Boodskap van die HNP-leier voor verkiesing

Die leier van die HNP, mnr. Fritz van Graan, het op die vooraand van die land se algemene verkiesing, waaraan die HNP nie deelneem nie, die volgende boodskap uitgereik:


“Mense word so maklik beïnvloed deur leuens dat deelname aan hierdie valse idees van hierdie gemengde parlement iets beteken.

“Die Blankes vorm minder as 8% van Suid-Afrika se bevolking wat beteken ons het absoluut geen politieke mag binne hierdie stelsel en kan geen wet, soos onteiening, skole wette of enige ander wette teen ons volk keer nie.

“Veg liewer buite hierdie valse ‘demokratiese’ parlement soos die burgerregtegroep ‘Outa’ wat nou na jare die e-tol-stelsel gekelder het en so is daar ook buite die parlement baie weerstand om die Bela-wet wat skole se bestuursmag wil beperk wat baie beter metodes is. Dieselfde gebeur rondom die omstrede nasionale Gesondheidsversekering.

“Ons in die HNP kan nie opportunistiese metodes van stem in hierdie ‘babelse’ verkiesing bo ons Christelik-nasionale Beginsels stel nie.

“Deur jare heen is ons geanker in ons eie volk se strewe na selfbeskikking in ons eie grondgebied en glo dit moet so bly.

“Dit werk al eeue so in Europa waar elke volk sy eie land regeer in sy eie taal, waarom dan nie
Veg buite die “demokratiese” parlement hier nie? Dit was die doel met die tuislandbeleid van dr. HF Verwoerd, wat begin het om uitstekend te werk, maar die liberale beleid van die wêreldmagte moes dit verwoes en vernietig om ‘n onbevoegde gemengde regering daar te stel om te kan manipuleer soos wat dit nou gebeur in Suid Afrika.


“Kies wéér reg en bly wéér weg.”