Senekal: Stop die terroriste-moorde
Die protesaksie op Senekal het ‘n duidelike boodskap aan die ANC-regime oorgedra dat boere in Suid-Afrika dit nie langer sal duld dat die terroriste-oorlog teen Blankes op hulle plase voortgaan nie.
Die boodskap is duidelik dat omdat die regime hulle nie steur aan die moorde en plaasaanvalle nie, die tyd aangebreek het dat boere self vir hulle veiligheid sal sorg en self die reg in hande gaan neem om die moordenaars te laat boet.
Die gebeure op Senekal het ‘n duidelik streep getrek: die ANC-regime is die Witman in Suid-Afrika vyandig gesind. Die Blankes van hierdie land hoort nie binne dié kommunistiese bestel nie. Ons moet daar uit. Ons moet buite die bestel ons vryheid herstel.
Dit is duidelik dat die Blankes moeg is om die muishond van Suid-Afrika te wees. Die ANC behoort te weet dat dit die Blankes (en veral die boere) is wat die ekonomie aan die lewe hou. Sou hierdie werk in protes opgeskort word, verval Suid-Afrika nog verder as rommelstatus. Die oorlewing van elke landsburger sal op die spel geplaas word.
Die protes by Senekal se hof was nie onverwags nie. Dit wat op Senekal gebeur het, het by die Vaalhartsverhoor met erns begin. Daarna het dit na verskeie verhore veral in die Noord-Transvaal uitgebrei. Die polisie moes geweet het dat een of ander tyd so ’n protes ’n sekere mate van geweld sou oplewer.
Die feit dat twee ministers hulle uitgespreek het teen die protesaksie, wys dat die optrede by Senekal die ANC tot in sy wortels geruk het. Die boodskap was duidelik dat die Blankes nie soos bokke na die slagpale gedweë oorgegee het nie. Die regime het nie vewag dat die onreg teen die Blankes by ’n punt gaan kom waar die Blankes ook in gewelddadige protes kan optree nie.
‘n Segsman op Senekal het tydens die protesaksie geëis dat die ANC se minister van polisie, Cele, moet bedank. Natuurlik! Dit is Cele wat op Normandien die boere die skuld vir die (on)veiligheidstoestand op die plase gegee het. Dit is Cele wat boere beskuldig dat dit hulle skuld is dat daar swak menseverhoudings tussen wit en swart is, terwyl veediefstal al hoe meer aggressief raak. Die skade op Senekal vloei direk uit Cele se aggressie.
Die minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola, het die boere se optrede in baie skerp terme aangeval. Volgens hom is dit ontstellend dat lede van die publiek eiendom beskadig in ‘n vry en demokratiese Suid-Afrika. Volgens hom is die optrede op Senekal ‘n onverskoonbare aanval op wetlikheid en die regstelsel.
Lamola kan gerus in sy uitsprake wys waar hy hom uitgespreek het teen die BLM se optrede waar hulle eiendom beskadig het en mense se lewens in gevaar gestel het. Waar was dié uitsprake telkens wanneer ‘n standbeeld beskadig of omgegooi is? Was daardie optredes wetlik binne die regstelsel of was dit ook weer ‘n geval dat die wet net soms en net vir sommiges geld?
Hy het ook beklemtoon dat betogers nie privaat of openbare eiendom mag beskadig nie, want “wanneer dit gebeur, kan die samelewing die risiko loop om in anargie te verval”. Miskien moet die minister nou duidelik kennis neem: as gevolg van die regime se onvermoë om wet en orde te handhaaf, het die land nie net in anargie verval nie. Dit het op alle gebiede totaal in duie gestort. Die skuldige is die ANC-regime wat nie in staat is om swart terroriste moordbendes te arresteer en wet en orde te handhaaf nie.
Wie is dit (indien hulle gearresteer word) wat telkens in die hof verskyn wanneer ‘n blanke wreedaardig vermoor word? Dit is swart terroriste!
Die ANC moet ‘n slag weer na sy eie Wet Nr 33 van 2004 kyk. Artikel 25 handel oor die Wet op die Beskerming van Konstitusionele Demokrasie teen Terroriste- en verwante Aktiwiteite.
Daarin staan: “entiteite wat terroriste- of verwante aktiwiteite pleeg of poog om dit te pleeg, of daaraan deelneem of die pleging van terroriste- of verwante aktiwiteite fasiliteer… moet stappe doen… ten einde terroriste- en verwante aktiwiteite te voorkom of te bekamp”.
Senekal se boodskap is duidelik: Stop die terroriste-aanvalle en verwante aktiwiteite. Indien nie, is dit ons boere se reg om self teen die terroriste op te tree.