Daar is baie meer behoefte aan ‘n noodtoestand om die geweld en anargie in die land hok te slaan, as aan ‘n noodtoestand om mense se lewens in te perk ter wille van ‘n virus wat nog nie eens een persent van die bevolking geraak het nie.

Dit was die mening van ‘n politieke waarnemer wat met Die Afrikaner gepraat het. “Daar word gedurig gepraat oor wat die Covid-19 inperkings aan die ekonomie gedoen het, en heeltemal met reg. Maar die invloed van die stakings, onluste, brandstigting en anargie word selde, indien ooit, in ekonomiese terme uitgedruk, waarskynlik omdat dit feitlik ‘n onbegonne taak is om dit te bereken,” sê die waarnemer. Die land was vasgevang met die brande in Kaapstad teen Tafelberg, wat ook daartoe gelei het dat die Universiteit van Kaapstand groot skade gely het. Onder andere is dié instelling se biblioteek vernietig (foto hierbo), en daar word nou druk bespiegel oor hoe die vuur daar uitgekom het, aangesien die biblioteekgebou op die kampus deur ander geboue omring is, en daardie geboue feitlik niks oorgekom het nie. 

Daar was drie brande, en na die derde brand is ‘n Tanzaniër wat teen Duiwelspiek woon, daarvoor gearresteer. Inmiddels sê kenners dat die eerste twee brande ook aangesteek moes gewees het. 

In Piet Retief het onluste ook uitgebreek, aangevuur deur lede van die ANC en EFF, nadat vier boere op omstrede wyse gearresteer is na ‘n oor en weer skietery waartydens twee skynbaar oproerige plaaswerkers doodgeskiet is en die boere nou daarvoor vervolg word. Terwyl geweldenaars en brandstigters buite rondloop en die ekonomie verwoes, is die boere, wat geen vlugrisiko is nie, steeds agter slot en grendel totdat hulle borgtogaansoek  afgehandel is.

Die ANC-leier sou Winburg in die Vrystaat besoek het op 27 April. Dit is egter gekanselleer en hy gaan nou op die betrokke dag elders in die provinsie  optree, met die gevolg dat Winburg se swart inwoners ook op hulle agtervoete is, paaie met klippe versper, bande brand en anargie pleeg. Dit het oorgeloop
na nabygeleë munisipaliteite soos Brandfort en Theunissen.amaphosa se sosialistiese plan.

Die polisie blyk geensins meer in staat te wees om wet en orde te handhaaf nie. Die Kaapse vlakte word deur bendes met outomatiese gewere regeer,
en die polisie durf nie daar ingaan nie. Op ‘n onlangse landelike veiligheidsvergadering in ‘n Noord-Transvaalse dorp, het dit ook aan die lig
gekom dat daar bendes bedrywig is, en dat die polisie nie daar durf ingaan nie. “Hoe meer wapens die bendes het, hoe minder gaan die polisie daar
in,” was een van die aanwesiges se beskuldiging na die polisie.

Die HNP se hoofsekretaris, mnr. Hermanus van der Schyff, sê hy hou nie daarvan om negatief te wees en dit op sosiale media te deel nie. “Maar kyk
mens vandag net na berigte in Beeld, gaan dit net oor chaos en mislukkings. In Piet Retief word die blykbare onskuldige ouens in die selle gegooi as
die skuldiges en hulle kan nie borg kry nie, omdat dit die oproeriges buite net verder sal opstook. So betogers bepaal of jy in aanhouding bly of nie.

“Wolmaransstad het probleme met water en riool. En ons weet dit is nie die enigste dorp met sulke probleme nie. Klerksdorp het probleme wat die
ANC nie kan hanteer nie. In die Vrystaat is daar probleme in verskeie dorpe. Nêrens is daar voorspoed en vrede nie.” 

Mnr. Van der Schyff vra hoe dit reggemaak kan word en besef daar is geen maklike antwoord nie. “Afrikaners wat bymekaar hoort en op dieselfde
grondbeginsels staan, moet begin saamwerk. Soos mnr. Jaap Marais gesê het: ‘bring bymekaar dié wat uit innerlike beginsels bymekaar hoort’. Dan
kan ons saam aan groter aksies werk.”