Deur Jan-Tinus Smuts
“Ons is op die rand van ‘n wêreldwye transformasie. Al wat ons benodig is die regte groot krisis en al die nasies sal die Nuwe Wêreld Orde aanvaar,” het wyle David Rockefeller op 14 September 1994 by die VN Besigheidskonferensie gesê. Sy familie
is internasionale bankiers wat na bewering deel is van ‘n komplot om ‘n een wêreld diktatuur te vestig. Daar is ook bewerings dat dit deel van die Geldmag (wat “Big Tech” en “Big Pharma” insluit) se planne is om die wêreldbevolking drasties te verminder en dat Covid-19 en die entstowwe daarteen, deel uitmaak van hierdie planne.
Niemand sal kan ontken dat die Covid-19 pandemie kwalifiseer as so ‘n “groot krisis” soos waarvan Rockefeller gepraat het nie. “Big Pharma” sluit ook maatskappye soos byvoorbeeld Pfizer en Johson & Johnson in.
By geleentheid het mnr. David Rockefeller erken dat hy en sy familie deel is van ‘n plan om ‘n eenwêreldregering daar te stel:
“Sommige glo dat ons deel is van ‘n geheime kabaal wat teen die beste belange van die VSA werk en word ons as internasionaliste” gekaraktiseer en dat ons in ‘n sameswering met ander van reg rondom die wêreld is om ‘n meer geïntegreerde globale politieke en ekonomiese struktuur te vestig – een wêreld, as jy wil. As dit die aanklag is, staan ek skuldig en ek is trots daarop.”
Hoofstroommedia en regerings beweer egter die entstowwe is veilig… Volgens hulle is dit net “fopnuus” dat daar ‘n komplot is en ook fopnuus dat die entstowwe gevaarlik is. Regerings en gesondheidsinstansies moedig mense aan om die entstowwe te neem. In Suid-Afrika moedig ook die Solidariteitbeweging (waarvan Afriforum deel is) mense aan om die entstowwe te neem. Volgens mnr. Flip Buys van Solidariteit is die “entstowwe veilig” en op Twitter het hy beweer daar “is seker al jare” se navorsing daaroor gedoen. Die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) is egter op 30 Desember 2019 vir die eerste keer ingelig van mense wat in Wuhan, Sjina, siek is van ‘n onbekende virus wat later bekend sou word as Covid-19.
Dit is dus vir die gewone man en vrou op straat baie moeilik om te weet wie hulle moet glo en wat die waarheid is. In Sosiologie as wetenskap word gepraat van die mens se geloofwaardigheidstruktuur (plausibility structure).
Dinge daarbinne word onmiddellik geglo; dinge wat dit weerspreek, word eenvoudig nie geglo nie. ‘n Persoon se geloofwaardigheidstruktuur word gevorm deur wat hy leer op skool en universiteit, deur sy familie, vriende, die regering, maar seker ook twee van die mees invloedrykste meningsvormers: Hollywood en die media.
As ons rolprent na rolprent kyk waarin die hoofkarakters almal dieselfde glo en dieselfde optree, neem ons geleidelik onbewustelik die idee op dat dít is hoe ‘n mens veronderstel is om op te tree. Dieselfde met televisie en die hoofstroommedia. Wanneer sekere idees as “feite” herhaal word op ‘n gereelde basis, begin mense dink dat dit dan die
waarheid moet wees. Enigiets anders, ongeag hoe goed dit gemotiveer en bewys word, sal by die gemiddelde mens as “fopnuus” beskou word. Tans word die mensdom wêreldwyd gebombardeer met Covid-19 pro-entstof propaganda. Mense hoor by hulle opvoedingsinstellings, regerings, gesondheidsinstellings en plaaslike media dat die Covid-19-entstowwe “veilig” is. Stelselmatig verander ‘n bevolking se geloofwaardigheidstruktuur. Dit is bitter min mense wat sterk genoeg wilskrag het om objektief te bly dink onder sulke omstandighede.
Is die sogenaamde entstowwe veilig?
