Linkse Amerikaanse aanbieder plaas ’n saadjie:
Die kwessie van inentings vir Covid-19 is besig om ‘n vuurwarm debat te word, met onderliggende dreigemente dat daar ‘n Covid-paspoort uitgereik kan word aan mense wat geënt is, wat hulle voordele gee en dat ongeënte mense sekere voordele gaan verbeur.
Die Grondwetlike Hof gaan waarskynlik eersdaags ‘n mening moet uitspreek of geloofsbeginsels genoegsame rede is om die entstof te weier, en of werkgewers of selfs die staat mense mag dwing om die inenting te neem.
Intussen word wyd bespiegel oor die veiligheid al dan nie van die Sjinese virus se entstowwe. Die Afrikaner het dit goedgedink om ‘n lywige maar insiggewende meningsartikel deur ‘n voormalige HNPjeugleier en voormalige redaksie-lid van Die Afrikaner
te publiseer oor sy persoonlike standpunt oor die onderwerp, en ons hoop om daarmee waarde aan die debat te voeg. Die artikel verskyn op bl. 5.
Hoe ver die veldtog vir inentings gevoer gaan word, is tans nog onseker. In Amerika het die ver-linkse mede-aanbieder van “The View”, Joy Behar, die gedagte begin propageer dat oningeënte mense nie mediese hulp verdien nie, omdat hulle “gekies het om die wetenskap te trotseer” en “gekies het om na die leuens te luister van Fox News”, omdat pasiënte met ander behoeftes nie hospitaalbeddens sou kon kry nie. Dit beteken dat daardie mense dus willens en wetens aan die dood oorgelewer sou word, terwyl byvoorbeeld kankerpasiënte wat bestraling of chemoterapie sou weier, wel behandel sal word.
Die vraag is dan ook wat sal die geval wees met behandeling van mense wat byvoorbeeld rook?
Dit wil egter voorkom of hierdie ‘n poging sou kon wees om sodoende van die “moeilike” mense ontslae te raak, want diegene wat nie dadelik bereid is om die entstof te neem nie, is meestal die meer kritiese en ondersoekende deel van die bevolking
wat nie in linkse kringe welkom is nie.
Met die plaaslike regeringsverkiesings wat op 1 November vanjaar gaan plaasvind, sal dit nie verbaas as daar ook ‘n inentingsvoorwaarde aangekoppel gaan word nie. Die feit dat daar egter reeds bespiegel word dat die inperkingsvlak verlaag gaan word sodat groter byeenkomste kan plaasvind en politieke partye werwing kan doen, plaas ‘n verdere vraag oor die aard van die toestand en die maatreëls wat telkens ingestel word.
Uit Die Afrikaner 2021