Redakteur. Die Afrikaner 8 September 2023
Dit is alwéér apartheid se skuld dat stelende Swartes sterf.
Nadat meer as 70 Swartes doodgebrand het in ‘n woonstelgebou in Johannesburg, het die ANC se minister Lindiwe Sisulu gesê dit is apartheid se skuld. Die woonstelgebou is al etlike jare gelede “gekaap”, wat net ‘n verbloemde woord is dat die gebou gesteel of geroof is by die eienaar. Mense beset eenvoudig die gebou, iemand kom na vore as die “verhuurder” en verhuur dan die woonstelle uit aan die inwoners, wat almal onwettig daarbinne bly.
Meestal is daar geen elektrisiteit of water in die gebou nie, hysbakke werk dus nie en trapreëlings word verwyder en as skrootmetaal verkoop. Kos word gemaak op gasbranders in die woonstel of vuur word sommer op die vloer gemaak, en dit is heel moontlik die rede vir die uitbreek van die brand. Brandblussers is ook lankal verwyder, en brandslange werk nie omdat daar geen water is nie.
Hierdie is geen nuwe situasie nie. Die Afrikaner het al so vroeg as ongeveer 1992 berig oor woonstelle wat op dieselfde wyse beset word, destyds in Joubertpark. Die eienaars van die woonstelle kry geen hulp om die onwettige besetters uit te sit nie, die inwoners is openlik aggressief met eienaars of hulle agente indien dié dit sou waag om daar op te daag. Die gevolg is dat die eienaars eenvoudig wegraak, adresse en kontakbesonderhede verander sodat hulle ook nie meer aanspreeklik gehou kan word vir dienstegelde of belastings nie.
Sedert 1994 het hierdie probleem geweldig toegeneem. Waar dit in 1992 nog net tot Johannesburg beperk was, het dit nou uitgekring na feitlik elke stad in die land. Waar veral die sentrale sakedele toenemend verswart het en groter en bekende besighede vervang is met klein sake-ondernemings waarvan daar dikwels meer op die sypaadjies is as in die geboue, is daar geen aptyt vir beskaafde huurders om daar aan te bly nie. Die leë geboue word dan eenvoudig beset.
By TLU SA se kongres in Pretoria, het die landbouekonoom, prof. Johan Willemse, onthul dat die jongste aanduidings toon dat daar nou 70 miljoen mense in die land is. Dit is ‘n geweldige toename, en selfs die uitbreiding van plakkerskampe is nie meer genoeg om hierdie stroom vreemdelinge wat die land binnekom te akkommodeer nie. Die tendens om woonstelle en uitgediende kantoorblokke te beset vir hoëdigtheid behuising, sal eerder versnel, en selfs ‘n brand in een van sodanige woonstelle, sal nie die besetters afsit om daarmee voort te gaan nie. Daar kan trouens verwag word dat nog voorvalle van die aard moontlik is in die toekoms, want dit bly vir enige instelling moeilik om sulke mense te verwyder in terme van huidige wetgewing wat die ANC ingestel het wat in wese hierdie misdadigers beskerm.
Wat Sisulu se opmerking betref dat dit apartheid se skuld is, is dit al wyd gekritiseer. Die laaste werklike apartheidsmaatreëls is al laat vaar onder PW Botha en FW de Klerk, sodat hulle toe al die guns van die ANC kon wen ten einde aan hulle te oorhandig. Dit is al meer as dertig jaar gelede, en die ANC is byna dertig jaar aan bewind. ‘n Opmerking soos dié wys hoe polities bankrot hulle is, en hoe oneerlik hulle is deur nie hulle eie onvermoë om ‘n beskaafde land te regeer te erken nie, maar telkens terug te val na iets wat lank reeds nie bestaan nie.
Intussen word die misdadigers wat nou dakloos is, weer deur die staat gehelp en ondersteun, en dit nogal met dieselfde geld wat die sogenaamde apartheidbelastingbetalers, die Blankes, steeds moet opdok. Dit is uiteindelik net so ‘n onhoudbare situasie soos wat die eenheidstaat onder hierdie onbekwame regeerders is. Die vraag is of enige regeringsverandering nog so iets kan omkeer.