As mens hoofstroommedia en regerings glo, dan is dit. Die indruk word geskep dat die wetenskap “bewys” het dat die entstowwe veilig is. Wat min mense egter besef, is dat wanneer wetenskaplikes of medici tans hulle bekommernisse oor die “entstowwe” uitspreek, dan word hulle geïsoleer en geviktimiseer. Hulle word gedreig en gediskrediteer. Dit is nie “polities
korrek” om teen “Big Pharma” en die Covid-19-“entstowwe” te praat nie. Dit beteken moontlik die einde van ‘n wetenskaplike of dokter se loopbaan indien hulle dit sou durf waag om hul eerlike mening te gee oor die gevare verbonde aan hierdie entstowwe” wat in rekord tyd ontwikkel is.
Dit is ‘n feit dat wetenskaplikes wat in die verlede bewyse gevind het wat die algemeen aanvaarde mediese wetenskap verkeerd bewys het, erg geviktimiseer was en hulle het nie weer maklik befondsing vir navorsing gekry nie. Daarenteen het
wetenskaplikes wat in lyn met die aanvaarde idees oor wetenskap, verdere “bewyse” daarvoor gekry het, maklik befondsing gekry.
‘n Mens kan verstaan waarom medici en wetenskaplikes onder sulke omstandighede versigtig sal wees om nou teen Big Pharma se “entstowwe” bewyse te lewer en hulleself teen dit uit te spreek. Al kan hulle bewys die “entstowwe” is gevaarlik en nie behoorlik getoets nie, weet hulle dat hulle deur die “establishment” genadeloos aangeval en gediskrediteer sal word.
Twee voorbeelde is in die redaksionele kommentaar van Die Afrikaner van 26 Augustus 2021 genoem: “Dr. Susan Vosloo word by die mediese raad aangekla van “onetiese gedrag”, omdat sy net gesê het dat daar bepaalde risiko’s is om ingeënt te word, en dat van die maatskappye wat entstof maak, al voorheen by onetiese praktyke verbind was. Sy stel ʼn feit, en is bloot versigtig. Dit is egter nie meer toelaatbaar nie, en waar sy een van die knapste hartspesialiste is, is al haar kennis en ervaring
skielik niks werd nie, omdat sy nie klakkeloos saamsing met die koor van die “establishment” nie.
Dieselfde lot tref prof. Tim Noakes. Hy het bloot gesê dat die Covid-entstof nie met ander entstowwe soos vir pokke en masels vergelyk kan word nie, want dit voldoen nie aan die definisie van ‘n entstof soos hy op mediese skool geleer het nie. Sy vrees is dat mense mislei word, en hy vra net vir deursigtigheid – iets wat nie meer werklik bestaan as dit gaan oor die Covid en entstof debatte nie. Ene prof. Shabir Madhi van Wits het aanbeveel dat prof. Noakes sy geld van die mediese skool moet terughaal.”
Eerlike wetenskap is wanneer wetenskaplike menings van kundiges altyd gerespekteer word in belang van die waarheid en dan kan daar gesprek oor gevoer word. Dit is ‘n feit dat die Covid-19-“entstowwe” nie voldoen aan die vereistes van ‘n tradisionele entstof nie. Daar is verskillende fases waardeur ‘n potensiële entstof moet gaan, voordat dit goedgekeur kan word vir menslike gebruik. Die tydperk daaraan verbonde is ten minste tien jaar… Die sogenaamde “entstowwe” wat nou beskikbaar is, is nie so lank getoets nie. Die entstof teen polio het byvoorbeeld 47 jaar gevat om ontwikkel
en goedgekeur te word.
