Boerdery was al wat hulle geken het en omdat die meeste geen formele opleiding gehad het nie, is net sommige as hande-arbeiders teen ʼn hongerloon in diens geneem. Hulle plase in die vernielde Republieke is deur uitlanders en vreemdelinge vir ʼn appel en ʼn ei gekoop en binne ʼn ommesientjie was ten minste ʼn kwart van Transvaalse plase in die hande van buitelandse kartelle, wat goedkoop swart arbeiders daarop gevestig het (Giliomee “The Afrikaners”: (307, 322). Al die pogings van die vorige Boereregerings om die Republieke se platteland so homogeen as moontlik te bevolk, is op hierdie wyse binne die kort tydperk van ’n paar jaar uitgewis. Vanuit hulle tuislande het Swartes in groot getalle nie net na die dorpe en stede gestroom nie, maar ook na plase wat voorheen aan die Boere behoort het.
Die wenner gryp alles
Intussen is die myne reeds gedurende die oorlog weer in bedryf gestel. Teen 1907, terwyl Transvaal al dieper in ʼn afgrond van armoede en ellende gesink het, het die myne goud ter waarde van £26 000 000 per jaar uitgevoer; waarop hulle slegs 5% belasting betaal het (Giliomee: 290).
Die Empire verguis sy swart bondgenote
Die gekleurde nie-amptelike oorlogtydse bondgenote van die Britte is na die oorlog in die rug gesteek. Die nuwe heersers van die land het spoedig hulle eertydse swart wapenbroers ontwapen, effektiewe metodes bedink om hierdie verarmde mense te belas; en voortgegaan om ook in die twee nuwe kolonies paswette (wat al so vroeg as 1809 onder die Britse bewind in die Kaap ingestel is) in te voer. Verder is die lae vooroorlogse lone van swart mynwerkers met bykans 25% verminder. Swart trekarbeid en die swak lewensomstandighede in die kampongs, wat al by die De Beersmyne in Kimberley ontwikkel het, het landswyd die toekomstige norm vir die mynindustrie geword. Hulle swart wapenbroers het ook geen politieke regte bekom nie. Die Verdrag van Vereeniging, wat die Anglo-Boereoorlog beeindig het, het in artikel 8 bepaal dat die status quo ten opsigte van die stemreg vir Nieblankes in die Republieke gehandhaaf sou word tot tyd en wyl selfregering ingestel sou word. Die Britte self sou dus nie die gekwalifiseerde stemreg vir Nieblankes wat in die Kaap gegeld het, na die voormalige Republieke uitbrei nie. Dit was ʼn groot teleurstelling vir die Swartes in die laasgenoemde gebiede, wat onder die indruk was dat dit hulle beloning sou wees vir hulle lojale diens tydens die oorlog. In 1903 het Milner ʼn South African Native affairs Commission aangestel, wie se aanbevelings vir Britse beleid ten opsigte van Swartes in hulle nuwe kolonies in die algemeen aanvaar en in wetgewing omskep is. Reeds in 1894 het Rhodes, as Eerste Minister van die Kaap, die eerste swart “tuisland” in Suider-Afrika geskep toe hy die Glen Gray Act gepromulgeer het. Hierdie wet het ʼn sekere gebied in die Kaap uitsluitlik vir swart bewoning afgebaken, waar die inwoners hulle eie verteenwoordigers kon kies. Swartes wat daar gewoon het, is van hulle gekwalifiseerde reg om vir verteenwoordigers in die Kaapse Parlement te stem, gestroop. In dieselfde trant en gebaseer op voorstelle van Milner se South African Native Affairs Commission, het die Britte Swartes na 1902 verbied om grond tussen Blankes in dorpe, stede en die platteland te besit. In stedelike gebiede is daar lokasies (locations) vir hulle afgebaken waar hulle uiteindelik in haglike omstandighede gewoon het. Boonop is die tradisionele stamgronde, wat sowat 3% van Transvaal beslaan het, uitsluitlik vir swart bewoning gereserveer (Van Jaarsveld: 243; Giliomee “The Afrikaners”:264-266).
Kulturele volksmoord volg op fisiese volksmoord
Milner wou alle spore van Afrikanerskap uitwis (“wipeout all traces of Afrikaanderism”) en het ʼn intensiewe program van verengelsing geloods. Aan die hoof van hierdie veldtog was Milner se “Kindergarten”, ʼn klompie toegewyde jong Engelse Empirebouer-administrateurs. Engels was die enigste voertaal in staatskole, waar Afrikaans (en enige iemand wat dit durf praat het), bespotlik gemaak is. Kinders is sterk geindoktrineer om die tradisionele Boere-Afrikanerlewenswyse en tradisies te versaak en die Engelse manier van dink en doen, aan te hang. In reaksie hierop het die Boere (met die bittereindergeneraal, Jan Smuts, aan die spits) hulle eie Christelike Nasionale Onderwys (CNO)-skole tot stand gebring. Sonder enige staatsbefondsing en met brandarm ouers het hierdie skole ʼn stryd om oorlewing gevoer. Baie min Boerekinders het — indien hulle hoegenaamd enige skoolopleiding ontvang het — selfs net laerskoolopleiding voltooi. Gedurende 1909 het slegs 26 Transvaalse Boerekinders vir die finale skooljaar, matriek, ingeskryf (Van der Walt et.al.:441; Giliomee: 225).
Trustees vir die Empire: verraderlike Boereleiers
Genls. Louis Botha en Jan Smuts was aan die einde van die oorlog twee van die mees geeerde Boereleiers en het na die oorlog steeds in statuur gegroei. As “bittereinders” is hulle saam met ander oorlogshelde soos genls. De Wet, De La Rey en Beyers feitlik verafgod. Wat die Boere nie besef het voor dit heeltemal te laat was nie, was dat beide Botha en Smuts die Boereideaal versaak, en volstoom gewerk het om die belange van die Britse Empire te bevorder.
Presies wanneer hierdie kentering plaasgevind het, is nie seker nie, maar daar is rede om te glo dat dit selfs voor die einde van die oorlog begin het. Smuts was een van die Boere-afgevaardigdes wat in 1902 by Vereeniging moes besluit of die stryd voortgesit moes word al dan nie. Hy het sonder om te blik of te bloos vir sy mede-afgevaardigdes gelieg dat sy logistiese situasie so haglik was dat hy ten gunste van oorgawe moes stem (Maritz: 62-63; Kestell & Van Velden: 61-63).
Hierdie verraad was egter net die begin. Terwyl sy oorlogsmakkers onder die felheid van die na-oorlogse armoede en kulturele volksmoord gesteier is, was die meeste van hulle onbewus van die feit dat hulle bittereindergeneraal Smuts agteraf by Milner se Kindergarten aangesluit en agter die skerms hul Empire-bouprogram onderskryf het (Quigley: 79).
So gou as wat Botha en Smuts se samewerking verkry is, het die Britte in 1906 aan die twee voormalige Republieke “verantwoordelike regering”- status toegeken. Dit het tot die totstandkoming van politieke partye en regerings wat deur die Boere en Engelse verkies is, in Transvaal en die Oranje-Vrystaat gelei, hoewel hulle steeds onder Britse heerskappy gestaan het. Met die uitgedunde Boeregetalle na die oorlog en Milner se staatsondersteunde Britse immigrasiebeleid, was daar in daardie stadium ietwat meer Engelssprekende mans as die manlike Boere in Transvaal. Botha en Smuts het geen gras onder hul voete laat groei om na die Engelse kiesers te vry nie, terwyl hulle terselfdertyd op die louere van hulle “bittereinder”-status by die Afrikaanssprekende gemeenskap gery het. Gevolglik kon hulle maklik as die leidende figure in die na-oorlogse Transvaalse politiek na vore tree. Eers eenmaal in beheer in Pretoria, het hulle ware kleure spoedig gewys toe hulle hul steun aan die CNO-skole onttrek het (Hancock: 233; Giliomee “The Afrikaners”: 265, 271; Van der Walt et.al.: 440-441). Kort voor lank sou hierdie twee die ideaal van Boereonafhanklikheid met dieselfde onversetlikheid en metodes as hulle Britse meesters beveg.
Unifikasie: “Suid-Afrika” word in 1910 geskep
Die Britte het reeds voor die Anglo-Boereoorlog daarna gestrewe om die Kaap, Natal, die Oranje-Vrystaat en Transvaal in een land onder Britse gesag te verenig. Die Britse ideaal het natuurlik geen verband met die bevordering van die Boere se belange gehad nie, en hulle het hulle ewemin oor die beste belang van die swart inwoners van die subcontinent bekommer.
