ANC se sentralisering van Mag:
Die ANC-regering poog om beheer te neem van alles in Suid-Afrika.
Dit sluit in die groot aantal staatsinstellings soos Eskom, Prasa, SAL, Denel, en ander.
Laat ons kyk hoe dié situasie reeds toegepas word:
– die SAL is vir baie lank reeds in ’n finansiële verknorsing en het ekonome aangedui dat die SAL onder andere te veel personeel het. Daar is egter niks daaromtrent gedoen nie is daar steeds, met Pravin Gordhan as minister, miljarde fondse beskikbaar gestel sodat die lugredery kan voortgaan om te bestaan en steeds ’n staatinstelling te bly. Daar is geen plan gemaak om die korrupsie en gewone diefstal te verhoed nie. Inteendeel, dit het net voortgegaan totdat die SAL so bankkrot was dat daar geen ander uitweg was as om die SAL in sakeredding te plaas nie.
– soortgelyke aksies het by Eskom gebeur. Terwyl deskundiges aangedui het dat daar ook te veel personeel in diens is, het die staat net geld beskikbaar gestel. Aan die anderkant is gespog oor hoe Eskom die arbeidsmag meer verteenwoordigend maak en nuwe sakemanne bevoordeel en nuwe myne ook kans gee om steenkool aan Eskom te lewer. Of hierdie steenkool aan die vereistes voldoen het en of hul pryse billik was, het nie saakgemaak nie. Of die kontrakteurs wat aangestel was die werk waarvoor hulle aangestel was na behore kon doen, het nie saak gemaak nie. Eskom sou mos met staatsgeld oorleef. Die staat was tog net te trots oor hoe swart bevoordeling geslaag het. Asof geld alleen Eskom sou red. So het dié benadering in hul gesigte ontplof toe beurtkrag ingestel moes word omdat instandhouding nie na behore gedoen is nie. Ons ekonomie het as gevolg van beurtkrag opgehou groei.
– wetgewings in deur die ANC ingestel wat dit moeilik maak om nuwe besighede te stig en dan is daar nog allerhande voorskrifte oor hoe die personeel saamgestel moet word. Daar is ook voorskrifte oor aan wie die maatskappye mag behoort wat mense ontmoedig om nuwe besighede te begin. En nou sit Suid-Afrika met een van die grootse werkloosheidsyfers in die wêreld.
Dit is ook hierdie smag om alles te beheer waarom die grondwet gewysig moet word om grond en ander bates sonder vergoeding te vat. Ook die pensioenfondse moet deur die staat voorgeskryf kan word waar en hoeveel daar belê mag en moet word.
So wil die ANC ook met hul Nasionale Mediese Versekering die mediese praktyk van die land beheer. Hulle het ’n konsep-wet oor hoe hulle sport wil beheer. Die samestelling van leerlinge in skole word al meer voorgeskryf. Universiteite se taalbeleide is aangepas.
So kan aangegaan word.
Laat ons eers hiermee volstaan.