Uit Die Afrikaner van 24 Junie 2022.

Smarte van Konsentrasiekampe
gepas herdenk op 16 Junie

Op 16 Junie het die Britse Lord Roberts ‘n proklamasie uitgereik waarin hy die burgers van die
Oranje-Vrijstaat en Zuid-Afrikaansche Republiek gewaarsku het dat, wanneer ook al openbare eiendom vernietig of beskadig word, hulle verantwoordelik gehou sal word vir die bystand en bystand aan die “oortreders”. “Die huise in die omgewing van die plek waar die skade aangerig word, sal verbrand word en die burgerlike inwoners sal krygsgevangenes gemaak word.”

Dit was die begin van die Britse verskroeide aarde beleid, die begin van die Britse helkampe, waarin sowat tien persent van die Boerebevolking wreed omgekom het.

Jaarliks word dié dag as Konsentrasiekampdag herdenk en ‘n jaarlikse herdenking word deur die HNP gereël waarheen alle volksgenote uitgenooi word. Hierdie jaar was geen uitsondering nie.

Talle mense en veral jongmense, het die geleentheid by die Irene Konsentrasiekampkerkhof herdenk, waar mnr. Andries Breytenbach, leier van die HNP, die historiese oorsig gelewer het. Hy het gesê dat daar sedert 1994 weer ‘n uitwissingsoorlog teen ons volk gevoer word en dat ons daarom nie die geskiedenis mag vergeet nie.

Aangesien hy tot dusver redelik onbekende historiese feite aangehaal het, het die Redaksie dit goedgedink om mnr. Breytenbach se volledige toespraak te publiseer. Dit lui soos volg:

Jou oë is nat met die trane van gister;
Jou siel is gemartel, deur smarte gepla;
Van vrede en pret was jy vroeër ʼn verkwister;
en nou, wat bly oor van jou rykdomme? Ja,
ʼn spreekwoord tot steun — daar’s geen trooswoord
beslister: “Geduld, o geduld, wat so baie kan dra!”
Hier sit jy en koes teen die wind wat daar suie
yskoud deur die tentseil, geskeur deur die hael —
Jou enigste skuil in die nag teen die buie;
Die Junie-lug stort oor die stroom van die Vaal —
Jy hoor net die hoes van jou kind, en die luie
gedrup van die reëndruppeltjies oor die paal.
ʼn Kers, nog maar anderhalf duim voor hy sterwe,
brand dof in ʼn bottel hier vlak naas jou bed,
(ʼn kafhuis gee makliker rus: op die gerwe
daar lê ʼn mens sag, en sy slaap is gered!) —
En hier in die nag laat jou drome jou swerwe
ʼn aaklige rondte met trane besmet.
Hier struikel die kind wat te vroeg was gebore;
Hier sterwe die oumens te swak vir die stryd;
Hier kom ʼn gekerm en gekreun in jou ore;
Hier tel jy met angs elke tik van die tyd;
Want elke sekond’ van die smart laat sy spore
gedruk op jou hart, deur ʼn offer gewyd.
En deur elke skeur in die seil kan jy duister
die wolke bespeur oor die hemel verbrei;
Geen ster skyn as gids; na geen stem kan jy luister
(eentonig die hoes van jou kind aan jou sy!)
wat sag deur die wind in jou ore kom fluister:
“Geduld, o geduld, wat so baie kan ly!”
Vergewe? Vergeet? Is dit maklik vergewe?
Die smarte, die angs het so baie gepla!
Die yster het gloeiend ʼn merk vir die eeue
gebrand op ons volk; en dié wond is te ná —
te ná aan ons hart, en te diep in ons lewe —
“Geduld, o geduld, wat so baie kan dra!”

In hierdie gedig slaag die digter meesterlik daarin om al die emosies wat deur ʼn mens se gemoed gaan by die aanhoor van die woord “konsentrasiekampe”, weer te gee.