Na afloop van die Anglo-Boereoorlog het Milner onmiddellik met die skema voortgegaan. Smuts was reeds voor die oorlog ten gunste van unifikasie in Suider-Afrika. (Giliomee: “The Afrikaners”: 304). Nadat Brittanje die oorlog gewen het, was daar net een vlag waaronder dit kon plaasvind, naamlik die Union Jack, en Smuts het een van die Empire se waardevolste werktuie geword om unifikasie teweeg te bring.
Die Britse oogmerk was om die verskillende gebiede onder Britse beheer te konsolideer. Uiteindelik het die leiers in die gebiede tydens ʼn Nasionale Konvensie op ʼn konstitusionele raamwerk ooreengekom. Dit is deur die Britse Parlement as die Suid-Afrika-wet 1909 gepromulgeer, en het op 31 Mei 1910 die grondwet van die Unie van Suid-Afrika geword. So het die twee voormalige Boererepublieke uiteindelik ook hul status as afsonderlike staatsentiteite verloor en saam met die Kaap en Natal in ʼn enkele nuwe skepping onder die Britse Kroon, naamlik die Unie van Suid-Afrika, opgegaan (Quigley: 73-79; Van der Walt et.al.: 467-477).
Die ANC, 1912
Nieblankes was nie deel van die grondlegging van, en het ook geen betekenisvolle politieke regte in hierdie nuwe staat “Suid-Afrika” gehad nie. Die grondwet het bepaal dat slegs Blankes lede van die nasionale Parlement on Kaapstad kon wees (Van der Walt et al.: 473). Die Nieblankes in die Kaap het die eiendom-gekwalifiseerde stemreg wat hulle sedert die 1850’s bekom het, behou, maar nou, soos toe, het te min van hulle die eiendomsdrempel bereik om enige betekenisvolle politieke invloed te kon uitoefen. Soos reeds gemeld, is die Kaapse Nieblankes se gekwalifiseerde stemreg nie na die voormalige Republieke uitgebrei nie.
Hierdie nuwe skepping, “Suid-Afrika”, het in 1910 as ʼn Britse kolonie tot stand gekom en sy grondwet was ʼn stuk Britse wetgewing. Dit was ʼn wet van die Britse Parlement wat die Nieblankes van politieke mag in Suid-Afrika uitgesluit het. Die nieblanke bevolking was ongelukkig oor hulle uitsluiting in die nuwe grondwetlike bedeling. Dit het weer eens duidelik geword dat die Britte deur hulle nie-amptelike militere bondgenootskap met Swartes teen die Boere slegs agt jaar tevore, verreikende verwagtinge by die nieblanke bevolking geskep het, maar nie nagekom het nie. Swartes en Kleurlinge het gedurende 1909, tydens die aanloop na unifikasie, ʼn groot aantal protesvergaderings, insluitend ʼn swart konvensie (“Black Convention”), gehou.
Een organisasie, die National Natives Union, het die stemreg vir alle Nieblankes op dieselfde basis as vir Blankes in die nuwe te stigte staat geeis, dekades voordat soortgelyke eise deur Swartes in ander Afrikastate gestel sou word. (In hierdie stadium het selfs blanke vrouens in Suid-Afrika nog nie stemreg gehad nie en dit sou nog dekades duur voordat dit aan hulle toegestaan sou word). Toe hulle in Suid-Afrika voor geslote deure te staan gekom het, het Swartes en Kleurlinge ʼn deputasie na Engeland gestuur om die Britse Parlement te probeer oorreed om nie die Suid-Afrika Wet goed te keur nie, maar ook die poging was sonder enige sukses (Van Jaarsveld: 262-265).
So is ons verraai (4)
By ʼn konferensie te Bloemfontein op 8 Januarie 1912, het ʼn aantal swart leiers naderhand die South African Native National Congress gestig. Die naam is mettertyd na die African National Congress (ANC) verander. In sy openingstoespraak het die sameroeper, Pixley ka Seme, verklaar dat die beweegkrag vir die stigting van die organisasie “creating unity and defending our (Black) rights and privileges” was (Walshe: 14). Van meet af aan het die ANC se doel, naamlik bevordering van swart politieke regte, egter hand aan hand gegaan met die sosialistiese/kommunistiese agenda van baie van sy lede. Teen 1927 is Khaile, ʼn swart lid van die SA Communist Party, as Algemene Sekretaris verkies, en teen die 1950’s het mense soos J B Marks, Moses Kotane en andere gelyktydig leidende rolle in beide die ANC en die SA Communist Party gespeel. Sedert die 1960’s, op die laatste, het sosialiste en kommuniste die dominante faksie in die ANC geword (Norval, M: 29-41).
Die Swart Grond Wet (Natives’ Land Act), 1913
Ongeveer ʼn jaar na die stigting van die ANC het die nuwe Suid-Afrikaanse regering onder Louis Botha as Eerste Minister, die Swart Grond Wet, No 27 van 1913, gepromulgeer. Hierdie wet het betrekking gehad op “enige persoon… van ʼn inboorlingras of stam van Afrika” (“any person…of an aboriginal race or tribe of Africa”). Mense van gemengde afkoms (Kleurlinge) en Indiers was dus daarvan uitgesluit. Voortgaande op die patroon van Rhodes se Glen Gray wetgewing, het dit geskeduleerde gebiede in Suid-Afrika (sowat 9 000 000 hektaar of 86 000 km2) vir die uitsluitlike okkupasie van Swartes afgesonder. Terselfdertyd het dit Swartes verbied om in Transvaal, die Vrystaat en Natal grond buite die geskeduleerde gebiede te besit of te huur. Die wet was egter wederkerig: dit het ook Blankes verbied om grond in die geskeduleerde swart gebiede te besit. Die geskeduleerde gebiede het uit die dele van die land waarin Swartes tradisioneel gewoon het, bestaan, en die wet het hulle teen ontbinding weens moontlike uitkoping deur groot blanke kapitaal, beskerm. Dit het ook vir sekere uitsonderings voorsiening gemaak. So, byvoorbeeld, het dit nie die verkryging en voortsetting van swart eienaarskap van enige grond in die Kaapprovinsie verbied nie, omdat so ʼn verbod Swartes sou verhoed het om daar te stem. Swartes, insluitend die ANC, het die wet aanvaarbaar gevind. John Dube, wat in daardie stadium president van die ANC was, het in ʼn brief aan Eerste Minister Louis Botha geskryf: “We make no protest against the Principle of segregation in so far as it can be fairly and practically carried out” (Gann & Duignan:49; Walshe: 47).
Aangesien die Swart Grond Wet Swartes verhoed het om grond buite die aangewese swart gebiede te huur, het dit die praktyk van “deelsaaiery” beëindig. Die praktyk het daaruit bestaan dat ʼn Swarte selfstandig grond op ʼn Blanke se plaas kon bewerk en dan die opbrengs met die eienaar deel. Die betrokke wet het tot gevolg gehad dat die deelsaaiers na hul stamgebiede moes terugkeer of in diens van die grondeienaar moes tree. Grondeienaars is ook verbied om enige huurgeld of ander vorm van kompensasie van plaaswerkers te ontvang. In die kringe waar die wet misnoee gewek het, is daar onder andere beweer dat die “deelsaaiers” beter landbouers as die Boere was. Daar mag weliswaar enkele goeie produsente onder die Swartes gewees het, maar die algemene voorstelling dat hulle “beter boere as die Blankes” was, is net nog ʼn belaglike voorbeeld van anti-Boerepropaganda, veral as in aanmerking geneem word watter gemors Swartes ʼn eeu later van boerdery op die beste landbougrond in Suid-Afrika sou maak, ten spyte van die gevestigde plase en ultramoderne toerusting wat hulle van die regering ontvang.
Die Nasionale Party, Eerste Wereldoorlog en die Rebellie: 1914
Volgens die Grondwet van 1910 het Boere-Afrikaners en Engelssprekende Suid-Afrikaners amptelik gelyke status in Suid-Afrika geniet. Dit was egter net teorie, in die praktyk was dit ʼn perd van ʼn ander kleur. Die nuwe Anglofiele, Botha en Smuts, het gesorg dat Britse belange voorrang geniet en die jingopers kon doodeenvoudig voortgaan om haat teen die Boere uit te spuug.
Die groot mynmagnate het voortgegaan om Boere- en swart mynwerkers meedoenloos uit te buit, want die nuwe regering was, net soos Milner tevore, aan die geldmag se kant. Die grootste gros van staatsdiensposte, veral in die middel- en senior vlakke, het na Engelssprekendes gegaan en die Engelse oorheersing van die onderwysstelsel het onverpoosd voortgeduur (Van der Walt et al.: 482-483).
