Die betekenis van ras

 In ‘n artikel wat deur Netwerk24 gepubliseer is, sê prof Jurie van den Heever en Chris Jones dat daar nie iets soos ras bestaan nie. Hulle sê: “Na alles is dit duidelik dat, wat mense betref, daar net een ras op aarde bestaan, en dit is die menseras”.

   Hulle betoog dan dat ten spyte daarvan dat daar nie iets soos ras bestaan nie, vind ras nog steeds neerslag in aparte woonbuurte en die manier waarop ons oor onsself praat. Hulle sê dat ras ‘n “sosiale mite is en nie ‘n biologiese werklikheid nie”. En dan: alle mense stam boonop uit Afrika.

   Kan jy dit glo? Nou word verwag dat die waarheid in hoogdrawende akademiese terme met dié twee menere gedebatteer moet word. ‘n Mens het nie grade nodig nie en hoef nie ‘n professor te wees om die stelling te verwerp nie. Kyk net om jou rond. Kyk net wat jou eie oë jou oortuig. Kyk maar net om jou om die verskillende rasse en die verskille tussen rasse te sien.

   Die doel van daardie artikel is natuurlik om weer die holrug-geryde argumente oor apartheid te herhaal. Daarom word baie gou daarna verwys dat in Suid-Afrika die stelsel van apartheid op ‘n rassegrondslag gebou was. En dan: “Na meer as twee dekades in die nuwe demokratiese Suid-Afrika is daar steeds rassisme aan albei kante van die politieke spektrum”.

   Dan word die volgende stelling gemaak, wat eerder aan die oordeel van die leser oorgelaat word om self daaroor te besluit: “In werklikheid is alle mense nader aan mekaar verwant as wat sjimpansees onderling verwant is”.

   Ter wille van die professors: die verklarende woordeboek sê ras is ‘n groep verwante mense/diere of plante wat deur erflike eienskappe gekenmerk word en wat, wat aard en gewoontes betref, ooreenkomste toon.

   Laat ons dit weer baie duidelik stel: Ras is die hoofkenmerk wat mensegroepe van mekaar onderskei. Elke ras dra in homself die beeld van sy eie skoonheid. Daarom sal ‘n Witman, as hy normaal is, met ‘n wit vrou trou. Sy is die draer van die beeld van sy ras se skoonheid. In ‘n grondgebied waar uiteenlopende rassegroepe mekaar ontmoet, is die kontak nie ‘n natuurlike sosiale kontak nie. Die sigbare verskil in voorkoms verteenwoordig afstand.

   Die verskeidenheid van die mensheid kan nie weggewens of weggeredeneer word nie. Daarom is rasseskeiding ook nie onmenslik nie, want rasse het vir duisende geslagte afsonderlik geleef. Hulle het só ontstaan en is so ontwikkel deur die Skeppingsorde. Dit is daarom onmenslik en onnatuurlik om rasse saam te gooi en te vermeng. Dit is teen die werklikheid van die geskiedenis van die mensheid.

   Verskillende rassegroepe binne dieselfde grondgebied veroorsaak teenstellende idees en ideale van hoe en wat die land of staat moet wees. In Suid-Afrika het elke etniese groep sy eie onderskeidende kultuur. Elkeen het sy eie beskouing van wat reg en moreel is. Ons sien dit tog duidelik in die huidige toestand van ons lands-bestuur. Wat tans gebeur, is vir die blanke bevolking totaal onaanvaarbaar. Dit is onmoontlik om ‘n gemene deler tussen die rassegroepe te vind. Wrywing en botsing sal net vererger.

   Ons is nie een (reënboog)nasie soos beweer word nie. Daar is nie in Suid-Afrika ‘n nasie met wie almal hulle kan identifiseer nie. Daarteenoor is ‘n volk ‘n verbluffende verskynsel. Jy behoort daaraan of jy behoort nie daaraan nie. Net jy weet of jy daaraan (wil) behoort. Elkeen in Suid-Afrika, Blanke, Kleurling, Indiër of Swarte, weet hy behoort nie aan dieselfde volk of groep nie. Geen akademiese navorsing en geen grondwet sal sulke uiteenlopende groepe bymekaar kan hou nie.

   Daarom is daar die uitermate pogings om die ingeboude verskille uit te skakel. Verskille moet uitgewis word, dit moet platgeskaaf word. Rasseverskeidenheid moet gelyk gemaak word. Daarom ‘n menseregte-akte wat alle mense net as individue behandel.

   Die mens is nie net ‘n individu nie. Elke mens is van voor sy geboorte ingebind in ‘n gesin, ‘n familie, ‘n gemeenskap, ‘n volk en ‘n ras. ‘n Mens kan al sy hoedanighede soos taal, godsdiens, kultuur en vaderland aflê of verander. Daar is een eienskap wat hy nie kan verander nie: sy rasse-afkoms. Dit is die stempel wat God op hom geplaas het. Hy kan maak wat hy wil, maar hy bly Witman, Swartman of Bruinman.

 

Louis van der Schyff

20 November 2020