Komende geleenthede
Die ANC-bewind het al meer as ‘n kwart eeu bewys dat hy nie die vermoë het
om enigiets te bestuur nie.
Die hele staatsdiens getuig daarvan: daar is byna geen departement wat behoorlik funksioneer nie, behalwe dalk tesourie, maar dié is nodig sodat die plunderaars hulle inhalige hande daarop kan lê.
Geen munisipaliteit onder ANC-beheer funksioneer goed nie, en skoon ouditverslae is selfs skaarser as die spreekwoordelike hoendertande. Die tragedie van eens werkende en welaf staatsondernemings, waaronder SAL, Poskantoor, Evkom, Denel en talle ander is al afgesaagde nuus.
Dit is inderdaad so dat omtrent die hele wêreld hulle laat vang het met die inperkingsmaatreëls soos wat die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) voorgestel het. Maar intussen het die meeste lande begin om hulle inperkings te verslap, terwyl die virus steeds in meeste plekke floreer. Daar is ‘n
onuitgesproke besef dat die gevolge van die inperkings waarskynlik erger gaan wees as die virus self.
Wat egter opmerklik is, is dat daar skielik ‘n globale inperking gekom het nadat volksnasionalisme begin opbloei het. In talle Europese lande het nasionalistiese partye die oorhand gekry of sterk vordering gemaak. Deurlopende veldtogte teen instroming van buite, het daardie partye en
bewegings sterk gemaak. Skielik word daar geen woord meer daaroor gerep nie, en het daardie veldtogte om mense weer meer volksbewus te maak, deur die inperking tot stilstand geknars. Die linkses het steeds sooibrand oor Donald Trump se verkiesing bo dié van die ver-linkse Hillary Clinton, maar die virus en inperking het ook sy beloofde muur op die Meksikaanse grens tot
stilstand gebring.
In Suid-Afrika het die ANC-bewind hierdie wêreldwye inperking gebruik om ‘n model daar te stel waarop Stalin se Sowjet-Unie selfs jaloers sou wees: vryheid van beweging is ingeperk, as een persoon dit waag om op die strand te stap, is vier polisievoertuie met agt polisiebeamptes op die toneel om daardie “misdadiger” met die nodige geweld te arresteer. Selfs kinders word nie gespaar nie, en “ondersoeke” na sodanige voorvalle word binne ure afgehandel en die brutale “wetstoepassers” in die gelyk gestel. Daar word selfs voorgeskryf watse skoene en t-hempies gedra mag word!
Gelukkig het die ANC-bewind nie die vermoë om alles te beheer nie. Hulle kry dit reg bloot omdat die bevolking hulle daaraan onderwerp. Sodra die wal van burgerlike verset teen hierdie slawerny maatreëls gebars het, gaan hulle dit nie kan beheer nie. Daar sal hoogstens pogings wees om van enkelinge voorbeelde te maak, maar as daar dan ook solidariteit met daardie enkelinge betoon gaan word, deur hulle fisies te ondersteun en te beskerm, sal hulle oorgewig polisielede daar uiteindelik niks aan kan doen nie.
Intussen het die ANC met sy eie interne twiste te doen, en is sy eie ondersteunersbasis besig om ook in opstand te kom omdat hulle besef dat hulle binnekort van honger gaan omkom.
Hierdie omstandighede bied vir ons volk geleenthede, maar ook vir nasionaliste wêreldwyd. Dalk het dit tyd geword vir ‘n Internasionale Nasionalistiese Konvensie, veral noudat almal al geleer het om suksesvolle Zoom-konferensies te hou!
UIt die Kongresstuk van 6 November 2021.