Hierdie stand van sake het uiteindelik te veel vir generaal J.B.M. Hertzog, ʼn stoere Boeregeneraal in Botha se regering, geword. Hy het Britse imperialisme toenemend met die leuse “Suid-Afrika eerste” beveg, sodat Botha hom uiteindelik uit sy kabinet geskop het. In 1914 het Hertzog toe die Nasionale Party gestig. Baie Boere-Afrikaners wat ontnugter geraak het in Louis Botha en die Britse juk wou afskud, het spoedig ʼn politieke tuiste in die party gevind. Toe die Eerste Wereldoorlog later dieselfde jaar uitbreek, het ʼn aansienlike getal Boere teen die Botha-kabinet se besluit om aan Britse kant tot die oorlog toe te tree, gerebelleer. Hulle kon eenvoudig nie kleinkry dat Botha saam met Brittanje, wat ʼn skrale twaalf jaar tevore Boerevroue en -kinders vermoor, en Suid-Afrika steeds uitgebuit het, wou oorlog maak nie. Botha en Smuts het vinnig met ʼn oormag teen die Rebelle opgeruk. Onder dwang van hul vroeere wapenbroers om hulle by die belange van die Britse Ryk neer te lê, het ʼn hele aantal van die rebelle hul lewens en eiendom ingeboet.
Die soeke na ʼn homogene staat
Generaal Hertzog was teen 1919 met goeie reg oortuig dat die groot diversiteit en diepe verdelings die eksperiment met die Suid-Afrikaanse eenheid-staat onwerkbaar sou maak. Gevolglik het hy gedurende die Versailles vredesonderhandelings na afloop van die Eerste Wereldoorlog sy opwagting in Europa gemaak en by die Britse Eerste Minister, Lloyd George, vir die herstel van die onafhanklikheid van die twee Boererepublieke gepleit. Sy versoek was op VSA president Wilson se “Veertien punte”, en spesifiek die reg op selfbeskikking van kleiner volke wat daarin vervat was, gebaseer. Lloyd George het geweier, en dit was die laaste belangrike geleentheid in ʼn lang tyd wat die Boere sou probeer om hulle grondgebied los te maak van die veeltalige “Suid-Afrika”. Gedurende die opvolgende dekades sou hulle ʼn teenoorgestelde ontbondelingstrategie nastreef: om SA te aanvaar soos wat dit was en wanneer hulle eendag aan bewind sou kom, die tradisionele swart gebiede af te skei ten einde groter homogeniteit in hulle eie gebied te bekom. Dit was ʼn verandering van rigting met verreikende gevolge.
Eerste regering van die NP en vryheid sonder feestelikheid: 1924-1934
Gereelde konfrontasies tussen die mynmagnate en hul uitgebuite werkers was vir jare aan die orde van die dag totdat dit in 1922 op ʼn ernstige opstand deur die blanke mynwerkers uitgeloop het. Die myneienaars het, ten spyte van ʼn daling in die goudprys, hulle wins op dieselfde vlak probeer hou deur duisende blanke werkers te ontslaan en hulle poste met laer besoldigde swart werkers, wat hulle van die tradisionele swart gebiede oral in Suid-Afrika wou invoer, te vul. Bedreig deur ʼn verdere vlaag van werkloosheid het die reeds onderdrukte blanke werkers begin staak. Hulle getalle is spoedig aangevul deur blanke werkers in ander industriee. Geweld het uitgebreek en Jan Smuts, wat Louis Botha intussen as eerste minister opgevolg het, het die opstand met militere geweld onderdruk. Bloed het gevloei en sekere werkers is tereggestel. Na die opstand is 15 000 blanke werkers ontslaan en deur Swartes vervang; ʼn skuif wat £3 000 000 in die sak van die magnate besorg het (Hertzog: 65-67).
Die bitterheid teenoor Smuts wat daarop gevolg het, was ʼn belangrike rede waarom hy die volgende verkiesing in 1924 teen ʼn koalisie wat deur Hertzog gelei is, verloor het. Die nuwe Eerste Minister het onverwyld die stryd teen Britse opperheerskap voortgesit en het die groot dryfkrag agter die Balfour-verklaring van 1926 geword. Hierdie belangrike dokument het ʼn enkele ingrypende sinsnede bevat wat die einde van die eeue oue Britse heerskappy oor sy dominiums wat deur Blankes bewoon is — Suid-Afrika, Australie, Kanada, Nieu Seeland en die Ierse Vrystaat — ingelui het:
“…Great Britain and the Dominions are autonomous Communities within the British Empire, equal in status, in no way subordinate to one another in any aspect of their domestic or external affairs… and freely associated as members of the British Commonwealth of Nations” (Inter-Imperial Relations Committee Report: 2).
(“Hulle [Brittanje en die dominiums] is outonome gemeenskappe binne die Britse ryk, gelyk in status, op generlei wyse in enige aspek van hul binne of
buitelandse sake die een ondergeskik aan die ander nie, hoewel verbonde deur hulle gemeenskaplike trou aan die Kroon en vryelik verenig as lede van die Britse Gemenebes van Nasies.” —Van der Walt et al.: 518).
Die Statuut van Westminster, 1931
Die bepalings van die Balfour-verklaring het wetlike status verkry toe die Statuut van Westminster in 1931 deur die Britse Parlement bekragtig is. Met die wet het Brittanje formeel van sy regering oor die dominiums afstand gedoen en van toe af het die Britse kroon slegs ʼn seremoniele rol in hierdie lande vervul. Hulle aanvaarding daarvan was absoluut vrywillig en kon te eniger tyd herroep word indien ʼn dominium so sou besluit. Vir die Boerevolk het dit die einde van 125 jaar van grondwetlike onderdrukking beteken. Vryheid het gekom sonder dat daar ʼn enkele skoot geskiet of ʼn druppel bloed gestort is.
Armoede
Alhoewel die “Statuut van Westminster” ʼn einde aan Britse parlementere heerskappy oor Suid-Afrika gebring het, het dit nie ʼn jota of tittel verskil aan die Britse en internasionale ekonomiese uitbuiting gemaak nie, en die “groot” wonder van die nuwe politieke vryheid is heeltemal oorskadu deur die geweldige endemiese armoede van die Boere-Afrikaners sedert die Republieke deur die Britte verwoes is.
Tydens die Groot Depressie van 1929 en gepaardgaande ernstige droogte het die smarte en ellende landwyd vererger. ʼn Onafgebroke stroom verarmde Boere-Afrikaners het van die oop platteland na die oorbevolkte, miserabele agterbuurte van die groot stede gevloei. Daar was geen sanitere infrastruktuur nie en hele gesinne is in ʼn enkele klein kamertjie van ʼn sinkkrot of ʼn tent saamgebondel.
Slegs die “gelukkiges” het werk op die myne bekom waar Boere 90 persent van die blanke ondergrondse werksmag uitgemaak het. Hulle was prakties van goed betaalde en veilige bogrondse werk uitgesluit en moes die moeilike en gevaarlike ondergrondse werk verrig. Myntering en mynongelukke het hulle getalle uitgedun en teen die ouderdom van 40 jaar was die meeste ondergrondse werkers sodanig deur longsiektes aangetas dat hulle nie verder kon werk nie. Die Engelse myndokters het hulle kapitalistiese werkgewers teen die betaling van ongeskiktheidskompensasie beskerm deur uiters selde myntering as die oorsaak van ongeskiktheid of dood aan te gee, met die gevolg dat die weduwee en kinders sonder ʼn duit op straat geeindig het (Naudé: 187-197; Giliomee“The Afrikaners”: 324).
So is ons verraai (6)
Die enigste uitweg vir die duisende wat nie werk op die myne bekom het nie, was om met pik en graaf ʼn hongerloon te verdien, maar selfs die soort werk was nie volop nie en is aan Swartes wat bereid was om vir nog minder te werk, gegee (Grosskopf et al. Deel 1: xix; Giliomee“The Afrikaners”: 322). Al meer en meer Boere-Afrikaners het moed verloor en in die krotbuurte van die groot stede agteruitgegaan. Die “Armblankevraagstuk” is onder die vaandel van die Amerikaanse Carnegie Stigting wetenskaplik bestudeer en daar is bevind dat 300 000
— ongeveer ʼn kwart van die ganse Boere-Afrikanerbevolking teen die begin van die 1930’s ʼn hongerbestaan onder die broodlyn van £12 per maand gevoer het, terwyl ʼn verdere 48 persent doodeenvoudig “arm” was. ʼn Skrale 27 persent van die bevolking was nie armlastig nie (Grosskopf et al. Deel 1: v-xxxiii; Giliomee2009: 25).
