Die Afrikaner 21 Julie 2023
“Die Afrikanervolk het nie net die reg om te diskrimineer ten einde te beskerm wat hy het en wat hy is nie – Vaderland, Afrikanerskap, Christenskap, Witmanskap – maar ook die plig teenoor dié wat vooruitgegaan en ‘n Blank Suid-Afrika nagelaat het, ook vir dié wat later sal kom.”
Dit is die woorde van mnr. Jaap Marais, soos opgeteken in die boek: Jaap Marais: Stryd is Lewe, wat deur ‘n voormalige redakteur van Die Afrikaner, BM (Beaumont) Schoeman, saamgestel is. Schoeman gee dan vinnig die ware definisie van sekere woorde (wat deesdae verdraai word) volgens die Afrikaanse Kern-woordeboek: Diskrimineer: Noukeurige onderskeiding. Rassisme: Bewussyn van rasgetrouheid. Nasionalisme: Sterk, vurige liefde vir jou volkserfenis (volk, kultuur, vaderland) en bo alles vir die Skepper en Gewer daarvan.
Schoeman haal dan vir Jaap Marais verder aan: “Die mens word nie as enkeling gebore nie, maar as lid van ‘n volk, en sy gebondenheid aan die volk is nie ‘n kwessie van keuse nie. As lid van ‘n gesin en ‘n familie is hy, deur bloedverwantskap, ras, tradisie, sentiment, gebruike, taal, godsdiens en geskiedenis, onvoorwaardelik ingebind in ‘n verlede en ‘n toekomsverwagting wat hy met al die lede van sy volk deel. Dit bepaal sy identiteit. En hierop rus sy voorkeur om te assosieer met dié wat soos hy is. Die voorkeur is uiteraard bevooroordeeldheid teen alle ander, maar bevooroordeeldheid wat rus op die intuïtiewe erkenning van die sterkste lewenswet: soort soek soort.
“Van al die hoedanighede wat mense onderskei en verdeel en elkeen inbind in sy soort, is ras die sterkste, omdat dit permanent, stabiel en oordraagbaar is op ‘n wyse wat voorspelbaar en verantwoordbaar is… ‘n Mens kan beweeg word om ‘n ander godsdiens en taal en tradisies te aanvaar, maar hy kan nie van ‘n ander ras word nie. Hy bly ingebind deur sy afkoms en voorkoms. Dié begrensing is deur God se skeppingsorde getrek; daaruit kan niemand loskom nie.
“Deur volgehoue propaganda word verwarring geskep oor die begrippe nasionalisme en ras. Aan Blankes word voorgegee dat nasionalisme nie op ras gegrond mag wees nie, maar aan Swartes wat bo-oor etniese en stamverskille verenig in ‘n rewolusionêre beweging teen eie politieke gesag van die Blankes, word die naam Swart nasionalisme of ‘African nationalism’ gegee. Dit is hier duidelik ‘n geval van Swart rassisme, want ras is die verenigde faktor in ‘n anti-Blanke agitasie.
Dat tussen ras en nasionalisme ‘n diep verwantskap is, is onbetwyfelbaar. Maar onder volke van dieselfde ras is onderlinge verskille wat die grondslag van die nasionalisme is.
“Nasionalisme is uiteraard verplig tot twee gelyktydige en voortdurende aksies: insluiting en uitsluiting, voorkeur en diskriminasie. Die een kan nie gedoen word sonder om die teenhang ook in werking te bring nie. Waar in die hedendaagse dialektiek die klem geplaas word op diskriminasie as ‘n immorele, onwetenskaplike en onchristelike daad, word natuurlik die reg op voorkeur vir die eie verswyg, hoewel dit uiteraard die onafskeidbare keersy van diskriminasie is. Die reg op voorkeur vir die eie is die hart van nasionalisme. Daarsonder is dit niks nie.
“Waar twee rasse wat sigbaar verskil, ontmoet, tree voorkeur en diskriminasie vanself in. Dit is nie gekunstelde of gekweekte houdinge nie, maar die natuurlike uiting van die wil om die eie te beskerm en sy voortbestaan te verseker.
“Die begaafde prof. Erlank, wat onder die naam Eitemal gedig het, het ‘n toespraak by die Van Riebeeck-fees in 1952 die saak treffend saamgevat toe hy gesê het: ‘Ons stel ons nie groot aan teenoor ander volke wanneer ons ons Witmanskap wil beskerm nie, ons stel ons klein in teenoor die Godsplan van verskeidenheid.’ Dit is die wesenlike waarheid. As jy die verskeidenheid erken en jy wil dit handhaaf, dan moet jy diskrimineer om dit te kan handhaaf.
“As jy jou op hierdie lewenswaarhede stel – soort soek soort, grondgebied, voorkeur, diskriminasie
dan is jy op ‘n moreel-etiese basis waar niemand jou kan aantas nie.
Vandag vind ons dikwels dat mense met Bybeltekste loop en smous om jou wys te maak dat diskriminasie nie Skriftuurlik is nie… Maar (die) groot waarheid (is) dat in die Bybel nêrens bloot van mense buite hulle volksverband gepraat word nie. Die Bybel praat regdeur van volke en nasies waaraan mense behoort het. Die mens het sy identiteit weens die bepaalde volk of nasie waaraan hy behoort. En dit is ‘n erkenning van daardie Godsplan wanneer jy jou inspan om dit te handhaaf.” Ons is die erkenning aan Hom verskuldig. Daarom waak, diskrimineer in die ware sin van die woord, bly Blank!