Want lees mens die nagelate kronieke, die verklarings van persone wat hierdie smartlike geskiedenis deurleef het, dan is die een na die ander ʼn refrein van honger en sterftes weens verhongering, karige rantsoene wat boonop bestaan het uit oneetbare kos, (veral siek of ontbindende vleis en meel waarin wurms krioel het). Dit het diegene wat dit noodgedwonge probeer eet het, nie gevoed nie, maar disentrie veroorsaak wat hulle verder verswak
het;

ʼn refrein van gebrek aan noodsaaklike lewensmiddele soos warm kleding, skoon water, seep,
kerse; (Engelse beskuldigings: Boere was vuil)

ʼn refrein van blootstelling aan die elemente — reën en winterkoue, ondigte tente, en mense wat op die grond moes slaap met karige bedekking, en as dit reën, word die enkele kombers nat; kinders wat in daardie omstandighede siek word en sterf; onvoldoende en ontoereikende mediese versorging.

ʼn refrein van onsimpatieke kampadministrateurs, Engelsgesinde hensoppers en verraaiers wat hul getroue volksgenote met groter nydigheid vertrap het as selfs die Engelse. (Johanna Brand: “Daar is niks wreder en onmensliker teenoor sy eie volk as ʼn Engelsgesinde Afrikaner nie”). Persoonlike simpatie teenoor lydendes was nie toegelaat nie, volgens Emliy Hobhouse.

ʼn refrein van ongekende vernedering en marteling van die Boerevrouens om hulle gees te breek en hul mans te oorreed om die wapen neer te lê.

Die verklaarde doel van Brittanje, volgens Alfred Milner, was om die Boerevolk finaal uit te delg. Kort en bondig was sy standpunt: “I want to crush Afrikanerdom”. Sodoende word Brittanje die eerste moderne moondheid wat ʼn uitwissingsoorlog (Ethnic Cleansing) in naam van die beskawing voer. Hiervan skryf Winston Churchill (oorlogskorrespondent en latere Britse staatshoof):

“There is only one way to break the Boer’s resistance, namely the harshest suppression. In other words, we must kill the parents so that the children can learn to respect us.”

Ons herdenk 16 Junie — datum van Roberts se proklamasie. Maar dit het nie daar begin nie.

Aanvanklik het vergrype sporadies voorgekom:

Kort na Roberts se aankoms het dit amptelike oorlogsbeleid geword, soos blyk uit Roberts se proklamasies. Aanvanklik was die dreigemente in die proklamasies vaag en bedek.

• Roberts se proklamasie Feb 1900 To the
Burghers of the Orange Free State

“I therefore warn all Burghers to desist from any further hostility towards Her Majesty’s
Government and the troops under my command
and I undertake that any of them, who may so desist and who are found staying in their homes and quietly pursuing their ordinary occupations, will not be made to suffer in their persons or property on account of their having taken up arms in obedience to the order of their Government. Those, however, who oppose the forces under my command, or furnish the enemy with supplies or information, will be dealt with according to the customs of war.

• Proklamasie 3, 15 Maart:

Almal wat nie ‘n prominente aandeel gehad het in die beleid wat tot die oorlog gelei het nie; magte van die Republiek aangevoer het nie; geweld teen Britse onderdane gebruik het nie; onmiddellik hul wapens neerlê en ‘n eed aflê om nie verder aan die oorlog deel te neem nie; sal passe kry om na hul tuistes terug te keer, nie krygsgevange geneem word nie, en hul eiendom sal nie van hul afgeneem word nie.

• Proklamasie 7, 26 Maart 1900

Alle persone wat binne die gebiede van die ZAR of Oranje-Vrystaat, shall authorize or be guilty of the wanton destruction or damage, or the counselling, aiding, or assisting in the wanton destruction or damage of public or private property… will be held responsible in their persons and property for all such wanton destruction and damage.

• Mei 1900: Buller

The residents of any locality will be held responsible both in their persons and their property if any damage is done to railway or telegraph, or any violence done to any member of the British forces in the vicinity of their homes.