Teen 1939 het beswaarlik die helfte van alle Afrikaanssprekende kinders hoërskool toe gegaan; agt uit 100 het matriek bereik. Slegs drie persent van die land se maatskappydirekteure was Boere-Afrikaners, soos ook drie persent van die land se ingenieurs, vier persent van sy boekhouers en vyftien persent van sy mediese dokters. Die werkersvakbonde het Boere-Afrikaners van ambagte uitgesluit omdat hulle bevrees was dat die Afrikaners vir laer lone sou werk en Engelse vakmanne sou uitskuif; gevolglik het Afrikaanssprekendes slegs 25 persent van alle geskoolde arbeidsposte gevul. Selfs diegene wat werk op die laer vlakke van die staatsdiens bekom het, het ’n stryd om oorlewing gevoer: spoorwegwerkers het byvoorbeeld vyf sjielings of minder per dag verdien terwyl die minimum lewenskoste van sogenaamde “beskaafde arbeid” op agt sjielings per dag vasgestel was (Giliomee: 322-323, 357-358).
Onder hierdie haglike omstandighede het private besigheidsondernemings ʼn gesamentlike poging aangewend om die ellende onder hulle volksgenote te verlig.Hulle het ʼn ekonomiese strategie, genoem volkskapitalisme, ontwikkel: Boere-Afrikaners het die bietjie geld wat hulle gehad het, gebruik om maatskappye te stig wat dividende vir sy aandeelhouers kon verdien en om werk aan die armes en die werkloses te verskaf. Banke, bougenootskappe, landboukooperasies, versekeringsmaatskappye, beleggingskorporasies en talle ander ondernemings is op die been gebring. Die uiteindelike sukses van hierdie ondernemings was op arbeidsaamheid en spaarsamigheid gebaseer. In die opvolgende dekades het die meeste van hierdie ondernemings in groot en suksesvolle besighede ontwikkel (Du Plessis,E.P.: 52-153; Giliomee: 2009:13).
Die Naturelletrust- en grondwet, 1936
Die politieke gevolge van die Groot Depressie het intussen vir Hertzog in ʼn samesmelting met Smuts se pro-Britse party gedwing. Gedurende 1936, terwyl die Boere-Afrikaners steeds in armoede verkeer het, het Hertzog twee wette deur die parlement geloods wat regeringsbeleid ten opsigte van Swartes nog dekades lank sou bepaal. Dit was die Naturelleverteenwoordigingswet, no. 12 van 1936 en die Naturelletrust-en grondwet, no. 18 van 1936. Hierdie twee wette het “stemme vir grond” verruil as ʼn quid pro quo om Hertzog se beleid van segregasie deur te voer.
Die eerste wet het Swartes van die gemeenskaplike kieserslys in die Kaap verwyder, terwyl die tweede wet ʼn verdere 6 300 000 hektaar grond, (63 000 km2) by dit wat in 1913 vir uitsluitlike swart bewoning opsy gesit is, gevoeg het. Die total sou 151 404 km2 of 13.4% van Suid-Afrika se oppervlakte beslaan op ʼn tydstip toe die totale swart bevolking effens meer as 6 500 000 was (1936 Census of the Union of South Africa: 153-155). In die tussentyd sou Swartes indirekte verteenwoordiging in die blanke parlement behou: diegene wat van die Kaapse gemeenskaplike kieserslys verwyder is, is op ʼn aparte kieserslys geregistreer waar hulle vir vier Blankes kon stem om hulle in die Volksraad te verteenwoordig; verder is daar swart kieskolleges in al vier provinsies gestig wat vier Blankes kon kies om hulle in die Senaat te verteenwoordig. ʼn Verteenwoordigende Naturelleraad wat deur Swartes gekies is, is verder ingestel om die Volksraad ten opsigte van swart aangeleenthede in die hele Suid-Afrika te adviseer. Hertzog se uiteindelike doel was om Swartes in die uitsluitlik “swart” gebiede wat in die Naturelletrust- en grondwet in die vooruitsig gestel is, te vestig, waar hulle uiteindelik hulle politieke aspirasies kon uitleef.
Vir die inwerkingstelling van die Naturelletrust- en grondwet het die regering £10 000 000 (teen daardie tyd se geldwaarde) vir die volgende vyf jaar bewillig. Hierdie geld is in die Suid-Afrikaanse Naturelletrust (waarvoor die wet voorsiening gemaak het), inbetaal en is gebruik vir die aankoop van die grond wat by die bestaande swart gebiede gevoeg is. Die Trust was ook verantwoordelik vir die administrasie van al die swart gebiede. Die Trust kon grond oordra, maar slegs aan ʼn swart (meestal kommunale) gemeenskap. Kritici het beweer dat hierdie stelsel swart eienaarskap vernietig het, maar in werklikheid het stamgrond nooit aan individuele Swartes behoort nie — dit was van die begin af nog altyd kommunale eiendom, en vandag, na meer as twee dekades van ANC-regering in Suid-Afrika, is dit steeds so.
Met die opstel van die 1936-wetgewing het Hertzog bloot hierdie eeue oue beginsel gevolg. Sy doelwit met hierdie wet was nie net die verandering van transportaktes nie, maar die daarstelling van ʼn samehangende strategie vir die vestiging, behoud en ontwikkeling van hierdie gebiede. Dit was eweneens dieselfde doelwit van al die NP-regerings gedurende die laaste helfte van die twintigste eeu. Daar was dus grondige (en baie legitieme) redes waarom die grond nie aan individue oorgedra is nie, maar onder die beskerming van die Trust en die tradisionele leiers aangekoop en ontwikkel is.
Die vals prentjie van grondbesit
Die wette van 1913 en 1936 word dikwels verdoem en voorgehou as uitstaande voorbeelde van wit onderdrukking; en die verwyt van “13% van die land vir 80% van die bevolking” is telkemale (en selfs vandag nog) gehoor. Dit is natuurlik ʼn valse voorstelling van die werklikheid. In die eerste plek het Swartes nooit die hele gebied wat later as Suid-Afrika bekend geword het, besit of bewoon nie. Hulle het nooit die droe en halfwoestyngebiede in die westelike deel van die land bewoon nie. In die tweede plek het Hertzog nie aan die hoof van ʼn kommunistiese diktatuur gestaan wat grond wat vir swart eienaarskap beoog was, sonder meer van die eienaars kon vat nie, dit moes met die fondse van ʼn finansieel sukkelende staat gekoop word. (Terwyl die konsepwetgewing in die Parlement gedebatteer is, het een omgekrapte LV vir Hertzog gevra wat hy dan vir sy eie (blanke) mense sou doen aangesien hy £10 000 000 van blanke belastingbetalersgeld ten bate van Swartes wou bestee terwyl 300 000 Boere-Afrikaners onder die broodlyn geleef het).
In die derde plek was daar weerstand van Blankes wat teen 1936 oortuig was dat die hele proses en investering ʼn futiele oefening sou wees. Met verwysing na die ervaring sedert 1913 het ʼn Engelse LV opgemerk dat daar ʼn skaduwee oor alle wit gebiede geval het sodra dit vir swart bewoning oorgedra is, want entrepreneurskap het verdwyn, eiendomswaarde het geval, en ontwikkeling het gestaak.
In die vierde plek het die Regering nie bepaal waar die swart gebiede gelee sou wees nie — die Swartes het grond ontvang juis daar waar hulle gevestig het toe hulle die subcontinent betrek het, en dit was hoofsaaklik in die vogtiger oostelike deel van die land. Ongeveer die helfte van die 100 000 km2 in Suid-Afrika met ʼn vogtige, matige klimaat val binne die swart gebiede; meer as 75% daarvan ontvang meer as 500 mm reën per jaar (die minimum vir droelandproduksie), in vergelyking met 430 mm per jaar vir die land as geheel; en in die uitgestrekte droe en halfwoestyngebiede in die westelike en noord-westelike dele wat deur Blankes bewoon en bewerk word, is die reenval nog beduidend minder.
“Dertien persent” van die land se oppervlakte is gevolglik misleidend: dit sou baie nader aan die waarheid wees om te se dat Swartes 50% van die land se beste landbougrond in Suid-Afrika besit en dit is aan hulle toegeken daar waar hulle self gekies het om te vestig toe hulle die subkontinent betrek het. Gegewe ons land se lang en bitter geskiedenis van Swartes se plundering en barbaarse aanvalle op die Boere (wat uitgeloop het op oorloe wat hulle telkens verloor het) die talle verbrekings van afstanddoeningsooreenkomste, hulle moord en verkragting gedurende die Anglo-Boereoorlog 34 jaar tevore, en tallose ander gevalle van sulke vergrype teen die Boere, is hierdie vrywillige oordrag aan hulle van helfte van die land se beste grond (wat verder ontwikkel is met miljarde van die wit belastingbetaler se inkomste) ʼn betoning van humanitere optrede deur Boere-Afrikaners wat ongeewenaard is in die geskiedenis van enige ander volk onder soortgelyke omstandighede. Kritici wat kla dat die 151 404 km2 grond in swart besit — wat ook verskillende edel- en strategiese minerale bevat — “te arm en klein” was om die swart bevolking van 1936 (6 500 000) te onderhou, gee by implikasie te kenne dat die Swartes inderdaad ras-gesproke minderwaardig is: dieselfde oppervlakte grond het meer as 40 000 000 mense in Engeland en Wallis onderhou.
