SA staat misluk daagliks al hoe meer.
Die Suid-Afrikaanse staat is besig om sienderoë te misluk en die groot rede daarvoor is die ANC-bewind se beleid van swart bevoordeling, eiebelang, selfverryking en laaste maar nie die minste nie patetiese leierskap van heel bo tot heel onder.
Dié soustrein het nou ʼn sneltrein geword wat op die afgrond afstuur sonder dat daar enige moeite gedoen word om dit te stop. Die tragedie daarvan is dat diegene wat die stelsel nog grootliks aan die gang hou, die blanke belastingbetaler teen wie daar op elke denkbare wyse gediskrimineer word, passasiers op die trein is en saam die afgrond in gaan tuimel.
Die onlangse geweld en plundering van barbaarse massas in Natal en Witwatersrand het getoon hoedie land se veiligheidsinstellings geen beheer meer kan toepas nie. Die hoogdrawende “versekering” dat daar geen onluste geduld sal word op 23 Augustus, soos die sosiale media voorspel het, was niksseggend, want niemand sal sodanige voorneme
vooraf bekend maak en sy verrassingselement daarmee prysgee nie.
Toe Cyril Ramaphosa met sy niksseggende kabinetskommeling kans gekry het om van die swakkelinge ontslae te raak, het hy die kans laat verbygaan. Bheki Cele is steeds daar as minister van polisie, en moes die jongste misdaadsyfers bekendstel. Daardie syfers het getoon watse reuse mislukking hy is, en in welke gevaarlike toestand elke landsburger verkeer in hierdie misdaadparadys. Cele het nie die vermoë om die korrupte en dikwels oorgewig polisie reg te ruk nie.
Die misdaadsyfers is skokkend
Alle kontakmisdaad in die land het in die eerste kwartaal van die finansiële jaar met dubbelsyfers toegeneem teenoor die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.
Moord het met 66,2% toegeneem en van begin April tot einde Junie is 5 760 mense vermoor. Dit is 2 295 meer as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Ander kontakmisdaad buiten moord, wat insluit poging tot moord, seksuele oortredings en alle vorme van aanranding is op met 60,6%. Daar is 76 936 aanrandingsake aangemeld, en verkragting het met ʼn ongelooflike 72,4% die hoogte ingeskiet. Dit is egter bekend dat talle aanrandingsake van minder ernstige aard nie eers meer gerapporteer word nie, en dat polisiestasies mense dikwels ontmoedig om die sake wel aan te meld, omdat dit hulle sal laat sleg lyk.
Dieselfde geld met plaasaanvalle. Tog is daar 181 plaasaanvalle gerapporteer waartydens 15 mense vermoor is.
Uiters gewelddadige transito-rooftogte het met 142,1% gestyg, en motorkapings met 92,2%!
Cele het bowendien probeer om die syfer toe te smeer deur dit te vergelyk het verlede jaar sestreng inperkings. Waarnemers glo Cele gaan die syfers gebruik om druk uit te oefen dat daar weer streng inperkings ingestel moet word, veral omdat die daaglikse nuwe Covid-gevalle nie noemenswaardig afneem nie.
Tydens die bekendmaking van die misdaadstatistiek het Cele aan ʼn joernalis erken dat geen nuwe rekrute die afgelope twee finansiële jare ingeneem is nie, wat beteken dat daar tans ʼn tekort is van 14 000 polisielede. ʼn Oud-polisieman het aan Die Afrikaner gesê dat die polisie se onvermoë nou daagliks toeneem. “Die laaste goed opgeleide polisielede nader hulle pensioen, sommiges het reeds op vervroegde pensioen gegaan en ander bedank net voor hulle met pensioen moet gaan, sodat hulle hul pensioengeld uitbetaal kan kry, omdat hulle nie die staat met hul pensioengeld vertrou nie. As dinge vandag sleg lyk in die polisie, hou dop oor die volgende drie tot vyf jaar,” sê hy.
In sy reaksie op die misdaadstatistiek het mnr. Henry Geldenhuys, president van TLU SA, gesê: “Slim woorde verander nie die feit dat 5 760 mense in drie maande in Suid-Afrika vermoor is nie. Waar op aarde is dit aanvaarbaar dat 2,7 mense per uur
doodgemaak word? Dit is waansinnig.”
Areid
Die tweede groot skok wat in die toekoms die misdaadprentjie nog ellendiger gaan laat lyk, is die werkloosheidsyfers. Die amptelike werkloosheidskoers het tot 34,4% gestyg en is die hoogste nog.
Die uitgebreide werkloosheidskoers, wat ontmoedigde werksoekers insluit, het egter tot 44,4% gestyg, oftewel met 3,4 miljoen teenoor dieselfde tydperk verlede jaar.
Sowat 64,4% van die jeug tussen die ouderdomme van 15 en 24, is werkloos en 33% of 3,3 miljoen van hierdie ouderdomsgroep is in geen vorm van onderrig of opleiding nie. Jeug tussen die ouderdomme van 25 en 34 se werkloosheidskoers is 42,9%.
Hoe meer mense werkloos raak, hoe meer tyd het hul vir kwaaddoen en gaan hul tot misdaad wend.
Die ANC-bewind weier egter om af te sien van sy belaglike minimum lone beleid, waarvolgens beide werkers en werknemers die reg ontsê word om te onderhandel oor werk en gekoppelde vergoeding. “Die ANC maak geen geheim daarvan dat sosialisme die beleidsrigting is wat hulle as regering nastreef nie,” sê mnr. Geldenhuys van TLU SA. “Die probleem met die ANC se plan is egter dat sosialisme en kommunisme nooit daartoe lei dat ʼn land ekonomies vooruitgaan nie. Dit is ook nooit volhoubaar nie. Wanneer almal in die land ewe arm is, is dit nie vooruitgang nie.”
TLU SA stel voor dat alle beleide wat teen vryemark-beginsels indruis, onmiddellik gestaak moet word, dat wetgewing wat privaat besitreg aantas geskrap word, fokus op ware opleiding sodat mense bemagtig word om die arbeidsmag op meriete
te betree, en maak dit makliker vir werkverskaffers soos boere – wat kwartaal na kwartaal ʼn toename in werkverskaffing toon (8,7% tussen April en Junie) – om werkers in diens te neem en te hou.
Uit Die Afrikaner van 27 Augustus 2021