Dr. Jean Maritz, kliniese viroloog by Pathcare asook ʼn senior lektor by die fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch, is ‘n groot ondersteuner van die Covid-19-entstowwe. Volgens ‘n artikel op Solidariteit se webwerf (22 Januarie 2021), het hy egter die volgende aan hulle erken: “Daar is nog nie sekerheid
oor die langtermyn-uitwerking van die vaksine nie, bloot omdat ons nog nie die tyd gehad het (vyf tot tien jaar) om dit te bepaal nie. Data oor die uitwerking op die vaksienkandidate is nog net vir die afgelope ses tot agt maande beskikbaar, en die langtermyneffek daarvan sal dus eers later bepaal kan word.” Daar is wêreldwyd top-wetenskaplikes wat hul kommer oor die Covid-19 entstowwe uitspreek. Dr. Astrid Stückelberger, ‘n Switserse kenner van openbare gesondheid, doen en evalueer wetenskaplike navorsing vir beleidmakers soos die WGO en die Europese Unie al reeds vir 25 jaar lank. Sy is bekommerd
oor botsende belange by die WGO asook hulle totale gebrek aan etiek. Dr. Stückelberger is veral bekommerd oor die manipulasie van gesondheidsorg om ‘n wêreldwye diktatuur te skep, oortredings van die Neurenbergkode, sowel as bedreigings vir ons gesondheid en welstand as gevolg van Covidtoetsing en “entstowwe” en ‘n verskeidenheid nuwe
tegnologieë. Die onderhoude met haar is beskikbaar op https://planetlockdownfilm.com/full-interviews/ en lesers word aangeraai om al drie video-onderhoude wat met haar gevoer is te kyk. Nog ‘n topwetenskaplike wat waarsku dat die Covid-19 entstowwe nie veilig is nie, is Prof. Byram Bridle wat ‘n top virale immunoloog is. “Nuwe navorsing toon dat die Koronavirus spike-proteïen uit Covid-19-inentings onverwags die bloedstroom binnedring, wat ‘n aanneemlike verklaring is vir duisende van die gerapporteerde newe-effekte van bloedklonte en hartsiektes tot breinskade en voortplantingsprobleme,” het prof. Bridle gewaarsku. Volgens hom is ‘n groot fout begaan met die vervaardiging van dieentstowwe teen die Sjinese virus. Hy is natuurlik vanuit alle oorde veroordeel oor sy standpunt.
Die Franse viroloog en Nobelpryswenner, Luc Montagnier, het ook teen die Covid-19 entstowwe gewaarsku: “Dit is duidelik dat die nuwe variante as gevolg van die inenting deur teenliggaam-gemedieerde seleksie geskep word.” Met ander woorde, die nuwe variante word juis versprei deur mense wat die inenting ontvang het…
Volgens ʼn Franse mediese professor, Christian Perronne, is ingeënte mense die gevaar vir ander. “Dit is nou in verskeie lande bewys dat veral mense wat ingeënt is, in kwarantyn geplaas moet word. Ongeënte mense is nie gevaarlik nie, ingeëntes is ‘n gevaar vir ander,” aldus prof. Perronne (lees die volledige berig in Die Afrikaner van 26 Augustus 2021).
Hy was lank voorsitter van ‘n komitee wat die Franse regering adviseer oor inentingsbeleid.
Die gedwonge massa-inenting van die mensdom sal beskou word as een van die dodelikste en duurste mediese foute in die geskiedenis, het ‘n bekende pionier in die vroeë behandeling van die Covid-19-siekte, die kardioloog en internis van Texas, dr.Peter McCullough, gesê. Hy het verwys na die mees onlangse data van die Amerikaanse “Vaccine Adverse Event Reporting System” (VAERS), asook data vanaf Brittanje en Israel waar Covid-19-gevalle vermenigvuldig het onder mense wat reeds ingeënt is. Hy verwys na regerings wêreldwyd wat opsetlike disinformasie en propaganda versprei wat voorgee dat die “entstowwe” effektief en veilig is. Die werklikheid is egter presies die teenoorgestelde.
Israel was die eerste land wat sy bevolking met Pfizer ingeënt het. Tagtig persent van die volwassenes daar is volledig ingeënt, maar Covid-19-gevalle en ernstige hospitalisasies het sedert die begin van Julie twintigvoudig toegeneem. Die media het beweer dat die ernstigste nuwe gevalle onder die oningeëntes was, terwyl hulle versuim het om te meld dat die meerderheid (meer as 80%) van die nuwe gevalle wat deur die Israeliese ministerie van gesondheid aangemeld is, juis onder ingeëntes is.