Die ware motiewe van daardie Swartes wat die Naturelletrust-en grondwet verwerp het, het nie oor regverdigheid al dan nie, gegaan nie, maar hulle was reeds in 1936 daarop uit om Boere-selfbeskikking te vernietig en hulle vir ʼn magstryd gereed te maak. ʼn Sekere A.S. Mtikulu wat die All African Convention na Hertzog gelei het, het onomwonde verklaar: “We have everything on our side. We know that numbers count… we will ultimately get South Africa (Changuion en Steenkamp: 165-175).
Die Empire slaan terug in Suid-Afrika, 1939
Met die uitbreek van die Tweede Wereldoorlog in 1939 het die meerderheid van die parlementariers Hertzog se mosie om neutraal te bly, verwerp. (Neutraliteit was die keuse van byvoorbeeld die Ierse Vrystaat). Die Hertzog-regering het gevolglik tot ʼn val gekom en Smuts het hom as Eerste Minister opgevolg. Terwyl Smuts sy troepe gestuur het om hulle by die Britse magte te voeg, het hy alle sfere van die Suid-Afrikaanse gemeenskap ter ondersteuning van die geallieerde oorlogspoging gemonster. Talle wapen- en ander fabrieke is opgerig en die Smuts-regering het die groot getal Swartes wat vanuit die tradisionele stamgronde vir werk na die industriele gebiede gestroom het, gretig aanvaar. Verder het die aankoop van grond ingevolge Hertzog se Naturelletrust- en grondwet gedurende die volgende nege jaar van die Smutsregering weinig aandag geniet (Haywood: 70). Smuts het gevolglik die goeie werk wat Hertzog in 1936 begin het, net mooi omgekeer. Die onstuitbare vloei van Swartes vanaf hul tradisionele gebiede na Blank Suid-Afrika sedert 1939 sou geweldige gevolge he in die jare wat sou volg. Baie Boere — sommige nog oorlewendes van die Britse konsentrasiekampe — en hulle bloedverwante in die Suide het onder die leiding van verskeie organisasies teen Jan Smuts en die eise wat hy ter ondersteuning van die Britse oorlogspoging gestel het, gerebelleer. Die belangrikste van hierdie Boereorganisasies was die “Ossewa Brandwag”. Soos tydens die Eerste Wêreldoorlog, het Smuts hierdie mense genadeloos vervolg (Van Rensburg: 133-208) en niks in sy ondersteuning van die empire ontsien nie. Die oorlog het die Britse skatkamer baie uitgeput, maar Smuts kon ʼn broodnodige reddingsboei uitgooi: hy het naamlik goud uit Transvaal na die VSA uitgevoer ten einde die sogenaamde Lend Lease Plan te finansier (Irving: 488) — goud wat deur swak betaalde Boere- en swart mynwerkers in haglike toestande gedelf is.
Terwyl die goudstawe ter waarde van miljoene ponde sterling deur Amerikaanse oorlogskepe oor die Atlantiese oseaan weggevoer is, het die ekonomiese onderdrukking van die Boere-Afrikaner onverpoos voortgeduur. Honderde duisende het steeds in armoede krepeer en diegene bokant die broodlyn was nie veel beter af nie. Teen 1946 het ongeveer 90% van diegene wat werk en ʼn inkomste gehad het, enigiets tussen ʼn paar pennies en £39 per maand verdien. Teen 1980 se geldwaarde sou dit ongeveer R500 per maand beloop het (Steenekamp: 193; Giliomee 2009: 27-28).
Die ANC word radikaal, 1944
Terwyl Smuts homself in die oorlogspoging van die geallieerdes verdiep het, het ʼn jonger geslag leiers in die ANC — Lembede, Mda, Mandela, Sisulu, Tambo en andere — in 1944 ʼn onderafdeling van die organisasie, naamlik die ANC Youth League met sy eie manifes, gestig. Die Youth League het die gematigde houding van die ANC teenoor die regering en sy strukture, soos deelname aan die verkiesing van die Verteenwoordigende Naturelleraad, verwerp (Giliomee: 402). In plaas daarvan het die Youth League die mobilisering van die massas vir meer radikale en militante optrede soos burgerlike ongehoorsaamheid, stakings, boikotte en demonstrasies voorgestaan (Mandela: 112-114; Stadler: 20).
Gedurende 1945 het die res van die ANC nog steeds die Jeugliga se voorstelle oorweeg terwyl Smuts in die glorie van die Geallieerde-oorwinning geblaak en ʼn aansienlike bydrae tot die stigting van die Verenigde Nasies gelewer het. Soos baie ander regerings het die Smutsregering homself spoedig in ʼn groot dilemma bevind: hulle het so pas ʼn “antirassistiese, pro-demokratiese” oorlog teen Hitler gewen; hoe op aarde kon hulle as Blankes hulle eie heerskappy oor ʼn groot meerderheid van Swartes in Afrika se Derdewereldlande regverdig? Maar Smuts se dilemma was oneindig groter as die van sy oorlogtydse bondgenote in Europa en in die Britse Gemenebes. Die Europeers kon hulle kolonies doodeenvoudig los (wat almal uiteindelik gedoen het) en hulleself “tuis” in Brittanje, Frankryk, Belgie en die Nederlande regeer. Elders op die aardbol het die blanke Britse “dominiums” (Australie, Nieu Zeeland en Kanada) hulle inheemse bevolkings, van die begin af tot so ’n mate uitgeroei en onderdruk dat hulle geen bedreiging vir die wit regering ingehou het nie, selfs nie in ʼn een mens een stem-verkiesing nie.
Die situasie in Suid-Afrika was egter heeltemal anders as die van sy eertydse oorlogsvennote. Suid-Afrikaanse Swartes was nie onderdruk of uitgeroei nie; Inteendeel, met unifikasie in 1910 het swart getalle die van Blankes reeds met vier teen een oorskadu en hulle bevolkingsgroei het voortgegaan om die van die Blankes te oortref. Asof dit nie erg genoeg was nie, het die mynmagnate sedert die ontginning van goud en ander minerale op die subkontinent, en veral na die vernietiging van die Boererepublieke in 1902, Swartes van oor die hele Suider-Afrika as goedkoop arbeid getrek. Dit het toenemende verplasing weg van hulle tradisionele tuislande en ʼn toevloei na die wit gebiede tot gevolg gehad. Boere-Afrikaners het geen ander heenkome as Suid-Afrika gehad waarheen hulle kon gaan nie, geen “tuiste” in Europa waar hulle hulle kon vestig om deur mense van hul eie soort regeer te word, sou hulle deur swart oorheersing bedreig word nie. Vir eeue reeds was hierdie kontinent die enigste tuiste wat hulle geken het.
Die onafhanklikheid wat vir die Nieblankes in die na-oorlogse wereld gewink het, het die eise vir die reg om te stem in Suid-Afrika aangeblaas. Verskillende groepe, met die kommunistiese regerings en die blok van nuwe onafhanklike Derdewereldlande in die VN vooraan, het onverpoos namens die Nieblankes in Suid-Afrika agiteer. Kort voor lank het hierdie nuwe tendens grootskaalse onrus onder Nieblankes in Suid-Afrika veroorsaak. In 1946 het die kommuniste ʼn groep van 70 000 stakende mynwerkers gelei. Wetgewing wat Smuts in dieselfde jaar deurgevoer het, wat Suid-Afrikaanse Indiers se woon- en besighede tot sekere gebiede beperk het, is deur massaproteste deur die Indiergemeenskap en baie arrestasies gevolg (Mandela: 118-119).
Rassespanning het algaande opgebou. Die regerende Verenigde Party van Jan Smuts het alle Nieblankes (buiten diegene in die tradisionele tuislande) as permanente deel van die Suid-Afrikaanse gemeenskap aanvaar. Die party sou egter nie swart regering aanvaar nie; maar kon ook nie verduidelik hoe hierdie twee teenstrydighede verenig kon word nie. Die Party kon vir dekades nie die antwoord verskaf nie, terwyl sy parlementere meerderheid algaande verminder het.
