Tydens die Covid tydperk het die ANC gewys tot welke mate hy bereid is om in mense se lewens in te meng. Daardie proses is nog nie verby nie, en dit is duidelik dat sy beheer-eksperiment vir hom so geslaagd was, dat hy daarmee sal voortgaan. Besighede het permanent gesluit en te veel geld het verlore gegaan vir diefstal uit die staatskas. Laat daar geen onduidelikheid wees nie: die diefstal gaan ons Cyril Ramaphosa net so stewig voort as onder Jacob Zuma. Die Covid-preneurs het dit bewys. Talle amptenare en maatjies vanpolitici, en in sekere gevalle politici self, het hulleself verryk deur die voorsiening van beskermende toerusting.

Aktuarisse het al bereken dat die herstel van die ekonomie ongeveer agt jaar gaan neem om te herstel soos dit was teen die begin van Maart vanjaar. Dit beteken dat die staatskas die volgende agt jaar onder erge finansiële en kontantvloei druk gaan verkeer – iets wat die professionele diewe in die ANC nie pas nie.

Nou word bestaande diefstal prosesse versnel terwyl nuwe diefstal metodes uitgedink word.

Daar is aanduidings dat die ANC-bewind die gronddiefstal sonder vergoeding gaan versnel. Soos ons al eerder gesê het: enigiets wat gevat word is en bly diefstal, ongeag of daar ‘n wet is wat dit moontlik maak.

Pensioenfondse is al lank in die ANC se visier. Dit is hoofsaaklik blanke, maar ook die werkende middelklas swarte, se spaargeld vir aftrede. Daar word al lank al lippe afgelek vir die staatsdiens pensioenfonds om bankrot gesteelde instellings soos SAL en Eskom te probeer red, net sodat daar dan weer ‘n nuwe vlaag diefstalle daar beplan kan word.

Die ANC-regering se aptyt vir diefstal word egter nie net daartoe beperk nie. Tans is daar wetgewing wat voorberei word om sogenaamde ekonomiese emigrasie te frustreer deur in wese beslag op die geld te lê. Dit sal ook die geval wees waar mense die land wil verlaat vir veiliger en stabieler weivelde. Hulle kan gaan, maar hulle geld moet vir drie jaar hier bly voordat hulle dit kan
losmaak.

Hierdie is niks anders as eerste stappe vir algehele nasionalisering nie. Sal enige redelike mens werklik glo dat die ANC emigrante sel geld vir drie jaar met rus gaan laat? En watse reg het enige regering om in wese beslag te lê op die bates van sy burgers, net omdat hy wil? Ja, daardie reg word slegs deur volslae kommunistiese regerings uitgeoefen. Suid-Afrika is baie nader aan ‘n kommunistiese bestel as wat besef word.

Alles gaan boonop onder die vaandel van demokrasie. ‘n Ongeletterde meerderheid stem vir ‘n regering (wat terloops ‘n minderheidsregering is as in ag geneem word dat minder stemgeregtigde kiesers nie vir hom gestem het nie as wat wel vir hom gestem het…), sodoende kry hy ‘n volstrekte
meerderheid in die parlement, en daardie instelling is dan die kamtige bewys dat die prosesse en besluite “demokraties” geneem is.

Intussen blyk amptelike syfers dat die ekonomie enorm gekrimp het, en dat werkloosheid amper die hoogste ooit is. Selfs Ramaphosa maak of hy skrik vir daardie skrikwekkende syfers, en in plaas daarvan om die ekonomie summier ten volle te heropen, vra hy dat die land se mense die ekonomie moet help opbou. Hoe kan hulle dit doen terwyl hy self die ekonomie vernietig, die land lei na kommunisme en sit en toekyk hoe sy “comrades” van die EFF ook hulle bes doen om die ekonomie verder te vernietig?

Ramaphosa skep nou die indruk van die kind wat in die hof skuldig bevind is aan moord op sy ouers. Ter strafversagting vra hy dan dat die hof tog in ag moet neem dat hy ‘n weeskind is. Hier geld dieselfde beginsel.

Die werkende blanke bevolking het ‘n steeds groter wordende plig om hierdie kommunisme teen te staan en om te sorg dat soveel moontlik geld uit die staatskas bly.