• Proklamasie 1 van 1900, 31 Mei 1900

It is the intention of Her Majesty’s Government to respect all private property of the inhabitants of the South African Republic, so far as may be compatible with the operations of war, provided that the inhabitants on their part abstain from wanton damage to property.

If, however, wanton damage is done to property, not only will the actual perpetrators of such acts and all directly or indirectly implicated in them be liable to the most severe punishment in person and property, but the property of all persons, whether in authority or otherwise, who have permitted or have not done their utmost to prevent such wanton damage will be liable to be confiscated or destroyed.

• No. 5 of 1900 (16 Jun)
Whereas small parties of raiders have recently been doing wanton damage to public property in the Orange River Colony and South African Republic by destroying railway bridges and culverts and cutting the telegraph wires, and whereas such damage cannot be done without the knowledge and connivance of the neighbouring inhabitants and the principal civil residents in the districts concerned;
Now, therefore, I warn the said inhabitants and principal civil residents that, whenever public property is destroyed or injured in the manner specified above, they will be held responsible for aiding and abetting the offenders. The houses in the vicinity of the place where the damage is one will be burnt and the principal civil residents will be made prisoners of war.

• No. 6 of 1900 (19 Jun)
“…should any damage be done to any of the lines of railway or to any of the railway bridges, culverts, or buildings, or to any telegraph lines or other railway or public property in the Orange River Colony, or in that portion of the South African Republic for the time being within the sphere of my military operations, the following punishment will be inflicted

1. The principal residents of the ‘town and districts will lie held, jointly and severally, responsible for the amount of damage done in their district.

2. In addition to the payment of the damage above mentioned, a penalty depending upon the, circumstances of each case, but which will in no event be less than a sum of 2s. 6d. per morgen on the area, of each farm, will be levied and recovered from each burgher of the district in which the damage is done in respect of the land owned or occupied by him in such district. Furthermore, all receipts for goods requisitioned in such district on behalf of the military authorities will be cancelled, and no payment whatsoever will be made in respect of the same.

3. As a further precautionary measure, the Director of Military Railways has been authorized to order that one or more of the residents, who will be selected by him from each district, shall from time to time personally accompany the trains while travelling through their district.

4. The houses and farms in the vicinity of the place where the damage is done will be destroyed, and the residents in the neighbourhood dealt with under Martial Law.”

Die krygsbeleid wat van nou af aan deur die Engelse gevolg is, is deur genl. Smuts in ‘n verslag aan pres. Paul Kruger gebrandmerk as “een krijgspolitiek, gekenmerkt door ongehoorde wreedheid en barbaarschheid en miskenning van de meest elementaire beginselen der internationale oorlogswet.” Soos rowerbendes wat hande uitgeruk het, het die Britse troepe van nou af aan deur die Republieke getrek, blykbaar met geen ander oogmerk nie as om te plunder en te verwoes. Hulle het ‘n verdelgingsoorlog van stapel gestuur wat niemand ontsien het nie en teen die weerlose grysaards, vrouens, kinders en suigelinge gerig was.

• Na herhaalde klagtes deur genl. Botha oor die willekeurige verwoesting van plase en die daaruit voortspruitende ontberings van vrou en kind het Roberts sy vorige proklamasies meer kwalifiseer. Hy het gedreig dat die plaas “nearest the scene of any attempt to injure the line or wreck a train, is to be burnt, and all farms within a radius of ten miles are to be completely cleared of all their stock, supplies, etc.

Die verwoesting van eiendom het nie tot plase beperk gebly nie. In Ventersburg, OVS, het genl.-maj. Bruce Hamilton op 1 November 1900 al die voorrade uit die dorp verwyder en ‘n groot aantal wonings op die dorp en in die omgewing verbrand in weerwraak vir die herhaalde aanvalle op die spoorlyn in die omgewing. Daklose vroue en kinders is smalend beveel om by die Boere- kommandante aan te klop vir kos. Kerkgeboue op verskeie dorpe is ook vernietig of beskadig.