Smuts se opposisie in die Parlement, die Nasionale Party van dr DF Malan, was maar te bewus van die veranderende houding in die internasionale arena ten opsigte van die politieke regte van die Nieblankes. Hulle was aan die ander kant nog meer van die desperate toestand van sy eie kiesers, die Boere-Afrikaners, bewus. Soos hierbo in afdeling 4.6.15 verduidelik, het Britse geldbelange na die wereldoorlog ongestoord voortgegaan met die ekonomiese onderdrukking van die Boere-Afrikaner. Kwalik 10% van hulle kon as die ekonomiese “middelklas” beskou word. Gedurende 1947 het Afrikaanse predikante die aankoms van Boere-Afrikaners in die stede soos volg beskryf: “Sy armoede, verknegting en beskamende behoefte om in diens geneem te word, skep by hom ʼn gevoel van afhanklikheid en minderwaardigheid… Wetende dat hy nie welkom is nie, tel sy eie houding teen hom; hy bied homself swak aan, hy is bedees, kom hoed in die hand en dit ontbreek hom aan die selfvertroue van die Engelse werksoeker. Hy het geen rugsteun of invloed nie en geniet nie die voorspraak van iemand wat in ’n beter posisie verkeer nie; sy mense is arm en onderworpe aan die wêreldmag wat die Engelse werker ondersteun. Ander volke sien op hom neer en minag hom” (Giliomee 2009: 6).
Sulke mense het hulle oё op Malan en sy party gevestig om hulle aardse lot te verlig. Afgesien van die Britse juk wat meedoenloos op die volk gerus het, moes hulle ook nog die groeiende gety van swart radikalisering en na-oorlogse internasionale eise vir nieblanke politieke regte in die gesig staar. Onder hierdie geweldige druk het die NP in 1947 die “Sauerkommissie” aangewys om die NP se heersende opvattinge met betrekking tot swart/wit-verhoudinge in ʼn omvattende rassebeleid, genaamd apartheid, te formuleer. Met hierdie beleid as slegs een aspek van die Party se program het die NP van dr Malan die algemene verkiesing van 1948 teen Smuts aangedurf… en gewen.
APARTHEID, 1948-1994
Die perspektief waarvolgens apartheid in hierdie werk behandel word
Apartheid gedurende die vorige Suid-Afrikaanse bedeling was ʼn stelsel waarvolgens ʼn minderheid ʼn land met ʼn meerderheid gedeel en politieke beheer oor die meerderheid uitgeoefen het, sonder dat uiteindelik daarin geslaag is om demografiese homogeniteit te bereik. Dit is NIE die grondwetlike bedeling waarna ons nou streef nie. Teenswoordig is ons behoefte en eis om in ʼn eie grondgebied oor onsself te regeer en nie oor enige ander volk nie. Die feite wat hier oor apartheid aangebied word, word gevolglik nie as verdediging van minderheidsregering aangebied nie, maar eerder om as basis te dien vir die volgende twee standpunte: In die eerste plek verwerp ons die gedagte geheel en al dat ons huidige onderdrukking ander die swart regering in Suid-Afrika weens die apartheidsera geregverdig sou wees.
In die tweede plek moet enige opvatting — selfs ʼn onderbewuste idee — dat die apartheidsera ons teenswoordige eis om selfbeskikking diskwalifiseer, onomwonde verwerp word. Die stellings in hierdie dokument met betrekking tot apartheid en aanverwante aangeleenthede word slegs ter ondersteuning van hierdie twee standpunte gemaak en wentel om die volgende argumente:
i. Die nasionale belang van sekere state en die finansiele en ander vorme van eiebelang rakende verskeie groepe wereldwyd, was primer die dryfveer agter die internasionale veldtog teen apartheid, eerder as die welsyn en omstandighede van Nieblankes in Suid-Afrika gedurende die tydperk 1948 tot 1994.
ii. Ter bevordering van hierdie eiebelang is daar ʼn erg verwronge beeld (wat tot vandag toe voorgehou word) van “Apartheid Suid-Afrika” geteken: ʼn beeld wat niks van die baie positiewe optredes wat gedurende die apartheidsera deur die regering ten behoewe van die Nieblankes in Suid-Afrika uitgevoer is, bevat nie; ʼn beeld wat mank gaan aan baie relevante feite wat deel vorm van die land se historiese agtergrond; ʼn beeld wat sekere realiteite wat geldig is en op die hele Afrika-kontinent van toepassing is, eenvoudig net weglaat; ʼn beeld wat die vyande van die voormalige blanke regering (spesifiek die ANC) as foutloos voorhou. Die beskikbare feitelike inligting in verband hiermee sal baie volumes kan vul, dog om praktiese redes word slegs ʼn fraksie daarvan in hierdie dokument genoem.
iii. Ons wil nie probeer om voor te gee dat daar geen skending van regte gedurende al die jare van apartheid plaasgevind het nie. Daar is egter geen realistiese balans hoegenaamd tussen die omvang van die skendings in Suid-Afrika, en die skending van menseregte in ander lande en die hoon en skade wat juis deur daardie lande teen Suid-Afrika aangerig is nie. Ten spyte van die dekade-lange massiewe wereldwye demonisering van die apartheidsbeginsel, besef swart Suid-Afrikaners dit. Die Institute for Reconciliation and Justice het gedurende 2001 ʼn opname gedoen en het onder andere bevind dat 31% van die grootste swart taalgroepe van mening was dat die idees onderliggend aan apartheid basies gesond was ten spyte van sekere vergrype wat onder die bedeling plaasgevind het, of dat hulle nie seker was nie. Onder die Kleurlingbevolking was die syfer 40% (Scriptura: 234).
Selfs die felste kritici van apartheid erken dat die apartheidstelsel billik genoeg was om herhaalde ingryping deur die regspleging ter beskerming van menseregte moontlik te maak — iets wat ondenkbaar was in die geval van baie diktature wat “Apartheid Suid-Afrika” met vyandigheid bejeen het. (Adam: 17, 311-384). Die omvang van die ergste menseregteskendings tydens die apartheidsera in Suid-Afrika kom nie naby aan dit wat in rerig bose regimes van die 20ste eeu gebeur nie. So byvoorbeeld is “Apartheid Suid-Afrika” voorgehou as ʼn “regime with a brutal police force which killed and oppressed
Blacks — a repressive Police state”.
i. In die eerste plek moet ʼn mens kennis neem dat byna die helfte van die
15 700 lede van hierdie “apartheidspolisie” teen die 1960’s alreeds uit swart lede bestaan het, en dat hulle met die aanvang van die 1990’s reeds die meerderheid, nl. 60% van die “brutale polisiemag” uitgemaak het (Rauch: 11).
ii. Tweedens het hierdie “brutale polisiemag” tydens die turbulente 1980’s uit minder as 1.5 polisielede vir elke 1 000 lede van die totale bevolking bestaan. Hulle moes ʼn oppervlakte so groot as die gesamentlike oppervlakte van Frankryk, Duitsland en Italie bedien. Daar was landwyd minder polisiemanne in Suid-Afrika as in New York alleen. Die USSR het 11 keer meer Polisiemanne per capita gehad.
iii. Derdens word selfs deur vurige teenstanders van apartheid soos Max C Coleman (ʼn voormalige leiersfiguur in die SAMRK) erken dat ʼn skamele 73 politieke aktiviste tydens aanhouding gesterf het gedurende die 27 jaar tussen 1963 (toe aanhouding sonder verhoor begin het) en 1990 toe die ANC en ander “vryheidsbewegings” ontban is. Dit is gemiddeld 2.7 per jaar (Coleman: 53-65; Olivier: 9; Mulder & Cruywagen: 240). Elders in die wereld lyk getalle vir werklik brutale regerings heelwat anders.
iv. Die finale, besonder openbarende aspek om te oorweeg, is die “Waarheid en Versoeningskommissie” (WVK) se bevindinge van 1998. Die WVK was ʼn statutêre kommissie wat deur die nuutverkose ANC-regering aangestel is om skendings van menseregte tydens die apartheidsera bloot te lê. Die kommissie het miljoene Rand van die regering ontvang om sy aktiwiteite te finansier en het sowat 21 00 verklarings van beweerde menseregteskendings
afgeneem. Uiteindelik het die kommissie sy verskillende verslae oor ‘n tydperk van agt jaar voltooi. Die kommissarisse was deur die bank leidende figure in die stryd teen apartheid. Desmond Tutu, ‘n evangelis wat baie meer bekend is vir sy anti-apartheid-aktiwiteite as vir evangelisasiewerk, was die voorsitter.
Dit was ondenkbaar en onmoontlik dat sulke kommissarisse enige objektiwiteit teenoor hulle geswore vyande in die vorige regering en sy veiligheidsmagte sou toon. Nogtans stel selfs hierdie kommissie die totale getal mense wat gedurende die 46 jaar van apartheidsregering deur die polisiemag gedood is, op 2 700 (TRC Final Report, Vol. 5:232-233). DIT TERWYL DIE POLISIE oor baie jare met die ergste onrus en opstande denkbaar gekonfronteer was, veral gedurende die laaste dekade van blanke bewind toe die ANC verklaar het dat hulle die land onregeerbaar sou maak en daar ‘n toestand wat aan ‘n burgeroorlog grens, in die land geheers het. Sulke statistieke is onbeduidend in vergelyking met dié van baie lande wat voorsingers in die stryd teen apartheid in Suid-Afrika was:
• gedood in die USSR tussen 1917 en 1980: ʼn geraamde TAGTIG MILJOEN van sy eie burgers en baie miljoene mense meer van bevolkings in dosyne ander lande;
• gedood deur Mao Ze-Dong in Sjina en Tibet: ʼn geraamde AGT EN SEWENTIG MILJOEN;
• vermoor deur Menghistu Haile Mariam in Etiopië: ʼn geraamde VYFHONDERD DUISEND;
• vermoor deur Micombero in Burundi: ʼn geraamde TWEEHONDERD DUISEND.
