Dit is dalk gepas om in Julie, wat as sogenaamde Mandela-maand in Suid-Afrika bekend staan, terwyl die VN selfs ‘n internasionale Mandeladag verklaar het, weer te gaan kyk wie hy werklik was.
Die Suid-Afrikaanse media doen jaarliks rondom sy geboorteherdenking moeite om ons te vertel wat ‘n fantastiese man hy was. Selfs die Afrikaanssprekende media, wat deesdae vol nat agter die ore-omroepertjies sit wat niks van die Mandela-era weet nie, doen aan hierdie sieklike misleiding mee.
Ook op skool, en dit sluit helaas heelwat van die tuisskool diensverskaffers in, word Mandela as ‘n heilige voorgestel en word kinders van vroeg af gebreinspoel in dié rigting, terwyl volksgeskiedenis geen plek meer kry nie.
Wie was hierdie man wat voorgehou word as ‘n legende?
Die geëerde historikus, dr. PW (Pieter) Möller, skryf in die inleiding van sy boek, “Die Mandela Legende / The Mandela Legend”: “’n Legende/sage kan beskou word as ‘n volksoorlewering oor ‘n volksheld. Dit het ‘n historiese agtergrond, maar is deur fantasie uitgebrei en gekleur. In Mandela se geval is daar, wat die reggeskape Afrikaner en enige regdenkende mens betref, geen sprake van ‘n volksheld nie, maar wel van fantasie wat tot iets bonatuurliks opgeblaas is. Wanneer die feite op ‘n realistiese en objektiewe wyse onder oë geneem word, is dit baie duidelik dat ‘n valse beeld van die sogenaamde geliefde Madiba aan die wêreld voorgehou word. Hy is allermins die sagmoedige en vredeliewende Neelsie waarvoor hy wêreldwyd uitgemaak word, maar in werklikheid ‘n geweldenaar. Hy het ook nie sonder rede vir 27 jaar in die tronk gesit nie, soos voortdurend beweer word. Blyke van hierdie onware voorstellings word onder meer in die London Independent van Mei 1993 aangetref waarin op onsinnige wyse beweer word dat ‘Nelson Mandela is a noble man… imprisoned for 27 years for his dedication to the cause of the Black majority in South Africa.’ Hoeveel van hierdie verdraaiings aan onkundige napratery en hoeveel aan kommunistiese propaganda toegeskryf moet word, sal nie maklik bepaal kan word nie. Die waarheid is egter dat hy nie sonder rede in die tronk op Robbeneiland gesit het nie. Hy was ook beslis nie daar bloot omdat hy ‘n teenstander van apartheid was nie; hy was daar omdat hy ‘n regering wou omverwerp en in die proses derduisende onskuldige mense op wreedaardige wyse om die lewe wou bring, iets waarvoor hy die doodstraf verdien het en baie gelukkig was dat die sogenaamde apartheidsregime dit nie voltrek het nie. In sy outobiografie, Long walk to Freedom, erken hy byvoorbeeld dat hy die opdrag gegee het vir die plant van die Kerkstraatbom gedurende die tagtigerjare waarin elf onskuldige mense gedood en talle beseer is.
“Ten spyte hiervan is Mandela ‘n ikoon gemaak en is hy aan die wêreld voorgehou as ‘a man of reconciliation’ as ‘essensially moderate, a man of special discerment, a courageous freedom fighter’. Sy internasionale pryssangers het selfs sover gegaan om hom met Moses en George Washington te vergelyk. Die kroon word egter gespan deur die Amerikaanse neger Jesse Jackson wat nie geskroom het nie om hom op godslasterlike wyse selfs met Jesus Christus te vergelyk. Wat egter ewe verstommend is, is dat die-na-1966-Suid-Afrikaanse regerings deur die jare weinig gedoen het om die ware Nelson Mandela te ontmasker of sy aandeel aan die Rivonia-komplot en sy noue verbintenis met die ANC/SAKP, en wat hierdie alliansie verteenwoordig en beoog het, aan die groot klok te hang én die landsburgers sodoende daaroor in te lig.”
Die ruimte laat nie toe om verder op Mandela se wandade en kommunistiese verbintenisse en ideologie in te gaan nie, en ons volstaan met dr. Möller se inleiding. Die kleed het op ons as Afrianernasionaliste geval om Mandela te bly ontbloot vir wie hy was. Om Mandela as heilige voor te hou en te aanvaar, word die gebeure rondom Mandela se verhoor en gevangesetting as ‘n historiese fout uitgebeeld, wat dit beslis nie was nie. As dit so aanvaar word, is dit net nog ‘n metode om die Afrikaner onder ‘n voortdurende valse skuldgevoel te hou, en word dit gesien as ‘n regverdiging van die FW de Klerk-bewind om die mag aan die ANC te oorhandig.
Vandag sien ons die gevolge daarvan, en dit waarmee ons vandag sit, het begin by die “heilige” Mandela, wat ‘n volksvyandige en onchristelike grondwet aan die land opgedwing het; in wie se tyd plaasmoorde ernstig toegeneem het sonder dat hy iets daaraan gedoen het; in wie se tyd daar aktief begin is met “affirmative action”, swart bevoordeling en uitdrywing van blanke kundigheid uit sleutelposte. Vandag sien ons die uitrol van die Mandela-beleid.
Cyril Ramaphosa was Mandela se regterhand, en dikwels word daar gesê dat Mandela vir Ramaphosa polities geskool het. Wel, ons sien en ervaar die resultate daarvan!
Uit Die Afrikaner 22 Julie 2022.