Die aanslag teen die Afrikaner se kultuur en geskiedenis is tot nuwe hoogtepunte opgejaag deur die ANC en EFF op 6 April, wat die herdenking was van die aankoms van Jan van Riebeeck 370 jaar gelede. Beide die EFF en ANC het dit gebruik om selfs van die belaglikste denkbare uitsprake oor dié gebeurtenis te maak, soos dat Van Riebeeck verantwoordelik is vir die swak toestand van Vrystaatse paaie.
Julius Malema het op 6 April na Johan Rupert se plaas gegaan en ‘n memorandum oorhandig waarin hy eis dat Rupert moet sê hoeveel grond hy waar het en watse bates hy in die buiteland het. Hy het Van Riebeeck ‘n veroor-deelde misdadiger en ‘n boef genoem, wat in die Kaap voortgegaan het met sy misdadigheid toe hy inheemse mense se grond en beeste gevat het.
Twee Vrystaatse LUR’e, William Bulwane en Skul-ly Nxangisa het gesê Afrika se probleme het met die koms van Jan van Riebeeck begin. Bulwane het beweer dat mense voor 1652 in vrede geleef het en dat elkeen geweet het wie se grond aan wie behoort het “voor dit in titelaktes opgeskryf is”.
Tot die swak paaie in die Vrystaat is nou al Van Riebeeck se skuld. Malefane Msimanga van die EFF in die Vrystaatse wetgewer eis verder dat die beeld van genl. Christiaan de Wet op sy perd, Fleur, verwyder moet word, en die Vrystaat se naam wat deur gronddiewe gegee is, moet verander. Die Vierde Raadsaal “klingel van die koloniale nalatenskappe”, volgens Msimanga.
Makalo Mohale, ‘n ANC LUR in die Vrystaat, het gesê “die werklike misdadigers het in 1652 saam met Jan van Riebeeck aangekom en toe het mense se lyding hier begin. Die geskiedenis in die skole is verdraai. Daar is nie vir skoolkinders vertel dat Jan van Riebeeck gekom het om die grond te steel nie.”
Die Vrystaatse premier, Sisi Ntombela, het weer verwys na die “onaanvaarbaarheid” dat minderheid Blankes in die Vrystaat die meerderheid grond besit, en dat “wat in 400 jaar se
geskiedenis verkeerd geloop het en agterstande wat geskep is, deur die Swartes probeer reggestel word.” Die feit dat Van Riebeeck se koms uitgebeeld word as die begin van diefstal
van alles, dui daarop dat die kwessie van grond nie losgelaat gaan word nie en dat die beskuldiging dat Blankes dit gesteel het, steeds feller gaan word in ‘n poging om die skuldgevoel by Blankes te verhoog, ten einde hulle te dwing om gelate alles wat hulle opgebou het gelate te oorhandig, soos wat FW de Klerk in 1994 met die politieke mag gedoen het.
Toe Van Riebeeck aan die Kaap gekom het, het die land nog nie eens die wiel geken nie. Daar was geen paaie nie, en geen spoorweë nie. In 1994 is ‘n land met uitstekende infrastruktuur aan die voormalige ANC-terroriste oorgedra. Vandag is die infrastruktuur haglik. Spoorstawe word verwyder en vir skrootyster verkoop (kyk foto op bladsy 1) en die land se padnetwerk skreeu om instandhouding.
Die ANC- en EFF-lede van die Vrystaatse wetgewer, braak gal oor die “klingels van kolonialisme” en dat De Wet se beeld verwyder moet word, maar hulle vergader tog knus in die raadsaal wat gebou is in die tyd toe die Oranje-Vrystaat in die wêreld bekend gestaan het as die modelrepubliek.
Afrikaner kultuurinstansies, soos die museum wat op Kleinfontein in aanbou is, en die Voortrekkermonument / Erfenisstigting sal die proses moet versnel om
kultuurgoedere daar te versamel voordat dit totaal verwyder en vernietig gaan word deur die anti-Afrikaner kultuuralliansie van die ANC en EFF. Dié uitsprake wys in wese hoe naby die twee partye aan mekaar is.