Die lys kan natuurlik met talle ander voorbeelde aangevul word, maar die absurditeit daarvan is dat die apartheidsregering, wat sy foute ook mag gewees het, wêreldwyd geopponeer was op ‘n wyse wat nooit deur hierdie regimes ervaar is nie en gereeld uitgemaak is as slegter as hulleself. So kan ‘n mens aanhou om nog baie ander voorbeelde aan te haal. Die belaglikheid is dat die apartheidsregering — wat ook al sy foute mag gewees het — juis deur hierdie regimes wêreldwyd verdoem en teengestaan is en boonop voorgehou is as erger dan hulleself (Gann & Duignan: 260-261). Om die waarheid te sê, dit was regimes soos hierdie wat die voortou in die internasionale veldtog teen Suid-Afrika geneem het in weerwil van hulle eie klaaglike onvermoë om die mees basiese menseregte na te kom. (Dieselfde kan natuurlik van Westerse lande wat voor die twintigste eeu volks-moorde teen Nieblankes gepleeg het, gesê word).
4.7.2
Betekenis van die woord, motivering en strategie agter apartheid
Die Afrikaanse woord “apartheid” beteken letterlik “toestand van afgeskei of afgesonder te wees” en in die politieke verband verwys dit na “segregasie”. Met verloop van tyd het apartheid in terme van Suider-Afrikaanse rasse-aangeleenthede in drie dimensies ontwikkel: ʼn beleidsdimensie, ʼn maatskaplik/filosofiese dimensie en ‘n strategie dimensie. As ʼn beleid wat gesegregeerde verhoudinge tussen Blankes en Nieblankes in Suider-Afrika gereguleer het, het apartheid nie met NP-regering in 1948 begin nie. Dit was eerder ʼn waarmerk — vanaf 1652 — van Hollandse VOC-regering, en later van Britsesowel as Boereregering dwarsdeur die subkontinent; vasgelê in talle wette en regulasies wat op alle lewensterreine betrekking gehad het.
Deur die eeue het segregasiewetgewing/beleid bloot die bestaande sosiale interaksiepatrone en onderliggende waardes en geloofsisteme van die verskillende rasse weergegee. Die beginsel van afsonderlikheid en onderskeid was nog altyd ʼn wederkerende eienskap van blank teenoor nieblank en van die verskillende nieblanke groepe onderling. Geen van die blanke groepe, en ook nie die swart stamme of die Indiërbevolking (sedert hulle aankoms in die 1860’s) het enige neiging getoon om met mekaar te integreer nie. Nelson Mandela het bevestig dat dit in sy jeug nog sosiaal onaanvaarbaar was vir swart stamme om onderling te vermeng, om nie eers te praat van swart/wit sosiale interaksie nie (Mandela: 44). Hierdie fenomeen is begrond in die universele en natuurlike noodsaak van mense om hul groeps- en kulturele identiteit en erfenis te bewaar ten spyte van wyd verspreide kontak met ander groepe en kulture.
Die Boere-Afrikaner se verstaan van die godsdiens was ʼn stimulus van oorheersende belang wat ʼn invloed hierop (die beginsel van afsonderlikheid en onderskeid) uitgeoefen het: die behoud van identiteit was Christelik gefundeer. Op ʼn “Volkskongres oor die Rassebeleid” in 1944 het die mees senior teoloë en Afrikaanse bybelvertalers — mense soos prof. J.D. du Toit (“Totius”) en dr. H.C.M. Fourie — bevestig dat die basiese benadering tot rasseverhoudinge wat reeds geslagte lank in die Boere-Afrikanervolk gevestig was, volkome in ooreenstemming met Christelikheid was: God, die Oorsprong van die verskeidenheid in die hele skepping, is ook die Skepper van die menslike rasseverskeidenheid en Hy het die mens opdrag gegee om oor sy skepping te heers. Die rol van die mens is om na al die fasette van die skepping om te sien en dit te bewaar. Vernietiging van die Godgegewe verskeidenheid deur te vermeng wat Hy geskei het, is ongehoorsaamheid aan God en dus sonde. Verder mag ʼn heiden wat tot bekering gebring is, nie deur die bekeerders geassimileer word sodat die bekeerde sy ras- en kultuurerfenis in die proses verloor nie (en noodwendig ook nie hulle maatskaplike posisie nie); aangesien Paulus in 1 Korintiërs 7 sê: “Broers, elkeen moet God dien in die omstandighede waarin hy was toe God hom geroep het”. Daar moet natuurlik eenheid tussen Christene wees, maar dit beteken eenheid in Christus op ‘n geestelike vlak, nie eenheid in ʼn groot fisiese mengelpot nie (Inspan, Oktober 1944; Inspan Desember 1944; Grobbelaar: 7; Sauer-verslag: 1, 3; Scriptura: 225, 230).
Die rol van die Kerk in die insluiting van apartheid as deel van die NP se beleid, was van so ʼn aard dat dr. Malan in 1947 verklaar het: “dit was die kerk wat die leiding met apartheid geneem het” (Scriptura: 229). Vir baie humaniste is geen moeite te veel om die biodiversiteit van enigiets, van grasspesies tot ongewerwelde kreature te beskerm en miljoene Rande en ure te bestee om die uitgestorwe kwagga (ʼn kleurvariasie van die sebra) terug te teel nie, maar hulle haat enige poging om die genetiese diversiteit van die mensdom as die kroon van die skepping te bewaar. Dit is inderdaad ʼn onverklaarbare belaglikheid wat ʼn mens se gesonde verstand te bowe gaan.
Dit was egter as ʼn politieke strategie dat apartheid ʼn nuutheid in 20ste eeuse Suid-Afrika was. “Suid-Afrika” was ʼn skepping van Britse kolonialisme, en dit het die Boere-Afrikaner na 1910 demografies in ʼn feitlik onhoudbare situasie geplaas. As daar hoegenaamd ʼn toekoms vir hierdie volk moes wees, moes daar ʼn politieke strategie gevolg word om etniese ontbondeling te bewerkstellig. Dit het in die eerste plek vereis dat die Afrikaner die politieke mag moes verower (waarin hulle in 1948 geslaag het). Daarna moes hulle die mag behou en demografiese ontbondelingsprogramme deurvoer om uit hierdie getalle-dilemma te ontkom. Anders as die wit Amerikaners, Australiërs, Nieu-Seelanders, ens. wat dit bereik het deur volksmoorde te pleeg, het die NP besluit om “tuislande” vir elk van die verskillende swart etniese groepe te ontwikkel op die grond wat reeds in die wetgewing van 1913 en 1936 vir hulle gereserveer is. Die ontwikkeling van hierdie tuislande moes so ʼn vlak bereik dat al (of ten minste die oorgrote meerderheid) Swartes wat nog in die Blanke gebiede teenwoordig was, na hulle tradisionele tuislande kon terugkeer. Waar die gebied van ʼn bepaalde etniese groep gefragmenteer was, moes bykomende grond deur die regering gekoop word om sodanige gebiede te konsolideer. Die sekondêre metode om etniese ontbondeling te bewerkstellig, was om Swartmense in staat te stel om in hulle tuislande te woon sonder verlies van hulle werksgeleenthede in Suid-Afrika. Dit is gedoen deur nywerhede in die nabyheid van die tuislande te vestig (die sogenaamde “grensnywerhede”) teen ʼn koste van miljarde Rande (Sauer-verslag: 3, 8; Mulder & Cruywagen: 84-92).
Die gesag in die tuislande moes uitgeoefen word deur swart regerings in die vorm van grondwetlike monargieë. Dié regerings moes saamgestel word uit demokratiese instellings in kombinasie met tradisionele leierskap. Politieke regte vir swart volke in die hele Suid-Afrika moes op hierdie wyse geakkommodeer word, aangesien die tuislande uiteindelik volkome onafhanklike state moes word (Sauer-verslag: 13-14; Departement van Inligting: 35).