Ten spyte daarvan dat hulle ingeënt is, het hulle so ernstig siek geword dat hulle in die hospitaal opgeneem moes word… Dit behoort vir enige regdenkende mens rooiligte te laat flikker!
In die Verenigde Koninkryk het meer as ‘n driekwart van die volwasse bevolking (76%) twee dosissevan ‘n Covid-19-inspuiting ontvang en byna 90% van die volwassenes het ten minste een dosis gekry. Tog het die aantal Covid-19-pasiënte wat in die hospitaal opgeneem is, sedert die begin van Junie vanjaar sewevoudig gestyg. Die mees onlangse Britse verslag oor ‘variante van kommer’ wat deur Public Health England gepubliseer is, het aan dielig gebring dat 58% van die sterftes deur Covid-19
onder die volledig ingeëntes is. Die getal styg tot 67% wanneer diegene ingesluit word wat ‘n enkele dosis van ‘n Covid-19-entstof inspuiting gekry het.
Volgens ‘n artikel wat deur die Stigting vir Ekonomiese Opvoeding (Foundation for Economic Education (FEE)) gepubliseer is, het “nuwe navorsing bewys dat natuurlike immuniteit eksponensieel meer beskerming bied as Covid-19-entstowwe. Anders
gestel, mense wat ingeënt is, was 27 keer meer geneig om ‘n simptomatiese Covid-infeksie te kry as diegene met natuurlike immuniteit teen Covid-19.” Martin Kulldorff, professor aan die Harvard Mediese Skool, het volgens FEE gesê navorsing wat toon dat natuurlike immuniteit eksponensieel meer beskerming bied as entstowwe, beteken dat entstofpaspoorte onwetenskaplik en diskriminerend is. Volgens prof. Kulldorff verkry mens natuurlike immuniteit teen Covid-19 indien jy reeds die siekte onderlede het of gehad het.
Michael Yeadon was ‘n wetenskaplike navorser en vise-president by die dwelmreus Pfizer Inc. Hy was medestigter van ‘n suksesvolle biotegnologie. Einde verlede jaar was die semi-afgetrede Britse wetenskaplike mede-outeur van ‘n petisie aan die Europese gesondheidsreguleerder, waarin hulle die reguleerder vra om die kliniese toetse met Covid-19-entstof te stop. Hulle het gewaarsku dat die Covid-19 entstowwe onvrugbaarheid by vroue kan veroorsaak.
Wat sal die motief wees vir al hierdie top-wetenskaplikes en kenners om hulle reputasies op die spel te sit deur teen die stroom op mense teen die “entstowwe” te waarsku? Wat kan hulle daardeur wen? Die antwoord is: níks nie. Hulle waarsku mense omdat hulle glo dit is hulle plig om dit te doen, ten spyte van die gevolge vir hulle eie loopbane en reputasies. Anders as met wetenskaplikes wat beweer die Covid-19-“entstowwe” is veilig, kan daar nié beweer word dat wetenskaplikes wat téén die “entstowwe” is deur die groot farmaseutiese maatskappye omgekoop is nie.
Die eerste na-doodse ondersoek ooit van ‘n pasiënt wat teen Covid-19 ingeënt is, het aan die lig gebring dat virale RNA (spike-proteïene) in elke orgaan van die pasiënt se liggaam gevind is, wat beteken dat die entstof óf ondoeltreffend is óf dat die Koronavirus eintlik vinniger by ingeëntes versprei. Die wetenskaplike verslag uit Duitsland wat in Junie deur die International Journal of Infectious Diseases gepubliseer is, het die lykskouing van ‘n 86-jarige man wat ‘n enkele dosis van die SARS-CoV-2-entstof gekry het, ondersoek wat vier weke later dood is nadat hy besmet met die Sjinese virus geraak het.
