“In ‘n veelrassige samelewing, waar die mag uiteindelik oorgedra sal word aan die getalsterker Bantoe, sal nie slegs die Blankes, maar ook die Kleurlinge en Indiërs onder gaan. Met verloop van tyd sal ook die Bantoe-massas geen voordeel trek nie, want, op grond van wat elders in Afrika gebeur het, moet verwag word dat Suid-Afrika sal ontwikkel in ’n outokratiese bestel of diktatuur.
Weens hulle onvermoë om ‘n ingewikkelde ad- ministrasie te bestuur, sal die land administratief en ekonomies vernietig word en vir almal – Blanke en Kleurling – in chaos eindig.”

Hierdie aanhaling word aan dr. HF Verwoerd toegedig, alhoewel dit nie bo alle twyfel bevestig is met betrekking tot waar en wanneer hy dit sou gesê het nie.

Tog blyk dit profetiese woorde te wees as die toestand van die land beskou word: Ons het die afgelope weke gebrul onder beurtkrag van so sterk as fase 6, afgelos deur fases 5, 2, 4 en so aan. Wie kan so ‘n sotlike en onwerkbare skedule uitwerk? Nietemin het dit die ekonomie enorme skade berokken, en talle klein besighede veg van voor af om oorlewing.

Die land se infrastruktuur is vernietig: Paaie is vol slaggate en in talle gevalle onbegaanbaar. Die eens trotse spoorweë se stasies is afgebreek, spoorlyne en elektriese kabels is gesteel en weggedra vir skrootyster. Staatsbeheerde entiteite, soos Eskom, Denel, Prasa en ander is in bankrotskap in bestuur toe die politieke ideologie van “affirmative action” en swart bevoordeling ingestel is, en kundige blankes weggejaag is, net omdat hulle blank is.

Landbougrond word deur dikwels fiktiewe eise van Blankes weggeneem (tot dusver darem nog mét vergoeding) om aan Swartes te gee, en in meer as 95% van dié gevalle, is die plase vernietig
en vind geen produksie meer plaas nie.

‘n Eens hoogs doeltreffende en funksionele staatsdiens is oorlaai met oorbetaalde werknemers wat nou sukkel om identiteitsboeke, paspoorte, geboorte- en huweliksertifikate of bestuurderslisensies binne ‘n redelike tyd uit te reik. Hospitale verval, skole verval, universiteite verval, landboukolleges (soos Potchefstroom) is van plekke van uitnemendheid getransformeer tot bouvalle met sub-standaarde.

Munisipaliteite stuur die een na die ander op bankrotskap af, waar uitvoerende burgemeesters
en munisipale bestuurders hemelhoë salarisse verdien, terwyl die riool in die strate afloop of in parke opdam.

Ons kan elke staatsdepartement een vir een ontleed: Polisie, Korrektiewe Dienste, kortom almal,
en tot meerdere of mindere mate by dieselfde gevolgtrekking uitkom: dit werk nie meer nie. Die
bestuur wat toegepas word, werk nie. Behalwe dalk by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, maar dit is om geld in te kry om te kan verkwis.

Is dit die toonbeeld van effektiewe regering? Nee. Dié stelsel werk op hulle swart bevoordelingsideologie. Daarom dra bostaande aanhaling inderdaad gewig, alhoewel dit natuurlik polities onkorrek is en onmiddellike rede vir die sogenaamde Mensregtekommissie om in te gryp.
(Terloops, die HNP se klagte by die MRK oor die Afrikaanse Taalmonument, is weer na ‘n ander instansie verwys… hulle hoop van uitstel kom afstel.)

Dalk kan ons afsluit met ‘n ander aanhaling van dr. Verwoerd, wat hy gemaak het op 3 September
1948 toe hy sy politieke loopbaan in die Senaat begin het. Hy het geantwoord op ‘n VPsenator se opmerkings dat daar meer na die Swartes (destyds Naturelle genoem) gekyk moet word. Dr. Verwoerd het so daarop geantwoord: “Die hele hoek waarvan uit sy oorspronklike voorstelling die saak benader, is: of reg of onreg aan die naturelle gedoen word. Maar die hoek waaruit ek dit wil benader, is: of reg of onreg aan die Blanke gedoen word! Dit is baie maklik om jou hele vraagstuk so te beredeneer en dit net te sien van die Naturel, maar jy moet dit ook besien van die kant van
die Blankes vandag. Vir die toekoms is dit inderdaad nie die Naturel wat bedreig word nie; dis die Blanke wat bedreig word. Die Blanke is eerder die persoon wat moet sê ‘my regte moet verdedig word.’”

Inderdaad het niks verander sedert 1948 nie.

Inteendeel!

Uit Die Afrikaner van 8 Julie 2022.