Hierdie week wil ek graag ‘n gedeelte uit mnr. Jaap Marais se toespraak “Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort” aan u voorhou.

Hy sê: “As ons bo-oor politieke verdeeldheid wil voortgaan, sal ons op die korttermyn gesamentlike aksies moet probeer aan die gang kry en gebeure beïnvloed. Soos ek gesê het, ons sal ons gemoedstemming moet regkry dat ons nie in die verraad berus nie. En ons sal ons moet beroep op dié mense met wie ons ‘n gemeenskaplikheid het: die nie-stemmers en mense wat misnoegd en ontnugterd is. Op die banier dááragter staan: Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort. En dié innerlike oortuiging is die gehegtheid aan ons Witmanskap, die gehegtheid aan ons Christenskap, die gehegtheid aan ons Afrikanerskap, die begrensing van ons kultuur en ons ras. En daarnaas die onbreekbare wil om vry te wees van oorheersing deur buitelandse magte; vry van oorheersing deur finansiële imperialiste; vry van oorheersing deur swart getalle; en vry van oorheersing deur Kommunistiese diktators. Dit is die dinge wat ons saam kan bind. Dit is die innerlike oortuiging waaromheen ons kan vergader.

“Dit is wat die kort- en mediumtermyn behels. Op die langtermyn moet daar een onverbiddelike strategiese doelwit wees: Dié land is ons land. Ons sal weer ons vryheid verwerf, kom wat wil. Ons sal weer die onomkeerbare omkeer. As ons nie vir mekaar dit sê nie, is ons as Afrikaner-nasionaliste nie eerlik in hierdie stryd nie. En watter opoffering dit ook al sal meebring, al sal daar bloed moet vloei, ons sal daartoe bereid moet wees. Dis die uitdaging wat deur die geskiedenis aan ons gestel word. Die een groot feit van die Afrikanergeskiedenis, is dat die Engelse mag nog nooit daarin kon slaag om die Afrikanervolk permanent onder te kry nie. Telkens het ons weer oorwin.

“Stryd stel ‘n groot toets aan mense se geloof, want soos in die Bybel gesê is: geloof is ‘n oortuiging aangaande die dinge wat die mens nie sien nie, en ‘n bewuste verwagting van wat die mens hoop. Dit is geloof wat ons volk se leiers gedra het. In tye van krisis moet geloof, trou en volharding die volk uit sy beknelling lei. En dit is altyd die minderheid in ‘n volk wat die geskiedenis maak, wat die boodskap van die geskiedenis hoor en die verwagtings vir die toekoms aanvoel.

“Moenie vir u laat vertel dat as ons ‘n minderheid is, ons magteloos is nie. Wanneer sy saak reg is, is ‘n minderheid ‘n mag. Die toekoms behoort altyd aan dié wat bereid is om te ly en te stry vir iets groters as hulleself; wat hulle blik rig op die hoë spitse; en wat marsjeer op die tromme van hul volk se heldedom”

Die HNP is die party wat aan al die genoemde vereistes voldoen. Moenie dat ons omstandighede ons onderkry nie. Met geloof en werk sal ons weer ons vryheid terugkry. Bemoedig u gesin en vriende met hierdie boodskap. Met tyd sal die situasie verander sal daar vir ons die kans wees om weer ons vryheid terug te wen.

Hierdie is so ‘n goeie boodskap vir ons wat tans onder die kommunistiese beheer van die ANC swaarkry. Daar is altyd hoop.

Die sogenaamde wit partye wat aan die ANC se verkiesings deelneem se lede behoort elkeen hierdie boodskap te kry om te lees. Daar is geen vryheid vir die stryd wat hulle stry nie. Hulle kry dalk ‘n paar setels en daarmee saam salarisse, maar stry hulle steeds vir vryheid vir van die Afrikanervolk? Kyk wat het met die sterkste wit party, die VF Plus gebeur. Hulle het hul aanvanklike beleid geskrap vir een wat oop is vir alle rasse. En hulle veg nie meer vir die vryheid van die Afrikaner nie, maar vir alle sogenaamde minderhede. So het hulle die Afrikanervolk in die steek gelaat. Daar is ook ander soortgelyke groepe wat na ‘n sitplek in die parlement soek. Mens kan net hoop dat die mense wat dit oorweeg om vir dié groepe te stem, die roep van hul volk hoor en bymekaar kom by groepe wat die huidige bedeling verwerp en saam sal werk om ons vryheid weer terug te vat.

Staan sterk in geloof en moenie moed opgee nie. Die tye sal verander en ons sal weer vry wees.