H F van der Schyff. Die Afrikaner 6 April 2023:
Hiermee nog ‘n aflewering hoofsaaklik uit die voordrag van mnr. Jaap Marais, “Die uitdaging aan die Afrikanervolk en die rol van die HNP”. In die vorige aflewering het ons oor die vryheidstrewe gesels. Vandag gesels ons oor ‘n ander motiveringsmag by die nasionalisme en dit is Vaderslandsliefde (patriotisme) wat tot uiting kom in die slagkreet: “Die land is ons Land” .
Mnr. Marais skryf dat “soos die vryheidsideaal is dit iets groots wat mense beweeg tot toewyding en opoffering. Maar dit is meer tasbaar en onmiddellik as die vryheidsideaal.
“As daar van ander kante teenstand teen dié slag-kreet is, moet sekere vrae geopper en beantwoord word:
• Indien dit nie ons land is nie, wie s’n is dit dan?
• Indien dit nie ons land is nie, het ons nie ‘n land
gehad nie?
• Indien dit nie ons land is nie, wie het ‘n groter
aanspraak daarop?
• As ons nie ‘n land gehad het nie, waarvoor is oorloë
geveg?
• Was Blank-beheerde Suid-Afrika nie oor geslagte
volkeregtelik erken as ‘n wettig-begronde staat nie?
“Die vaderlandsbegrip is ‘n tydlose beginsel. En in die geval van Blanke Suid-Afrika het dit ‘n emosiebelaaide historiese aanklank van groot stryd en opoffering en die voortbrenging van ‘n heldedom wat die Afrikandervolk bestraal. Pres. Kruger het telkens gesê: ‘Julle wil my land hê’. Sonder die vaderlandsbegrip en die vryheidsideaal verloor die stryd van die verlede en die heldefigure hulle aanklank by nuwe geslagte.
“Vaderland, vryheid, heldedom is die trompetwoorde van die nasionalisme. Dit roep geeskrag op en maak ‘n volk meer as die totaal van sy getalle, soos die Engelse Oorlog die Britte geleer het en soos die Afrikaner-oorwinning van Mei 1948 bewys het.
“Naas hierdie drie kragte wat anker en aantrek, is daar die meer intieme aspekte van nasionalisme: die geloof waarin ‘n volk gedrenk is en die hoedanighede wat hom onderskei van ander volke: sy rasseafkoms, sy kulturele onderskeiding, sy eie taal. “Ras bly steeds die hoofonderskeiding tussen mensegroepe. Dit is die mees permanente en stabiele onderskeiding. Omdat dié saak in die Suid-Afrikaanse situasie so belangrik is en daar so ‘n volgehoue aanslag is om mense sku te maak vir die betuiging van rasbewustheid, moet daar indringend na gekyk word.
“Kennis van die belangrikheid van ras en rasseverskille by menslike verhoudings is ‘n absolute vereiste by die stryd van die toekoms. Die intuïtiewe waarneming van ons voorouers dat daar ‘n skeidslyn tussen die Blanke en ander rasse is, het ‘n wetenskaplike grondslag. Bespiegelinge oor rassegelykheid vanuit kerklike en politieke kringe kan geen geldigheid hê nie, tensy dit veranker is in die gewigtige wetenskaplike getuienis, soos in “Race” deur Baker, “Heredity and Humanity” deur Roger Pearson, “The Bell Curve” deur Herrnstein en Murray en ” The Origin of Races” deur Carleton Coon, om net enkele beskikbare publikasies te noem.
“Die HNP is die een politieke party wat van die begin af hom openlik en sterk geskaar het by die Afrikaanse taal. En hy is daaroor beveg deur die ‘Nasionale’ Party, ook toe al die latere KP-leiers nog in die NP was.
“In die huidige politiek is die taalkwessie baie aktueel. En die HNP moet hom daaroor laat geld, want dit is ‘n bindfaktor, en die taalsentiment strek oor partygrense.”
Ons moet oplet dat mnr. Marais dit uitwys hoe belangrik ras en taal is in die stryd van Afrikanernasionalisme. Nadat FW de Klerk die land aan ‘n terroristebende oorhandig het, het hy dit ook vir Blankes onmoontlik gemaak om veral ras en Afrikaans in hul werkplek te handhaaf. Studente deel klasse en koshuiskamers en is besig om die stryd om hul rasse-identiteit te handhaaf te verloor. Selfs klasse word in Engels aangebied. So poog die ANC om Afrikaners se identiteit te vernietig. Mens sou egter glo dat van die ander sogenaamde Afrikaanse partye, soos die VF Plus, nog sou veg vir ten minste Afrikaans soos hulle grondwet aanvanklik aangetoon het. Maar hulle het die grondwet gewysig en nou kan enige persoon, of hy Blank, Swart of Kleurling is, by die party aansluit. Vir die VF Plus wil ek sê dat dit ‘n skande is dat hulle nou ‘n gemengde party geword het. Die Blankes wat nog lid van die VF Plus is, moet mooi dink wat hulle aan hul volk se voorvaders en ook die nageslag doen deur aan ‘n bont party te behoort. Pasop dat die gekleurdes nie jul party heeltemal oorneem nie.
Dit is tans net die HNP wat klem lê op die gebruik van Afrikaans en om vriende en verhoudings te kies uit jou eie rassegroep. Kom ons bewaar hierdie waarheid in ons harte en bly buite die ANC-bestel. Die Swart regering is besig om voor ons oë in duie te stort en ons sal ons vryheid terugkry sonder die hulp van enige ander rassegroep.