H F van der Schyff 03 Maart 2023 Die Afrikaner
Hierdie week gaan ons verder kyk wat mnr. Jaap Marais oor die verset van buite die bestel sê. Ek sal ook van my sienings bywerk.
“Om buite die bestel te bly beteken om jou so ver as moontlik buite die staatsbestel te hou. Dit sluit in dat jy nie aan verkiesings moet deel neem nie. Sou jy deelneem, erken jy dat die meerderheid oor jou mag regeer en gee jy die staatkundige reg vir die wenner van die verkiesing om oor jou te regeer. Hulle sal die wette en regulasies skryf en jy sal dit net moet ondersteun, want jy het bygedra tot die stelsel. As jy nie deelneem nie, sien die wêreld dat daar ‘n groot groep, en veral van een ras is wat die bont “reënboognasie” verwerp. Daar sal die argument wees dat jy ook nie jou vryheid sal verkry indien jy nie stem nie. Die situasie is egter dat die nie-stemmers nader aan mekaar kom en groter samewerking verkry. En ons beheer nie gebeure nie, maar die Groter hand bepaal gebeure en uitkomste en as ons weer as Volk saamwerk, kan ons dalk net ons vryheid terugkry.”
Mnr. Marais verwys in sy voordrag dat die volkstaatvoorstanders voor 1994 afstand van die Afrikaners se reg op hulle duurverworwe vaderland gedoen het met die verwagting om van die vyand ‘n stukkie grond terug te kry. Hy sê “Daardeur het hulle nie net die vaderlandsbegrip geweld aangedoen nie, maar hulleself ook losgesny van die vaderlandsgeskiedenis. Daar is geen historiese figuur op wie hulle hul kan beroep vir dié standpunt nie. Dit druis in teen die wese van nasionalisme.
“Die KP het sy rug op dr. Verwoerd gedraai toe sy leiers agter Vorster en PW Botha aangeloop het. En dr. Verwoerd het alles in hom verenig waarvoor al die Afrikanerhelde gestaan het. Die KP het dus ook sy band met die geskiedenis gebreek en daarby die volkstaat-idee as sy hoofbeleid aanvaar. So het hy homself ook vervreem van die wese van nasionalisme.
“Die NP is stapsgewys vervreem van alle beginsels van Afrikanernasionalisme en het ‘n naakte liberalistiese party geword op die model van die Amerikaanse liberalisme, soos beskryf deur prof. James Burnham in ‘Suicide of the West’:
‘Liberalisme is vasgekoppel aan die neigings van links en los van die neigings van regs deur die meeste, hoewel natuurlik nie al sy basiese beginsels en primêre waardes nie: deur sy opvatting van die menslike aard, sy sekularisme, se agalitarisme, sy houding teenoor verandering en hervorming entrouens baie van die inhoud van die aanbevole hervorming, sy aanvalle op sosiale diskriminasie, en so aan. Liberalisme is self links, en hoewel dit aan die regterkant van links behoort, voel dit meer tuis by sy neefs van links as by die vreemdes van regs.’
‘Dan in die hoofstuk, ‘Liberalisme en die Werklikheid’ skryf prof. Burnham: ‘Liberalisme is besmet met Kommunisme in die presiese sin dat Kommunisme en Liberalisme die meeste van die basiese aksiome beginsels en baie van hulle waarde en sentimentele deel… Die sekulêre, historiese optimistiese, reformistiese, welsynstaatlike, selfs die stemregtelike aspek van liberalisme is alles teenwoordig in Kommunisme… Wat Kommunisme doen, is om die liberale beginsels tot hulle logiese en praktiese uiterste te neem.’”
Mnr. Marais gaan verder: “Geen van dié partye kan dus met die HNP kompeteer vir besetting van die grondslae van Afrikanernasionalisme nie. Al hierdie partye het ‘n skuldgevoel teen die HNP, weggeskuif omdat die HNP se politieke oordeel telkens reg bewys is.” Hier moet ek noem dat die NP ingeplof het en baie van sy leiers by die ANC aangesluit het. Die KP het toegemaak en by die Vryheidsfront van genl. Viljoen ingeskakel. En so het die KP van sy vorige standpunte aangepas en het nou deel van die sogenaamde reënboognasie geword. Hulle het so ver beweeg dat die VF Plus veral in die Wes-Kaap en Suid-Kaap gekleurdes as verteenwoordigers in dorps- en stadsrade het.
‘n Paar maande gelede het hulle met groot trots bekend gemaak van die eerste swarte wat die VF Plus nou in Warmbad verteenwoordig. En wat my dronkslaan is hoeveel Blankes die VF Plus geluk gewens het met hierdie “prestasie”. As ons nie ag slaan op ons Volkskap en op ons ras nie, gaan ons Volk tot niet gaan. En dan sal dit Blankes wees wat die Volk oor die afgrond gelei het en nie eers jammer sal wees oor wat hulle gedoen het nie.