Nelson Mandela
Nelson Mandela se verjaardagdatum is 18 Julie 2020 gevier.
Nadat mnr FW de Klerk op 2 Februarie 1990 die vrylating van Mandela uit die tronk aangekondig het, is sy beeld internasionaal gebou as die vryheidsvegter ― veral teen die wreedheid van apartheid. Alles natuurlik ‘n klomp leuens.
Terwyl hierdie leuens oor die grootheid van Mandela steeds wêreldwyd geglo word (en ongelukkig ook deur goeie Afrikaners in ons eie land) is daar tog diegene wat beter weet.
Nou met sy verjaardagdatum, is dit goed om weer te kyk wie Nelson Mandela was.
Nelson Mandela was ‘n kommunis. Uit sy pen het die dokument How to be a Good Communist verskyn. Mandela was die stigter van Umkhonto we Sizwe (MK), die militêre vleuel van die ANC. Allan Bird skryf in sy boek Bird on the Wing op bladsy 233: “Mandela was a law graduate from Wits. I met him at one of the political meetings of my partner Solly Jacobson in the early ’60s. At about that time Mandela went underground and assisted in forming the new militant wing of the ANC Umkhonto we Sizwe, intended to sabotage installations such as police stations, post offices, jails, railways and electricity pylons”.
Nelson Mandela was verantwoordelik vir die Kerkstraatbom op 20 Mei 1983 waarin 19 onskuldige mense dood en 217 beseer is nie. Prof Leo Raditsa skryf is sy boek Prisoners of a Dream oor die halssnoermoorde: “dit is die afskuwelike terreur wat die ANC bedryf het om hulle politieke oogmerke te bereik…”
ANC-terroriste het landmyne op plaaspaaie geplant waardeur hulle onskuldige landsburgers (van alle rasse) gedood het. Winkelsentrums, sportstadions en verskeie restourante het onder hulle terreur deurgeloop.
Die Buiteland
Op 18 Julie 2020 het die Vlaamse groep Voorpost ‘n protesaksie teen die moorde op die boere in Suid-Afrika gehou. Dit is juis op die verjaardagdatum van Nelson Mandela by sy standbeeld in Den Haag gedoen. ‘n Groot plakkaat met die woorde terroris, kommunis en moordenaar is om die nek van die standbeeld gehang. ‘n Baie groot banier met die woorde “STOP de moorden op blanke boeren” is by Mandela se standbeeld vertoon.
In die video wat van dié byeenkoms gemaak is, sê Voorpost se woordvoerder dat Mandela vir baie mense ‘n heilige was. “Hy was geen heilige nie. Hy was ‘n moordenaar en ‘n kommunis. Dit is nodig dat mense ingelig moet word dat nadat Mandela vrygelaat was, 4 000 blanke boere in Suid-Afrika vermoor is.
“Daarvan lees ons niks in die breë media nie. Voorpost gaan oor tot aksie en hopelik sal meer mense besef wat die waarheid is. Mandela was ‘n terroris, ‘n kommunis en ‘n moordenaar”. Dan vra hy: “Deel asseblief hierdie inligting op Facebook, omdat die media nie die ware inligting uitdra nie”.
Lauren Southern van Kanada:
Lauren Southern van Kanada het in Australië ‘n skitterende bydrae gelewer oor wie Nelson Mandela was. Die Afrikaner publiseer graag (met dank) haar kommentaar. Dit is vrylik in Afrikaans vertaal.
“Ek rou nie vandag oor die afsterwe van Nelson Mandela nie. Vandag dink ek aan die mense wat hy vermoor het. Ek dink aan hulle wat in hulle grafte lê toe Mandela vir jare lank sjampanje gedrink het en op die internasionale verhoë uitgestal is as die een of ander lewende godheid.
“Ek dink aan al die mense wat dood is nadat hy president van Suid-Afrika geword het. Al die boere, al die oumense, al die mans, al die vroue en veral die kinders ― as gevolg daarvan dat hy (Mandela) op Suid-Afrika losgelaat is.
“Terwyl sy lewe en sy sogenaamde prestasies met breinspoeling herdenk word, onthou ek dat hy skuldig gepleit het op 156 klagtes van openbare geweld, waaronder die mobilisering van terroristiese bomplantings-veldtogte waar bomme in openbare plekke geplant is. Baie onskuldige mense, insluitend vroue en kinders, is gedood as gevolg van Mandela en sy MK-terroriste.
“Hy is nie ter dood veroordeel nie (hung by the neck), maar was tot lewenslange tronkstraf gevonnis: die grootste fout wat ooit deur die Suid-Afrikaanse regstelsel gemaak is. Dit het aan die ANC die geleentheid gegee om van Mandela ‘n vryheidsvegter te maak. Met die hulp van Kommuniste regoor die wêreld, is Mandela gereïnkarneer as ‘n vryheidsvegter.
“Ek onthou ook dat duisende kriminele, moordenaars en verkragters elke jaar wanneer hy verjaar het, uit die tronke vrygelaat is. Dan is nog meer geweld en moorde op die mense van Suid-Afrika losgelaat.
“Ek onthou dat Mandela sommige van die slegste diktature en menseregte-mishandelaars in die wêreld ondersteun het, soos Fidel Castro, Ghaddafi in Libië, Suddam Hussein in Irak en Robert Mugabe in Zimbabwe. Nie een van hulle was te sleg om deur Mandela in Suid-Afrika ontvang te word nie ― en dan is hy deur die wêreld geëer as ‘n menseregte-kampioen.
“Ek onthou dat meer as 100 000 mense onder Mandela se heerskappy vermoor is. Dit is ‘n gemiddeld van 25 000 mense elke jaar. Daarby moet in vergelyking gebring word die moorde van 170 per jaar onder die blanke bewind van 1948 tot 1989.
“Ek onthou dat in die eerste 4 jaar van sy bewind die Suid-Afrikaanse wisselkoers 80% van sy waarde verloor het. Ook het 2,8 miljoen werksdae as gevolg van stakings verlore gegaan. Die land se skuld het ook onder Mandela verdubbel.
“Bo alles onthou ek dat die man Nelson Mandela ‘n mislukking was. Hy was nie die magiese mite wat ons gedwing word om te glo nie. Al het die wêreld hom opnuut verpak en ‘n nuwe etiket om hom gehang, was hy steeds dieselfde moordenaar en terroris en kommunis wat hy altyd was”.