Die een distrik na die ander het die verwoestingswaansin van die Britse oorlogsmasjien ten prooi geval: die distrikte Winburg, Bethlehem, Kroonstad, Bothaville in die Vrystaat, asook Rustenburg en Belfast in Transvaal.

Die gevolg van die barbaarse politiek van die Engelse, aldus genl. Smuts aan pres. Kruger, is “dat in den winter van 1901 ons arm land en volk gebracht waren tot een toestand van verwoesting en ellende welke alle beschrijving te boven gaat. Bijna alle plaatsen en dorpen in beide Republieken waren verwoest en afgebrand; bijna alle graan en middelen van bestaan vernield, haast alle levende have gedood of liever wreeddadig vermoord.”

“…Het geheele land, de gansche Republiek, is tot in den wortel verwoest en vernield. Overal ziet men dezelfde toneelen van uitroeiing en ellende…”

Mishandeling van vrouens en kinders

By die vernieling van die eiendomme van die vegtende burgers het die Kakies dit egter nie gelaat nie.

In sy verslag aan pres. Kruger, meld genl. Smuts “Toen zelfs door de verwoesting hunner plaatsen en eigendommen de geest der Boeren nog niet gebroken werd, zocht en vond de vijand een nieuw folteringsmiddel in de gevangenneming en mishandeling van vrouwen en kinderen… Hierin dacht de vijand de kwestbare plaats van het volk te vinden; zelfs boven zijn land en vrijheid…bemint de Boer zijne vrouw en kinderen; ontneem hem die en hy zal zich spoedig overgeven. En dadeIijk begon een ongekende vervolging van vrouwen en kinderen.”

Hierdie beleid om die vrouens en kinders as wapens teen die Boere te misbruik het begin toe Roberts uit die bloute op 19 Julie 1900 ‘n groep van meer as 400 Boerevrouens en -kinders uit Pretoria in oop beestrokke na die Boerelinies gestuur het vir verdere versorging deur die Kommandant-generaal en die Boereregering. Roberts het gedreig om al die Boerefamilies wat nog in Pretoria was, sowel as die sowat 5 000 wat hulle in Johannesburg bevind het, op die nek van die Boerekommando’s af te laai, tensy die vernieling van die spoorverbindings onmiddellik gestaak word.

Sy dreigement om die vrouens op die nekke van die kommando’s af te laai, het hy egter nie verder uitgevoer nie omdat genl. Louis Botha gedreig het om die gesinne, wat hy heeltemal bereid was om te ontvang, na Europa te stuur.

Roberts het dus besluit om die vrouens nie na die vegtende Boere te stuur nie, aangesien hy daardeur die oogmerk wat hy wou bereik, sou verydel. Hy het nou na ‘n nuwe middel gegryp wat wel die uitwerking sou hê om die Boere te folter. Hy het naamlik al die Boerevrouens en -kinders wat hy in die hande kon kry, gevange geneem en in konsentrasiekampe op verskillende plekke in Suid- Afrika saamgehok.
• Vroue in alle distrikte is blootgestel aan plundering en gevangenskap en die brutaliteit van swartes deur die Engelse bewapen en opgestook.
• Onderwyl die vang-kolonnes snags gekampeer het, is waens met vroue en kinders met ooglopende opset rondom offisiere en soldate, en selfs kanonne en perde, getrek om as skans teen moontlike Boere-aanslae te dien. Hierdie feit, dat “in de Engelsche Iagers de medegevoerde vrouwen als uiterste schansen gebruikt worden, het hewige protes van die kant van pres. Steyn en verskeie Boeregeneraals uitgelok.