Die etniese ontbondeling sou uiteraard ʼn lang en stadige proses wees wat etlike dekades sou duur. In die tussentyd het die NP getrag om die fisiese en kulturele identiteit van nie slegs die Blankes nie, maar ook van ander etniese groepe in die res van Suid-Afrika in stand te hou. Die breë bevolking van Suid-Afrika is kragtens die Bevolkingsregistrasiewet, No. 30 of 1950 in vier hoofgroepe verdeel: Blankes, Kleurlinge (mense van gemengde afkoms), Indiërs en Swartmense. Die groepe was deur verskeie wette ten opsigte van woongebiede, onderwys, huwelike, ens. gesegregeer; terwyl instroming vanaf die tuislande en aangrensende swart state met maatreëls soos die “paswette” in toom gehou is.
Sentraal tot die hele strategie was die noodsaak vir ʼn drastiese verhoging van swart sosio-ekonomiese ontwikkeling in die korts moontlike tyd, onderhewig aan die algemene vermoë van die Suid- Afrikaanse ekonomie. Die voorstanders van apartheid het hierdie noodsaak op drie beginsels gebaseer. Eerstens het hulle geredeneer dat politieke vryheid ekonomiese onafhanklikheid voorveronderstel het. Solank as wat Swartes in hulle tradisionele tuislande en elders van wit kapitaal en kennis vir hulle voortbestaan (hetsy arm of welvarend) afhanklik was, sou hulle nie geneë wees om van Blank Suid-Afrika af te skei nie. Slegs wanneer hulle sosio-ekonomies sodanig ontwikkel was dat hulle op hulle eie kon oorleef en floreer — so is geredeneer — sou hulle etniese politieke onafhanklikheid in hulle tuislande aanvaar. Onafhanklikheid van die tuislande sou op sy beurt ʼn homogene blanke Suid-Afrika moontlik maak en die oorlewing van die Boere-Afrikaner verseker (Tomlinson et al.: 106-107; 193-195).
Die tweede argument met betrekking tot die aandrang op swart sosio-ekonomiese ontwikkeling was dat swart politieke selfstandigheid ook voorafgegaan moes word deur etniese bewussyn, trots en selfrespek. Hierdie eienskappe word egter deur aanhoudende armoede en agteruitgang in die wiele gery. Laasgenoemde toestand skep eerder ekonomiese klasbewustheid en is ʼn ideale teelaarde vir onrus en rewolusie — beide faktore wat negatief op die ontbondelingsproses sou inwerk. Daarenteen sou sosio-ekonomiese ontwikkelingsprogramme wat nie teenstrydig nie, maar in ooreenstemming met die Swartes se aard en karakter was, die ontsporing van etniese ontbondeling voorkom (Malan: 233; Mulder & Cruywagen: 145-146; Jonker: 211-213).
Die derde argument ten gunste van swart sosioekonomiese ontwikkeling was ’n morele oorweging. Die Sauer-verslag het dit alreeds duidelik gestel die NP se verwerping van assimilasie nie onderdrukking geïmpliseer het nie en dat die uitbuiting van Nieblankes téén die beginsels van beskawing en die Christelike basis van die Boere-Afrikaner se nasionale lewe ingedruis het. Gevolglik moes Nieblankes op die pad van vooruitgang en ontwikkeling in alle Sfere van die samelewing bygestaan word, dog met respek vir en inagneming van hulle tradisies, sonder om bloot verwestering op hulle af te dwing (Sauer-verslag: 3, 7; Scriptura: 231).
ʼn Vierde rede (alhoewel dit nie oorspronklik as sodanig gesien is nie) vir die bevordering van swart sosio-ekonomiese ontwikkeling, en spesifiek onderwys en opleiding, was dat dit noodsaaklik geword het weens die toenemende eise van die geweldige uitbreiding van die ekonomie in blank Suid-Afrika.
Uit die voorgenoemde argumente blyk dit baie duidelik dat daar geen sprake kan wees van “onderdrukkende blankes wat daarop uit was om gedurende apartheid die swartman van sy sosioekonomiese ontwikkeling te ontneem” nie. Die teendeel is waar: opeenvolgende apartheidsregerings het enorme bedrae geld en energie in swart sosio-ekonomiese ontwikkeling gesteek, soos hieronder in meer besonderhede aangetoon word; en die oorwegings soos hierbo beskryf, het daartoe gelei dat die aanvanklike apartheid ontwikkel het tot ʼn beleid van “afsonderlike ontwikkeling” in stede van bloot segregasie te behels (Rhoodie).
Die anti-apartheidsaktiviste het die idee dat die Swartman se politieke en ander aspirasies in hul tradisionele gebiede bevredig moes word, volhardend in twyfel gebring en die tuislande voorgestel as afgelee lappies grond in die agterveld waarmee die stedelike Swarte nooit enige verband gehad het nie, of alle bande lankal verbreek het. Die realiteit was heel anders: selfs ten spyte van die toestroming van swart arbeid na die mynbougebiede, veral sedert 1886, het sowat 75% van die Swartes met die aanbreek van die twintigste eeu in wat later as die “tuislande” bekend geword het, gewoon. Die 1970-sensus het vir die eerste keer ʼn effens hoer persentasie Swartes in blank Suid-Afrika as wat in die tuislande voorkom, aangetoon, maar slegs indien trekarbeiders ingetel is. Wanneer die trekarbeiders in Suid-Afrika vanuit ander Afrikastate buite rekening gelaat is, was daar steeds ʼn goeie balans tussen die getal Swartes wat teen 1970 binne en buite die tuislande gewoon het (Departement van Inligting: 53).
Rassistiese houdings
Alhoewel die beginsel van groepsbehoud meestal van die positiewe perspektief van behoud sonder degradering van ander groepe uitgegaan het, soos hierbo aangetoon, moet ʼn mens erken dat daar in suidelike Afrika, (soos in ander multikulturele gemeenskappe) wit sowel as nieblanke gemeenskappe nie ontdaan was van ʼn gesindheid om op mekaar neer te sien nie. Dit blyk duidelik uit die volgende aanhaling uit die blad “Indian Opinion” van 1905, geskryf deur ʼn Indier aktivis, ene Mahatma Ghandi: “One can understand the necessity of registration of Kaffirs who will not work, but why should registration be required for… Indians who have become free…?”
Dieselfde Ghandi het ook in 1905 so geprotesteer teen Swartes wat toegelaat was om in ʼn Indierwoongebied te vestig:
“Why, of all places in Johannesburg,the Indian location should be chosen for dumping down all Kaffirs of the town, passes my comprehension… About this mixing of the Kaffirs with the Indians I must confess I feel most strongly.I think it is very unfair to the Indian population… an undue tax on even the proverbial patience of my countrymen” (Aangehaal in Du Preez: 51).
Met die soort swart/wit geskiedenis waarop die Boer in 1948 teruggekyk het, het Ghandi ongetwyfeld nie alleen gestaan in sy afkeer van Swartes nie. Die motivering vir die Boere-Afrikaner se beleid en gedrag ten opsigte van die Swarte, was egter nog altyd selfbehoud eerder as haatdraendheid. Dit kom duidelik na vore uit die feit dat hulle nooit die Negroiede volke hier uitgeroei het, soos ander Blankes elders in die wereld met die inheemse bevolkings gedoen het nie — dit, ten spyte van die geweldige verliese in lewens en eiendom wat hulle deur die eeue aan die hand van die Swartes gely het.
Apartheid gemeet aan die ANC-houding
Die motivering van selfbehoud eerder as haatdraendheid is ook geillustreer deur die gedrag van apartheidsleiers teenoor Swartes. Gedurende die ganse bewind van die Nasionale Party sedert 1948 het nie ʼn enkele een van sy parlementariers — van die Eerste Minister tot junior agterbankers — Swartes belaster soos Ghandi gedoen het nie; om nie eers te praat van openbare aanhitsing tot volksmoord soos wat Zuma op 8 Januarie 2008 tydens die honderdjarige bestaan van die ANC op Bloemfontein gedoen het nie:
“Come together all the winners
We are going to shoot them
With the machine gun
They are going to run
We are going to shoot them
With the machine gun
They are going to run
You are a Boer
We are going to hit them
And you are going to run
Shoot the Boer
We are going to hit them
And you are going to run
We are going to shoot them
With the machine gun
They are going to run
Shoot the Boer
the Cabinet will shoot them
With the machine gun
Shoot the Boer…”
In skrille kontras met hierdie openlike rassistiese haatkampanje wat Zuma voer teen medelandsburgers wat as belastingbetalers mildelik tot sy uitspattige lewenswyse bydra, het opeenvolgende NP-regerings en -leiers op ’n fatsoenlike wyse van Swartes gepraat. Aanvanklik is daar na hulle as “Bantoes” verwys (dit beteken “mense” in hulle eie taal). Die internasionale stortvloed van propaganda teen Apartheid Suid-Afrika was egter so belaglik en heftig dat die Swartes se eie woord vir “mense” uiteindelik ʼn rassistiese konnotasie verwerf het en die woord “Bantoe” uiteindelik uit die amptelike terminologie weggelaat is.