Quo Vadis VF+?

In hierdie uitgawe word die 100ste verjaardag van wyle mnr. Jaap Marais herdenk. Oral blyk dit dat mnr. Marais sterk gestaan het op die Afrikanervolk se rassuiwerheid.

Vermenging het al wêreldryke vernietig, want dit is gewoonlik die swakkere wat die sterkere aftrek, en die omgekeerde gebeur selde.

Dit was een van die redes waarom mnr. Marais sterk daarop gestaan het dat deelname aan die ANC-bestel, juis dit tot gevolg gaan hê. “As jy deelneem aan die sisteem, sal jy daarin opgaan,” was telkens sy waarskuwende woorde.

Die HNP het daarna gewaarsku dat weens die mindere getal witmense in die land, partye (soos die VF Plus) ‘n plafon van steun het en genoodsaak sal wees om vir ander steun as net die Afrikaner of die Blanke te bie. Namate die Nieblanke-faktor in die party groter word, sal hulle die karakter en koers van daardie party bepaal.

Daardie voorspelling het nou waarheid geword. Tydens ‘n munisipale tussenverkiesing in Warmbad, het die VF Plus ‘n setel van die DA gevat. Die VF Plus-kandidaat was reeds ‘n proporsionele raadslid. Hy word nou ‘n wyksraadslid wat beteken dat dié party ‘n nuwe proporsionele raadslid kan aanwys. En daar verras hulle vriend en vyand, en waarskynlik ontnugter hulle ook sommer ‘n klomp kiesers wat nou vir hulle gestem het: ‘n swart winkelassistent wat tot onlangs ‘n grootkop was in die PAC, ene Manicks Mpunwana, word bo jarelange blanke VF Plus ondersteuners gekies as raadslid.

Duidelik word mnr. Marais se woorde waar: die stemme moet ook nou elkers getrek word. VF Plus beskou hierdie eerste swart raadslid as ‘n historiese gebeurtenis, nadat hulle al verskeie kleurling lede het.

Afrikanerbelange is lankal vervaag met minderheidsbelange. Selfs dié term gaan al minder gehoor word namate hulle nou ook “transformeer”. Soos mnr. Marais altyd gesê het: As die dun ent van die wig eers in is, sal die deur oopgedwing word totdat hy wawyd oop is en nie meer toegemaak kan word nie. Dit is waarskynlik nou ook op die VF Plus van toepassing.

Voor dit het dit soms al voorgekom of VF Plus die opportunistiese opvangbak van ander politieke mislukkings is: onthou nog die radio aanbieder en DA-parlementslid, Niekie van den Berg, wat skielik VF plus-kandidaat geword het, en toe ook weer verdwyn het, net soos Pieter Vorster van die Afrikanerbond.

Die vraag is nou wat gaan VF Plus-gesinde instellings se reaksie wees? Toe die HNP-leier, mnr. Fritz van Graan, ‘n verklaring hieroor uitgereik het, waarin hy gesê het dat dit die HNP nie verbaas nie, en dat die HNP hulle ernstig aanspreek oor die leuen wat hulle leef dat hulle glo ‘n stryd vir die Afrikanervolk voer, was Pretoria FM by navraag nie bereid om aandag daaraan te gee nie.

Die inhuldiging van die VF Plus se eerste swart raadslid bewys ook weer eens dat die HNP-Jeugstrydaksie in 1996 reg was toe hulle gewaarsku het dat die VF reeds tóé swart lede gehad het, al het hulle destydse hoofsekretaris mnr. Flip Buys dit ontken. Die HNP is nou weer eens reg bewys, het mnr. Van Graan gesê.

Pretoria FM, in die ou dae die nasionalistiese en Boere-Afrikanergesinde Radio Pretoria, het geweier om die verklaring uit te saai, omdat hulle “geen aandag aan klein partytjies gee” en daardeur hulle balans wil handhaaf.

In terme van daardie “balans” word die name van die ANC en EFF daagliks oor Pretoria FM gehoor…

Die feit dat die HNP, die oudste blanke en Afrikanerparty, ‘n nuwe leier gekry het, Is skynbaar ook nie nuuswaardig nie.

Waarskynlik sou ds. Mossie van den Berg nie gelukkig gewees het oor hierdie toedrag van sake nie. Hy, en sy opvolger Clem de Klerk, het altyd gesorg vir goeie Afrikanerbalans, waar selfs die kleinste Afrikaner organisasie ‘n stem gehad het.

Die woorde van dr. DF Malan, in sy Quo Vadis Suid-Afrika-toespraak, is ook hier van toepassing: Gaan Suid-Afrika die markplein van die wêreld word. In moderne terme uitgedruk: Gaan die VF Plus en Pretoria FM ‘n nuwe markplein daarstel waarin die Afrikaner ook maar net weer ‘n minderwaardige nommertjie gaan wees?

Die Afrikaner 25 November 2022