62 jaar ná1961:

Op 31 Mei word die totstandkoming van die Republiek van Suid-Afrika, buite die Britse Statebond, weer deur Afrikaner-nasionaliste herdenk.

Dit is meer as ‘n blote herdenking. Die ouer garde kan nog daardie republiek in herinnering roep, waar daar voorspoed en ontwikkeling was, teenoor die agteruitgang en verval wat vandag merkbaar is, en wat elke landsburger raak.

Die Republiek wat in 1961 tot stand gekom het, was gebaseer op die afsonderlike ontwikkeling van elke volk in sy eie grondgebied waar elkeen oor homself kon regeer. Inderdaad was daar sekere rasgebaseerde wette. Blankes kon byvoorbeeld 62 jaar ná 1961: nie sonder ‘n spesiale vergunning of permit ‘n swart woonbuurt betree nie. Slegs Blankes was opgeroep vir nasionale diensplig, om hulle lewe in gevaar te stel om die land, en AL sy inwoners, teen die terroriste en kommuniste te beskerm.

Die desentralisasiebeleid van die destydse regering, het ten doel gehad om nywerheidsontwikkeling te laat plaasvind in die tradisionele swart gebiede. Dit sou daartoe gelei het dat werkers van hulle huise af kon werk en nie nodig gehad het om ver van hulle huise in misdaadgeteisterde kampongs te bly en werk nie. Hulle kon in hulle eie lande hul politieke aspirasies uitleef.

Die Suid-Afrika van 2023 het meer rasgebaseerde wetgewing as dié van 1961. Swart Ekonomiese Bemagtiging, “affirmative action” en ander het slegs een doel, en dit is die vernedering en stadige vernietiging van die Blankes in die land. Waar die blanke minderheid in 1961 bereid was om voogdyskap te aanvaar oor die ontwikkelende meerderheid, “spog” die Suid-Afrika van 2023 met ’n swetterjoel wette wat die meerderheid gebruik om hom teen ‘n werkende en presterende minderheid te beskerm. Dit moet in wese ‘n kompliment wees vir die Blankes dat hulle weinige getalle vir die meerderheid ‘n skynbare gevaar inhou, en moet dit ‘n swak selfbeeld skep vir die meerderheid wat hulle ooglopende onbekwaamheid om ‘n land te regeer, moet verberg agter wette om hulleself te beskerm en aan bewind te hou. Dit is in wese niks anders nie as ‘n demokratiese diktatuur.

Die Suid-Afrikaanse ekonomie van 1961 het ook heelwat anders gelyk as dié van latere jare.

Die R100 van 1961 is gelykstaande aan R10 528,09 vandag as gevolg van die gemiddelde inflasiekoers van 7,9% per jaar. Dit beteken dat vandag se gemiddelde pryse 105,28 keer hoër is as in 1961.

In 1961 was die inflasiekoers 2,1% en het in 1962 gedaal tot 1,25%. In 1966 3,49% en het begin styg sedert 1970, toe dit 4,99% was en sedert 1974 was dit tweesyfer inflasie op 11,72%. Die huidige inflasiekoers word in elk geval betwyfel omdat die “mandjie” telkens hersaamgestel word om die werklike inflasie te verbeter. Daar is egter boere wat kan bewys dat die inflasie op hul plase tot soveel as 43% beloop.

Die verbruikersprysinflasie het die laaste 62 jaar gewissel tussen 0,7% en 18,7%. Dit beteken dat prysstygings 10 396,72% was! Dit is dus geen verbetering nie, maar ‘n wesenlike verarming van die bevolking. Volgens die Wêreldbank se verbruikersprysindeks kan ‘n rand vandag 0,95% koop van wat dit in 1961 kon koop.

In 1961 het die land se werkloosheid op 19% gestaan. Dit het in 1976, volgens die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO) in Genève, gestyg tot 21,4%. In 2023 staan die amptelike syfer van geregistreerde werkloses op 32,5%, terwyl die werklike syfer op ongeveer 43% staan omdat baie werkloses nie eens meer die moeite doen om as werkloos geregistreer te word nie.

Die ekonomiese groeikoers het in 1961 op 3,84% gestaan, en het in 1964, toe die epubliekwording deurgesuurdeeg het, gegroei tot 7,94%. Vandat begin is met die afwyking van die Nasionale Party se beleid van afsonderlike ontwikkeling, het die groeikoers begin daal, en het in 1977 op -0,09% gestaan. In 2020 was die groeikoers -6,34%, en dit kan nie net aan Covid toegeskryf word nie, want in 2018 was die groeikoers ook maar ‘n skrale 1,52% en in 2019 0,3%.

In 1961 het die land ‘n goed-opgeleide polisiemag en weermag gehad. Vandag is die polisie grootliks nutteloos, en die weermag ‘n bron van spot, soos geblyk het met die omstrede sogenaamde wapenverkoop aan Rusland.

Eskom kon krag aan die land voorsien en selfs uitvoer en aan buurlande verkoop. In 1961 was daar geen enkele uur beurtkrag nie. In 2022 het die land 3 788 ure beurtkrag ervaar, en tot op 10 Mei vanjaar was daar al 2 971 ure beurtkrag, en as dit teen dié tempo aanhou vir die res van die jaar, sal Suid-Afrika in 2023 onder ANC-bewind 8 342 ure beurtkrag ervaar het.

Staatsentiteite het gewerk. Dr. Verwoerd kon in 1960 met sy eie SAL uit Brittanje terugkeer om aan te kondig dat die Republiek nie meer deel van die Statebond gaan wees nie. Vandat SAL nou SAA geword het, is dit onder sakeredding en staan baie van sy vliegtuie op die grond, want hulle is bankrot bestuur deur die ANC se kaders.

Daar hoef nie verder statisties uitgewy te word oor die verval van die land se padnetwerk in 2023, teenoor hoe dit was in 1961 nie, of hoe die spoornetwerk vernietig, verwoes en weggedra is vir skrootyster nie. Terloops, daar word gereken dat daar tans sowat 25 miljoen slaggate is die Suid-Afrikaanse padnetwerk is.

Dan het ons nog nie geraak aan watersuiweringsaanlegte wat nie meer werk nie, rou riool in strate wat nou al eerder die reël in plaas van die uitsondering is.

Die syfers vertel twee verhale van ‘n suksesvolle regering wat ‘n land kon losmaak van Britse kolonialisme deur die Statebond vaarwel toe te roep, die land onafhanklik te maak en suksesvol te regeer, teenoor ‘n regering wat terugkruip na die kolonialistiese Statebond, en die land tot in die afgrond bestuur as gevolg van onbekwaamheid, en haat teenoor die Blankes wat die land in werkende toestand gehou het.

Elke jaar van ANC-bewind, is ‘n jaar te lank en gaan die erfenis van die voorgeslagte verder vernietig word tot daar uiteindelik niks meer van oor is nie. Hoe lank gaan dié situasie geduld word voordat daar besef word dat die eenheidstaat vir niemand iets goeds inhou nie en dat vryheid van volke die enigste werkbare oplossing is. Dié wat hulleself wil opwerk, kan dit doen, en dié wat dit nie kan of wil doen nie, bly dan in die situasie wat hulle vir hulleself geskep het.

Die Redakteur: Die Afrikaner 19 Mei 2023