H F van der Schyff : Die Afrikaner 3 November 2023
Ek gaan hierdie week verder stukke uithaal oor wat mnr. Jaap Marais gesê het oor die HNP en die toekoms.
“‘n Afwysendheid teen ‘n ander se beleid en optrede is nie net eie aan ‘n politieke stryd nie. Die Tien Gebooie is op enkele uitsonderings na nie bevele om reg te doen nie, maar verbieding van verkeerde dinge. Dog, uiteraard, het elke verbod as teenhang die versweë opdrag om reg te doen. Kritiek teen ‘n teenparty in die politieke stryd het uiteraard die implikasie dat as ‘n sekere standpunt of aksie as verkeerd of verwerplik aangedui word, die teendeel daarvan as aanneemlik moet geld. Die kritiek op die beleid van rassevermenging impliseer byvoorbeeld natuurlik voorkeur vir rasseskeiding.
“Of ‘n party in staat is om sy beginsels in praktyk te stel, is ‘n vraag met vele kante. Dit hang nie net af van die party se inherente wil en vermoë nie, maar ook van die gedurig wisselende omstandighede en die toestande wat die ander kant skep.
“Die eerste feit van die huidige situasie is dat ons in ‘n voortgaande rewolusie betrokke is waarin wat bo was na onder gedwing moet ord, en wat onder was na bo gestoot moet word, soos die letterlike betekenis van revolusie of omwenteling is.
“Die tweede feit is dat die Afrikaners weens bedrog en verraad van NP- en ander Afrikaanssprekende leiers vir die derde maal ‘n verowerde volk geword het. Dit het op ‘n wyse geskied wat van alle eer ontdoen is en in hoë mate die volk se selfrespek en waardigheid geknou het.
“Die derde feit is dat die Afrikaners polities erg verdeeld en gefrustreed en verward is.
“Die vierde feit is dat net die HNP se oordeel oor die politiek reg bewys is en dat daar steeds langs verskeie weë gepraktiseer word om dié party uitgeskakel of van sy beginsels af weg te kry.
“By al die verandering gaan die stryd egter steeds om die HNP ‘te vernietig’ en ‘uit te wis’ soos Ben Schoeman van die NP in 1970 en Connie Mulder van die KP in 1983 gesê het.
DIE HNP SE STANDPUNT IS DUIDELIK
“Dit is die gegewe waarbinne die HNP staan as die enigste egte verteenwoordiger van Afrikanernasionalisme. Sy uitgangspunte is volkome duidelik:
Ons berus nie in die bedrogvolle en verraderlike verlies van ons vryheid nie.
Afrikanernasionalisme moet weer die magnetiese krag word wat Afrikaners moet saambind en Aandryf tot stryd.
Ons moet trou sweer aan mekaar dat ons, soos die voorgeslagte, sal stry tot ons vryheid herwin is.
“Om by ‘n eindpunt aan te kom, moet die eerste tree gegee word. Dit het die HNP reeds gedoen. In ‘n rede wat op 2 Desember 1995 deur my gehou is, is die HNP se beskouing volledig gestel. Geen ander party het enigiets van dié aard om daarteen te stel nie.
“Die basiese standpunt is dat die HNP die stryd van buite die bestel voer. Die wagwoord is: Verset, sodat die nie-berusting tot aksie herlei en ‘n gees van verwerping gevestig kan word.”
Hierdie is seker een van die sterkste boodskappe wat mens oproep om nie op te hou met die stryd nie. Ons in die HNP het die hoër roeping om die stryd steeds te stry terwyl ander opgehou het en die huidige stelsel aanvaar het