Daar kan nog baie geskryf word oor redes waarom die sogenaamde “entstowwe” nie veilig is nie, maar ‘n enkele artikel is te kort daarvoor. Daar is byvoorbeeld nog die mense wat deelgeneem het aan die Pfizer-proewe. Hulle het baie ernstige neweeffekte ervaar, maar Pfizer het dit onder die mat ingevee en hoofstroommedia swyg daaroor. As mens kyk na die geskiedenis van die groot farmaseutiese maatskappye, dan is dit skokkend hoe uiters oneties hierdie maatskappye optree. Hulle gee duidelik glad nie om vir menselewens nie, al waarin hul belangstel is om nog meer geld te maak. En gesonde mense beteken minder geld vir hulle…
In 2009 was Pfizer gedwing om $2.3 miljard te betaal as gevolg van hulle onetiese optrede. Dit het ‘n rekord boete van $1.3 miljard ingesluit omdat hulle skuldig bevind is aan ‘n strafregtelike oortreding. Pfizer het onder andere dokters omgekoop.
‘n Fluitjieblaser het beweer dat verkoopspersoneel aangemoedig is om Bextra aan dokters te verkoop vir toestande waarvoor die geneesmiddel nie goedgekeur was nie en in dosisse tot agt keer die aanbevole hoeveelheid: “By Pfizer moes ek ten alle
koste die wins verhoog, selfs as verkope lewens in gevaar stel. Ek kon dit nie doen nie,” het hy gesê.
Johnson & Johnson het ook onveilige produkte aan die publiek verkoop, wat gelei het tot ‘n aantal produkherroepings en hofsake deur die jare. Byvoorbeeld, in 2018 het ‘n jurie in Missouri die maatskappy beveel om $4,7 miljard skadevergoeding
aan 22 vroue te betaal wat beweer het Johnson & Johnson se babapoeier-produkte het eierstokkanker by hulle veroorsaak.
Persoonlik ken ek twee mense wat tussen 3 en 4 weke nadat hulle die “entstof” geneem het, Covid-19 gekry het en toe in die hospitaal dood is. Indien mens op sosiale media kyk, lees mens ook van baie mense wat iemand persoonlik ken wat ‘n paar
weke nadat hulle die “entstof” geneem het, sterf. Sommige kry bloedklonte of hartaanvalle, ander kry Covid maar die eindresultaat is dieselfde: die dood.
Dan is daar na bewering ook mense wat ernstige newe-effekte ervaar soos byvoorbeeld verlamming en spierprobleme.
Die Amerikaanse “Food and Drug Administration “(FDA) het ook erken dat mense wat die Covid-entstowwe neem “ernstige en onverwagse newe-effekte mag ervaar.
“Om die vraag te beantwoord of die Sjinese virus se “entstowwe” veilig is, kan mens in die lig van bogenoemde beslis nie glo die entstowwe is veilig nie. Tensy mens ook die speel van russiese-roulette as veilig beskou. Met Russiese roulette het jy ‘n rewolwer wat plek het vir ses rondtes. Jy sit egter net een rondte in. Dan druk jy die rewolwer teen jou kop en trek die sneller. Aangesien daar net een rondte in is en daar dus vyf kanse is dat die hamer op ‘n leë kamer gaan val, is Russiese roulette ook “veilig” aangesien jy ‘n groter kans het om te oorleef as om te sterf…
Mnr. Jaap Marais, tweede Leier van die HNP, het geweet die Geldmag is die Afrikanervolk se vyand. Vandag is die internasionale Geldmag egter ‘n groter bedreiging as ooit. Afrikaners moet nie vir een oomblik dink die Covid-19-pandemie gaan oor ‘n gevaarlike siekte nie. Dit gaan oor magtige mense wat agter die skerms die toutjies trek en nog méér mag wil hê.
Wêreldwyd word mense gewoond daaraan gemaak dat hulle vryhede weggevat of ingeperk word. Die “groot krisis” waarvan David Rockefeller gepraat het, is nou hier en die beplanners van ‘n eenwêreldregering weet hulle is naby aan hulle doelwit. Die vraag is net of ons dit maar gaan aanvaar en of ons weerstand gaan bied.
Uit Die Afrikaner van 10 September 2021