Toestande in die konsentrasiekampe: oorbodig om hier in besonderhede te tree. Ek volstaan met die oordeel van andere daaroor:

Die behandeling wat die krygsgevange grysaards, vrouens en kinders van die Britte ontvang het, was afskuwelik – so afskuwelik dat iemand in die Britse parlement daarvan gesê het dat dit “skaamte op die gesigte sou bring van die wreedste en barbaarsste mense wat leef.” Engeland het die bepalings van die Haagse Konvensie in verband met die behandeling van krygsgevangenes (veral artikels IV, V, VII, XIV, XV en XVI daarvan) ten opsigte van hierdie grysaards, vrouens en kinders op flagrante wyse geskend. Die leier van die Liberale Party in Engeland het hom gedwonge gevoel om die konsentrasiekampe as ‘n “misdaad teen die beskawing” te brandmerk; en selfs die wreedste en hardvogtigste onder al die hardvogtiges, die groot Boerehater sir Alfred Milner, moes op die ou end erken dat die kampe ‘n fiasko en ‘n flater was waarvoor daar honderd verduidelikings en honderd verontskuldigings gemaak kon word, dog eintlik geen genoegsame verdediging bestaan het nie. In ‘n private brief skryf hy: “l fear the whole thing has been a sad fiasco. We attempted an impossibility and certainly should never have touched the thing… However, the thing is done and now we must struggle with the consequences”.

Die sterfte in die konsentrasiekampe het ‘n onuitwisbare merk op die Afrikaner-bevolking gelaat.
Tussen ‘n kwart en ‘n vyfde van die mense wat kampe toe gebring is, het in ‘n tydsbestek van sowat agt maande daar omgekom.

William T Stead, die vurige kampvegter van die Boeresaak in Engeland, het profeties in verband met die fenomenale sterfte geskryf dat die verhale van veldslae gedurende die Drie-jarige Oorlog al lank tot die vergetelheid toegesê sal wees, dan sal die herinnering aan die vernietiging van daardie duisende kinderlewens in die konsentrasiekampe nog onthou word as ‘n swart, onuitwisbare klad op die Britse naam.

Die hoë sterftesyfers in die konsentrasiekampe het die deurslag gegee toe die afgevaardigdes tydens die vredesonderhandelinge in Mei 1902 op Vereeniging sake moes oorweeg. Die vrees is daar uitgespreek dat “bij voortzetting van den oorlog ons gansche geslacht op die wijze zal kunnen uitsterven”.

ONTHOU!
Deel 1:
viii. Mev. Neethling (1917): Dit het my so baie pyn aangedoen dat ek menigmaal die versoeking om my pen neer te lê, moes weerstaan.
viii. Prof. Andries Raath: Die brutalisering van die Boerevroue en kinders en hul lyding is ʼn ernstige vergryp teen die mensdom, en wat nóg materieel nóg psigologies reggestel is.

“Die uitstel van verskoning laai groter skuld en morele afkeur op die skouers van hulle wat deur bevordering van imperialisme en kolonialisme hierdie onreg gepleeg het”.

X. “Die blywende indruk, benewens die lyding en smart, is die omvang van imperiale misbruik van meelopers — bewapening van swartes en gebruik van joiners/hensoppers — wat mense en volkereverhoudinge na die oorlog op ʼn laagtepunt gebring het. Dit het ʼn vlam van haat aangesteek wat vandag steeds sy effek laat voel met politieke, maatskaplike en sosiale gevolge.”

Vandag is daar weer ‘n uitwissingsoorlog teen ons volk.

1994 se “Democracy” is ‘n volkskaalse aanslag teen die Afrikaner: politieke onderwerping, regstelsel, ekonomiese ontmagtiging en verarming, fisiese uitwissing deur bloedvermenging, ontwapening, misdaad en moord.

Hou aan om hierdie geskiedenis te herdenk!

Mev. Neethling (1917), outeur van die boek Onthou:
se motivering vir die publikasie van dié geskiedenis was dat sy “…vertrou dat dit sal help om ons inders trots te maak op hulle voorouers, hulle volksliefde sal vermeerder en die edelste in ʼn volkskarakter sal opbou.”

Dit geld veral vir ons vandag.